Statevertaling – Bybelstigting
Die afval van die laaste dae.
MAARa 1die Gees sê uitdruklik dat 2in die laaste tye sommige 3van die geloof bafvallig sal word en 4verleidende geeste en leringe 5van duiwels sal aanhang
6deur die geveinsdheid van leuenaars wat 7gebrandmerk is in hulle eie gewete,
wat verbied om te trou en 8gebied dat die mense hulle moet onthou van voedsel wat God geskape het om cmet danksegging dgebruik te word deur die gelowiges en 9die wat die waarheid ken.
eWant alles wat deur God geskape is, is goed, en 10niks is verwerplik as dit met danksegging ontvang word nie;
want dit word 11geheilig 12deur die woord van God en 13die gebed.
Oor getrouheid en werksaamheid in die bediening.
AS jy hierdie dinge aan die broeders voorhou, sal jy ’n goeie dienaar van Jesus Christus wees 14terwyl jy jouself fvoed met die woorde 15van die geloof en van die goeie leer waarvan jy ’n navolger geword het.
gMaar verwerp onheilige en oudwyfse 16fabels, en oefen jou in die godsaligheid.
hWant 17die liggaamlike oefening is tot weinig nut, maar die godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit 18die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het.
Dit is 19’n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word;
want hiervoor arbei ons ook en word ons gesmaad, omdat ons 20gehoop het op die lewende God wat ’n 21behouder is van alle mense, insonderheid van die gelowiges.
Beveel en leer hierdie dinge.
i22Laat niemand jou jonkheid verag nie, kmaar wees ’n voorbeeld vir die gelowiges in woord, in wandel, in liefde, 23in gees, in geloof, in reinheid.
Totdat ek kom, moet jy aanhou 24met voorlesing, vermaning en lering.
25Verwaarloos nie 26die genadegawe wat in jou is nie, wat jou gegee is deur 27die profesie lmet die handoplegging 28van die ouderlinge.
Wees vlytig in hierdie dinge, leef daarin, sodat 29jou vooruitgang 30vir almal duidelik kan wees.
Let op jouself en op die leer; volhard daarin; want deur dit te doen, sal jy 31jouself red sowel as die wat jou hoor.
a 2 Tim. 3:1. 2 Petr. 3:3. Jud. vers 18.
b Matt. 24:23. 2 Thess. 2:3. |
1 Naamlik die Heilige Gees, deur sy buitengewone ingewing in die apostels en ander profete. Sien Hand. 20:23; 21:4.
2 Of: in die tye wat volg. Sien 2 Tim. 3:1. 3 Dit is, van die ware leer van die geloof, soos die volgende woorde bewys. Sien 2 Thess. 2:3. 2 Petr. 2:1. 4 Hierdeur word óf die bose geeste self verstaan, soos in die gedeelte wat volg, óf die geeste van valse leraars, soos in 1 Joh. 4:1. 5 Dit is, waarvan die duiwel die bewerker of ingewer is. |
6 Gr. in die geveinsdheid, dit is, onder die skyn van heiligheid en van ’n nougesette lewe te wil lei. Dit is ’n beeld geneem van die toneelspelers, wat dikwels ’n karakter aanneem wat hulle nie is nie.
7 Naamlik só toegeskroei, dat hulle geen gevoel het nie; want daartoe verval die valse leraars of bygelowige mense uiteindelik deur die regverdige oordeel van God. Sien Ef. 4:19. 2 Thess. 2:11. |
c Rom. 14:6. 1 Kor. 10:30.
d Gén. 1:29; 9:3. |
8 Dat hierdie woord ingevoeg moet word om die teenstelling uit te druk, blyk duidelik uit die volgende woorde, soos sulke voorbeelde meermale voorkom. Sien ’n ander voorbeeld in 1 Kor. 14:34. 1 Tim. 2:12.
