Statevertaling – Bybelstigting

Openbaring 7

Die getroue Israeliete uit ontsaglike gevare gered.

1

EN 1ná hierdie dinge het ek 2vier engele op die vier hoeke van die aarde sien staan, en hulle het die vier winde van die aarde vasgehou, sodat geen wind sou waai 3op die aarde of op die see of teen enige boom nie.

2

En ek het’n ander 4engel sien opkom van die opgang van die son, met die seël van die lewende God; en hy het met ’n groot stem geroep na die vier engele aan wie dit gegee is om die aarde en die see te beskadig

3

en gesê: aMoenie die aarde of die see of die bome 5beskadig voordat ons 6die diensknegte van onse God b7op hulle voorhoofde 8verseël het nie.

4

En ek het die getal van die verseëldes gehoor: chonderd-vier-en-veertigduisend verseëldes 9uit al die stamme van die kinders van Israel —

5

uit die stam van Juda twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Ruben twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Gad twaalfduisend verseëldes;

6

uit die stam van Aser twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Náftali twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Manasse twaalfduisend verseëldes;

7

uit die stam van Símeon twaalfduisend verseëldes; 10uit die stam van Levi twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Íssaskar twaalfduisend verseëldes;

8

uit die stam van Sébulon twaalfduisend verseëldes; 11uit die stam van Josef twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Benjamin twaalfduisend verseëldes.

Gesig van die martelare in die heerlikheid.

9

12NÁ hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ’n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en 13tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met 14palmtakke in hulle hande;

10

en hulle het met ’n groot stem geroep en gesê: Heil 15aan onse God wat op die troon sit, en aan die Lam!

11

En al die engele het rondom die troon en die ouderlinge en die vier lewende wesens gestaan, en hulle het voor die troon 16op hulle aangesig neergeval en God aanbid

12

en gesê: Amen! 17Die lof en die heerlikheid en die wysheid en die danksegging en die eer en die krag en die sterkte 18aan onse God tot 19in alle ewigheid! Amen.

13

Toe het een van die ouderlinge gespreek en vir my gesê: 20Hulle wat bekleed is met die wit klere, wie is hulle en waarvandaan het hulle gekom?

14

En ek sê vir hom: 21My heer, u weet dit. En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit 22die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere 23wit gemaak in die bloed van die Lam.

15

Daarom is hulle 24voor die troon van God en 25dien Hom dag en nag 26in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal 27sy tent oor hulle oopspan.

16

Hulle sal nie meer d28honger en nie meer dors hê nie, en nooit sal edie son of enige hitte op hulle val nie;

17

want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle flaat wei en hulle na 29lewende waterfonteine lei, en God sal alle trane van hulle oë g30afvee.

1 Naamlik toe hierdie voorgaande gesig verby was, het ek ’n deel gesien van dit wat nog ná die opening van die sesde seël moes gebeur. Want dit wat in hierdie hoofstuk volg, behoort ook by die opening van die sesde seël, soos blyk uit die begin van die volgende hoofstuk, waar die sewende seël eers geopen word. Waaruit ook gepas afgelei word dat die inhoud van hierdie hoofstuk aaneenskakel met dié van die voorgaande, en mekaar verklaar.

