Statevertaling – Bybelstigting

Openbaring 2

Briewe aan die sewe gemeentes van Asië. Eerste brief: aan Éfese.

1

SKRYF aan 1die engel van die gemeente in 2Éfese: Dít sê 3Hy wat die sewe sterre in sy regterhand hou, wat 4wandel tussen die sewe goue kandelaars:

2

5Ek ken jou werke en 6jou arbeid en 7jou lydsaamheid, en dat jy 8slegte mense nie kan verdra nie; en dat jy dié 9op die proef gestel het wat sê 10dat hulle apostels is en dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind het;

3

en dat jy verdra het en lydsaamheid besit, en ter wille van my Naam gearbei en nie moeg geword het nie.

4

Maar Ek het teen jou dat jy 11jou eerste liefde verlaat het.

5

Onthou dan 12waarvandaan jy uitgeval het, en 13bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek 14gou na jou toe en sal 15jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie.

6

Maar dit het jy, dat jy die werke 16avan die Nikolaïete haat, wat Ek ook haat.

7

Wie 17’n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van b18die boom van die lewe wat binne-in die paradys van God is.

Tweede brief: aan die gemeente van Smirna.

8

EN skryf aan 19die engel van die gemeente in 20Smirna: Dít sê c21die eerste en die laaste, 22wat dood was en 23lewend geword het:

9

Ek ken jou werke en verdrukking en 24armoede — maar jy is 25ryk — en 26die lastering van die wat 27sê dat hulle Jode is en 28dit nie is nie, maar 29’n sinagoge van die Satan.

10

30Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, 31die duiwel gaan sommige van julle 32in die gevangenis werp, sodat julle 33op die proef gestel kan word; en julle sal 34tien dae lank verdrukking hê. Wees getrou 35tot die dood toe, en Ek sal jou 36die kroon van die lewe gee.

11

dWie ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur 37die tweede dood geen skade ly nie.

Derde brief: aan die gemeente van Pérgamus.

12

EN skryf aan die engel van die gemeente in 38Pérgamus: Dít sê Hy 39wat die skerp etweesnydende swaard het:

13

Ek ken jou werke en die plek waar jy woon, waar 40die troon van die Satan is. En 41jy hou vas aan my Naam en het die geloof in My nie verloën nie, selfs in die dae waarin 42Ántipas my getroue getuie was, wat gedood is by julle waar die Satan woon.

14

Maar Ek het enkele dinge teen jou: 43dat jy daar mense het wat vashou aan die leer van f44Bíleam wat Balak geleer het om ’n struikelblok voor die kinders van Israel te werp, naamlik om afgodsoffers te eet en te hoereer.

15

So het jy ook 45mense wat vashou aan die leer van die Nikolaïete, wat Ek haat.

16

Bekeer jou; anders kom Ek gou na jou toe en sal teen hulle oorlog voer g46met die swaard van my mond.

17

Wie ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet 47van die verborge manna, en Ek sal hom gee 48’n wit keursteen, en op dié steen 49’n nuwe naam geskrywe 50wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang.

Vierde brief: aan die gemeente van Thiatíre.

18

EN skryf aan die engel van die gemeente 51in Thiatíre: Dít sê 52die Seun van God hwat oë het soos ’n vuurvlam, en sy voete is soos 53blink koper:

19

Ek ken jou werke en liefde en diens en geloof en jou lydsaamheid en jou werke, 54en dat die laaste meer is as die eerste.

20

Maar Ek het 55enkele dinge teen jou; dat jy 56die vrou iIsébel, wat haarself ’n profetes noem, toelaat om te leer en my diensknegte te verlei om te hoereer en afgodsoffers te eet.

21

En Ek het haar tyd gegee om haar 57van haar hoerery te bekeer, en sy het haar nie bekeer nie.

22

Kyk, 58Ek werp haar neer op ’n siekbed, en die wat met haar 59owerspel bedryf, 60in ’n groot verdrukking, as hulle hul nie van hul werke bekeer nie.

