Statevertaling – Bybelstigting

Openbaring 3

Vyfde brief: aan die gemeente van Sardis.

1

EN skryf aan 1die engel van die gemeente in 2Sardis: Dít sê 3Hy wat adie sewe Geeste van God en bdie sewe sterre het: Ek ken jou werke, dat jy 4die naam het dat jy leef, en jy is dood.

2

5Wees wakker en versterk die wat oorbly, 6wat op die punt staan om te sterwe, want Ek het jou werke 7nie volkome 8voor God gevind nie.

3

Onthou dan 9hoe jy dit ontvang en gehoor het, en bewaar dit en cbekeer jou; as jy dan nie wakker word nie, sal Ek op jou afkom d10soos ’n dief, en jy sal nie weet in watter uur Ek op jou afkom nie.

4

Maar jy het enkele 11persone ook in Sardis wat 12hulle klere nie besoedel het nie, en hulle sal 13saam met My 14in wit klere wandel, omdat 15hulle dit waardig is.

5

Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en 16Ek sal sy naam nooit uitwis euit die boek van die lewe nie, en fEk sal 17sy naam bely voor my Vader en voor sy engele.

6

Wie ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.

Sesde brief: aan die gemeente van Filadelfía.

7

EN skryf aan die engel van die gemeente in 18Filadelfía: Dít sê 19die Heilige, gdie Waaragtige, hwat 20die sleutel van Dawid het, wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie:

8

Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou 21’n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie, want jy het 22min krag en jy het my woord bewaar en my Naam nie verloën nie.

9

Kyk, Ek gee jou iuit die sinagoge van die Satan, van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg — 23Ek sal maak dat hulle kom en 24voor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het.

10

Omdat jy 25die woord van my lydsaamheid 26bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur 27van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.

11

Kyk, Ek kom gou! k28Hou vas wat jy het, sodat niemand 29jou kroon kan neem nie.

12

Wie oorwin, Ek sal hom l30’n pilaar in die tempel van my God maak, en 31hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en 32Ek sal op hom m33die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, n34van die nuwe Jerusalem, 35wat uit die hemel van my God neerdaal, en 36my nuwe Naam.

13

Sewende brief: aan die gemeente van Laodicéa.

14

EN skryf aan die engel van die gemeente 37van die Laodicense: Dít sê o38die Amen, 39die getroue en waaragtige Getuie, p40die begin van die skepping van God:

15

Ek ken jou werke, dat jy 41nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm!

16

Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou 42uit my mond spuug.

17

Want 43jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en 44blind en 45naak is nie.

18

Ek raai jou aan om 46van My te koop goud 47wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en q48wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en 49salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien.

19

r50Almal wat Ek liefhet, 51bestraf en 52tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou.

20

Kyk, 53Ek staan by die deur en Ek klop. 54As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom 55maaltyd hou, en hy met My.

21

Aan hom wat oorwin, ssal Ek gee om saam met My te sit 56op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.

22

a Openb. 1:4.

b Openb. 1:16.

1 Sien Openb. 2:1.

2 Dit was ’n baie groot en bekende stad in Lidië, waar die hof en die woonplek van koning Croesus vroeër was.

3 Omdat hierdie titel nie in die beskrywing van die verskyning van Christus, Openbaring 1, staan nie, daarom meen sommige dat dit geneem is uit die inleiding van hierdie boek, Openb. 1:4, waar die Heilige Gees só genoem word om die redes wat daar verklaar is. Want die Heilige Gees is nie net die Gees van die Vader nie, maar ook van die Seun, wat Hy aan sy gelowiges tot Leidsman en Trooster gee, Joh. 15:26. Gal. 4:6. Ander meen dat die sewe Geeste hier sewe engele is, waarvan meermale in hierdie openbaring gespreek word, wat in Christus se hand as sy dienaars is, om hulle te gebruik waar dit Hom behaag; soos ook die sewe sterre die sewe engele of opsieners van die gemeente beteken, soos verklaar is in Openb. 1:20. Aangesien die woord geeste egter nêrens in hierdie openbaring vir die engele gebruik word nie, is die eerste verklaring daarom die beste.

