Statevertaling – Bybelstigting

Openbaring 9

Die vyfde basuin of die eerste wee.

1

EN toe die vyfde engel blaas, 1sien ek ’n ster wat uit die hemel op die aarde geval het, en aan hom is 2die sleutel van adie put van die afgrond gegee.

2

En hy het die put van die afgrond oopgemaak, en daar het 3rook opgekom uit die put soos rook van ’n groot oond, 4en die son en die lug is deur die rook van die put verduister.

3

En 5uit die rook het daar sprinkane uitgekom op die aarde, en aan hulle is mag gegee soos die skerpioene van die aarde mag het.

4

En aan hulle is gesê 6dat hulle nie die gras van die aarde of enige groenigheid of enige boom moet bbeskadig nie, maar net alleen die mense 7wat cdie seël van God nie op hulle voorhoofde het nie.

5

En dit is aan hulle gegee, nie om hulle dood te maak nie, maar dat hulle 8vyf maande lank 9gepynig sou word; en hulle pyniging was soos die pyniging 10van ’n skerpioen wanneer hy ’n mens steek.

6

dEn in dié dae sal die mense 11die dood soek en dit nie vind nie; en hulle sal verlang om te sterwe, en die dood sal vir hulle wegvlug.

7

eEn 12die voorkoms van die sprinkane was soos dié van perde wat vir die oorlog toegerus is, en op hulle koppe was iets soos krone wat net soos goud gelyk het, en hulle gesigte was soos die gesigte van mense.

8

En hulle het hare gehad soos vrouehare, en hulle tande was soos dié van leeus.

9

En hulle het borsharnasse gehad soos van yster, en die gedruis van hulle vlerke was soos die gedruis van baie strydwaens met perde wat opruk na die oorlog.

10

En hulle het sterte gehad soos dié van skerpioene, en daar was angels in hulle sterte, en hulle mag was om die mense vyf maande lank skade aan te doen.

11

En hulle het as koning oor hulle fdie engel van die afgrond; sy naam in Hebreeus is 13Abáddon, en in Grieks het hy die naam van Apóllion.

12

gDie een wee 14het verbygegaan; hierna kom daar nog twee weë.

Die sesde basuin of die tweede wee.

13

EN die sesde engel het geblaas, en ek het ’n stem gehoor 15uit die vier horings van die goue altaar wat voor God is,

14

en dié het aan die sesde engel met die basuin gesê: h16Maak die vier engele los 17wat gebind is by die groot rivier, die Eufraat.

15

Toe is die vier engele losgemaak wat gereed gehou was vir die uur en dag en maand en jaar, om 18’n derde van die mense dood te maak.

16

En die getal van die leërs 19van perderuiters was 20twee maal tienduisend maal tienduisend; 21en ek het hulle getal gehoor.

17

En só het ek in hierdie gesig die perde gesien en die wat op hulle sit, met 22vuurrooi en blou en swawelgeel borsharnasse. En die koppe van die perde was 23soos leeukoppe, en uit hulle bekke het 24vuur en rook en swawel uitgegaan.

18

Deur hierdie drie plae is ’n derde van die mense gedood, deur die vuur en deur die rook en deur die swawel wat uit hulle bekke uitgegaan het;

19

want hulle mag is in hulle bek en 25in hulle sterte; want hulle sterte is 26soos slange en het koppe, en daarmee rig hulle skade aan.

20

En die orige mense wat 27deur hierdie plae nie gedood is nie, het hulle nie bekeer van 28die werke van hul hande, om 29die duiwels te aanbid, iof die 30afgode van goud en silwer en koper en klip en hout 31wat nie kan sien of hoor of loop nie.

21

En hulle het hul nie bekeer van hul 32moorde en hul 33towerye en hul 34hoerery en hul 35diefstalle nie.