23

En 61haar kinders sal Ek sekerlik doodmaak, en al die gemeentes sal weet k62dat dit Ek is wat niere en harte deursoek, len Ek sal aan elkeen van julle gee volgens sy werke.

24

En ek sê vir julle en die ander wat in Thiatíre is, almal wat hierdie leer nie het nie, en die wat die 63dieptes van die Satan, soos hulle dit noem, 64nie leer ken het nie: Ek sal op julle 65geen ander las lê nie.

25

mHou maar net vas wat julle het, totdat Ek kom.

26

En aan hom wat oorwin en 66my werke tot die einde toe bewaar, n67sal Ek mag 68oor die nasies gee,

27

en 69hy sal hulle regeer met ’n ysterstaf; soos erdegoed word hulle verbrysel, net soos Ek ook van my Vader ontvang het.

28

En Ek sal hom 70die môrester gee.

29

Wie ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.

1 Dit is, die opsiener of herder van die gemeente; soos in Openb. 1:20 verklaar is. Dit word hier in die enkelvoud gestel, óf om die hele raad van opsieners daardeur te bedoel, soos in Mal. 2:7 onder die naam boodskapper in die enkelvoud die hele raad van priesters bedoel word; óf omdat een onder hulle in orde voorrang gehad het, deur wie dit aan die ander oorgedra is, soos dit duidelik is uit Hand. 20:17, 28 dat daar meer ouderlinge of opsieners in hierdie gemeente van Éfese was, aan wie Paulus in sy laaste afskeid opdrag gee dat hulle sou ag gee op hulleself en op die hele kudde, waaroor die Heilige Gees hulle as episkopous, dit is, opsieners, gestel het, om oor die gemeente te waak. Dit is dus ongegrond dat sommige hieruit enige biskoplike mag van een bo die ander aflei. Want ook selfs dit wat hier aan die engel van die gemeente geskryf word, word tot waarskuwing van die hele gemeente geskryf, soos blyk uit vers 7, en uit Openb. 1:11.

2 Sien oor die ligging van hierdie stad Openb. 1:11 se kanttekening.

3 Naamlik Christus, aan wie hierdie eienskappe toegeskryf word, Openb. 1:13, 16, waar dit ook verklaar is.

4 Naamlik om hulle te voorsien van hul geestelike lig en versiering (soos die priesters in die tempel dit gewoonlik uiterlik gedoen het), en om ag te gee op hul goeie orde en regering. Nie dat Hy met sy liggaam alomteenwoordig is nie, maar omdat Hy deur sy Gees en Woord altyd by sy gemeentes is, hulle verlig en regeer, soos Hy in Matt. 18:20; 28:20 belowe. Sien dergelike in Lev. 26:12.

5 Dit is, al jou dade, goed en kwaad, soos in dit wat volg verklaar word. Hier spreek Christus nie net van blote kennis nie, maar van kennis gepaardgaande met ’n aktiewe sorg en voorneme om die dade te beloon of te bestraf, soos in al die briewe verklaar sal word.

6 Naamlik deur standvastig te leer en te vermaan. Sien 1 Thess. 5:12. 1 Tim. 5:17.

7 Naamlik in die verdra van vervolginge.

8 Dit is, wat aanstoot gee in leer of lewe. So word hier dus sy ywer geprys in die uitoefening van die kerklike tug.

9 Of: versoek, of: só beproef en ondersoek dat jy hulle valsheid aan die dag gebring het.

10 Dit is, wat voorgegee het dat hulle deur Christus gestuur was, soos baie valse leraars en valse apostels in daardie tyd reeds in die gemeente opgestaan het, Hand. 20:29, ens. 2 Kor. 11:13, ens.

11 Dit is, jou eerste ywer in die uitoefening van jou amp en van die werke van die liefde, soos in vers 5 verklaar word.
12 Dit is, van hoe ’n groot ywer tot hoe ’n groot slapheid.

13 Naamlik tot jou vorige ywer. Want dat hy nie heeltemal van die liefde en van die geloof verval het nie, blyk uit die lof wat tevore in verse 2, 3 en hierna in vers 6, deur Christus nog aan hom gegee word.

