Statevertaling – Bybelstigting

Openbaring 8

Die sewende seël word oopgemaak. Sewe engele met sewe basuine. Die eerste vier basuine.

1

EN toe Hy 1die sewende seël oopgemaak het, kom daar 2stilte in die hemel omtrent ’n halfuur lank.

2

En ek het 3die sewe engele gesien wat voor God staan, en 4sewe basuine is aan hulle gegee.

3

En 5’n ander engel het gekom en met ’n goue wierookbak by die altaar gaan staan, en baie reukwerk is aan hom 6gegee, om dit a7met die gebede van al die heiliges op die goue altaar voor die troon te lê;

4

ben die rook van die reukwerk het 8met die gebede van die heiliges uit die hand van die engel 9opgegaan voor God.

5

En die engel het 10die wierookbak geneem en dit met 11vuur van die altaar volgemaak en 12dit op die aarde gegooi; 13en daar het stemme gekom en donderslae en weerligte en aardbewing.

6

14En die sewe engele met die sewe basuine het hulle gereed gemaak om te blaas.

7

En die eerste engel het geblaas, 15en daar het 16hael en vuur gekom met bloed gemeng, en dit is op die aarde gegooi. En ’n derde van die bome het verbrand, en al die groen gras het verbrand.

8

En die tweede engel het geblaas, en 17iets soos ’n groot berg wat brand met vuur, is 18in die see gegooi. En ’n derde van die see het bloed geword,

9

en ’n derde van die lewende skepsele in die see het gesterwe, en ’n derde van die skepe het vergaan.

10

En die derde engel het geblaas, 19en ’n groot ster wat soos ’n fakkel brand, het uit die hemel geval, en dit het geval op ’n derde van die riviere en op die waterfonteine.

11

En die naam van die ster 20word genoem Alsem; en ’n derde van die waters het als geword, en baie mense het gesterwe van die water, omdat dit bitter geword het.

12

En die vierde engel het geblaas, 21en ’n derde van die son is getref en ’n derde van die maan en ’n derde van die sterre, sodat ’n derde van hulle donker sou word en die dag vir sy derde deel nie lig sou gee nie, en die nag net so.

13

En ek het gesien en gehoor ’n engel wat in die middel van die hemel vlieg, wat met ’n groot stem sê: Wee, wee, wee hulle wat op die aarde woon, vanweë die orige geluide van die basuin van die drie engele wat nog sal blaas!

1 Naamlik die laaste van die boek met sewe seëls, wat die Lam uit die hand van Hom wat op die troon sit, ontvang het, Openb. 5:7.

2 Dit is, ’n stilte van spreek en van geluid van ander stemme, wat tevore gehoor was; deur hierdie stilte verstaan sommige ’n stilte van vervolging van die gemeente op aarde, wat ná die onderwerping van die heidense tiranne deur Konstantyn vir ’n kort tyd geduur het. Ander verstaan hierdie stilte as ’n ernstige verwagting van alle geeste in die hemel op dit wat ná die opening van hierdie sewende seël sou volg. Dit word ook deur sommige verstaan as die gebruik wat gewoonlik in die tempel op die uur van gebed gevolg is, wanneer die priesters in die Heilige ingegaan het om rook te laat opgaan, soos die Engel hier terstond sal doen, en die hele gemeente wat in stilte buite was, gewag het vir die priester om uit te kom, soos te sien is in Luk. 1:10.

3 Deur hierdie sewe engele verstaan sommige die hele menigte van die heilige engele, wat voortdurend rondom die troon van God staan; omdat die getal sewe ’n volmaakte getal is. Dit kan hier egter ook wel verstaan word as sewe besondere engele, wat uit die hele menigte ontbied was om hierdie besondere opdrag van God te ontvang. Van die engele word gesê dat hulle voor God staan, hier en in Luk. 1:19, en altyd die aangesig van die Vader in die hemel sien, Matt. 18:10, omdat hulle altyd toegang tot die troon van God het, en altyd bereid is om God se bevele te ontvang en uit te voer, Hebr. 1:14.

