Statevertaling – Bybelstigting

1 Korinthiërs 15

Die opstanding.

1

BROEDERS, 1ek maak julle die evangelie bekend awat ek aan julle 2verkondig het, wat julle ook 3aangeneem het, waarin julle ook 4staan,

2

bwaardeur julle ook 5gered word as julle daaraan 6vashou op die wyse waarop ek dit aan julle verkondig het, of julle moet 7tevergeefs geglo het.

3

Want 8in die eerste plek het ek aan julle 9oorgelewer 10wat ek ook ontvang het, cdat Christus 11vir ons sondes gesterf het volgens 12die Skrifte;

4

en dat Hy dbegrawe is, en dat Hy op die derde dag eopgewek is volgens die Skrifte;

5

en dat Hy aan 13Céfas fverskyn het; gdaarna aan 14die twaalf.

6

Daarna het Hy verskyn aan 15oor die vyfhonderd broeders tegelyk, waarvan die meeste 16nou nog lewe, maar sommige al 17ontslaap het.

7

Daarna het Hy verskyn 18aan Jakobus; daarna 19aan al die apostels;

8

en laaste van almal het Hy verskyn ook haan my as 20die ontydig geborene.

9

Want ek is idie geringste van die apostels, wat 21nie werd is om ’n apostel genoem te word nie, komdat ek die gemeente van God vervolg het.

10

Maar deur die genade van God is ek 22wat ek is, en sy genade 23aan my was 24nie tevergeefs nie; lmaar ek het oorvloediger 25gearbei as 26hulle almal; nogtans 27nie ek nie, maar die genade van God 28wat met my is.

11

Of dit nou ek of 29hulle is, 30so preek ons en so het julle geglo.

12

As dit dan 31gepreek word dat Christus uit die dode opgewek is, 32hoe sê 33sommige onder julle dat daar geen opstanding van die dode 34is nie?

13

As daar geen opstanding van die dode is nie, 35dan is Christus ook nie opgewek nie.

14

En as Christus nie opgewek is nie, dan is 36ons prediking 37vergeefs en 38vergeefs ook julle geloof;

15

en dan word ons valse getuies van God bevind, 39omdat ons teen God getuig het dat Hy Christus opgewek het, wat Hy nie opgewek het nie, ten minste as die dode nie opgewek word nie.

16

Want as die dode nie opgewek word nie, 40dan is Christus ook nie opgewek nie;

17

en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof 41nutteloos, 42dan is julle nog in julle sondes;

18

dan is ook die wat 43in Christus 44ontslaap het, 45verlore.

19

As ons 46net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die 47ellendigste van alle mense.

20

Maar nou, mChristus 48is opgewek uit die dode; Hy 49het ndie eersteling geword van die 50wat ontslaap het.

21

Want aangesien odie dood deur 51’n mens is, 52is die opstanding van die dode ook deur 53’n mens.

22

Want soos hulle almal 54in Adam 55sterwe, so sal hulle ook 56almal 57in Christus 58lewend gemaak word;

23

maar elkeen 59in sy eie orde: 60as eersteling Christus, daarna 61die wat aan Christus behoort 62by sy koms.

24

Daarna kom 63die einde, wanneer 64Hy 65die koninkryk 66aan God die Vader oorgee, pas Hy 67alle heerskappy en alle gesag en mag 68vernietig het.

25

qWant Hy moet 69as koning heers 70totdat Hy al 71sy vyande 72onder sy voete gestel het.

26

73Die laaste 74vyand wat 75vernietig word, is 76die dood.

27

rWant 77Hy het 78alles aan 79sy 80voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat 81Hy uitgesonder is wat alles aan 82Hom onderwerp het.

28

En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom 83onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat 84God 85alles in almal kan wees.

29

Anders, 86wat sal hulle doen wat hulle 87vir die dode 88laat doop, as die dode geheel en al nie opgewek word nie? Waarom laat hulle hul nog vir die dode doop?

30

Waarom is 89ons ook elke uur 90in gevaar?

31

91Ek sterf dag vir dag, broeders, so waar as ek 92op julle roem in Christus Jesus, onse Here.

32

As ek in Éfese 93op menslike wyse 94met wilde diere geveg het, watter voordeel was dit vir my? 95As die dode nie opgewek word nie, s96laat ons dan eet en drink, want 97môre 98sterf ons!

33

99Moenie dwaal nie; 100slegte gesprekke bederf goeie sedes.

34

101Wees nugter op die 102regte manier, en 103sondig nie; want 104sommige het 105geen kennis van God nie. Ek sê dit 106tot julle beskaming.

35

Maar 107iemand sal 108sê: t109Hoe word die dode opgewek, en 110met hoedanige liggaam kom hulle?

36

111Dwase mens! vWat jy saai, 112word nie lewendig as dit nie 113gesterf het nie.

37

En wat jy saai — jy saai nie die liggaam 114wat sal word nie, maar 115’n blote korrel, byvoorbeeld van koring of 116van iets anders.

38

Maar 117God gee dit ’n liggaam soos Hy gewil het, en aan elkeen van die saadkorrels 118sy eie liggaam.

39

119Alle vlees is nie 120dieselfde vlees nie, maar die vlees van mense is anders as die vlees van vee, en dié van visse anders as dié van voëls.