14 Naamlik met my bestraffings en kastydings.

15 Dit is, jou gemeente, soos tevore in Openb. 1:20 verklaar is. Waaruit blyk dat ook die gemeente in hierdie verslapping verval het, wat Christus deur hierdie dreigement tot haar eerste ywer wil opwek. Want hoewel Christus se gemeente nimmermeer vergaan, Matt. 16:18, word hulle nogtans wel van die een plek geneem en op ’n ander geplant, soos Christus die Jode dreig, Matt. 21:43.

a vers 15. 16 Hierdie sekte van die Nikolaïete, soos sommige ou skrywers getuig, het geleer dat hoerery nie ’n sonde was nie en dat die eet van afgodsoffers geoorloof was, waarteen die besluit van die apostels in Hand. 15:29 gestel is. Sommige meen dat Nikoláüs, een van die eerste diakens, Hand. 6:5, die stigter daarvan sou gewees het, wat soos ’n ander Judas van die suiwerheid van die leer van Christus afvallig sou word, hoewel ander hom daarvan verontskuldig en voorhou dat ’n ander Nikoláüs die invoerder daarvan was, wat die naam van hierdie eerste Nikoláüs daarvoor misbruik het. Sien Eusebius, Kerklike Geskiedenisse, en Irenaeus.
b Gén. 2:9. Openb. 22:2. 17 Sien Matt. 13:43. Mark. 4:9.

18 Gr. die hout van die lewe. Dit verwys na die boom van die lewe, wat in die middel van die aardse paradys gestaan het, Gén. 2:9; hierdie paradys word geneem as ’n voorbeeld en voorafskaduwing van die hemel, of die woonplek van die uitverkorenes in die hemel, soos ook in Luk. 23:43. 2 Kor. 12:2, 4. Die boom van die lewe is ’n voorafskaduwing van Christus, die Bron van die lewe, waaraan die wat in die geloof standvastig bly ewige gemeenskap sal hê, soos ook hierna in die hemelse Jerusalem dieselfde boom van die lewe geplant staan, Openb. 22:2, wie se blare dien tot genesing van die heidene, ’n genesing wat van Christus alleen voortkom, Joh. 11:25. Hand. 4:12.

c Jes. 41:4; 44:6. Openb. 1:17. 19 Sien vers 1 se kanttekening.

20 Dit was ook ’n beroemde stad in Ionië, teen die see geleë, wat verder noord as Éfese was, waaruit dit as ’n kolonie gespruit het.

21 Sien Openb. 1:8 se kanttekening.

22 Naamlik na sy menslike natuur, 1 Petr. 3:18.

23 Naamlik deur sy opstanding uit die dood. Of: lewend was, naamlik na sy goddelike natuur, toe Hy dood was na sy menslike natuur.

24 Naamlik deur die berowing van jou goedere tydens die verdrukking.

25 Naamlik geestelik, of volgens die geestelike en hemelse goedere, wat deur geen vervolgers ontneem kan word nie, Matt. 6:19.

26 Naamlik waarmee hulle Christus as ’n verleier, en sy gemeente as vyande van die wet, afvalliges van Moses en as oproermakers belaster; soos deurgaans in die evangelie en in die Handelinge van die apostels voorkom, en hulle onder hierdie dekmantel die Christene vervolg het. Sien Hand. 13:50; 14:2, en elders.

27 Dit is, roem dat hulle Jode is, en gevolglik God se volk en yweraars vir die wet, Rom. 2:17, ens.

28 Dit is, geen ware Jode is nie, ook nie kinders van Abraham, soos hulle roem nie, maar kinders is van die duiwel, wie se werke hulle navolg, Joh. 8:39, ens.

29 Dit is, vergadering. Aangesien die Jode hulle vergaderings of gemeentes sinagoges noem, daarom gebruik die evangelis hierdie woord.