4 Naamlik om, die een ná die ander, God se oordele oor die mense te verkondig, soos van die sewende vers van hierdie hoofstuk tot die einde van die negende hoofstuk beskryf sal word.

a Openb. 5:8. 5 Naamlik van ’n ander natuur, wat hier tussenbeide getree het voordat die ander sewe die basuine geblaas het; deur hierdie Engel word hier noodsaaklikerwys Christus, ons Middelaar, verstaan, die Engel van die verbond en van die aangesig van God, Jes. 63:9. Mal. 3:1, wat alleen die Priester van die hemel is, en ons gebede met die reukwerk van sy verdienste op die goue altaar, dit is, op Homself, aan God as ’n lieflike geur offer en aanbied soos getuig word in Rom. 8:34. Ef. 5:2. Hebr. 4:14; 9:24; 13:10, 15. 1 Joh. 2:1.

6 Naamlik deur God sy Vader, omdat Hy Hom as Middelaar gestel het.

7 Of: aan die gebede te gee. Dit verstaan sommige as die gebede van alle gelowiges op aarde, wat gedurig tot God roep en sug, dat sy ryk mag kom en dat Hy hulle van die Bose sal verlos. Ander verstaan dit in die besonder as die gebede van die martelare, waarvan tevore gespreek is in Openb. 6:10, maar dit kan ook as al die gebede van die kinders van God in die algemeen verstaan word.

b Ps. 141:2. 8 Of: gelê by die gebede.

9 Naamlik om deur die Vader verhoor te word; waarna die volgende oordele van God, as ’n vrug van hierdie verhoring, sou volg. Sien Hand. 10:4.

10 Die Griekse woord beteken eintlik wierook, maar uit dit wat volg, blyk dat dit hier as die wierookbak verstaan moet word, soos ook in vers 3.

11 Hierdeur word Christus se vurige begeerte gepas verstaan, waardeur Hy begeer dat ons gebede by sy verdienste gevoeg word, vir God aangenaam is en deur Hom verhoor word, Joh. 17:24.

12 Naamlik die vuur van die altaar, waardeur Hy altyd dit begeer wat vir sy gelowiges tot saligheid is, so begeer Hy ook dat die regverdigheid van God, sy Vader, uitgevoer word teen die onbekeerlike verdrukkers van sy gemeente, sien Ps. 2:12, soos dit ook sal blyk uit die gevolge ná die blaas van die basuine van die sewe engele.

13 Naamlik tot ’n teken dat die voorbidding van hierdie Engel verhoor was, soos dit altyd verhoor word. Sien Joh. 11:41, 42; 12:28, 29.

14 Soos in Openb. 6:2 se kanttekening aangeteken is dat sommige verklaarders die gesigte van die eerste ses seëls dui op die politieke veranderinge en swarighede wat die wêreld, en in die besonder die Romeinse Ryk, vanweë die verdrukkinge van die kerk van Christus oorgekom het, tot en met die tyd van Konstantyn, só is daar ook sommige wat hierdie basuine as die daaropvolgende veranderinge en swarighede verstaan, wat die Romeinse Ryk deur verskeie barbaarse nasies uit al die geweste van die wêreld, verskeie kere en in verskeie tye, verduur het; waardeur hierdie ryk in die weste geheel onderworpe geraak het, en in baie koninkryke en heerskappye verdeel is, wat daarna deur die geestelike heerskappy van die biskop van Rome op ’n ander manier enigsins aan mekaar verbind is. Dit wil voorkom of hierdie mening deur die spreekwyse wat hier gebruik word, en deur die vergelyking van dergelike uit die Ou Testament, ook bevestig word; sien daaroor Jes. 28:2; 30:30. Jer. 15:9. Eség. 32:7. Aangesien tevore egter gesê is dat Christus hier nie as ’n heerser van wêreldse koninkryke nie, maar as ’n geestelike regeerder van sy gemeente oral erken word, en dat deur die voorbidding en voorspraak van Christus hier, en deur sy verseëling in die voorgaande hoofstuk en in die volgende hoofstuk in die vierde vers, die ware gelowiges van hierdie volgende oordele en swarighede vrygestel word, soos Christus ook vir Petrus bid, Luk. 22:32, en alle gelowiges verseker dat hulle nie deur die valse profete mislei sal word nie, Matt. 24:24, terwyl hulle nie gevrywaar is van die liggaamlike swarighede nie, so is dit meer gepas dat dit as die geestelike stand van die kerk verstaan word, en as die wêreldlike stand alleen vir sover dit die geestelike stand raak.
15 Hierdeur word gepas die eerste hoofdwaling verstaan, wat ná ’n kort periode van rus vir die kerk, ten tyde van Konstantyn, die gesonde leer verderf het, naamlik die dwaalleer van die Ariane, wat die ewige Godheid van Christus verloën het, by wie die kettery van die Masedoniane gevoeg is, wat saam met die Ariane in die vierde eeu, die Godheid van die Heilige Gees ontken het, en wat ’n groot deel van die kerk verderf het.