40

En daar is 121hemelse liggame en 122aardse liggame; maar 123die heerlikheid van die hemelse is anders as dié van die aardse.

41

124Anders is die heerlikheid van die son en anders die heerlikheid van die maan en anders die heerlikheid 125van die sterre; want die een ster verskil in heerlikheid van die ander ster.

42

x126So is ook die opstanding van die dode: 127daar word gesaai in verganklikheid, daar word opgewek in onverganklikheid;

43

daar word gesaai 128in oneer, daar word opgewek 129in heerlikheid; daar word gesaai 130in swakheid, daar word opgewek in 131krag.

44

132’n Natuurlike liggaam word gesaai, 133’n geestelike liggaam word opgewek. 134Daar is ’n natuurlike liggaam, en daar is ’n geestelike liggaam.

45

So is daar ook 135geskrywe: yDie eerste mens, Adam, 136het ’n lewende siel geword; 137die laaste Adam 138’n lewendmakende Gees.

46

139Die geestelike ewenwel is 140nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike.

47

141Die eerste mens was 142uit die aarde 143aards, 144die tweede mens is 145die Here uit die hemel.

48

146Soos die aardse mens was, 147so is ook die aardse mense; en 148soos die hemelse mens is, 149so is ook die hemelse mense.

49

En zsoos ons 150die beeld van die aardse gedra het, 151so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.

50

Maar dit verklaar ek, broeders, adat 152vlees en bloed die koninkryk van God nie kan 153beërwe nie; ook beërwe 154die verganklikheid nie 155die onverganklikheid nie.

51

Kyk, ek deel julle 156’n verborgenheid mee: b157Ons sal wel nie almal 158ontslaap nie, maar ons sal almal 159verander word,

52

160in ’n oomblik, in ’n oogwink, by c161die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en 162die dode sal onverganklik opgewek word; en 163ons sal verander word.

53

Want 164hierdie verganklike 165moet met onverganklikheid 166beklee word, en hierdie sterflike moet met donsterflikheid beklee word.

54

En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal 167vervul word die woord 168wat geskrywe is: e169Die dood 170is verslind 171in die oorwinning.

55

172Dood, waar is jou 173angel? 174Doderyk, waar is jou 175oorwinning?

56

Die angel van die dood is 176die sonde, en die krag van die sonde 177is die wet.

57

fMaar God sy dank, 178wat ons die oorwinning gee 179deur onse Here Jesus Christus.

58

Daarom, my geliefde broeders, wees 180standvastig, 181onbeweeglik, altyd 182oorvloedig 183in die werk van die Here, omdat julle 184weet dat julle arbeid in die Here 185nie tevergeefs is nie.

a Gal. 1:11. 1 Dit is, ek herinner julle.

2 Gr. geëvangeliseer.

3 Naamlik deur die geloof.

4 Dit is, tot nou toe standvastig gebly het.

b Rom. 1:16. 1 Kor. 1:21. 5 Of: gered sal word.

6 Of: dit onthou met welke rede of woorde.

7 Naamlik wat gebeur as ’n mens nie in die geloof volhard nie, wat dan ’n bewys sou wees van ’n onopregte geloof. Sien Gal. 3:4.

c Jes. 53:7. Dan. 9:24, 26. 1 Kor. 5:7. 1 Petr. 2:24. 8 Dit is, vernaamlik, as die eerste en vernaamste hoofsake van ons Christelike godsdiens, 1 Kor. 2:2. 2 Tim. 2:8. Of: onder die eerste, naamlik hoofsake van die evangelie, Hebr. 6:2.

9 Naamlik deur te leer en te preek.

10 Naamlik van God en ons Here Jesus Christus. Sien 1 Kor. 11:23. Sodat dit nie ’n leer is wat deur my of ander mense versin is nie, maar van God gekom het en deur Hom aan ons gegee is om aan die mense te verkondig.

11 Naamlik om daarvoor deur sy dood te voldoen, tot ons versoening, 1 Petr. 3:18.

12 Naamlik van die Ou Testament. Sien Hand. 26:22. Rom. 1:2. Ef. 2:20.

d Ps. 16:10. Jes. 53:9. Jona 1:17. Matt. 12:40.

e Ps. 16:10. Jes. 53:8. Matt. 12:40.

f Luk. 24:34. Hand. 10:41.

g Joh. 20:19, ens.

13 Dit is, aan Petrus. Sien oor hierdie naam Joh. 1:43. 1 Kor. 1:12. Gal. 2:9.

14 Naamlik apostels, wat, hoewel hulle toe slegs elf was omdat hulle getal verminder is deur Judas wat uitgeval het, nogtans die naam van daardie getal behou het, omdat dit kort daarna weer volgemaak is. Sien Joh. 20:24. Hand. 1:25.

15 Wanneer dit gebeur het, word nie deur die evangeliste beskryf nie. Sommige meen dat dit op die Olyfberg gebeur het, toe Hy na die hemel opgevaar het, Luk. 24:50. Hand. 1:9. Ander meen dat dit in Galiléa gebeur het, waar Hy baie dissipels gehad het. Sien Matt. 28:7.

