Statevertaling – Bybelstigting

Openbaring 6

Die oopmaak van die eerste ses seëls.

1

EN ek het gesien 1toe die Lam 2een van die seëls oopmaak; en ek het een van die vier lewende wesens hoor sê, soos die geluid van ’n donderslag: 3Kom kyk!

2

4En ek het gesien, en kyk, daar was a5’n wit perd. En hy wat daarop sit, het ’n boog; en aan hom is ’n kroon gegee, en hy het uitgegaan as ’n oorwinnaar en om te oorwin.

3

En toe Hy die tweede seël oopgemaak het, hoor ek die tweede lewende wese sê: Kom kyk!

4

En ’n ander perd, 6’n vuurrooie, het uitgekom, en aan hom wat daarop sit, is dit gegee om die vrede van die aarde af weg te neem en dat hulle mekaar sou 7doodmaak; en 8’n groot swaard is aan hom gegee.

5

En toe Hy die derde seël oopgemaak het, hoor ek die derde lewende wese sê: Kom kyk! En ek het gesien, en kyk, daar was 9’n swart perd; en hy wat daarop sit, het 10’n skaal in sy hand.

6

En ek het ’n stem tussen die vier lewende wesens hoor sê: 11’n Rantsoen koring vir 12’n penning en drie rantsoene gars vir ’n penning; en moenie 13die olie en die wyn b14beskadig nie.

7

En toe Hy die vierde seël oopgemaak het, hoor ek die stem van die vierde lewende wese sê: Kom kyk!

8

En ek het gesien, en kyk, daar was 15’n vaal perd. En hy wat daarop sit, sy naam is die dood, en 16die doderyk het hom gevolg. En aan hulle is mag gegee oor die vierde deel van die aarde om dood te maak 17met swaard en hongersnood en pes en deur die wilde diere van die aarde.

9

En toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ek 18onder die altaar cdie siele van die wat 19gedood is ter wille van die woord van God en ddie getuienis wat hulle gehad het.

10

En hulle het met ’n groot stem uitgeroep en gesê: 20Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie?

11

En aan elkeen van hulle is 21wit klere gegee; en aan hulle is gesê dat hulle nog ’n klein tydjie moes rus totdat ook hulle medediensknegte en hulle broeders wat 22nog gedood sou word soos hulle, voltallig sou wees.

12

En ek het gesien toe Hy 23die sesde seël oopgemaak het, en kyk, daar was ’n groot aardbewing; een die son het swart geword soos ’n harige sak, en die maan het geword soos bloed;

13

en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos ’n vyeboom wat deur ’n groot wind geskud word, sy navye laat afval;

14

en die hemel het weggewyk soos ’n boek wat toegerol word, en al die berge en eilande is uit hulle plekke versit;

15

en 24die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge,

16

en vir die berge en die rotse gesê: fVal op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam;

17

want 25die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan 26bestaan?

1 Gr. hote, dit is, toe, waarvoor ander hoti lees, dit is, dat; die sin lees dan ook reg.

2 Dit is, die eerste van die seëls, soos direk daarna een van die lewende wesens, dit is, die eerste, soos blyk uit verse 3, 5, 7. ’n Hebreeuse spreekwyse. Sien Gén. 1:5. Matt. 28:1.

3 Soos een van die vier-en-twintig ouderlinge in Openb. 5:5 die apostel vertroos het, toe hy geween het omdat niemand gevind is wat hierdie boek met sy seëls kon oopmaak nie, só kom nou ’n ander een van die vier lewende wesens en vermaan die apostel om noukeurig te let op dit wat ná die opening van die seëls sal volg, soos ook die ander drie elkeen op sy beurt sal doen; sodat alles met orde en vrug kan voortgaan in hierdie verskynings, wat hier in die hemele getoon word.

