Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

1 Timótheüs 1

Opskrif en seëngroet.

1

PAULUS, ’n apostel van Jesus Christus, avolgens die bevel van God, 1ons Verlosser, en van die Here Jesus Christus, b2ons Hoop,

2

caan Timótheüs, 3my ware dkind 4in die geloof: e5Genade, 6barmhartigheid, vrede van God onse Vader en Christus Jesus, onse Here!

Die ware evangelie.

3

SOOS ek jou 7versoek het 8toe ek fna Macedónië op reis was, 9moet jy in Éfese wag om sekere persone te beveel dat hulle geen 10ander leer moet leer nie,

4

gen hulle nie 11besig hou met fabels en eindelose geslagsregisters nie, wat net htwisvrae bevorder meer as 12stigting van God wat in die geloof is.

5

iMaar die doel 13van die gebod is 14liefde uit ’n 15rein hart en ’n 16goeie gewete en ’n 17ongeveinsde geloof,

6

18waarvan sommige mense 19afgedwaal en hulle afgewend het na 20onsinnige praatjies;

7

hulle wil leraars van die wet wees, alhoewel hulle wat hulle sê, of die dinge wat hulle beslis beweer, 21nie verstaan nie.

8

Maar ons weet kdat die wet 22goed is as iemand dit 23wettiglik gebruik

9

en as hy weet ldat 24die wet nie gegee is 25vir die regverdige nie, maar vir die wettelose en tugtelose mense, goddelose en 26sondaars, onheiliges en ongewydes, vadermoorders en moedermoorders, moordenaars,

10

hoereerders, sodomiete, mensediewe, leuenaars, meinediges en wat daar anders met die 27gesonde leer in stryd is,

11

28volgens die evangelie van die heerlikheid mvan die salige God nwat aan my 29toevertrou is.

12

En ek dank Hom wat my 30krag gegee het, Christus Jesus, onse Here, dat Hy my 31getrou geag en 32in die bediening gestel het,

13

omy wat vroeër ’n lasteraar en ’n vervolger en 33’n geweldenaar was. Maar aan my is barmhartigheid bewys, pomdat ek dit 34onwetend gedoen het in ongeloof.

14

En die genade van onse Here was baie oorvloedig 35met geloof en liefde wat 36in Christus Jesus is.

15

Dit is 37’n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, qdat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek 38die vernaamste is.

16

Maar daarom is aan my 39barmhartigheid bewys, dat Jesus Christus in my as die vernaamste 40al sy lankmoedigheid sou betoon, 41om ’n voorbeeld te wees vir die wat in Hom sal glo tot die ewige lewe.

17

Aan 42die Koning van die eeue, die onverderflike, onsienlike, 43alleenwyse God, kom toe die eer en die heerlikheid tot 44in alle ewigheid. Amen.

18

Hierdie boodskap 45vertrou ek aan jou toe, my kind Timótheüs, 46ooreenkomstig die profesieë wat vroeër aangaande jou uitgespreek is, rsodat jy 47daardeur 48die goeie stryd kan stry

19

sen aan 49die geloof en 50’n goeie gewete 51vashou. Sommige het 52dit van hulle 53weggestoot en 54aan die geloof 55skipbreuk gely,

20

onder wie daar is tHimenéüs en v56Alexander, xwat ek 57aan die Satan oorgegee het, sodat hulle 58kan leer om nie te 59laster nie.

a Hand. 9:15.

b Kol. 1:27.

1 Of: ons Saligmaker. So word God die Vader ook elders genoem, soos in Luk. 1:47. 1 Tim. 2:3. Tit. 1:3, omdat Hy ons deur Christus die verlossing skenk. Sien 2 Kor. 5:18, ens. Ander edisies lees: van God, die Vader, en van ons Verlosser, Jesus Christus.

2 Dit is, die Bewerker en Fondament van die hoop wat ons van ons verlossing besit. Sien Hand. 4:12.

c Hand. 16:1. 1 Thess. 3:2.

d 1 Kor. 4:17.

e Gal. 1:3. 1 Petr. 1:2.