16 Gr. tot nou toe bly.

17 Dit is, gesterf het. Sien verse 18, 20, 51. Ps. 13:4. Dan. 12:2. Matt. 9:24; 27:52. Hand. 7:60. 1 Kor. 7:39; 11:30.

18 Onder die apostels was daar twee wat Jakobus genoem is. Die een was ’n seun van Sebedéüs en ’n broer van Johannes, Matt. 4:21; 10:2; hy is deur Herodes doodgemaak, Hand. 12:2. Die ander een was die seun van Alfeüs, met die bynaam die kleine. Sien Mark. 15:40, Hand. 12:2, 17 en 15:13 se kanttekeninge. Dit is onseker oor wie van die twee dit hier gaan, omdat die evangeliste van hierdie verskyning geen melding maak nie.

19 Waardeur sommige die apostels verstaan, of die elf wat byeenvergader was; en dat vers 5 so verstaan moet word, toe hulle sonder Thomas vergader het, Joh. 20:24. Maar ander verstaan egter nie net die twaalf nie, vers 5, maar ook al die ander wat deur Hom uitgestuur is om die evangelie te verkondig, Luk. 10:1. Rom. 16:7.

h Hand. 9:3, 17; 23:11. 1 Kor. 9:1. 2 Kor. 12:2. 20 Die apostel noem homself so, ten opsigte van sy skielike en onverwagte bekering en roeping, wat in Handelinge 9 beskryf word en plaasgevind het nadat die Here Christus na die hemel opgevaar het, en omdat hy Christus tevore vervolg het.
i Ef. 3:8.

k Hand. 8:3; 9:1; 22:4; 26:9. Gal. 1:13. 1 Tim. 1:13.

21 Of: nie genoegsaam of geskik nie.
l 2 Kor. 11:23; 12:11. 22 Naamlik ’n gelowige Christen en bowendien ’n apostel van die Here.

23 Of: in my, jeens my.

24 Dit is, nie sonder om baie vrugte voort te bring nie.

25 Naamlik sowel in die bediening van die apostelskap, as in die verdra van allerlei verdrukkinge en vervolginge, wat hy in 2 Korinthiërs 11 beskryf.

26 Naamlik die ander apostels, wat voor die hemelvaart van Christus geroep is en saam met Hom op die aarde verkeer het; soos ook in die volgende vers.

27 Naamlik asof ek dit deur my eie kragte doen nie, omdat ek maar net ’n instrument in diens van die evangelie is.

28 Dit is, wat God aan my bewys het en waardeur Hy my arbeid seën.

29 Naamlik die anders apostels. Sien vers 10.

30 Naamlik dat Christus vir ons sondes gesterf het, begrawe is en uit die dood opgestaan het. Sien verse 3, 4.

31 Naamlik deur my en deur die ander apostels.

32 Dit is, hoe kan dit dan bestaan wat sommige sê? Hierdie vraag bevat ’n bestraffing en uitwysing van die ongerymdheid van hierdie dwaling.

33 Nie al die lede van die gemeente het saamgegaan met hierdie dwaling nie, maar slegs sommige, wie se name nie genoem word nie, soos wel in 2 Tim. 2:17, sodat hy hulle, deur hul te beskaam, nie van die bekering sou afskrik nie.

34 Dit is, sal wees by Christus se wederkoms nie.

35 Dit is, hierdie ongerymdheid, dat Christus nie uit die dode opgewek is nie, sal dan daaruit moet volg. Die rede hiervoor is dat Christus die hoof is en die gelowiges sy lede, wat almal saam een liggaam vorm. Indien die lede nie lewend gemaak sou word nie, dan sou die hoof ook nie lewend wees nie. Want dit sou ’n mismaakte liggaam wees, waarvan die hoof lewe en die lede dood is en bly.
36 Dit is, van my en die ander apostels.

37 Dit is, vals, onwaar.

38 Dit is, julle geloof het geen vaste grond nie en sal nie die einddoel, wat die saligheid van die siele is, bereik nie.

39 Of: omdat ons van God getuig het.
40 Sien vers 13 se kanttekening oor die rede vir hierdie gevolgtrekking.
41 Naamlik omdat julle glo dat Christus ter wille van julle sondes aan die dood oorgelewer is, en ter wille van jul regverdigmaking opgewek is, Rom. 4:25, wat tevergeefs geglo sou word, as Hy nie opgewek is nie. Sien vers 14.

42 Dit is, ter wille van julle sondes nog aan die verdoemenis onderworpe, omdat dit ’n bewys sou wees dat daar deur Christus nie vir julle sondes voldoen is nie, indien Hy in die dood gebly het.

43 Dit is, in die geloof in Christus, en in die hoop op die salige opstanding deur Christus, 1 Thess. 4:14. Openb. 14:13.

44 Dit is, gesterf. Sien vers 6.

45 Dit is, ewiglik verdoem.

46 Dit is, as ons slegs sien op die dinge wat hierdie lewe aangaan, of slegs ter wille van die dinge wat ons in hierdie lewe sou kon verkry. Dit sou so wees as daar geen opstanding van die dode was nie.