a Luk. 8:31. Openb. 17:8. 1 Sommige verstaan deur hierdie ster Mohammed met sy volgelinge, wat ongeveer die jaar 620 sy goddelose leer uit die Judaïsme, heidendom en Christendom bymekaargeraap het en uit die put van die afgrond te voorskyn gebring het, en daarna deur sy Arabiere en Sarasene, soos gewapende sprinkane, deur ’n groot deel van die wêreld, deels met bedrog, deels met geweld, voortgeplant het, soos sodanige leërs met sprinkane vergelyk word, Rig. 7:12. Jes. 33:4. Joël 1:4; 2:4, ens., waaruit hierdie beskrywing merendeels geneem is. Omdat in hierdie boek deur sterre egter oral opsieners en leraars van die kerk bedoel word, soos verklaar word in Openb. 1:20 en die kanttekening, so word die biskop van Rome met sy volgelinge hier baie meer gepas verstaan, wat hom omtrent dieselfde tyd as die algemeen erkende biskop onder die Christene verhef het. Hy het ná die ondergang van die Romeinse Ryk, in plaas daarvan om slegs die geestelike sorg na te streef, hom meer tot aardse en wêreldse sorg begeef en ’n nuwe heerskappy opgerig, en daarom word daar gesê dat dit uit die hemel op die aarde geval het.

2 Dit is, die mag om die put of die diepste van die afgrond (dit is, van die hel, Luk. 8:31 en die kanttekening) te open, waaruit hierdie dik rook opgegaan het; welke mag aan hom gegee is deur ’n regverdige oordeel van God oor die ondankbaarheid van die mense, soos hierna in verse 4, 5 ook gesê word; en soos Paulus spreek in 2 Thess. 2:9-11.

3 Dit is, valse en afgodiese leer, wat Paulus in 1 Tim. 4:1, ens. leringe van duiwels noem, wat bestaan in die verbod op die huwelik en op die gebruik van voedsel, wat God geskape het om met danksegging te geniet, asook op afgodery, beeldediens, eie verdienste en voldoening, en ander bygelowigheid, soos in vers 20 uitgedruk word.

4 Dit is, die leer van Christus, soos voorheen in Openb. 8:12, en elders.

5 Dit is, hierdie sprinkane het hul oorsprong uit hierdie afgodiese en bygelowige leer gehad. Want deur die verbod op die huwelik en op sekere voedsel, deur die verdigsel van die vaevuur, van eie verdienste en voldoening en dergelike, het die menigte monnike en ander godsdienstige ordes deur die Christendom sodanig vermenigvuldig, soos bekend is.
b Openb. 6:6.

c Eség. 9:4. Openb. 7:3.

6 Dit is, die ware gelowiges, wat op die akker van die Here groei en floreer, Ps. 1:3; 92:13. Dit word gesê om te toon dat hier nie van werklike sprinkane gespreek word nie, maar van geveinsde en skadelike mense, soos hul volgende beskrywing ook aandui.

7 Sien oor hierdie seël van God Openb. 7:3, 4.

8 Dit is, die tyd wanneer die sprinkane in die veld gewoonlik op hul sterkste is, van die begin van die lente tot ná die oes, of gedurende die hele somer. Waarmee te kenne gegee word dat hierdie sprinkane nie dadelik gekeer of belet sal word om die mense te kwel, soos die sprinkane in die plaag van Egipte nie, Ex. 10:19, maar dat hulle die hele tyd waarop hulle op hul sterkste is en wat deur God bepaal is, sodanige eienskap sal behou.

9 Naamlik in hul gewetens, deur die onsekerheid oor hul saligheid, deur onsekerheid oor die genoegsaamheid van hul verdienste, deur vrees vir die vaevuur, en dergelike, waarvan diegene wat deur die merk van God se Gees verseël is, vry is, soos Paulus getuig in Rom. 5:1, 2; 8:1.