3 Dit is, my geliefde kind, soos hy spreek in 2 Tim. 1:2; want die Griekse woord gnesios of ware, word nie teenoor onegte of basterkinders gestel nie, maar beteken ’n besondere vlak van liefde van Paulus teenoor hom, en ’n besondere geneentheid en eerbied van Timótheüs teenoor Paulus. Dit is dan eintlik ’n kind wat die aard van sy vader goed na vore laat kom, soos hy Titus ook noem, Tit. 1:3.

4 Dit is, volgens die gemeenskaplike geloof, soos hy daarna verwys in Tit. 1:3. Waarmee Paulus aanwys dat hy nie spreek van ’n natuurlike nie, maar van ’n bonatuurlike geboorte, waardeur hy hom deur die evangelie vir Christus gewin, en tot die gemeenskaplike geloof gebring het. Sien 1 Kor. 4:14, 15.

5 Sien hieroor die begin van die ander briewe van Paulus.

6 Dit is ’n vrug van die genade van God; want soos hier deur die genade die ewige genade van ons verkiesing goed verstaan word, so word deur die barmhartigheid die vergewing van ons sondes deur die geloof, en deur die vrede die gerustheid van ons gewetens in God verstaan, Rom. 5:1, ens.

f Hand. 20:1. 7 Of: gebid, vermaan het.

8 Sien oor hierdie reis van Paulus Hand. 20:1, ens.

9 Hier word die doel gegee waarom Paulus Timótheüs in Éfese agtergelaat het, nie om altyd daar te bly en om daar biskop te wees, soos sommige meen nie, maar slegs vir ’n tyd, om as evangelis en mede-arbeider van die apostels die gemeente te versterk teen diegene wat valse leringe wou invoer, soos hy in Hand. 20:29 spreek. Want dat Timótheüs daarna na Paulus teruggekeer het, blyk uit 2 Tim. 4:9-11.

10 Dit is, vreemde of valse leer.

g 1 Tim. 4:7; 6:20. 2 Tim. 2:16. Tit. 1:14; 3:9.

h 1 Tim. 6:4.

11 Of: ag slaan op fabels. Hoewel die Grieke ook baie fabels onder hul godsdiens vermeng het, en geslagsregisters van hul gode, wil dit nogtans hier voorkom of Paulus na enkeles verwys wat uit die Jodedom gekom en hul Talmoediese fabels en eindelose geslagsregisters by die Woord van God gevoeg het, soos hulle ook die wet met die evangelie wou vermeng. Paulus waarsku Timótheüs hier teen al hierdie dinge, soos hy dit ook uitdruklik Joodse fabels noem in Tit. 1:14.

12 Dit is, stigting wat volgens God se wil is. Ander lees: bediening van God, soos in 1 Kor. 4:1.

i Rom. 13:8. Gal. 5:14. 13 Deur die Griekse woord parangelia, dit is, gebod, bevel of aanmaning, wat hier en in vers 18 gebruik word, verstaan sommige die bevel wat Paulus hier aan Timótheüs gee, waarvan die doel liefde uit ’n rein hart, ens. is. Ander verstaan deur die woord gebod die wet van God, wat sommige sonder verstand wou invoer saam met die evangelie. Die apostel leer dat die regte doel van die wet onder die evangelie liefde tot God en ons naaste uit ’n rein hart, ens. moet wees; en dat die wet nie só geleer moet word soos sommige dit verkeerdelik gedryf het nie. Hierdie verklaring kom beter met vers 7, ens. ooreen.

14 Naamlik teenoor God en die naaste, Matt. 22:37, ens.

15 Dit is, ’n opregte hart sonder geveinsdheid.

16 Dit is, wat reg en goed onderrig is aangaande sy dade uit die Woord van God, en deur die Gees van God vernuwe is, Hebr. 9:14. Sien verder vers 19 se kanttekening.