47 Gr. ellendiger. Want die Christene versaak nie net die wêreldse welluste nie, maar is ook ter wille van die belydenis van die waarheid aan baie kruise, verdrukking en vervolging onderworpe.

m 1 Petr. 1:3.

n Kol. 1:18. Openb. 1:5.

48 Dit is, uit die voorgaande bewysvoering blyk dat dit seker is dat Christus uit die dode opgewek is.

49 Dit is, omdat Hy eerste opgestaan het, volg daaruit dat diegene wat in Hom ontslaap het, ook opgewek sal word, soos deur die eerstelinge van die vrugte wat aan God geoffer is, die hele oes geheilig is, Ex. 22:29. Deut. 26:1, ens. Rom. 11:16.

50 Naamlik in Christus. Sien vers 18.

o Gén. 2:17; 3:6. Rom. 5:12, 18; 6:23. 51 Naamlik Adam, vers 22.

52 Dit is, God het dit ook so geordineer dat die opwekking van die dode deur ’n mens gedoen sou word.

53 Naamlik Christus, vers 22.

54 Of: deur Adam, dit is, deur die sonde wat Adam gedoen het, en al sy nakomelinge in hom, omdat hulle in sy lendene was, Rom. 5:12.

55 Dit is, die skuld en noodsaaklikheid om te sterwe, of om die tydelike dood oor hulle te haal en te bring (want hier word slegs daarvan gespreek).

56 Naamlik gelowiges, wat in Christus ontslaap het; soos die teenstelling hier vereis. Want hoewel Christus alle mense sal opwek, ook die goddeloses en ongelowiges, om as hul regverdige Regter, hulle na liggaam en siel ewig te straf, Matt. 25:32. Joh. 5:28. Hand. 24:15. 2 Kor. 5:10. Openb. 20:12, 13, nogtans word hier verstaan diegene wat aan Christus behoort, en wat Hy as hulle hoof sal opwek, waarvan Hy die eersteling is, vers 23.

57 Of: deur Christus.

58 Dit is, uit die dode opgewek. Want daaroor word hier gespreek, nie oor die geestelike lewendmaking nie.

59 Naamlik op die tyd deur God daartoe bestem.

60 Dit is, soos daar tussen die offer van die eerstelinge en die insameling van die oes ’n tydsverloop was, Ex. 23:16; 34:22, so verloop daar ook tyd tussen die opstanding van Christus en van die gelowiges.

61 Dit is, die wat sy lede is, wat deur ’n ware geloof in Hom ingelyf is. Sien die voorgaande vers se kanttekening.

62 Naamlik om op die laaste dag die lewendes en die dooies te oordeel.

p 1 Kor. 2:6. 63 Naamlik van hierdie teenswoordige eeu of wêreld, of van hierdie regering van Christus, wat Hy nou as Middelaar bedien.

64 Naamlik Christus.

65 Naamlik wat Hy nou as Middelaar bedien, terwyl Hy sy kerk deur die Woordverkondiging vergader, deur sy Gees wederbaar, en deur sy krag teen die vyande beskerm. Want dit sal dan nie meer nodig wees nie.

66 Dit is, aan God, wat die Vader is van Christus en ook van die gelowiges, Joh. 20:17.

67 Sommige verstaan dit as alle owerhede, ook wettige en goeie owerhede, want hulle sal dan nie meer nodig wees nie; ander verstaan dit as alle heerskappy en mag, hetsy van onreine geeste, of van mense, wat hulle teen Christus se koninkryk gestel het.

68 Dat hulle nie net die oorhand nie meer het nie, maar dat hulle ook nie meer bestaan nie.

q Ps. 110:1. Hand. 2:34. Ef. 1:20. Kol. 3:1. Hebr. 1:13; 10:12. 69 Dit is, sy koninklike amp as Middelaar volvoer. Dit wat in Ps. 110:1 gesê word (waarna die apostel hier verwys), dat Hy aan die regterhand van God sal sit, word hier deur die apostel uitgelê as: as koning heers, soos dit ook in dieselfde psalm, vers 2, staan: Heers te midde van u vyande.

70 Daarom, solank dit nog nie volvoer is nie, sal Christus die gelowiges nie uit die dode opwek nie. Daarna sal Hy ophou om te regeer of te heers op die wyse wat Hy nou as Middelaar doen.

71 Naamlik van sy koninkryk, en vernaamlik die duiwel en al sy instrumente, wat hulle teen Hom stel, of nie wil hê dat Hy oor hulle sal heers nie, Luk. 19:27.

72 Dit is, geheel en al oorwin en vernietig het. Sien Jos. 10:24.

73 Dit is, wat laaste oorwin en vernietig sal word.

74 Naamlik van die lewe en die saligheid van die mense. Want die dood vernietig die lewe, en is sodoende soos ’n vyand van die natuur.

75 Dit is, weggeneem word, en in die plek daarvan word die lewe weer deur die opstanding gegee. Sien vers 54.

76 Naamlik die tydelike en liggaamlike dood; want dit is waaroor hier gespreek word.

r Ps. 8:7. Matt. 11:27; 28:18. Ef. 1:22. Hebr. 2:8. 77 Naamlik God die Vader.