10 Naamlik wie se steek hoe langer hoe erger word, indien dit nie aan die begin behandel word nie.

d Jes. 2:19. Jer. 8:3. Hos. 10:8. Luk. 23:30. Openb. 6:16. 11 Naamlik vanweë benoudheid in hulle gemoed.
e Ex. 10:4. 12 Hierdie beskrywing toon dat hier van niks anders nie as van skadelike mense gespreek word, wat altyd gereed staan om die ware Christene te vervolg en ’n geestelike oorlog te voer, soos perde wat gereedstaan vir die oorlog; wat met hul geskeerde skedel soos krone op hul hoofde, hul heerskappy, wat hulle onder hul owerste met drie krone het, voor almal betuig. Wat met ’n mooi voorkoms soos mense wat die harte van baie wen; en deur hul lang hare soos vrouehare wel sagmoedigheid veins, maar tande soos dié van leeus het, om die Christene deur hul inkwisisies en ander skerp en wrede prosedures te kwets; wat teen alle wêreldlike mag hul voorregte en vryhede, verleen deur hul koning, soos borsharnasse van yster dra; en deur die gedruis van hulle vlerke hul bo ander verhef en die hele wêreld vreesbevange maak; wat eindelik met hulle sterte, dit is, bygelowige leringe, die mense wat die seël van God nie het nie, baie kwellinge aandoen, soos in vers 5 verklaar is.
f vers 1. 13 Abáddon in Hebreeus en Apóllion in Grieks beteken verderf en verderwer, en kom ooreen met die naam wat die apostel Paulus die Antichris gee, 2 Thess. 2:3, 4, 9, as hy hom die mens van sonde noem, en die seun van die verderf, die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word; wie se koms is volgens die werking van die Satan. Sien die kanttekeninge daar vir die verklaring.
g Openb. 8:13. 14 Naamlik ten opsigte van die gesig wat aan die apostel getoon was. Want die saak self het ’n lang tyd daarna plaasgevind, en sal eers deur die verskyning van die wederkoms van Jesus Christus heeltemal tot niet gemaak word; soos Paulus getuig in 2 Thess. 2:8.
15 Dit wys op die reukaltaar, wat vier horings gehad het en in die Heilige voor die Allerheiligste gestaan het; die altaar waarop die priesters elke dag reukwerk geoffer het; maar op hierdie vier horings het die hoëpriester een keer per jaar versoening gedoen met die bloed van die sondoffer van versoening, Ex. 30:10. Deur hierdie horings word die mag van Christus verstaan, wat hier die vonnis uitspreek tot straf van diegene wat sy kerk tot nog toe verdruk het. Sien Openb. 6:9.
h Openb. 7:1. 16 Daar is verklaarders wat hierdie vier engele verstaan as die sekte van die Mohammedane, wat vernaamlik in vier volke bestaan, wat al die ander onder hulle gebring het, naamlik die Arabiere, Sarasene, Tartare en Turke, waarvan die Arabiere en Sarasene wel vanaf die jaar 620 die Christene baie geweld aangedoen het, en in die besonder die Romeinse Ryk in die ooste en weste, maar daarna weer deur die Christene tot oorkant die Eufraat gedryf is, tot ongeveer die jaar 1300, toe die antichristendom in die tyd op sy hoogste was, en die opregte Christene die allermeeste verdruk, die Tartare en Turke uit Armenië, wat teen die Eufraat geleë was, deurgebreek, groot dele van Asië en Afrika oorgeneem en onderwerp het, en die Griekse of Oosterse Ryk, waarvan Konstantinopel die hoofstad was, vernietig het. In hierdie oorloë is baie bloed vergiet. Dit wil ook voorkom of die konings wat hul mag aan die dier gegee het, soveel werk deur hierdie oorloë gekry het, dat die opregte leraars in verskeie lande intussen nuwe kerke opgerig het, sonder dat hulle deur die vervolginge van die Antichris uitgeroei kon word, soos in Frankryk, Engeland, Boheme, Switserland, en ander dele, soos deur Waldus, Wycliffe, Johannes Hus, Hiëronimus van Praag en ander gebeur het; waarvan in die volgende hoofstukke breedvoeriger geprofeteer sal word.

17 Naamlik deur die voorsienigheid van God, totdat die maat van die sondes van die Christendom vol was, soos in vers 20 getuig sal word; en dat hierdie volke, deur God se regverdige oordeel, die vrye teuel gegee sal word, om hul eergierigheid en roofgierigheid uit te voer; soos in Jes. 10:5. Jer. 25:9.

18 Want deur hierdie leërs is daar baie honderde duisende Christene omgebring, en baie ander tot afval en daardeur tot die geestelike dood gelei, soos die geskiedenis van daardie tyd en die ervaring getuig.
19 Dit word so genoem omdat hul leërs uitermate groot was en hoofsaaklik uit perderuiters bestaan het, en die leërs van die Christene ver te bowe gegaan het, waardeur hulle ook hul meeste oorwinnings behaal het; soos in die volgende vers uitgedruk word.

20 Dit is, ’n oorgrote menigte; soos ook elders deur hierdie spreekwyse verstaan word. Sien Ps. 68:18. Dan. 7:10. En dat hierdie Turke en Tartare met honderde duisende na die slagveld gekom het, is genoeg bekend uit die geskiedenis.

