Statevertaling – Bybelstigting

Openbaring 18

Val van Babilon. Klaagtone op die aarde.

1

EN 1ná hierdie dinge het ek 2’n engel sien neerdaal uit die hemel, 3met groot mag, en die aarde is verlig deur sy heerlikheid.

2

En hy het met ’n groot stem kragtig uitgeroep en gesê: a4Geval, geval het die groot Babilon, en dit het geword b5’n woonplek van duiwels en ’n versamelplek van allerhande onreine geeste en ’n versamelplek van allerhande onreine en haatlike cvoëls,

3

omdat al die nasies gedrink het van die dwyn van die grimmigheid van haar 6hoerery, een die konings van die aarde met haar gehoereer het, en 7die handelaars van die aarde ryk geword het deur die mag van haar weelderigheid.

4

En ek het 8’n ander stem uit die hemel hoor sê: f9Gaan uit haar uit, my volk, 10sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.

5

Want haar sondes 11reik tot aan die hemel, en God het haar ongeregtighede g12onthou.

6

13Vergeld haar soos sy ook julle vergeld het, en 14verdubbel dit vir haar volgens haar werke. Skink vir haar dubbel in die beker hwaarin sy geskink het.

7

Namate sy haarself verheerlik het en weelderig geleef het, na dié mate moet julle haar pyniging en droefheid aandoen. Omdat sy in haar hart sê: i15Ek sit as koningin en is geen weduwee nie, en droefheid sal ek nooit sien nie —

8

kdaarom sal haar plae 16op een dag kom: dood en droefheid en honger; en lmet vuur sal sy verbrand word, 17want sterk is die Here God wat haar oordeel.

9

mEn die konings van die aarde 18wat met haar gehoereer en weelderig geleef het, sal oor haar ween en oor haar 19weeklaag wanneer hulle ndie rook van haar verbranding sien,

10

20terwyl hulle ver weg staan uit vrees vir haar pyniging, en sê: oWee, wee jou, o groot stad Babilon, o sterk stad, want 21in een uur het jou oordeel gekom!

11

En die handelaars van die aarde sal ween en rou bedrywe oor haar, omdat niemand 22hulle koopware meer koop nie,

12

23koopware van goud en silwer en edelgesteente en pêrels en fyn linne en purper en sy en skarlaken; en allerhande 24geurige hout en allerhande voorwerpe van ivoor en allerhande voorwerpe van die kosbaarste hout en van koper en yster en marmer

13

en kaneel en reukwerk en salf en wierook en wyn en olyfolie en fynmeel en koring en grootvee en skape; en van perde en 25waens en 26slawe en pmensesiele.

14

En 27die vrugte wat jou siel begeer, het van jou gewyk, en al die blinkende en die skitterende dinge het van jou gewyk, en jy sal dit nooit weer kry nie.

15

28Die handelaars in hierdie dinge, wat van haar ryk geword het, sal ver weg staan 29uit vrees vir haar pyniging, terwyl hulle ween en rou bedrywe

16

en sê: Wee, wee die groot stad qwat bekleed was met fyn linne en purper en skarlaken en 30versierd met goud en edelgesteente en pêrels, omdat in een uur soveel rykdom verwoes is!

17

En 31elke stuurman en die hele menigte op die skepe, en die 32matrose en almal 33wat die see bevaar, het ver weg gaan staan

18

en het uitgeroep toe hulle rdie rook van haar verbranding sien, en gesê: sWatter stad is soos die groot stad?

19

En 34hulle het stof op hul hoofde gegooi en onder geween en weeklag uitgeroep en gesê: Wee, wee die groot stad waarin almal wat skepe op die see het, deur haar kostelike skatte ryk geword het; want dit is in een uur verwoes!

20

35Verbly jou oor haar, o hemel, en o 36heilige apostels en profete, omdat God 37julle oordeel taan haar voltrek het!

21

En 38een sterk engel het ’n klip opgetel soos ’n groot meulsteen en dit in die see gegooi en gesê: vSo, met ’n vaart, sal Babilon, die groot stad, neergegooi word en nooit meer gevind word nie.

22

xEn 39die stem van siterspelers en sangers en fluitspelers en basuinblasers sal nooit meer in jou gehoor word nie, en geen kunstenaar van enige kuns sal ooit weer in jou gevind word nie, en die 40geluid van die meul sal ynooit meer in jou gehoor word nie.

23

En 41die lig van ’n lamp sal nooit meer in jou skyn nie, zen 42die stem van bruidegom en bruid sal nooit meer in jou gehoor word nie; want 43jou handelaars was die grotes van die aarde; want 44deur jou towery is al die nasies verlei.

24

En adie bloed van profete en heiliges is 45in haar gevind, en van almal wat op die aarde gedood is.