4 Dit is, die skyn dat jy ’n ywerige en troue opsiener van die gemeente is, en jy is dit nie, soos die volgende vers verklaar.

5 Of: Ontwaak, naamlik uit jou slapheid en geveinsdheid, soos in Ef. 5:14. Sien ook Eség. 34:16.

6 Dit is, meer en meer verontagsaam sou word, en eindelik verlore gaan, indien hulle nie met goeie vermaninge en voorbeelde opgewek en versterk word nie.

7 Gr. nie vervul nie, dit is, nie opreg nie, nie ernstig en ywerig genoeg nie. Want ook die allerheiligstes struikel in vele opsigte, Jak. 3:2.

8 Ander lees: voor my God; dit is, hoewel julle die mense met hierdie skyn kan bluf, God is nie met die skyn tevrede nie, maar vereis ’n opregte gemoed en ’n ernstige gedrag.

c vers 19.

d Matt. 24:43. 1 Thess. 5:2. 2 Petr. 3:10. Openb. 16:15.

9 Dit is, die opdrag wat jy ontvang het, en die leer wat jy van die apostels gehoor het, toe jy tot hierdie diens geroep is.

10 Dit is, spoedig en onvoorsiens, soos in Matt. 24:43, wat óf as ’n spoedige dood oor hom, óf as ander strawwe verstaan kan word.

11 Of: name, soos in Hand. 1:15 en die kanttekening.

12 Dit is, wat hulle nie met onsuiwer leer en met ’n onkuis lewe, soos die Nikolaïete, verontreinig het nie. Sien 1 Thess. 4:4. Judas, vers 23, gebruik ook hierdie beeld.

13 Waarvan Christus ’n voorbeeld of bewys gegee het, Matt. 17:2.

14 Naamlik as oorwinnaars van die sonde en van die wêreld. Want die wit klere was vroeër ’n teken van triomf en heerlikheid, soos blyk uit die volgende vers. Sien ook Openb. 7:9; 19:14.

15 Hierdie waardigheid in hulle kom nie uit hul krag of verdienste nie, maar van Christus, en ter wille van sy verdienste, omdat Hy hulle deur sy verdienste sodanige vergelding uit genade waardig ag en waardig maak. Sien 2 Kor. 3:4, 5. 2 Thess. 1:5, 11. Hebr. 13:21.

e Ex. 32:32. Ps. 69:29. Filip. 4:3. Openb. 20:12; 21:27.

f Matt. 10:32. Luk. 12:8.

16 Dit word gesê tot troos van die gelowiges, wat moontlik in twyfel sou kom oor hul verkiesing. Nie dat iemand wat waarlik in die boek van die lewe geskrywe is, daaruit verwyder kan word nie, want die teendeel blyk uit Openb. 13:8; 17:8; 20:15; 21:27, maar omdat sommige ten opsigte van die roeping en hul belydenis skynbaar daarin geskrywe is, wat daarna metterdaad toon dat hulle nie daarin geskrywe is nie, soos in Ps. 69:29 verklaar word dat hulle uit die boek van die lewe geneem word, en dat hulle nie saam met die regverdiges opgeskrywe word nie, waar die laaste gedeelte die eerste verklaar.

17 Naamlik as van my ware dienaar en dissipel, Matt. 10:32.

g vers 14.

h Job 12:14. Jes. 22:22. Openb. 1:18.

18 Dit was ’n stad in Mísië, nie ver van Lidië af nie, so vernoem na ene Attalus Filadelfus, wat hierdie stad eerste laat bou het. Die stad het wel nie baie floreer nie, omdat dit aan baie aardbewings onderworpe was, maar het ewenwel ’n baie voorbeeldige en vroom gemeente gehad, soos uit die brief self blyk.