30 Naamlik só dat julle daarom sou afwyk of kleinmoedig word.

31 Naamlik deur sy werktuie, die tiranne wat hy daartoe sal aanhits.

32 Naamlik om hulle allerlei smaad en verdriet aan te doen.

33 Of: beproef word, naamlik of julle standvastig by die waarheid sal bly.

34 Sommige verstaan hierdie dae as soveel jare, Núm. 14:34, omdat daar kort hierna onder keiser Trajanus ’n tienjarige vervolging teen die Christene ontstaan het. Ander verstaan dit as ’n klein of kort tydjie, Hos. 6:2, sodat dit hier tot vertroosting bygevoeg word.

35 Dit is, sodat julle selfs die dood nie vrees nie; of: tot die einde toe.

36 Dit is, die ewige lewe as ’n kroon of genadige vergelding van julle arbeid, 1 Petr. 5:4, ’n beeld geneem van diegene wat vir ’n prys deelneem in ’n stryd of wedloop. Sien 2 Tim. 4:7, 8.

d Matt. 13:9. 37 Dit is, die ewige dood; want soos die eerste dood die skeiding van die siel van die liggaam is, so bring die tweede dood die skeiding en verstoting tussen die ongelowige mense en God, gepaardgaande met ewige smarte en martelinge in die hel, soos Johannes dit verklaar, Openb. 20:14; 21:8.
e vers 16. Openb. 1:16. 38 Die stad Pérgamus was die hoofstad van ’n deel van Klein-Asië, waar die Attaliese konings tevore hul hof gehad het, en waar die Romeinse goewerneurs nou ook gesetel was; die stad was daarom vol prag, ongeregtigheid, hoerery en afgodery, aangesien daar ook ’n tempel was waar die duiwel onder die naam van Asklepios ook antwoorde gegee het, soos die heidense geskiedskrywings getuig. En waar die gemeente van die Christene die allermeeste vervolg en verdruk, en met erge ketterye bestry was.

39 Sien hieroor Openb. 1:16 se kanttekening.

40 Christus noem die stad hier die troon van die Satan, omdat die Satan daar op ’n besondere wyse deur afgodery en tirannie geregeer het; soos in Openb. 13:2 aan die dier met sewe koppe en tien horings, die troon van die draak gegee word.

41 Dit is, jy vrees nie om my Naam te bely nie, nieteenstaande al die swarighede wat jou daardeur oorkom.

42 Oor hierdie Ántipas lees ’n mens nie veel in die ou kerklike geskiedskrywings nie; maar hier blyk dat hy ’n bekende opsiener of herder van die gemeente was, wat as ’n martelaar of getuie van die waarheid van Christus dit met sy dood verseël het, wat Hy hulle hier voor oë stel as ’n navolgenswaardige voorbeeld.

f Núm. 22:23; 24:14; 25:1; 31:16. 43 Dit is, nog onder jou toelaat en laat leer, soos in vers 20 verklaar word, sonder om hulle deur die mag van die kerklike ban uit julle midde te verwyder; soos die teendeel hiervan tevore geprys is in die engel van die gemeente van Éfese, vers 2.

44 Naamlik waarvan in die geskiedenis in Númeri 22-24 geskryf is; wat, omdat God Bíleam nie toegelaat het om die Israeliete te vloek nie, Balak, die koning van die Moabiete aangeraai het dat hy hulle sou lok tot hul afgodiese maaltye, en tot hoerery deur sommige dogters en vroue wat hy in die laer van die Israeliete gestuur het, soos te sien is in Núm. 25:1, ens., vergeleke met Núm. 31:16, sodat hulle so in God se onguns sou kon verval, soos gebeur het. Dit was ’n totaal duiwelse raad, en Petrus in sy tweede brief en ook Judas het teen sulke soort mense gewaarsku.