16 Soos die gesonde leer met reën vergelyk word, Jes. 55:10, 11, só word hierdie verderflike leer gepas met hael en vuur vergelyk, wat die aarde laat verdor. Hier word ook bloed bygevoeg, omdat dit met groot vervolging, onder keiser Flavius Julius Constantius, seun van Konstantyn, en ander, in ’n groot deel van die wêreld gebeur het, waardeur ’n derde deel van die bome, dit is, van die leraars en ander belangrike lede van die gemeente, mislei is, en die groen gras verbrand is, dit is, die gewone lede, wat skynbaar wel in die kerk gefloreer het, maar sonder ware wortel, bedorwe is, soos Christus spreek van sulkes wat afvallig word, Matt. 13:20, 21.

17 Hierdeur word die tweede hoofdwaling verstaan, naamlik van die Pelagiane, wat omtrent die jaar 400 ontstaan het, en vir ’n geruime tyd die kerk van Christus bestry het; wat om die rede met ’n brandende berg vergelyk word, omdat hulle die vrye wil van die mense teen die genade van Christus verhef het, en die mens so hoogmoedig laat word het deur sy ingebeelde heiligheid en eiedunk van sy volmaaktheid en natuurlike kragte in hemelse en geestelike sake, soos die Skrif ook elders sodanige hoogmoed met berge vergelyk, Jes. 2:14, 15. Sag. 4:7.

18 Dit word so gestel omdat hierdie kettery benewens ander plekke, baie eilande ook ingeneem het, soos Rhodos, Sisilië, Brittanje en ander, soos die historici getuig. Andersins word die volke in hierdie boek ook soms waters genoem, soos in Openb. 17:15 verklaar word; en deur die skepe wat daarin is, word dikwels die besondere gemeentes verstaan, wat deur hierdie leer verdorwe is; hoewel Christus nogtans twee derdes daarvan behou het deur die ywer van die troue leraars in die regsinnige leer.

19 Hierdeur word gepas die derde hoofdwaling verstaan, wat ongeveer die jaar 425 begin is deur ene Nestorius, biskop van Konstantinopel, ’n welsprekende en aansienlike biskop, wat die twee nature van Christus geskei het en twee persone van Christus gemaak het, naamlik een wat mens en een wat God was; op grond daarvan word hy ’n groot ster genoem, wat soos ’n fakkel brand. En hoewel dit wil voorkom of sy leer die Ariane weerspreek het, so was hy nogtans bitter soos wildeals, waarmee ook die verleidende leer in Hebr. 12:15 en die kanttekening vergelyk word, en het hierdie leer versprei deur baie volke, soos fonteine en riviere gewoonlik doen, totdat dit by die sinode van Éfese deur al die kerke veroordeel is.
20 Dit is, was inderdaad bitter soos alsem, want dit het die leer bitter gemaak soos wildeals en onbekwaam as goeie voedsel, hoewel dit met die eerste oogopslag anders voorgekom het.
21 Hierdeur word gepas die vierde hoofdwaling, naamlik van die Eutugiane verstaan, wat ongeveer die jaar 450 ontstaan het, wat heeltemal die teenoorgestelde is van die Nestoriaanse dwaling, omdat hulle geleer het dat die twee nature in Christus vermeng en die een in die ander verander was, waardeur Christus, die Son van geregtigheid, vir ’n groot deel van sy eer ontroof is; die maan, dit is, die kerk van Christus, en die sterre, dit is, haar leraars, vir ’n groot deel verduister is, en die lig van die leer self sy ware glans en voorkoms ontneem is, totdat hierdie leer by die sinode van Chalcedon as verderflik en boos veroordeel is. Ná hierdie hoofdwaling het baie verdeeldheid in die Christendom, en in die besonder onder die biskoppe en leraars gevolg, en baie ander swarighede en twiste het oor die sinodebesluit gekom, wat die kerke van ooste en weste uiteindelik geskeur en in baie swarighede gebring het, waaruit ook soos in die volgende hoofstuk blyk, groter swarighede sal ontstaan, soos die engel in die volgende vers reeds aankondig.