2 Sommige verstaan dit as goeie engele, wat ook soms tot uitvoering van God se oordele in die wêreld gebruik word, en verstaan deur hierdie vier engele, wat mag gehad het om die aarde en die see met onstuimige winde en storms te beskadig of dit te laat bedaar, sodanige instrumente wat God deur ’n regverdige oordeel in alle uithoeke van die wêreld gebruik het om die Arabiere, Hagarenes, Kusiete, Sarasene, en ander wrede volke in die ooste en suide, en die Gote, Vandale, Longobarde, Hunne en ander soos hulle, in die weste en die noorde, op te wek om die hele Romeinse Ryk te oorrompel en te verniel; soos sulke swarighede dikwels onder die beeld van winde en storms verstaan word. Sien Jer. 49:36; 51:1 en die kanttekening. Dan. 7:2. Hierdie vernieling van die Romeinse Ryk het gebeur vóór die opkoms van die Antichris, soos deur Paulus getuig word dat dit sou gebeur, 2 Thess. 2:7. Waarop gevolg het dat God, om die Christengemeente te midde van hierdie verwoestings in stand te hou, die verseëldes uit alle nasies deur hierdie ander Engel laat verseël het, soos dergelike verseëling ten tyde van die verwoesting van die Israelitiese land deur die Babiloniërs en Assiriërs, op God se bevel gedoen is, Eség. 9:4, waarop hierdie profesie duidelik wys. Ander verstaan deur hierdie vier engele soveel bose geeste, wat as instrumente van die Satan in die oprig van die antichristendom daartoe vernaamlik in al die streke van die wêreld gearbei het, sodat die werking van God se Gees, wat ook met wind vergelyk word, Joh. 3:8. Hand. 2:2, gestuit en verhinder mag word, en die troue en opregte leraars oral gedemp en tot stilswye gebring word, tot verdorring en verderwing van die regsinnige godsdiens, omdat ’n krag van die dwaling deur tekens van die leuen onder hulle gestuur is, soos Paulus in 2 Thess. 2:9, ens. getuig. Waarop God nogtans hierdie verseëling van hierdie uitverkorenes van Hom uit alle geslagte wou doen, om sy gemeente selfs te midde van dit alles nog altyd te behou, soos Hy gedoen het in Israel, toe Hy die seweduisend behou het wat hul knieë nie voor Baäl gebuig het nie; sien daaroor 1 Kon. 19:18. Rom. 11:4, 5.

3 Hierdie drie soorte word genoem, omdat die winde gewoonlik skadelik of bevorderlik is vir hierdie drie dinge. Die aarde, verstaan die mense op die aarde, die see, verstaan die mense op eilande en op skepe, en die bome, wat met hul takke hulself in die lug uitsprei. Daardeur word sodanige mense bedoel wat uitstaan bo ander, soos blyk in Openb. 9:4, waar die sprinkane opdrag gegee word dat hulle geen boom mag beskadig nie, maar slegs mense wat nie die merk van God op hul voorhoofde het nie.

4 Hierdeur kan Christus verstaan word, wat die opgaande Lig uit die hoogte is, en wat alleen die seël van die lewende God het, om die wat aan Hom behoort daarmee te verseël, en wat die hoogste gesag oor alle engele het.
a Openb. 9:4.

b Eség. 9:4.

5 Gr. onreg aandoen.

6 Dit is, die ware gelowiges en uitverkorenes van God, sodat hulle nie saam met die ander mislei word nie. Sien Matt. 24:24.

7 Hier word vernaamlik verwys na dit wat beskryf word in Eség. 9:4, en dit word ook as beeld gedoen, omdat die slawe vroeër op hul voorhoofde gemerk was met die name van hul here, en die soldate op hul hande met die name van hul opperbevelvoerder. Hierdie merk word op die voorhoof aangebring, omdat dit, hoewel dit vernaamlik inwendig is, hulle nogtans deur hul belydenis en vrugte aan almal bekendmaak. Sien Openb. 14:1.

8 Dit is, met ’n seël as ’n teken gemerk, sodat hulle, terwyl hulle daardeur van ander onderskei is, nie saam met hulle beskadig word nie. Hierdie verseëling is die werking en versterking van die Heilige Gees, waardeur hulle, tot kinders van God gestel, teen alle verleiding verseker word. Sien Rom. 8:15, ens. 2 Kor. 1:21, 22. Ef. 4:30. 2 Tim. 2:19.