45 Dit is, soos die Israeliete deur die raad van Bíleam tot afgodery en hoerery verlei is, so het julle ook onder julle die wat die leer van die Nikolaïete aanhang, wat daar leer dat dit geoorloof is, wat Bíleam Balak aangeraai het. Sien oor hierdie Nikolaïete vers 6 se kanttekening.
g Jes. 49:2. Ef. 6:17. Hebr. 4:12. Openb. 1:16. 46 Dit is, deur my waarskuwings en geestelike mag. Sien hieroor Openb. 1:16. 2 Kor. 10:5, 6.
47 Die apostel verwys hier na die kruik met manna, wat in die Allerheiligste weggebêre en bewaar was, soos te lees is in Ex. 16:33, 34. Hebr. 9:4, waardeur Christus, die brood van die lewe, wat op die regte tyd sou verskyn, met al sy verdienste en weldade afgebeeld was, soos breedvoerig verklaar word in Joh. 6:31, ens. Hier word dus die innige gemeenskap met Christus beloof, en genieting van alle geestelike gawes, ook van die heerlikheid wat Hy vir ons verwerf het, soos in vers 7 deur die boom van die lewe beloof is; aangesien dit die Vader behaag het dat alle volheid in Hom sou woon, en dat ons in Hom volmaak is, Kol. 1:19; 2:9, 10.

48 Dit is die Heilige Gees, wat in ons gewetens hierdie keurstem [van vryspraak] van die Vader oorbring, en getuig dat ons om Christus wil deur die geloof in God se oordeel vrygespreek is van alle sondes en strawwe daarvan, 2 Kor. 1:22. ’n Beeld geneem van die stemmery van die Grieke en Romeine in die veroordeling of vryspraak van die misdadigers. Die veroordeling het geskied deur ’n swart keursteen, die vryspraak deur ’n witte. Sien iets dergeliks in Hand. 26:10.

49 Hierdie naam is dat hy, wat tevore ’n kind van die toorn en die verderf was, nou as ’n kind van God en erfgenaam van die ewige lewe gestel word, soos Paulus spreek in Rom. 8:15.

50 Want die natuurlike mens verstaan nie die dinge wat van die Gees van God is nie, maar ons het die Gees van Christus ontvang, sodat ons kan weet wat aan ons deur God geskenk is. Sien Joh. 14:17. 1 Kor. 2:9, 10, ens.

h Openb. 1:14, 15. 51 Dit was die laaste stad in Mísië, teenoor Macedónië, suidwaarts van Pérgamus geleë; sien daaroor Hand. 16:14 se kanttekening.

52 Hier noem Christus Homself by sy Naam, na sy goddelike natuur, soos Hy in die gesig in Openb. 1:13 Homself die Seun van die mens noem, na sy menslike natuur, omdat Hy God en mens is in een persoon. En Hy skryf aan Homself hier die eienskappe toe wat tevore in die beeld van sy persoon verklaar is, Openb. 1:14, 15.

53 Of: fyn koper.

54 Sommige boeke laat die woordjie en hier uit.
i 1 Kon. 16:31. 2 Kon. 9:7. 55 Naamlik in getal, hoewel hulle gewigtig is, soos ook in vers 14. En dit sê Christus om hulle des te makliker en met meer moed tot verbetering daarvan te bring.

56 Sommige verstaan hierdeur die sekte van die Nikolaïete, soos deur die hoer Babilon hierna in hfst. 17 die hele afgodiese heerskappy van die Antichris verstaan word. Maar omdat Christus nou twee maal hierdie sekte by die naam genoem het, is dit geloofwaardiger dat hierdeur ’n sekere aansienlike vrou van hierdie sekte onder hulle bedoel word, wat ’n skyn van godsaligheid gehad het, en geroem het dat sy ’n profetiese gees besit. Sy het, soos die regte Isébel vroeër die volk van Israel tot die afgodery van Baäl verlei het, en gevolglik ook tot hoerery, wat gewoonlik met sulke afgodery gepaardgegaan het, ook só deur haar skyn en oorredings die Christene hiertoe, as ’n geoorloofde saak, probeer bring, en daarvoor haar huis oopgemaak.

57 Naamlik geestelike en liggaamlike, wat beide tevore genoem is.
58 Naamlik in ’n swaar en kwellende siekte; sodat die bed, wat tevore vir haar gedien het tot wellus, haar nou sal dien tot straf en verdriet, en sy nog tyd sal hê om haar saam met haar kinders te bekeer, soos hierna verklaar word.