17 Naamlik in Christus, ons Verlosser, waardeur ons voor God regverdig en van sy genade teenoor ons verseker is, uit welke geloof hierdie ander gawes spruit, Rom. 5:1, 2. Gal. 5:6, ens.

18 Naamlik van voorgaande deugde en doel.

19 Die Griekse woord beteken ’n afwyk of mis van die doel wat voorgestel is.

20 Naamlik oor die doel van die wet, wat hulle nie verstaan het nie, maar hulle wou die wet invoer as ’n las, wat nie ons, óf ons vaders in staat was om te dra nie, soos Petrus spreek in Hand. 15:10, en soos die volgende vers verklaar.

21 Naamlik soos dit hoort nie.
k Rom. 7:12. 22 Naamlik op sigself en terwyl dit reg verstaan word, soos in Rom. 7:12, 14.

23 Dit is, tot só ’n doel soos dit deur God gegee is. Sien Rom. 10:4. Gal. 3:19.

l Gal. 5:23. 24 Naamlik om die regverdige te veroordeel, of met die wet se dreigende mag te verslaan, of slegs uit vrees vir straf tot gehoorsaamheid te dwing. Sien Rom. 6:14; 7:6.

25 Dit is, diegene wat deur die geloof in Christus geregverdig en deur sy Gees geheilig, God met oorgawe en gewilliglik dien en gehoorsaam.

26 Dit is, wat van sonde doen hul werk maak, of met lus in die sondes voortgaan, soos in Ps. 1:1. Joh. 9:31.

27 Dit is, die leer van die godsaligheid, so genoem omdat dit op sigself volmaak is, en die mens tot sy geestelike gesondheid bring. Sien Ps. 19:8, ens. 2 Tim. 1:13.
m 1 Tim. 6:15.

n 1 Thess. 2:4.

28 Dit is, volgens die leer van die evangelie, waarin die heerlikheid van God, ons Verlosser, voorgestel word.

29 Dit is, opgelê of beveel is.

30 Dit is, krag en bekwaamheid gegee het, 2 Kor. 3:5, 6. Of ook: tot nog toe so versterk het dat ek onder die las nie beswyk nie.

31 Dit moet nie verstaan word as enige getrouheid wat God in Paulus gesien het voordat Hy Hom oor hom ontferm het nie, maar waartoe hy deur God se ontferming gekom het, soos hy verklaar in 1 Kor. 7:25. 2 Kor. 4:1. 1 Thess. 2:4.

32 Naamlik van die apostelskap.

o Hand. 8:3; 9:1; 22:4; 26:9. 1 Kor. 15:9. Gal. 1:13.

p Joh. 9:39, 41. Hand. 3:17.

33 Of: ’n belediger.

34 Naamlik van die goddelikheid en waarheid van die evangelie, soos in Hand. 3:17, waarmee hy hom nie verontskuldig, asof hy daaroor voor God nie strafbaar was nie, want hy betuig hierna die teendeel oor homself, verse 15, 16, soos ook in die algemeen, 2 Thess. 1:8. Hy gee egter hiermee te kenne dat sy sonde nie sonde teen die Heilige Gees was nie, gedoen uit moedswilligheid en haat van die bekende waarheid, en daarom was dit deur die genade en verdienste van Christus vergeeflik.

35 Naamlik in Christus en sy evangelie. Die geloof word dus gestel teenoor sy voorgaande onwetendheid, en die liefde teenoor sy lastering en vervolging.

36 Dit is, deur die genade van Christus Jesus, of in die staat wat daar in Christus Jesus is.

q Matt. 9:13. Mark. 2:17. Luk. 5:32; 19:10. 1 Joh. 3:5. 37 Dit is, ’n vaste en ware woord.

38 Gr. eerste, dit is, eerste van die grootste, naamlik ten opsigte van my voorgaande lastering en vervolging. Sien ook 1 Kor. 15:9.