21 Naamlik wat genoem is in hierdie gesig.

22 Aangesien hierdie nasies baie min ysterwapens aan hul liggame dra, verstaan sommige hierdeur hul verskillende uitrustings, wat gewoonlik uit dergelike kleure bestaan het. Ander verstaan hul wrede gedagtes, wat hulle teenoor die Christene betoon, en hul verskriklike lasteringe, wat hulle gewoonlik teen hul blaas.

23 Dit is, wat sterk, vinnig en wreed is, en nie net deur te slaan nie, maar ook deur te byt en te skeur gewoonlik woed.

24 Dit verstaan sommige as die artillerie wat hulle sleep, waar as dit skiet, dit lyk of daar vuur, rook en swawel uit hul monde voortkom. Ander verstaan hierdeur allerlei soorte wreedheid wat hulle deur hul wapens sou bedryf.

25 Sommige verstaan dit só dat hulle nie net van voor af in die aanval nie, maar ook van agter af in die vlug, vroeër met hul boë, en nou met hul artillerie, weet hoe om te skiet en skade aan te rig.

26 Wie se gif in die kop en in die stert lê, wat gewoonlik ook met beide die meeste skade kan aanrig, soos daar ook sodanige slange gevind word, wat koppe op hul sterte het en amfisbaena genoem word.

i Ps. 115:4-7; 135:15. 27 Naamlik wat God vanweë die afgodery en ander sondes oor hulle gestuur het; wat uit die volgende woorde blyk. Waaruit blyk dat hierdie afgodery, wat die Christene in Griekeland en die lande in die Midde-Ooste begin het, en met hul tweede sinode van Nicéa, en nog ander, bevestig het, die oorsaak was dat God deur sy regverdige oordeel hierdie strawwe oor hulle gestuur het; volgens wie se voorbeeld die kerke van die weste hulle nogtans nie laat waarsku het nie, maar in dieselfde afgodery gebly het.

28 Dit is, beeldediens; want nie die duiwels nie, maar die beelde is werke van mensehande.

29 Hier word nie gespreek van die afgodery van die heidene nie; want die Mohammedane het eintlik nie oorlog gevoer teen die heidene nie, wat meestal lank tevore deur die Christelike keisers in die ooste en weste uitgeroei was, ook nie van die oorloë van die Mohammedane onder mekaar nie, aangesien hulle geen beelde het of vereer nie, maar hulle het oorlog gevoer teen die Christene. Diegene wat hulle nie doodgemaak het nie, maar wat oorgebly het in die hele Europa, was ook nie heidene nie, maar Christene van belydenis. En hier word dus deur die duiwels te aanbid nie verwys na dit wat hulle bely het nie, maar na dit wat hulle metterdaad gedoen het; omdat diegene wat van die ware godsdiens afwyk, en ’n godsdiens met beelde, deur God verbode, oprig, daarmee nie God nie, maar die duiwel dien, ongeag waarop hulle roem; soos te sien is in 2 Kron. 11:15. Amos 5:25, 26. 1 Kor. 10:20, en soos die apostel in 1 Tim. 4:1 leringe van duiwels noem wat hulle wel as goddelike leringe beskou, maar omdat dit teen God se instelling stry, dit as leringe en dienste van die duiwel beskou moet word.

30 Of: beelde.

31 Dit is geneem uit Psalm 115, wat die apostel op die antichristelike beelde toepas, omdat hulle nie méér krag het as die beelde van die heidene of Jode in hierdie geval nie.

32 Hiervan is, benewens ander, die martelare, wat hulle in talle duisende deur baie eeue heen met vuur, swaard en galg, en andersins vermoor het, genoegsame getuies.

33 Of: giftigheid, soos hierdie woord beide beteken, en soos albei onder die ryk van die Antichris baie algemeen in gebruik is.

34 Waarvan die openbare bordele, wat deur baie van hulle in die openbaar toegelaat word, en waaruit hulle voordeel trek, en die ontugtighede van die priesters onder andere ’n bewys is.

35 Waaronder die onttrekking van die erflatings van die ware erfgename tot hul kloosters, en die toewysing van die goedere wat vir die godsdiens bedoel is, tot onderhoud van lui buike en tot wêreldse prag onder baie, met reg getel kan word.