1 Dit is, nadat die voorgaande engel sy woorde oor die beskrywing van die groot hoer afgesluit het.

2 Sommige verstaan dit as Christus self, en as sy koms om te oordeel, wanneer Hy die Antichris totaal tot niet sal maak, 2 Thess. 2:8. Omdat egter in vers 9 en verder breedvoerig gehandel word oor die rou van die konings, handelaars en seemanne, wat hulle ná die val van hierdie Babilon nog sal bedryf, is dit waarskynliker dat hier oor die val van hierdie Babilon en die uitroei van haar troon gespreek word, wat nog voor Christus se koms sal geskied, as ’n voorbeeld van God se regverdige oordeel vir die hele wêreld; soos dit ook daaruit blyk dat God in die vierde vers sy volk beveel om uit haar uit te gaan, sodat hulle nie haar sondes en plae deelagtig word nie; wat nie op die laaste dag van toepassing gemaak kan word nie. Van hierdie laaste wraak oor die dier en die valse profeet sal eers gespreek word in Openb. 19:20, 21.

3 Hierdie twee eienskappe van groot krag en heerlikheid word ook aan die geskape engele toegeskryf, Ps. 103:20. Luk. 2:9. Hand. 12:7. Die rede waarom hierdie titels hier aan dié engel gegee word, is omdat daar groot krag en heerlikheid nodig was in die uitroeiing van hierdie magtige troon van die Antichris in die wêreld.

a Jes. 21:9. Jer. 51:8. Openb. 14:8.

b Jes. 13:21; 34:14. Jer. 50:39.

c Jes. 34:11.

4 Hierdie woorde word ook in Openb. 14:8 uitgespreek deur ’n engel, maar word daar verstaan as die begin van die val van hierdie groot Babilon in die harte van baie in die wêreld, soos daar aangeteken is; wat lank gelede begin gebeur het, en nog daagliks gebeur. Hier word dit egter verstaan as die laaste uitroeiing van die troon van die dier, of van die groot Roomse Babilon. Hierdie woorde is geneem uit Jes. 21:9. Jer. 51:8. Die woorde daar is meer as honderd jaar voor die uitroeiing van die stad en die ryk van die Assiriese (Ou Testamentiese) Babilon deur die profete vooruit aangekondig, en daarna vervul.

5 Naamlik wat meestal in eensame en verlate plekke saam met die onreine diere gebly het, soos die ervaring en Christus self getuig, Matt. 12:43, waar hulle deur God se voorsienigheid as ’t ware in bewaring gehou word, totdat God in sy regverdige oordeel hul toom loslaat om die mense opnuut te versoek. Dergelike woorde word ook gebruik ten opsigte van die verwoesting van die Assiriese Babilon, Jes. 13:21, 22. Jer. 50:39, ens.

d Openb. 14:8.

e Openb. 17:2.

6 Dit is, afgodery. Sien hieroor Openb. 14:8 en 17:2 se kanttekeninge.

7 Hoewel dit op die werklik genoemde handelaars in alle streke van die wêreld van toepassing kan wees, wat ryk en magtig word deur die weelde wat in die antichristelike ryk of in hierdie groot stad Babilon omgaan, soos in vers 11 en vervolgens nader verklaar word, kan dit hier nogtans net so gepas van toepassing wees op die geestelike handel, wat in hul godsdiens, en in die verkoop van geestelike voordele en ampte, bedryf word; omdat alles daar vir geld te koop is. Des te meer so omdat selfs die siele van die mense onder hierdie handel in vers 13 gereken word, en in vers 23 gesê word dat die grotes van die aarde hierdie handelaars was, waaronder die kardinale, patriarge, aartsbiskoppe, biskoppe, abte en ander prelate vernaamlik verstaan kan word, wat sulke handel met hulle dryf.

f Gén. 19:12. Jes. 48:20; 52:11. Jer. 51:6, 45. 2 Kor. 6:17. 8 Dit wil voorkom of hierdie stem nie ’n stem van ’n geskape engel was nie, maar ’n stem van God of van Christus, komende uit die troon van die hemel, omdat die stem die gelowiges my volk noem, wat God of Christus alleen toekom, Matt. 1:21. Hand. 18:9, 10.

9 Dergelike woorde word ook deur God, Jes. 48:20. Jer. 50:8; 51:6. Sag. 2:7, tot ’n waarskuwing aan die volk van God, voor die ondergang van die Ou Testamentiese Babilon, gebruik, sodat hulle hul betyds sou kon gereedmaak, en daaruit kon vertrek. Wat hier ten opsigte van die geestelike Babilon tot alle ware gelowiges gespreek word; waarvan die redes in die teks volg.