19 Hierdie twee titels word deurgaans in die Ou Testament aan God toegeskryf, soos te sien is in Jes. 6:3. Ps. 145:17, wat Christus, as die ware Seun van God, Homself hier ook gee, omdat Hy die Een is wat nie net in Homself heilig is nie, maar ons ook heilig maak, en wat waaragtig is in al sy beloftes en dreigemente.

20 Dit is, van die gemeente van Christus, waarvan Dawid en sy huis ’n voorbeeld was. Hier word verwys na die teks in Jes. 22:22, waar so ’n belofte aan Éljakim gemaak word; daardeur word die opperste mag van insluiting in die gemeente bedoel en die uitsluiting daaruit, en gevolglik ook in en uit die hemel, soos Christus sy gemeente ook ’n geestelike mag, maar onder Hom, belowe het, Matt. 16:19; 18:18.

21 Dit is, ’n vaste en onbelemmerde geleentheid om die evangelie met goeie  voortgang te versprei, soos in 1 Kor. 16:9. 2 Kor. 2:12.

22 Naamlik uit jouself, of in jouself, om so ’n groot werk te volbring. Maar (wil Hy sê), omdat jy getrou is in die bewaring van my woord, so sal Ek vir jou die deur oopmaak deur my Gees, en niemand, hoeseer hy dit ook teëstaan, sal dit verhinder nie. Want die krag van God word in ons swakheid volbring, 2 Kor. 12:9. Ander vertaal dit: jy het nog ’n bietjie krag, dit is, daar is deur my genade nog iets goeds by jou, naamlik wat Ek in jou verder sal seën.

i Openb. 2:9. 23 Dit is, Ek sal selfs uit die Jode, wat nou geswore vyande van my gemeente is, enkeles tot My bekeer; soos naamlik oorblyfsels van die genade tevore in Paulus en ander gebeur het, en volgens Christus se belofte in hierdie gemeente nog meer moes gebeur.

24 Dit is, hulle aan jou en aan my gemeente onderwerp, en hulle van hul vorige weerstand bekeer. ’n Beeld geneem uit die manier van doen onder die Oosterse volke, gebruiklik by diegene wat erken het dat hulle oorwonne is. Sien Ps. 72:9.

25 So word die evangelie genoem, omdat dit ons die lyding en lydsaamheid van Christus voor oë stel, en ons deurlopend tot lyding en lydsaamheid vermaan.

26 Dit is, belet het dat die versoeking tot jou sal kom; of as dit kom, dat dit jou aan jou siel skade sal aandoen.

27 Dit is, van die vervolging, soos meermale aangedui is. Dit wil voorkom of Christus hier spreek van die tienjarige vervolging wat Trajanus kort hierna oor die hele wêreld heen teen die Christene aangevuur het.

k Openb. 2:25. 28 Naamlik die geloof en ’n goeie gewete, soos Paulus verklaar in 1 Tim. 1:19.

29 Sommige verstaan dit as die kroon van die leeramp, waarin hierdie leraar hom tot dusver goed gekwyt het; maar dit kan ook verstaan word as die kroon van die ewige lewe, soos in Openb. 2:10. Hier word gedreig dat dit van iemand geneem sal word, wanneer hy in sorgeloosheid van sy amp of van die lewe sou verval. Sulke waarskuwings is middele wat daartoe dien, sodat die gelowiges in die goeie standvastig sou bly. Want Christus beloof in die voorgaande vers, dat Hy hulle sal bewaar in die uur van beproewing; en in die volgende vers, dat hy ’n pilaar in die tempel van God is, waar hy nooit weer sal uitgaan nie.

l 1 Kon. 7:21.

m Openb. 22:4.

n Openb. 21:2, 10.

30 Dit is, in die gemeente van die uitverkorenes van my God, wat hier opgebou word, en hiernamaals in die hemel voltooi sal wees. Hier verwys die apostel na die twee kolomme wat in die tempel van Salomo gestaan het, waarvan ons lees in 1 Kon. 7:15. Dit was ’n versiering en vastigheid daarin, waarvan die een deur Salomo Jagin genoem is, dit is, Hy sal bevestig, en die ander Boas, dit is, in Hom is sterkte. Sien ook Gal. 2:9.