c Openb. 14:1. 9 Sommige verstaan dit letterlik as die uitverkorenes onder die Jode, hoewel die Ou Testamentiese orde nie meer onder hulle gevolg word nie, omdat God in die Nuwe Testament al diegene wat Hom liefhet, aan mekaar gelyk gestel het, en in Christus word nie meer Jood of Griek, slaaf of vryman aangesien nie, Gal. 3:28. Ander verstaan dit as die Israel van God wat vanuit Jode en heidene byeengevoeg is, wat gedurende die tyd van die heerskappy van die Antichris deur die Here versamel is; ’n groot getal, en nogtans telbaar vir die mense. Maar die getal wat hierna in die hemel gesien sal word, bestaande uit alle uitverkorenes van alle tye, is inderdaad aan God bekend, maar ontelbaar vir die mense. Sien Gén. 15:5. Jes. 49:20; 60:4, 5, ens.
10 Hier word die stam van Levi onder die stamme van Israel gereken, wat nogtans geen spesifieke erfenis in die land Kanaän gehad het nie, en die stam van Dan word uitgelaat. Die rede is omdat ons nou almal priesters en Leviete voor God is. Wat die Daniete egter betref, word hulle stam hier uitgelaat, omdat hulle die eerstes was wat hulle tot die afgodery begewe het, Rigters 18, en omdat een van die goue kalwers van Jeróbeam in Dan opgerig was, 1 Konings 12. Daarom was hulle ook onder die eerstes wat deur die heidene weggevoer is, 2 Konings 15, en onder hulle verstrooi gebly het. Daarom is ook die stam van Dan in die terugkeer van die Israeliete, ná die gevangenskap in Babel, nie meer onder die Israelitiese stamme in die eerste boek van die Kronieke gereken nie.
11 Dit is, uit die stam van Efraim, wie se naam ook verswyg word, omdat die afgodery in Dan en Bet-el ook van hulle afkomstig was. Want Jeróbeam was ’n Efraimiet, 1 Kon. 11:26. Daarom word Josef, die vader van Efraim, hier in sy plek gestel. Ander meen dat die stam van Efraim die stam van Josef genoem word, omdat die stam van Efraim bo die stam van Manasse verhef is in die seën van Jakob, Gén. 48:14, 19.
12 Soos die voorgaande verseëling van die honderd-vier-en-veertigduisend op aarde plaasgevind het, ten tyde van die Antichris, toe die kerk van Christus haar nog onder die Antichris skuilgehou het en vervolg was, so word hierdie ontelbare getal uit al die volke in die hemel gesien, voor die troon van God, waar hulle uit alle plekke en tye versamel is. Ander verstaan met hierdie ontelbare getal diegene wat ná die begin van die val van die Antichris in die openbare gemeentes deur al die lande versamel is, en nog daagliks versamel word. Want hierdie verseëling gebeur gewoonlik in die verdrukte en ondergrondse kerke, en nie in die openbare en vrye kerke nie, soos die teks in Eség. 9:4 ook meebring. Sien ook Openb. 14:1.

13 Gr. tonge.

14 Naamlik tot ’n teken van oorwinning.

15 Naamlik (die heil of saligheid) is alleen aan Hom toe te skryf, dit is, ons het dit nie verkry deur ons eie krag, werke of waardigheid nie, maar deur die blote genade van God en die verdienste van Jesus Christus, ons Saligmaker. Sien Ef. 2:8-10. Openb. 19:1.
16 Dit is, met ’n vernederde gemoed en met eerbied voor sy majesteit. Want die engele en geeste het nie gesigte, of vlees, of bene nie, soos Christus spreek in Luk. 24:39.
17 Gr. Die seën.

18 Dit is, laat die lof oor al hierdie eienskappe deur almal versprei en aan God toegeskryf word.

19 Gr. in die ewighede van die ewighede.

20 Dit wil voorkom of die ouderling hier na ’n deel van hierdie hele skare verwys, wat ’n spesiale uitrusting gehad het.
21 Johannes noem hierdie ouderling so uit eerbied.

22 Naamlik onder die Antichris. Want oor die ander martelare is in die voorgaande hoofstuk gespreek.

23 Dit is, gereinig. Want die bloed van Jesus Christus reinig ons van al ons sondes, 1 Joh. 1:7.

24 Dit is, in die teenwoordigheid van die aangesig van God.

25 Naamlik om Hom te loof en te dank.

26 Naamlik in die binneste van die hemel. Want die hemelse Jerusalem het geen ander tempel as God en die Lam nie, Openb. 21:22.

27 Of: by hulle woon.

d Jes. 49:10.

e Ps. 121:6.

28 Dit is, geen leed of gebrek sal hulle meer oorkom nie. Sien dergelike in Jes. 49:10.
f Ps. 23:1.

g Jes. 25:8. Openb. 21:4.

29 Dit is, die volheid van die gawes van die Heilige Gees. Sien Joh. 4:14; 7:38. Openb. 22:1.

30 ’n Beeld van ’n pleegmoeder of moeder, wat haar kind wat huil, vertroos; hier word sodanige afvee bedoel, waarna geen ander trane meer sal volg nie. Sien Jes. 25:8. Openb. 21:4.