9 Deur die gelowiges en die wat die waarheid ken word saam verstaan die ware gelowiges vir wie alle dinge rein is, ook alle voedsel wat met matigheid gebruik word, Tit. 1:15. |
e Gén. 1:31. Hand. 10:15. Rom. 14:14. | 10 Naamlik op sigself, ten tyde van die Nuwe Testament, waartydens die onderskeid van voedsel as rein en onrein weggeneem is. Sien Hand. 10:15. |
11 Dit is, tot die regte en heilige gebruik gerig of bekwaam gemaak, soos in 1 Kor. 7:14.
12 Dit is, deur die verklaring wat die woord van God vir ons daarvan gee. Sien Tit. 1:15. 13 Naamlik dat dit vir ons tot gesondheid en seën mag dien, waaronder ook die danksegging verstaan word. Sien Matt. 15:36. Joh. 6:11. |
f 2 Tim. 1:5; 3:14, 15. | 14 Of: opgevoed met die woorde, ens. Naamlik van jou kinderdae af, soos hy daarby voeg in 2 Tim. 3:15.
15 Dit is, van die gesonde leer van die geloof, soos die volgende woorde verklaar. |
g 1 Tim. 1:4; 6:20. 2 Tim. 2:16. Tit. 1:14; 3:9. | 16 Naamlik waar die Joodse Talmoediste nog vol van is, waarvan Paulus ook spreek in Tit. 1:14; 3:9, en hy vooruit aankondig dat ook enige Christenleraars in die laaste tye daartoe sal verval, 2 Tim. 4:4. |
h Kol. 2:23. | 17 Hierdeur verstaan sommige die oefening van diegene wat wedywer om ’n prys te behaal deur stoei, hardloop en andersins, soos die Griekse woord gimnasia soms beteken, waardeur slegs enige liggaamlike nuttigheid verkry was; maar omdat Paulus hier handel met betrekking tot sake wat die godsdiens aangaan, verstaan ander dit beter as enige oefening van die liggaam, waardeur dit getem of getugtig word, soos vas, waak, onthouding van enige voedsel of kleding, wat andersins geoorloofd is. Hiervan sê die apostel, dat dit wel enigsins nuttig kan wees, maar nogtans weinig ten opsigte van die godsaligheid self, aangesien dit ook misbruik kan word en in bygelowigheid kan verval, soos Paulus getuig in Kol. 2:23. Maar die godsaligheid is vir God altyd aangenaam, en tot alles dienstig.
18 Naamlik van Christus self, Matt. 6:33. |
19 Dit is, ’n vaste en ware belofte. |
20 Naamlik in al ons swarighede en verdrukkinge.
21 Gr. soter, wat sommige hier vertaal met verlosser. Aangesien God egter nie ’n verlosser is nie behalwe van die gelowiges, Joh. 3:36 en elders, so kan dit hier nie in die betekenis verstaan word nie, maar slegs as ’n beskermer en behoeder, soos die Griekse woord sozein in die algemeen baiekeer vir allerlei behoed en bewaar gebruik word, ja, ook word gesê in Ps. 36:6, 7, dat Hy diere en mense behou, om die goedheid van God teenoor die wat aan Hom behoort te prys. |
i Tit. 2:15.
k Tit. 2:7. 1 Petr. 5:3. |
22 Dit is, gee niemand oorsaak deur jou handel en wandel nie, dat iemand jou met rede weens jou jonkheid sou kon verag; welke betekenis die woorde wat volg vereis.
23 Dit is, ywer van die gees, of: gawes van die gees. |
24 Naamlik van die Heilige Skrif, soos hy daarby voeg in 2 Tim. 3:14, ens. |
l Hand. 6:6; 8:17; 13:3; 19:6. 1 Tim. 5:22. 2 Tim. 1:6. | 25 Dit is, wek dit op en pas dit goed toe, bestee dit goed, 2 Tim. 1:6, 7.
26 Hierdeur word sowel die roeping as die gawe daartoe nodig, verstaan, soos die woorde wat volg uitwys. 27 Sien hieroor 1 Tim. 1:18 se kanttekening. 28 Dit is, van die byeenkoms van die ouderlinge, of die opsieners van die gemeente, in wie se naam en teenwoordigheid Paulus Timótheüs die hande opgelê het, 1 Tim. 6:12. Want dat Paulus dit self gedoen het, blyk uit 2 Tim. 1:6, en wel in Listre, soos af te lei is uit Hand. 16:1, 2. |
29 Naamlik in gawes en godsaligheid.
30 Naamlik mense. Of: in alles, naamlik dinge. |
31 Naamlik deur die woord, as ’n instrument en dienaar van Christus, in wie die woord van versoening gelê is, 2 Kor. 5:19, nogtans is nie hy wat plant of hy wat natmaak iets nie, maar God wat laat groei, 1 Kor. 3:7. |