31 Naamlik soos hierdie pilare, wat in die tempel van die Ou Testament ’n voorafskaduwing was en deur die Chaldeërs daaruit weggevoer is, soos te sien is in Jer. 52:17. Want wie ’n pilaar is in die gemeente van die ware uitverkorenes, kan nie weggevoer word nie, Matt. 24:24, en word nooit uitgewerp nie, Joh. 6:37.

32 Naamlik soos ’n mens gewoonlik op die kolomme eretitels geskryf het, en soos die twee kolomme in die tempel van Salomo ook hierdie twee name gehad het, waarvan tevore gespreek is.

33 Naamlik tot ’n teken dat hy God as ’n eiendom toekom, soos ons gewoonlik dinge wat ons eie is, met ons naam merk; en soos die soldate ook gewoonlik vroeër met die naam van hul owerstes, en die diensknegte met die naam van hul here gemerk was. Sien Openb. 7:3. Want hoewel ons hier weet dat ons kinders van God is, is dit nogtans nog nie in die daad geopenbaar wat ons sal wees nie, 1 Joh. 3:2.

34 Dit is, van die ware gemeente van Christus, wat hier gestel word teenoor die uiterlike of ou Jerusalem, soos in Gal. 4:26.

35 Naamlik ten opsigte van die krag waardeur hulle op die aarde versamel word, en van die heerlikheid waarmee hulle op die laaste dag beklee sal word. Sien Openb. 21:2, ens.

36 Naamlik tot ’n teken dat hy my dienaar is en my heerlikheid deelagtig sal word. Sien oor hierdie nuwe Naam, wat Christus van die Vader verwerf het ná sy verhoging, Filip. 2:9, 10. Openb. 19:12, 16.

o Openb. 1:5, 6.

p Kol. 1:15.

37 Laodicéa was ’n ryk en bekende stad, geleë in Frígië teen die Lycusrivier, nie ver van Kolosse af nie, waarvan ook melding gemaak word in Kol. 2:1; 4:16.

38 Hierdie woord Amen word gebruik as ’n naam of titel van Christus, soos in Openb. 1:8: wat is, wat was en wat kom, en soos die woord EHEJE in Ex. 3:14, dit is, Ek is, as ’n naam of titel van God gebruik word, waardeur die getrouheid en standvastigheid van Christus verstaan word, in die vervulling van alle beloftes van God, 2 Kor. 1:19, 20.

39 Soos die woord Amen die standvastigheid van Christus in die uitvoering van sy beloftes beteken, só beteken hierdie woorde sy getrouheid en waarheid in die voorstelling van die leer van die saligheid, wat Hy vir ons uit die boesem van die Vader gebring het.

40 Dit is, die bron en oorsprong van die skepping van alle dinge, soos in Joh. 1:3. Kol. 1:15. Ander vertaal dit: prins of owerste van die skepsele van God, soos Hy ook in Hebr. 1:2 ’n erfgenaam van alle dinge genoem word.

41 Dit is, nie ywerig is in die aangenome waarheid nie, ook nie vreemd daarvan nie, soos iemand wat wel die waarheid aangeneem het, maar in jou lewe of uitwendige godsdiens probeer om jou na die wêreld te skik, om ondankbaarheid en vervolging te ontsnap. Sulke mense is erger en sal swaarder gestraf word as diegene wat nog vreemd is van die waarheid, soos Christus oor die Fariseërs spreek in Joh. 9:41, en Elía oor die Israeliete in 1 Kon. 18:21.
42 Nie dat sulke lou mense in die mond van Christus of in Christus is nie, maar omdat hulle, deur hul belydenis, spog en voorgee asof hulle daarin is.
43 Dit is, jy spog of meen dat jy in alle geestelike gawes oorvloedig is, omdat dit met jou goed gaan na die oordeel van die wêreld, soos die Fariseër gemeen het in Lukas 18, maar die teendeel is waar, soos Christus hulle stuk vir stuk uitwys.