10 Naamlik, óf omdat hulle deur die daaglikse gemeenskap met haar daartoe verlei, óf deur vrees en vervolging deur haar daartoe verplig is. Waarop die gemeenskap van strawwe volg. So vermaan ook Christus diegene wat aan Hom behoort, Matt. 24:16.

g Openb. 16:19. 11 ’n Manier van spreek, wanneer die maat van die sondes, wat God in sy lankmoedigheid lank verdra het, vervul is, sodat daar niks anders as die straf meer oor is nie. Sien dergelik in Gén. 15:16; 18:20, 21. Rom. 2:5.

12 Soos van God gesê word dat Hy die sondes van die mense vergeet of nie meer daaraan dink nie, Jer. 31:34, en elders, wanneer Hy die gelowiges en die berouvolles die sondes vergewe, en die sondes nie in hulle straf nie, so word gesê dat Hy dit gedenk, of dit onthou, wanneer Hy besluit het om hulle te straf. Sien Openb. 16:19.

h Openb. 14:10. 13 Dit moet nie verstaan word as enige persoonlike wraak nie, wat Christus diegene wat aan Hom behoort, uitdruklik verbied, Matt. 5:39. Rom. 12:19, maar óf as God se verborge regering in hierdie hele werk, waardeur God sekere instrumente sal verwek, wat hierdie openlike wraak ook onwetende volgens God se wil sal doen, soos van dié van Médië en Persië teen Babilonië gesê word, Jer. 50:9; 51:11, ens., of ook as die prinse en die konings wat, nadat hulle tot die kennis van die waarheid gebring is, God se volk sal voorstaan, en deur ’n goddelike ywer gedrywe, teen die onregverdigheid, tirannie en afgodery van hierdie groot Babilon, God se oordeel ook sal uitoefen. Dit kom goed ooreen met Openb. 17:16, 17. Sien dergelike byvoorbeeld in Ex. 32:27.

14 Dit word gesê, nie ten opsigte van haar ongeregtigheid en tirannie nie, wat God niemand aandoen, óf aangedoen wil hê nie, maar van die benoudheid wat hulle die vromes onregverdig aangedoen het, wat God hier wil hê hulle regverdiglik sal ly, soos die volgende woorde verklaar.

i Jes. 47:8. 15 Dit is die selfverheerliking van diegene wat, asof sy in die tempel van God sit en voorgee om God te wees; en haar in die wêreldlike dinge verhef bo alle konings en vorste, en in die geestelike dinge bo alle konsilies, biskoppe en prelate, wat as ’n moeder en koningin van alle kerke nie kan val of dwaal nie, wie se troon nie ten gronde kan gaan nie; en meer dergelike pragtige titels, wat sy haarself, en haar dienaars deurlopend vir haar gee in hul geskrifte.
k 2 Thess. 2:8.

l Openb. 17:16.

16 Dit is, in ’n kort tydjie, wat God oor haar bestem het.

17 Naamlik: en daarom sal geen wêreldse mag sy kragtige arm van die uitvoer van hierdie oordeel van Hom aan haar kan afweer nie.

m vers 3. Openb. 17:2.

n vers 18.

18 Naamlik tot die tyd van haar val en uitroeiing toe. Waaruit blyk dat sommige vorste en konings nog altyd met haar sal saamspan tot bevestiging van haar staat en bygelowigheid, wat hierdie val van haar sal probeer stuit, en as dit reeds gebeur het, dit ernstig maar tevergeefs sal bekla.

19 Gr. hulleself slaan, naamlik op die bors, van droefheid.

o Jes. 21:9. Jer. 51:1. Openb. 14:8. 20 Naamlik sonder om haar te kan help.

21 Soos in vers 8 op een dag, dit is, in ’n kort tydjie.

22 Gr. hul skeepsvrag of lading, naamlik omdat die ydelheid en bedrog daarvan bekend word.
23 Hierdie woorde, asook uit sommige van die volgende verse, is meestal geneem uit Eségiël 27, waar dergelike oor die val van die handelstad Tirus vooruit aangekondig word. En hoewel, soos tevore gesê is, hierdie antichristelike Tirus (bedoelende Rome) ook baie handelaars uit alle geweste van die wêreld ryk maak met die koop en gebruik van hierdie goedere dwarsdeur hul hele gebied, in al hul prag en versiering van tempels, beelde, geboue en uiterlike godsdienste, so kan dit ook baie gepas verstaan word as die geestelike handelsware, wat sy en haar grotes onder die mense dryf, soos aangedui is in vers 3 se kanttekening.

24 Gr. thuinehout. Sien 1 Kon. 10:11 en die kanttekening.

p Eség. 27:13. 25 Of: koetse.

26 Gr. liggame. Dit is, om die liggame van die lewendes tot slawe te maak; en die siele van die afgestorwenes te verkoop, om deur middel van aflate, bedevaarte, sielmisse en dergelike, uit haar verdigsel van ’n vaevuur verlos te word; waaruit die wins van hierdie handelaars dikwels bestaan.