a Openb. 19:11. 4 Sommige verstaan onder die gesigte wat op die opening van die eerste vier seëls volg, die vier monargieë waarvan Daniël geprofeteer het. Hierdie mening word egter weerlê deur dit wat in Openb. 1:1 en 4:1 gesê is, naamlik dat hier dinge getoon word wat ná hierdie dinge moes gebeur, dus nie sodanige dinge wat nou lank tevore gebeur het nie. Diegene wat dit as toekomende dinge verklaar, is ook van tweërlei mening. Sommige verstaan deur die verskynings wat met die opening van hierdie seëls vertoon word, die veranderinge en swarighede wat die Romeinse Ryk, van hierdie tyd af tot die tyd van keiser Konstantyn, wat die eerste Christelike keiser was, oorgekom het; naamlik só dat die wit perd met sy oorwinnende ruiter Christus sou beteken, wat, soos Hy nou reeds deur sy apostels begin het, so ook voortaan deur ander getroue leraars die heidense afgodery en ander ydele godsdienste sou onderwerp en die Romeinse Ryk in hierdie saak so in ’n heel ander staat herstel. Die vuurrooi perd is die bloedstortinge en burgerlike onenighede wat in hierdie ryk onder verskeie keisers sou ontstaan. Die swart perd is die hongersnode en swaar tye wat God verskeie male tot ’n straf onder hulle gestuur het. Die vaal perd is die swaar peste en ander ernstige siektes en sterftes wat in hierdie ryk sou plaasvind; en dit alles vanweë die vervolging wat hulle tot tien maal toe teen die Christene begin het. Waarop ná die opening van die vyfde seël die siele van die Christene wat gedood is tot God om wraak sou roep, wat ná die opening van die sesde seël verhoor is deur God. Daarna is Konstantyn verwek, wat die tirannieke keisers en vervolgers van die gemeente Maxentius, Maximianus, Licinius en ander, hul gelykes, onderwerp het, wat die heidense afgode al hul aansien ontneem en al hul dienaars tot die uiterste desperaatheid gebring het. Hierdie menings oor hierdie hoofstuk kom ooreen met die eienskappe van hierdie gesigte en die geskiedenis van hierdie tyd. Maar omdat hier eintlik van Christus, as die Lam wat geslag is, gespreek word, wat met sy bloed sy gemeente gekoop het en slegs melding gemaak word van vier lewende wesens en vier-en-twintig ouderlinge, wat almal voorgangers van die gemeente van Christus is, soos in die voorgaande hoofstuk verklaar is, so is dit wel geloofwaardig dat in hierdie en alle ander toekomende gesigte verwys word na die veranderinge en swarighede, asook vertroostinge, wat die kerk van Christus die hele wêreld deur sou oorkom, soos in die vervolg aangeteken sal word.

5 Hierdeur word die suiwer prediking van die evangelie verstaan, wat Christus, die Koning van die konings, wat hierdie perd beheer (soos hierna verklaar word in Openb. 19:11, ens.), deur die hele wêreld, gewapen met die krag van sy Gees, soos met sy boog, versprei het, en deur sy dienaars alle teëstand oorwin het, sodat Hy, nieteenstaande die vervolginge van die heidense en ander barbaarse of ketterse konings in die ooste en weste, daarin die oorhand behou het.

6 Hierdeur word die Satan met sy werktuie gepas verstaan, soos die heidense en Ariaanse keisers en konings, wat die gemeente van Christus met vervolging en bloedstorting gevul het. In hierdie tye het baie duisende martelare die waarheid van die leer van Christus met hulle bloed verseël; waarvan in die negende vers melding gemaak sal word.

7 Gr. slag.

8 Naamlik om daarmee die opregte Christene dood te maak of te onthoof.

9 Hierdeur word die valse leringe en ketterye gepas verstaan, wat die Satan met sy instrumente teen die suiwere leer van die heilige evangelie vanaf hierdie tyd probeer het om in te voer, soos daar die Cerintiërs, Ebioniete, Marcioniete, Manigeërs, Samosateniane, Ariane, Pelagiane en dergelike ander was, wat nogtans almal uiteindelik deur die getroue leraars en regsinnige sinodes onderwerp is.