44 Naamlik in die kennis van jouself en van jou ellende.

45 Naamlik van die ware geregtigheid en heiligheid, wat vir God geld, soos die volgende vers uitwys.

q 2 Kor. 5:3. Openb. 7:13; 16:15; 19:8. 46 Dit is, te begeer of probeer om te verkry, nie deur enige verdienste van jou kant nie (want Christus sê hier dat hy naak en arm was), maar uit genade en verniet, deur die gebed, soos verklaar word in Jes. 55:1. Sien ook Matt. 11:28.

47 Of: wat gloeiend uit die vuur kom, dit is, wat uit die vuur getrek is en nou die toets deurstaan het, waardeur die ware geloof bedoel word, wat deur die vuur van versoekings beproef word, 1 Petr. 1:7, en dat al die rykdomme van Christus se lyding deur hulle toegeëien en aan hulle oorgedra word.

48 Dit is, die geregtigheid en heiligheid van Christus, waardeur ons geestelike ellende en naaktheid voor God bedek word, soos verklaar word in Openb. 7:13, 14; 19:8.

49 Of: oogsalf, dit is, die regte verstand van sy woord en die krag van sy Gees, waardeur ons tot kennis gebring word van onsself en van die genade van God teenoor ons, Ps. 19:9; 119:105.

r Job 5:17. Spr. 3:12. Hebr. 12:5. 50 Christus voeg hierdie versagting hierby om die skerpheid van die vorige vermaning effens te versag, omdat dit uit liefde vir hulle voortkom.

51 Naamlik met woorde en oortuigings, wat die Griekse woord inhou.

52 Naamlik met daadwerklike besoekinge en strawwe. Sien dergelik in Hebr. 12:5, 6.

53 Dit wil voorkom of hierdie teks uit die Hooglied van Salomo geneem is, Hoogl. 5:2, waar dergelike klop van die Bruidegom Christus aan die deur van sy slaperige bruid beskryf word. Daardeur word die geestelike aanmaning van Christus verstaan, aan die deur van ons gewete, deur sy Woord en Gees, om ons uit ons sondes en slaperigheid op te wek en om ons op sy vermaning te laat ag gee.

54 Dit word nie gestel in die vrye wil van die mens nie, maar hierdie vermaning is ’n middel waardeur Christus die deur van ons harte oopmaak, omdat Hy hier spreek tot lede van sy gemeente, waarvan baie reeds die Gees van Christus deelagtig was. Hierdie gawe word deur sulke vermanings meer en meer aangewakker, soos Paulus tot Timótheüs spreek in 2 Tim. 1:6, 7; want niemand kom tot Christus nie, behalwe diegene wat dit van die Vader gehoor en geleer het, vir wie die Vader trek en aan wie dit deur die Vader gegee is, Joh. 6:44, 45, 65. Sodat niemand sy hart vir Christus se vermanings oopmaak nie, behalwe diegene wie se hart God self eers oopmaak om op sy woord ag te gee, soos Dawid bid in Ps. 119:18, en van Lídia getuig word in Hand. 16:14, en van alle gelowiges in Filip. 2:13.

55 Dit is, My meer en meer met hom verenig deur my Gees, hom meer en meer my genade en guns laat voel tot sy troos en versterking, Joh. 14:21, 23, en hom hiernamaals die ewige vreugde laat geniet, wat ook vergelyk word met die aansit by ’n tafel wat ruim voorsien is, Matt. 8:11. Luk. 14:15.

s Matt. 19:28. 1 Kor. 6:2. 56 Dit is, Ek sal hom hiernamaals my heerlikheid en mag in die oordeel deelagtig maak, soos Christus verklaar in Matt. 19:28. Joh. 17:5, ens., en Paulus in Rom. 8:17. 1 Kor. 6:2, 3.