59 Dit is, afgodery en hoerery, soos tevore. Want afgodery is ook geestelike owerspel, omdat dit die mens van God, die ware Man van sy gemeente, afkeer.

60 Naamlik óf deur die straf van die owerheid, óf deur siektes, óf ook deur wroeging van hul gewetens oor hul bose lewe.

k 1 Sam. 16:7. 1 Kron. 28:9; 29:17. Ps. 7:10. Jer. 11:20. Hand. 1:24.

l Ps. 62:13. Jer. 17:10; 32:19. Matt. 16:27. Rom. 2:6; 14:12. 2 Kor. 5:10. Gal. 6:5. Openb. 20:12.

61 Sommige verstaan hierdeur haar dissipels. Omdat daar egter tevore van hulle gespreek is, verstaan ander hier die kinders wat uit hierdie vrou en haar navolgers voortgekom het, en hier word sonder twyfel gesinspeel op die kinders wat afkomstig was van Agab en Isébel, wat almal deur die swaard van Jehu omgebring is, soos te lees is in 2 Kon. 9:22; 10:6, ens.

62 Dit voeg Christus daarby, omdat die voorstanders van hierdie sekte hul gruwels onder dekmantels voortgebring het en probeer het om die lelikheid daarvan onder die skyn van geestelike verborgenhede en Christelike vryheid by die gewone mense te verduister; soos uit die volgende vers blyk, en soos sommige vrysinnige sektes nou ook doen. Waarteen Christus sy alwetendheid stel in die oordeel ook selfs van die niere en gedagtes van hul harte.

63 Dit is, die duistere verborgenhede van hul sataniese leer, wat hulle voorgee van die Heilige Gees afkomstig is, en waarmee hulle ander bedrieg.

64 Dit is, nog nie verstaan en goedgekeur het nie.

65 Dit is, geen straf, geen versoeking nie, soos hierdie dinge deur die profete deurgaans ’n las genoem word. Ander verstaan dit as ’n las van seremonies of onderhouding van swaar bevele, soos sulke bevele in Hand. 15:10, 28 ’n juk en ’n las genoem word.

m Openb. 3:11.
n Ps. 2:8. 66 Dit is, my gebooie en leringe; soos die geloof ’n werk van God genoem word, Joh. 6:29.

67 Hierdie teks is geneem uit Ps. 2:8, waar hierdie belofte van God die Vader aan sy Seun Jesus Christus gemaak word, in wie se gemeenskap Christus hier beloof dat Hy die ware gelowiges, wat standvastig bly, ook sal ontvang, op so ’n wyse soos Hy in Openb. 3:21 beloof, dat Hy aan hulle sal gee om saam met Hom te sit op sy troon, soos Hy sit op die troon van die Vader. Sien ook Rom. 8:17. Ef. 2:6. 2 Tim. 2:12.

68 Dit is, oor die vyande van sy gemeente, soos die heidene altyd vyande van God se volk was.

69 Hierdeur word die geestelike mag en oorwinning oor al die vyande van Christus se gemeente bedoel, wat hulself rig teen die saligheid van die kinders van God, waarvan hulle hier die beginsels geniet deur die bloed van die Lam, en die woord van hulle getuienis, wat die septer van hierdie ryk is, Openb. 12:11, en sal hierna op die laaste dag ook as konings saam met Christus die ongelowige wêreld veroordeel, Matt. 19:28. 1 Kor. 6:2, 3.
70 Hierdeur word gepas ’n groter lig van die kennis van Christus verstaan, wat, soos die môrester die dag voorgaan, so ook hier in ons harte voortdurend lig sal gee, totdat die son van volkome kennis van God in ons sal skyn, wanneer God alles in almal sal wees, 1 Kor. 15:28. Sien ook 2 Petr. 1:19. Openb. 22:16, waar Christus en sy kennis met die môrester vergelyk word.