78 En gevolglik ook alle vyande, waaronder ook die tydelike dood is.

79 Naamlik van Christus. Sien vir ’n breedvoeriger verklaring hiervan Hebr. 2:6 se kanttekening.

80 Dit is, onder Hom gestel, om alles wat vyandig is te vernietig, sodat dit sy koninkryk nie meer skade sal aandoen nie.

81 Naamlik God die Vader. Of: dit sonder Hom is.

82 Naamlik Christus.

83 Naamlik nie dat Hy sy goddelike natuur en mag aflê nie, maar wel die wyse waarop Hy nou sy middelaarsamp bedien, wat dan deur Hom, as ’n gesant van die Vader, volkome volbring en uitgevoer sal wees.

84 Naamlik die Vader.

85 Dit is, sodat God dan sy gemeente van dié oomblik af, deur Homself as die ware God saam met die Seun en die Heilige Gees sonder tussenkoms van die Middelaar sal verheerlik.

86 Dit is, watter nut en voordeel sal hulle vir hulle optrede verkry?

87 Of: oor die dode.

88 Of: gedoop word, of: die doop gebruik. Dit word verskillend uitgelê. Sommige verstaan dit as die sakrament van die doop, waardeur ons gemeenskap het met die dood van Christus, en openlik betuig dat ons as ’t ware as dooies en as mense wat die wêreld afgesterf het beskou word, Rom. 6:2, 3. Ander verstaan dit as diegene wat sodanig met kruis en vervolging gedoop word, dat hulle as ’t ware in ’n gedurige dood verkeer. Want só word die woord doop soms gebruik, Mark. 10:38. Luk. 12:50. Nog ander verstaan dit as diegene wat die liggame van die dode gewas het, aangesien die woorde vir die dode laat doop ook wel vertaal kan word met: oor die dode doop, dit is, was; hierdie manier van doen was gebruiklik in die tyd van die apostels, Hand. 9:37, en die woord doop beteken soms ook was, Mark. 7:4. Luk. 11:38. Hebr. 9:10; wat ook goed ooreenkom met die oogmerk van die apostel.

89 Naamlik apostels, leraars en ook alle gelowiges.

90 Naamlik om nie net ons goedere en goeie naam nie, maar ook ons lewe ter wille van Christus te verloor. Dit sou tevergeefs deur ons gedoen word, as daar geen opstanding was nie.

91 Dit is, ek is nie net in lewensgevaar nie, maar word ook daagliks met soveel verdrukkinge oorval, dat my lewe veeleer ’n gedurige dood is as ’n lewe, 2 Kor. 11:23. Sien hieroor 1 Korinthiërs 4. 2 Korinthiërs 11; 12.

92 Dit is, die roem wat ek van julle het, dat ek julle deur my diens tot die geloof gebring het. Sien 2 Kor. 7:4. Anders: op ons roem in Christus Jesus, ens. Dit is, op die getrouheid, wat ek altyd in Christus se saak getoon het, waarop ek met reg mag roem.

s Jes. 22:13; 56:12. 93 Dit is, soos soms met mense gebeur. Of: sodat ek ook iets van myself sê, soos mense gewoonlik doen, Rom. 3:5. 2 Kor. 11:16, 17, 21.

94 Hier kan letterlik verstaan word dat die apostel in Éfese in die arena voor die wilde diere gegooi was om deur hulle verskeur te word, maar nogtans deur God wonderbaarlik daarvan verlos is. Maar omdat Lukas, wat in Handelinge 19 beskryf wat met Paulus in Éfese gebeur het, hiervan geen melding maak nie, verstaan sommige dit figuurlik as die stryd wat die apostel in Éfese met sy teëstanders gehad het. Hy vergelyk hulle met wilde diere omdat hulle hom wou verskeur en verniel, soos hy ook keiser Nero met ’n leeu vergelyk, in 2 Tim. 4:17.

95 Ander voeg hierdie woorde op ’n gepaste wyse by die vorige sin.

96 Dit is, laat ons in wellus lewe en elke dag geniet. Die apostel haal die woorde aan wat die Epikureërs gewoonlik gebruik het, wat ook in Jes. 22:13 aangehaal word; en wil daarmee sê dat hulle daarin gelyk sou hê, indien daar geen opstanding was nie.

97 Dit is, binnekort.

98 Dit is, sal ons deur die dood uit hierdie lewe weggeneem word.

99 Dit is, laat julle nie deur sulke redevoeringe van die Epikureërs verlei nie.

100 Of: slegte omgang. Dit is ’n vers, geneem uit die werk van ’n heidense digter Menander, waarmee Paulus die voorgaande rede van die Epikureërs weerlê, en die skade wat sulke redevoeringe meebring, uitwys.

101 Of: ontwaak, naamlik uit die slaap van sorgeloosheid.

102 Dit is, waarlik, ernstig. Of: om regverdig te wandel.

103 Dit is, waak daarteen dat julle nie verval in die gruwelike sonde van epikurisme en sorgeloosheid nie.

104 Naamlik van julle gemeente; soos in vers 12.

105 Naamlik nie die regte kennis nie; soos diegene wat die opstanding van die dode ontken.

106 Dit is, dat julle jul mag skaam dat daar onder julle mense is wat sulke growwe en skadelike dwalinge navolg; en daardeur des te beter aangespoor word om sulke dwalings te ontvlug.

t Eség. 37:3. 107 Naamlik van die Epikureërs.