39 Of: God het Hom oor my ontferm, soos in vers 13.

40 Naamlik wat God in die evangelie beloof het om te gebruik, sodat Hy die sondaar tot bekering mag bring.

41 Naamlik dat niemand, hoe groot sondaar hy ook is, die genade van God hoef te betwyfel nie, as hy maar deur die geloof sy toevlug tot Christus neem.

42 Dit is, van alle skepsele, soos die woord eeue gebruik word in die Griekse teks van Hebr. 1:2. Of: wat van ewigheid is, en in ewigheid leef.

43 Dit is, wat alleen van Homself en volmaak wys is, soos Hy ook in so ’n betekenis alleen goed genoem word, Matt. 19:17.

44 Gr. in of tot ewighede van ewighede.

r 1 Tim. 6:12. 45 Die Griekse woord beteken eintlik om iemand iets toe te vertrou wat hy by hom bêre, of aan hom te gee om te bewaar.

46 Dit is, voorseggings. Want in die tyd van die apostels was sommige manne van God deur die bevel van die Heilige Gees tot die diens van die evangelie afgesonder, soos Paulus en Bárnabas so uitgestuur was, Hand. 13:2. Of: van hulle is deur sommige profesieë vooruit aangekondig wat hulle sou oorkom, soos te sien is in Hand. 11:27, 28; 20:23; 21:11. Dit word ook van Timótheüs getuig in 1 Tim. 4:14.

47 Naamlik deur die voorseggings of profesieë, dit is, deur die dinge wat tevore aan jou vooruit verkondig is.

48 Wat nie net as die arbeid, ywer en stryd verstaan word wat alle gelowiges in hul algemene beroep opgelê is nie, maar ook die troue leraars in die besonder. Sien 2 Tim. 4:7, 8.

s 1 Tim. 3:9. 49 Dit is, die belydenis of leer van die ware geloof, soos blyk uit die teenstelling van die lasteringe van Himenéüs en Alexander in die volgende vers.

50 Dit is, ’n opregte gewete, wat hom in al sy dade rig volgens dit waarvan hy uit die Woord van God onderrig is, en nie volgens eersug, geldgierigheid of ander geneentheid nie; waaroor maklik geoordeel kan word deur diegene wat mense se woorde met hul dade vergelyk.

51 Gr. besit, dit is, behou.

52 Naamlik die goeie of opregte gewete.

53 Dit is, nie nagekom of waargeneem nie.

54 Of: wat betref, in, aangaande die geloof, dit is, aan die ware leer of belydenis van die geloof, soos die volgende vers vereis, en soos Paulus nader verklaar in 2 Tim. 2:17, 18.

55 Dit is, verval het of afvallig geword het; ’n beeld geneem van diegene wat hul besittings deur skipbreuk verloor. Sien 1 Tim. 4:1.

t 2 Tim. 2:17.

v 2 Tim. 4:14.

x 1 Kor. 5:5.

56 Baie meen dat dit dieselfde Alexander is waarvan in Hand. 19:33 gespreek word, maar dit is nie seker nie. Omdat hy hier egter saam met Himenéüs genoem word, moes hy ook aan dieselfde dwalinge en lasteringe skuldig gewees het, waarvan hierdie Himenéüs deur Paulus beskuldig word, 2 Tim. 2:18, naamlik dat hy die opstanding van die dode ontken het.

57 Naamlik deur die kerklike ban; sien ’n duideliker verklaring in 1 Kor. 5:5 se kanttekening.

58 Dit is, hulle bedink en tot erkentenis van hul dwalinge kon kom, wat die doel van die kerklike tug is, soos Paulus ook getuig in 1 Kor. 5:5. 2 Thess. 3:14. Of: indien hulle hul nie bekeer nie, hulle die kerk van God des te minder skade sou berokken, en deur hul straf ’n voorbeeld vir ander lasteraars en verleiers sou wees. Want die Griekse woord beteken beide om geleer en getug te word.

59 Dit is, van die gesonde leer of goddelike waarheid kwaad spreek, soos dieselfde woord blasphemein ook vir die leer gebruik word in 1 Tim. 6:1. Tit. 2:5.