10 Hierdeur verstaan baie die Heilige Skrif, wat hierdie ketters wel voorgegee het om te volg, maar tot hul verderf verdraai en volgens hul menslike vernuf wou buig, 2 Petr. 3:16.

b Openb. 9:4. 11 Die Griekse woord goiniks beteken ’n meeteenheid, waarmee die rantsoen wat ’n mens nodig gehad het om ’n dag te kan lewe, afgemeet is, en waarmee die voedsel aan die slawe uitgedeel was.

12 Dit was die dagloon van ’n arbeider, soos te sien is in Matt. 20:2, 9, 10, sodat daarmee geprofeteer word dat daar so ’n skaarste van graan sou wees dat ’n man, om te kan lewe, al sy daaglikse inkomste daaraan sou moes bestee. Omdat hier eintlik van geestelike voedsel gespreek word, word hierdeur gepas die skaarste van God se suiwer woord verstaan, wat in enige van hierdie tye sou kom deur die vervalsing en tirannie van enige van hierdie ketterye, en deur die slapheid en vreesagtigheid van baie leraars. Sien dergelike figuurlike spreekwyse in Amos 8:11.

13 Hierdeur word die grondwaarhede van die leer van die saligheid gepas verstaan, wat die harte verkwik en versterk. Hiermee word te kenne gegee dat God nogtans altyd enkele getroue leraars selfs tydens hierdie skaarste van sy woord sou verwek, wat die grondwaarhede van die leer van die saligheid sou verstaan en die harte van die uitverkorenes daarmee verkwik en versterk, soos die kerklike geskiedenis getuig dat dit ook steeds in die swaar tye gebeur het.

14 Gr. onreg aandoen.

15 Of: bleekgroen, soos die blare is wanneer dit verdor. Waardeur die menslike insettinge en bygelowigheid gepas verstaan word, waardeur die gesigte mismaak word, Matt. 6:16, en die kerk van Christus geleidelik van haar gesonde leer beroof word, en die mense van Christus se verdienste tot hul eie verdienste, en tot ander middelaars en gronde van die saligheid, en hulle verderf, verlei word. Sien Matt. 15:8, 9; 23:14. Gal. 5:4. Kol. 2:18, ens. Hierdie bygelowigheid en menslike insettinge het ná hierdie ketterye in die kerk van Christus ingedring, en het geleidelik die weg tot die antichristendom geopen.

16 Of: die graf.

17 Hierdie vier plae is dié waarmee God die Israeliete dreig, Eség. 14:21, sien ook Lev. 26:22, ens., wat hier verstaan kan word as die geestelike plae, wat die Satan deur die bygelowigheid die siele en gewetens van die mense aandoen.

c Openb. 20:4.

d Openb. 19:10.

18 Naamlik wat in die Heilige in die tempel van die hemel voor die troon van God gestaan het; soos in Openb. 8:3; 16:17 beskryf word. Hierdie altaar is Christus, Hebr. 13:10, wat so genoem word omdat ons gebede nie vir God aangenaam is nie, behalwe as dit in Christus se Naam gedoen, Joh. 16:23, en deur Hom aan God geoffer word, Hebr. 13:15. In die teenwoordigheid van Christus dus, en as ’t ware onder sy skaduwee, soos Dawid van die tabernakel spreek, Ps. 27:5, en Johannes in Openb. 7:16, 17, het hierdie heilige siele hulself vertoon, wie se liggame tevore gemartel was deur die ongelowige Jode, heidene en valse Christene. Dat hierdie heilige siele hul woning en troos by Christus het, blyk duidelik uit 2 Kor. 5:8. Filip. 1:23, en uit Openb. 7:15, 16, ens.