108 Dit is, hierteen inbring.

109 Dit is, hoe is dit moontlik dat die wat gesterf het, wie se liggame vergaan, verrot, deur die diere geëet of met vuur verbrand is, ens., weer lewendig sou word? Of: hoe sal die dode opgewek word?

110 Hierdie vraag word beantwoord in vers 37, ens.

v Joh. 12:24. 111 Die apostel sê dit nie om iemand sleg te sê nie, Matt. 5:22, maar wel om hul onverstand in hierdie saak aan te dui, Gal. 3:1.

112 Gr. word nie lewendig gemaak nie, dit is, groei nie, bring geen vrugte voort nie; want selfs die gewasse van die aarde het hulle lewe.

113 Dit is, verrot in die aarde. Soos dit gebeur dat saad of graan wat verrot het, weer ontkiem en groei, soos ons daagliks op ons lande en in ons tuine sien, so is dit ook nie onmoontlik dat God die liggame wat verrot het, weer lewendig maak nie.

114 Dit is, wat uit die gesaaide saad sal uitspruit en groei.

115 Naamlik wat skynbaar verdroog en verstorwe is.

116 Of: van ander sade.

117 Dit is, hoewel God in die eerste skepping aan die aarde die vermoë gegee het om kruidagtige plante, grane en vrugte voort te bring, is dit nogtans so dat Hy self deur sy almag sodanige gewasse ook daagliks voortbring, volgens sy wil, Ps. 104:13, 14, ens. 1 Kor. 3:7.

118 Dit is, van dieselfde soort is as die saad waaruit dit voortkom.

119 Omdat die teenargument gestel sou kon word dat, aangesien die vlees van diere nie opgewek word nie, die vlees van die mense dus ook nie opgewek sal word nie, omdat dit alles skynbaar dieselfde is, antwoord die apostel dat daar onderskeid is tussen die vlees van mense en die van diere. Die rede word nie weergegee nie, maar die vernaamste is omdat die vlees van mense deur ’n redelike en onsterflike siel lewend gemaak is, en die liggaam van diere deur ’n redelose siel, wat saam met die vlees sterf en vergaan; asook omdat God aan redelike mense, en nie aan redelose diere nie, sy genade en regverdigheid, na liggaam en siel, ewig wil betoon.

120 Dit is, van enerlei toestand; sodat dit met die een vlees net soos met die ander moet gaan.

121 Dit is, wat in die hemel is, of met hemelse eienskappe begiftig is; soos die sterre van die hemel, en soos die verheerlikte liggame van die gelowiges sal wees.

122 Dit is, wat óf uit die aarde voortgekom het, óf op die aarde is, en aan aardse eienskappe onderworpe is.

123 Dit is, die glans of hoedanigheid.

124 Dit is, daar is selfs ook onderskeid onder die hemelse liggame, wat hul glans betref.

125 Dit is, van die ander sterre.

x Dan. 12:3. Matt. 13:43. 126 Dit is, soos daar onderskeid is tussen vlees en vlees, en tussen liggame en liggame in heerlikheid, so sal daar ook in die opstanding onderskeid wees tussen die hoedanighede van ons liggame wat ons nou op die aarde het, en die liggame wat ons ná die opstanding in die hemel sal hê.

127 Dit is, hierdie liggame van ons wat ons nou op die aarde het, word afgelê, omdat hulle nou aan die verganklikheid onderworpe is; maar wanneer dit opgewek is, sal dit voortaan onverganklik wees; dit bly wel dieselfde liggame, maar word met ander hoedanighede begiftig.

128 Dit is, omdat dit ’n dooie liggaam is, wat lelik en onaangenaam is om te sien en te hanteer. Sien Filip. 3:21.

129 Dit is, mooi en skynend, soos die sterre en die son, Matt. 13:43; 17:2.

130 Dit is, omdat dit aan allerlei swakheid, siektes en mismaaktheid onderworpe is.

131 Naamlik om alle verganklikheid teë te staan en af te weer, en om hom met krag en spoed te beweeg, soos die mens sal wil.

132 Gr. psugikon, dit is, wat deur die siel in alle natuurlike werkinge beweeg word, met betrekking tot voedsel, beweging, voortplanting en dergelike.

133 Dit is, nie ten opsigte van sy wese nie, maar slegs ten opsigte van die geestelike hoedanighede waarmee dit versier sal wees; en omdat dit deur die Gees van God beweeg sal word, sal die siel met die lig van die Gees vervul wees.

134 Dit is, so blyk dan dat aan die mens tweërlei liggame toegeskryf word, nie ten opsigte van die wese nie, maar vanweë die hoedanighede; hier is dit ’n natuurlike liggaam, en hiernamaals sal dit ’n geestelike liggaam wees.

y Gén. 2:7. 135 Naamlik in Gén. 2:7.

136 Dit is, nadat God sy liggaam uit die stof van die aarde geskape het, het Hy ’n redelike en onsterflike siel in hom ingeblaas, waardeur die liggaam lewend gemaak is en beweeg word; en so het hy bo en behalwe die verstand ook ’n stoflike of natuurlike lewe ontvang, soos ander diere.