27 Gr. die vrug van herfs, oes, of boomvrug, dit is, allerlei pragtige of lieflike vrugte, lekkernye en heerlike geregte, wat jy begeer het, en waarvan jy oorvloed het.
28 Naamlik die geestelike handelaars, wat van hierdie Babilon afhanklik is, en daarom hoog geag word en magtig is. Sien hieroor vers 3 se kanttekening.

29 Naamlik omdat hulle in gevaar is om hul deel daarvan ook te ontvang; of ten minste van hul voordeel en aansien in die wêreld te kan verloor.

q Openb. 17:4. 30 Gr. vergoud of verguld; soos ook in Openb. 17:4.
31 Hierdeur kan enigsins die werklik genoemde stuurmanne en matrose verstaan word, wat ook deur die bring van baie van hierdie goedere, uit al die geweste van die wêreld, uit hierdie Babilon voordeel getrek het, soos oor die stuurmanne en seevaarders van Tirus geskryf word in Eség. 27:9, 25, en vervolgens. Dit word egter ook deur baie figuurlik gesproke verstaan as diegene wat lede is of wat in beheer is van die geestelike howe, abdye, kloosters en dergelike geestelike goedere, wat hierdeur ook hul voordeel en agting sal verloor; wie se konvente ook met waters en riviere vergelyk is in Openb. 16:4.

32 Of: skippers.

33 Gr. wat die see werk.

r vers 9. Jes. 34:10.

s Openb. 13:4.

34 Naamlik tot ’n besondere teken van groot rou en droefheid oor hul verlies, soos outyds gebruiklik was, 1 Sam. 4:12. Job 2:12, en soos ook gesê word oor die stuurmanne en seevaarders van Tirus, Eség. 27:30, 31. Hoewel hierdie rou van hulle nie uitstrek oor hul sondes en bygelowige godsdienste, waarin hulle verhard is nie, maar slegs oor hul verlies en skade.
t Openb. 19:2. 35 Dit is, julle inwoners van die hemel, engele en heilige martelare; wat om hierdie uitvoering van God se oordele, om hulle saak te regverdig, ook gebid het, Openb. 6:10, wie se getal nou daagliks aangevul word. Wat nogtans nie so verstaan moet word, asof die hemelse wesens, of God se kerk, hulle oor iemand se ongeluk moes verheug nie, maar oor die uitvoering van God se regverdigheid, en oor die bewys van die regverdigheid van die saak waarvoor die gelowiges hier ly.

36 Hiermee word nie net verstaan die apostels en profete wat in der waarheid so genoem word, wat as lede van een liggaam, en wat ’n gemeenskaplike saak het, hulle ook hieroor sou verbly nie; maar ook die dienaars en leraars van die daaropvolgende tye, wat volgens die voorbeeld van die vorige, ook die dinge sou oorkom.

37 Dit is, julle op haar gewreek het.

v Jer. 51:64. 38 Hierdie teken word by die beloftes en die dreigement tot versterking bygevoeg, soos deurgaans by die profete te sien is, en in die besonder by die val van die ou Babilon, Jer. 51:63, 64.
x Jer. 25:10. Eség. 26:13.

y Jer. 25:10.

39 Onder dergelike spreekwyse word ook die uiterste ongeluk geprofeteer aan diegene van Tirus, Eség. 26:13.

40 Naamlik om voedsel vir die inwoners voor te berei, wat tot onderhoud van hierdie lewe nodig is.

z Jer. 7:34; 16:9; 25:10. 41 Dit word daarby gevoeg, óf omdat so ’n lig in die aand en nag noodsaaklik is vir ’n groot deel van mense se lewens; óf omdat die bruilofte, waarvan volg, in die besonder in die aand en snags gehou was, waarvoor hierdie lampe en fakkels gebruik was. Sien Matt. 25:1.

42 Naamlik wat nie net ’n tyd van vrolikheid is nie, maar ook ’n middel waardeur die inwoners van hierdie Babilon weer sou kon aanwas en vermenigvuldig.

43 Sien vers 3 se kanttekening.

44 Dit is, afgodery en aanlokking na jou versierde godsdiens, soos meermale voorheen genoem.

a Openb. 17:6. 45 Dit is, sy is bevind om die oorsaak te wees van die storting van die bloed van die profete en heiliges, sowel omdat sy self ’n groot menigte van hulle gedood het, en in haar hele gebied, deur haar streng voorskrifte en inkwisisies, laat doodmaak het; asook omdat sy deur haar optrede die tirannie van ander wat dit gedoen het, versterk en goedgekeur het. Sien dergelike woorde van Christus in Matt. 23:34-36.