19 Gr. geslag.

20 Gr. Tot wanneer toe. Hierdie gebed spruit nie voort uit enige wraakgierigheid nie, maar uit ’n heilige ywer, wat hierdie heilige geeste het tot die bevordering van God se eer, en ’n begeerte dat God sy geregtigheid en hul goeie saak onder die mense sal bekendmaak, soos Dawid ook spreek tot Saul, 1 Sam. 24:13, en Paulus van ’n vyand van die kerk van Christus, 2 Tim. 4:14, en ons almal saam wanneer ons bid: Verlos ons van die Bose.
21 Gr. stolai; sien hieroor Mark. 12:38 se kanttekening. Naamlik wat gewas en wit gemaak was in die bloed van die Lam, soos getuig word in Openb. 7:14, waardeur die volkome heiligmaking en oorwinning van hierdie siele deur die bloed van Christus bedoel word, en ook hul heerlikheid te kenne gegee word, wat hulle reeds in die hemel besit. Sien 2 Kor. 5:2, 3.

22 Naamlik deur die Antichris en sy dienaars, wat kort daarna in die kerk van Christus sou opstaan, deur hul geestelike heerskappy die gemeente van Christus verdruk, en sy getroue getuies vervolg en doodmaak, soos die heidene, Jode en ander valse Christene tevore gedoen het.

e Hand. 2:20. 23 Waarop die opkoms, nie net van die Mohammedane in die ooste nie, maar vernaamlik van die Roomse Antichris in die weste gevolg het, wat hulle met ’n geestelike tirannie verhef bo al wat God genoem word, en hulle in die tempel van God as ’n god op aarde uitgee. Onder hulle het hierdie groot en verskriklike veranderinge in die kerk van Christus plaasgevind, naamlik dat die hele stand daarvan as ’t ware van sy plek beweeg is; dat Christus, die Son van geregtigheid, deur die sak van menslike insettinge verduister is, die kerk van Christus, wat soos die maan van Hom alleen haar lig ontvang, met bloedige vervolginge gevul is en rooi geword het; dat die sterre, dit is, die herders en leraars (soos in Openb. 1:20 verklaar is), van die hemel, dit is, van die hemelse en geestelike, tot aardse en wêreldse sorg verval het; dat die hemel sou wyk soos ’n boek wat toegerol word, dit is, dat die Heilige Skrif en die hemelse leer van Christus soos ’n geslote boek geword het en die lidmate van die gemeente verbied en ontneem is; dat uiteindelik alle berge en eilande, dit wil sê, alle vorste en volke sou vrees vir sy heerskappy. Hierdie verklaring stem wel ooreen met die ervaring van die geskiedenis, en dat sulke veranderinge in die kerk en in die wêreld dikwels in die Skrif deur so ’n figuurlike spreekwyse verstaan word, blyk uit die vergelyking van verskeie tekste in die Ou Testament. Dit wil voorkom of hierdie teks daaraan ontleen is. Sien Jes. 13:10; 34:4. Jer. 4:23. Eség. 32:7. Joël 2:10. Ander nogtans, wat nader aan die letterlike bly, voeg hierdie drie verse by die volgende drie, wat oor die swaar strawwe handel wat die vervolgers en verdrukkers op die laaste dag sal oorkom, gestel teenoor die troos wat die martelare reeds geniet, van watter strawwe hierdie tekens in hemel en aarde ook as voorbodes deur Christus gestel word, Matt. 24:29. Mark. 13:24. Luk. 21:25, ens.
24 Naamlik wat met hul volgelinge die gelowiges hier verdruk het; sonder dat iemand, groot of klein, slaaf of vry, van hierdie strawwe sal vry wees of verskoon word. Want soos in vers 11 die martelare getroos is en beloftes ontvang het van verdere vergelding, wanneer die getal van hul medebroeders vol sal wees, van welke algemene troos in die volgende hoofstuk breedvoeriger gespreek sal word, só word hier ook hul verdrukkers in die algemeen gewaarsku oor die swaar en ellendige strawwe wat hulle te wagte is, indien hulle hul nie bekeer nie.
f Jes. 2:19. Hos. 10:8. Luk. 23:30. Openb. 9:6.
25 Dit is, van die swaar straf wat God in sy regverdige toorn oor hulle sal bring.

26 Gr. staan, soos in Ps. 1:5.