137 Naamlik Jesus Christus, wat ook teenoor die eerste mens gestel word in Rom. 5:17-19. Hierdie woorde word hier nie aangehaal soos dit daar of êrens elders geskryf staan nie, maar word deur die apostel gestel teenoor dit wat van die eerste Adam gesê is, naamlik dat, soos ons deur die eerste Adam ’n natuurlike of stoflike liggaam ontvang het, ons ook deur die tweede Adam, naamlik Christus, ’n geestelike liggaam sal verkry.

138 Dit is, deur die vereniging van die menslike natuur met die ewige goddelike natuur van Jesus Christus, wat ’n lewendmakende Gees is, het Hy vir ons ’n leidsman tot die lewe geword, Hand. 3:15. Soos Hy nou ná die opstanding ’n geestelike liggaam het, wat onsterflik en onverganklik is, so sal Hy ook sodanige liggame aan sy nageslag gee, nie as gevolg van ’n natuurlike voortplanting nie, maar as gevolg van ’n bonatuurlike wedergeboorte. Want elke Adam deel sy nageslag mee wat hy self het.

139 Naamlik geestelike liggaam. Sien vers 44.

140 Die apostel beantwoord hiermee dit wat iemand sou kon argumenteer: Waarom gee Christus nie vir ons sodanige geestelike liggame sodra ons wedergebore word nie? Hy sê ook dat alles volgens orde moet geskied, dat die natuurlike moet voorgaan en die geestelike daarna moet volg, soos die volmaakte op die onvolmaakte volg.

141 Naamlik Adam.

142 Naamlik ten opsigte van die stof waaruit sy liggaam geskape is, Gén. 2:7.

143 Dit is, hy het ’n liggaam wat aards is, en wat ná die sondeval sterflik en verganklik geword het, Gén. 3:19. Gr. van stof, naamlik van die aarde.

144 Naamlik Christus, wat ’n waaragtige mens is en die tweede genoem word vanweë die tyd, omdat Hy ná die eerste gekom het, soos in Matt. 3:11. Joh. 1:27, en ’n teëbeeld van die eerste geword het, Rom. 5:14.

145 Dit is, die hemelse Here, soos in die volgende verse verklaar word. Ander lees: is hemels uit die hemel, om des te beter die volle betekenis van die teëstelling te gee. Alle Griekse manuskripte lees egter: die Here uit die hemel, en dit pas ook goed by hierdie teëstelling, omdat die apostel hier nie die oorsprong van die liggame teenoor mekaar stel nie, maar wel die afkoms en waardigheid van beide hierdie persone, wat elkeen sodanige liggame as wat hulle self het, hulle nakomelinge meedeel, vers 48. Dit word gestel dat Hy uit die hemel is, nie ten opsigte daarvan dat sy menslike natuur uit enige hemelse materie voortgebring sou wees nie, maar ten opsigte daarvan dat, terwyl Hy mens is, Hy ook waaragtig God is in een persoon, en terwyl Hy nou in die hemel is, Hy ’n verheerlikte liggaam het, wat met hemelse en geestelike eienskappe versier is.

146 Dit is, hoedanige liggaam Adam ná die sondeval gehad het, naamlik sterflik en verganklik.

147 Dit is, alle mense wat natuurlikerwys van hom afkomstig is, het ook so ’n liggaam, solank hulle op die aarde is.

148 Dit is, so ’n liggaam soos Christus nou in die hemel het, naamlik verheerlik, onsterflik, onverganklik, ens.

149 Alle gelowiges sal ook sulke liggame hê, nadat hulle uit die dode opgewek en in die hemel opgeneem sal wees. En hieruit blyk duidelik dat die apostel nie spreek van ’n verskeidenheid in die wese van die liggame nie, maar slegs in die hoedanighede.

z 2 Kor. 4:11. 150 Dit is, hierin aan Adam gelykvormig is in sterflikheid en verganklikheid, Gén. 5:3.

151 Dit is, so sal ons ook aan Christus gelykvormig wees in heerlikheid en onsterflikheid, Rom. 8:17, 29. Filip. 3:21. 1 Joh. 3:2.

a Joh. 1:13. 152 Dit is, sulke liggame, wat verganklik is, soos die vlees en bloed in hierdie lewe is, en dit ten opsigte daarvan dat hulle sodanig is soos in die volgende verklaar word. Sien Gal. 1:16. Ef. 6:12. Hebr. 2:14.

153 Dit is, verkry soos deur erfenis, dit is, uit genade en nie uit verdienste nie. Sien Matt. 25:34.

154 Dit is, ’n liggaam wat aan die verganklikheid onderworpe is. Die apostel druk slegs die hoedanigheid uit, om aan te toon dat hy nie van die wese nie, maar van die hoedanighede van die liggame spreek. Sien vers 48.

155 Dit is, die ewige lewe, wat onverderflik en onverganklik is. Omdat die gelowiges dit sowel na liggaam as na siel sal besit, volg daaruit dat hulle liggame ook onsterflik moet wees. Want sterflikheid en onsterflikheid is in stryd met mekaar en kan nie tesame bestaan nie.

b 1 Thess. 4:16. 156 Dit is, ’n saak wat vir alle mense, ook vir die profete en apostels, tot nou toe nog onbekend was.

