Statevertaling – Bybelstigting

1 Thessalonicense 1

Opskrif en seëngroet.

1

PAULUS en 1Silvánus en Timótheüs aan die gemeente van die 2Thessalonicense wat 3in God die Vader en die Here Jesus Christus is: a4Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!

Vrug van die evangelie in Thessaloníka, en die getrouheid van die gemeente daar.

2

bONS dank God 5altyd oor julle almal as ons aan julle dink in ons gebede

3

en onophoudelik in gedagte hou c6die werk van julle geloof en die arbeid van julle liefde en die lydsaamheid van julle hoop op onse Here Jesus Christus, 7voor onse God en Vader,

4

omdat ons weet van 8julle verkiesing, broeders wat 9deur God bemin word.

5

dWant 10ons evangelie het tot julle nie gekom in woord alleen nie, maar ook 11in krag en 12in die Heilige Gees en 13in volle versekerdheid, esoos julle weet hoedanig ons onder julle om julle ontwil gewees het.

6

fEn julle het navolgers van 14ons geword 15en van die Here deurdat julle die woord in baie verdrukking ontvang het met die blydskap 16van die Heilige Gees,

7

sodat julle 17voorbeelde geword het vir al die gelowiges in Macedónië en Acháje.

8

Want 18van julle uit het die woord van die Here weerklink nie alleen in Macedónië en Acháje nie, maar ook 19op elke plek het 20julle geloof in God 21uitgegaan, sodat ons nie nodig het om daar 22iets van te sê nie.

9

Want 23hulle vertel self aangaande ons 24watter ingang ons by julle gehad het en hoe julle jul 25van die afgode bekeer het tot God, om 26die lewende en waaragtige God te dien

10

gen sy Seun 27uit die hemele te verwag, wat Hy uit die dode opgewek het, Jesus wat ons van die toekomstige 28toorn 29verlos.

a Rom. 1:7. Ef. 1:2. 1 Petr. 1:2. 1 Hy word ook Silas genoem, Hand. 17:4, en was ’n gedurige metgesel van Paulus in sy reise deur die streke van Macedónië, Griekeland en ander lande, Handelinge 15; 16.

2 Sien oor die ligging van hierdie stad, en van die bekering en stigting van hierdie gemeente, die begin van Handelinge 17.

3 Dit is, wat die Naam van God die Vader en van Jesus Christus bely. Sien Joh. 17:3. Of: wat deur die krag van God die Vader in Christus geroep is. Waardeur die ware gemeente van heidene en Jode onderskei word.

4 Sien oor hierdie groet Rom. 1:7.

b Ef. 1:16. Filip. 1:3. Kol. 1:3. 2 Thess. 1:3. 5 Dit is, by elke geleentheid, en so dikwels as ons bid.
c Joh. 6:29. 6 Of: julle werk van die geloof, dit is, julle geloof wat God in julle werk, en wat nie ledig is nie, maar sy vrugte en werking voortbring. Soos die arbeid van julle liefde as die arbeidsame liefde, en die lydsaamheid van julle hoop as die lydsame en verdraagsame hoop gestel word. Sien 1 Kor. 13:13. Gal. 5:6. Jak. 2:17, ens.

7 Sommige voeg dit by die voorgaande woorde in gedagte hou, sodat dít die betekenis is: in gedagte hou in ons gebede voor God. Ander voeg dit by die voorgaande woorde geloof, liefde en hoop voor God, om die opregtheid daarvan te kenne te gee, sodat hulle hul as ’t ware in God se teenwoordigheid vir die deugde beywer. Sien dergelike manier van spreek in Gén. 17:1. Luk. 1:6.

8 Naamlik waardeur julle uitverkies is tot die ewige lewe, Hand. 13:48. 1 Kor. 1:26, ens., wat hy uit die voorgaande en volgende kenmerke bewys en aflei.

9 Die woorde deur God kan óf by die woord bemin gevoeg word, soos in die teks, óf by die woord verkiesing. Sien 2 Thess. 2:13.

d 1 Kor. 2:4; 4:20.

e 1 Thess. 2:1.

10 Dit is, ons verkondiging van die evangelie.

11 Dit is, wat gepaardgegaan het met kragtige wondertekens onder julle en die werking van die Heilige Gees in julle, Mark. 16:20. 1 Kor. 2:4, ens.

12 Dit is, in gawes van die Heilige Gees, waarmee die gelowiges toegerus was, soos te sien is Hand. 19:6. Of: deur die inwendige werking van die Heilige Gees in hul harte, waardeur die geloof in hulle gewerk was, Hand. 16:14.

13 Sommige verstaan dit as die versekerdheid van die geloof in die Thessalonicense self; maar die volgende bring skynbaar mee dat hier gespreek word van die versekerdheid wat Paulus in sy prediking getoon het tot oortuiging van die gewetens van die uitverkorenes, ondanks al die swarighede wat hom as gevolg daarvan oorgekom het; waarop ook die versekerdheid van die geloof in die uitverkorenes gevolg het.

f 1 Kor. 4:16; 11:1. Filip. 3:17. 2 Thess. 3:9. 14 Hy spreek hier, soos ook meermale tevore, in die meervoud, omdat hy in die begin van die brief Silvánus en Timótheüs by sy naam gevoeg het.

15 Naamlik in die verdra van verdrukkinge, soos die volgende woorde uitwys. Sien 1 Kor. 11:1.

16 Dit is, deur die Heilige Gees in julle gewerk. Want ander moet ook soms verdrukking verdra; maar om daaroor verheug te wees, omdat hulle Christus hierin gelykvormig word, is ’n werk van die Heilige Gees in die gelowiges. Sien Hand. 5:41. Rom. 5:3, ens.; 14:17. Filip. 1:29.

17 Naamlik van standvastigheid en lydsaamheid.
18 Dit is, die gerug van God se Woord het deur julle dade en voorbeelde bekend geword.

19 Naamlik rondom Macedónië en Acháje.

20 Dit is, die belydenis en vrugte van julle geloof. Sien Rom. 1:8.

21 Dit is, is verkondig of het rugbaar geword.

22 Naamlik om dit aan ander bekend te maak, of om julle by ander daaroor te prys.

23 Naamlik die gelowiges wat uit ander lande of gemeentes na ons toe kom. Sien vers 7.

24 Hoe vlytig en ywerig julle ons by julle ingelaat het, en die woord van die evangelie aangeneem het. Sien Hand. 17:4.

25 Dit is, van die afgodediens.

26 Deur die titel lewende word God onderskei van die stomme beelde en ander lewelose skepsele, wat deur die heidene gedien was. Deur die titel waaragtige word Hy van die versierde gode, (uit die mense of ander lewende skepsele) wat deur hulle tot afgode gestel was, onderskei.

g Hand. 1:11. Filip. 3:20. 2 Thess. 1:10. Openb. 1:7. 27 Naamlik in sy tweede koms, om die lewendes en die dooies te oordeel.

28 Dit is, straf en wraak, wat Hy op die laaste dag sal uitoefen oor alle ongelowiges. Sien Matt. 3:7. Rom. 1:18; 5:9.

29 Naamlik deur sy verdienste en krag, en hier, en hiernamaals ewiglik, salig maak.