157 Naamlik mense wat dan sal leef, 1 Thess. 4:17. Want die dag van die wederkoms van Christus is onbekend.

158 Dit is, sterf; dit is nie in stryd met dit wat in Hebr. 9:27 staan nie, want dáár handel dit oor die gewone wet van die natuur, en nie oor dit wat God aan die einde van die wêreld met sommige sal wil doen nie. Ook sal hierdie verandering vir hulle wees in die plek van die dood.

159 Dit is, van sterflik na onsterflik verander. Dit sal nie net met die gelowiges gebeur nie, maar ook met die ongelowiges; egter met verskillende uiteindes: óf om aan die ewige dood onderworpe te wees, óf om die ewige geluksaligheid te geniet; en ook op verskillende maniere: die gelowiges se liggame word met heerlikheid beklee, en die liggame van die ongelowiges met smaadheid, Dan. 12:2. Joh. 5:29. Hierdie verandering sal nie in die wese van die liggame plaasvind nie, maar in hul hoedanighede, vers 48.

c Matt. 24:31. 1 Thess. 4:16. 160 Dit is, baie skielik en vinnig.

161 Dit is, met ’n groot en verskriklike geluid, soos die geluid van basuine of trompette is. Hierdie geluid word die stem van die Seun van God genoem, Joh. 5:28, ’n geroep, en stem van ’n aartsengel en geklank van die basuin van God, 1 Thess. 4:16.

162 Dit is, wat voor daardie tyd gesterf het.

163 Naamlik wat dan nog sal leef; sien vers 51.

d 2 Kor. 5:4. 164 Naamlik hierdie liggaam, wat ons nou het en dra, Job 19:26, 27.

165 Die rede vir hierdie noodsaaklikheid word gegee in vers 50.

166 Naamlik soos met ’n nuwe kleed. Sien 2 Kor. 5:2, 3. Dieselfde wese van die liggame sal dan bly, maar hulle sal hul ou, sterflike toestand aflê en die onsterflikheid soos ’n nuwe kleed en sieraad aantrek. Dit sal die verandering wees waarvan tevore gespreek is.

e Jes. 25:8. Hos. 13:14. Hebr. 2:14. 167 Dit is, volkome vervul word.

168 Naamlik in Jes. 25:8, sien ook die kanttekening daar.

169 Dit word verstaan as die tydelike dood, ten opsigte van die gelowiges; en kan ook verstaan word as die ewige dood. Die apostel pas dit egter hier toe op die tydelike dood, soos uit die voorgaande blyk.

170 Naamlik deur Christus, vers 57. Dit is, totaal weggeneem, sodat daar geen dood of sterwe meer onder die mense sal wees nie. Sien dergelike spreekwyse in 2 Kor. 5:4.

171 Dit is, dat hy heeltemal oorwin, weggeneem en vernietig is, Openb. 21:4. Die Hebreeuse woord wat Jesaja hier gebruik, kan ook vertaal word met vir ewig.

172 Dit is soos ’n triomflied, wat die apostel sing oor die oorwinning van die dood; dit wil voorkom of dit uit die profeet Hoséa, hfst. 13:14, aangehaal is, hoewel met enkele veranderinge en byvoeging van woorde.

173 Naamlik waarmee jy ons mense gewoonlik die doodsteek gee.

174 Of: Graf, hel, want die Hebreeuse woord sjeol, en die Griekse hades, wat hier deur die profeet en ook deur die apostel gebruik word, beteken beide. Dit wil voorkom of dit hier vernaamlik graf beteken, omdat die apostel hier oor die wegdoen van die tydelike dood handel.

175 Naamlik waardeur jy die dode tot nou toe nog in jou mag gehou het, wat jy dan sal moet teruggee, en nie langer in jou mag kan hou nie. Sien Openb. 20:13, 14.

176 Want vanweë die sonde het die dood mag oor ons, en is om daardie rede soos die wapen om ons dood te maak, Rom. 5:12; 6:23.

177 Want die sonde word op geen ander manier geken of toegereken as deur die wet nie; en as die wet ons iets gebied, dan voer ons verdorwe vlees des te meer stryd daarteen, om te doen wat verbied is. Sien Rom. 5:13; 7:7, 8, 13.

f 1 Joh. 5:5. 178 Naamlik oor hierdie voorgenoemde en alle ander vyande.

179 Wat hierdie oorwinning teweeggebring het, nie vir Homself nie, maar vir ons, toe Hy, volgens die eis van die wet, deur sy dood volkome vir die sondes betaal het, en deur die krag van sy opstanding ons siele wederbaar, en ons liggame op die laaste dag in heerlikheid sal opwek.

180 Of: goed gefundeer, naamlik in die geloof.

181 Naamlik teen die stormwinde of watervloede van versoekinge.

182 Dit is, deur altyd met ’n ernstige ywer en vlyt voort te gaan en toe te neem.

183 Dit is, in die werk wat die Here deur die diens van die apostels in jul harte gewerk het, of wat Hy ons beveel om te doen, Joh. 6:29.

184 Dit is, verseker is deur die beloftes van God.

185 Dit is, nie sonder vrug en genadige vergelding sal wees nie.