Statevertaling – Bybelstigting

2 Timótheüs 1

Opskrif en seëngroet.

1

PAULUS, ’n apostel van Jesus Christus 1deur die wil van God, 2ooreenkomstig die belofte van die lewe wat in Christus Jesus is,

2

aan 3Timótheüs, my geliefde 4kind: aGenade, barmhartigheid, vrede van God die Vader en Christus Jesus, onse Here!

Liefde van Paulus vir Timótheüs. Vermaning om standvastig te wees in die geloof en in die bediening.

3

5EK dank God, bwat ek 6van my voorouers af in 7’n rein gewete dien, cwanneer ek onophoudelik nag en dag aan jou in my gebede dink,

4

terwyl ek verlang om jou te sien as ek aan jou 8trane dink, sodat ek 9met blydskap vervul kan word,

5

en as ek 10my herinner die 11ongeveinsde geloof wat in jou is, wat eers 12gewoon het in jou 13grootmoeder Loïs en in jou moeder 14Eunice, en wat — daarvan is 15ek oortuig — ook in jou is.

6

Om hierdie rede herinner ek jou daaraan om 16die genadegawe van God 17aan te wakker d18wat in jou is deur die oplegging van 19my hande.

7

eWant God het ons nie 20’n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar 21van krag en liefde en 22selfbeheersing.

8

fSkaam jou dan nie oor 23die getuienis van onse Here of oor my, g24sy gevangene nie, maar ly saam 25verdrukkinge vir die evangelie 26na die krag van God

9

hwat ons 27gered en 28geroep het 29met ’n heilige roeping, 30nie volgens ons werke nie, 31maar volgens sy eie voorneme en 32genade wat ons 33van ewigheid af 34in Christus Jesus 35geskenk is,

10

imaar wat nou geopenbaar is deur 36die verskyning van ons Verlosser, Jesus Christus, kwat 37die dood 38tot niet gemaak het en 39die lewe en die onverderflikheid 40aan die lig gebring het deur die evangelie,

11

l41waarvoor ek 42aangestel is as prediker en apostel en leraar van die heidene.

12

Om hierdie rede 43ly ek ook hierdie dinge; maar ek 44skaam my nie, want ek weet 45in wie ek geglo het, en ek is oortuig dat Hy 46mag het om 47my pand te bewaar tot 48dié dag toe.

13

m49Hou as voorbeeld van gesonde woorde dié wat jy van my gehoor het, 50in die geloof en liefde 51wat in Christus Jesus is.

14

Bewaar jou 52goeie pand 53deur die Heilige Gees 54wat in ons woon.

15

Jy weet dit ndat 55almal wat in Asië is, hulle van my 56afgekeer het, onder wie Figéllus en Hermógenes is.

16

Mag die Here aan 57die huis van oOnesíforus 58barmhartigheid bewys, want hy het my dikwels 59verkwik en hom oor 60my kettings nie geskaam nie;

17

maar toe hy in Rome gekom het, het hy my baie ywerig 61gesoek en gevind.

18

Mag die Here hom skenk 62dat hy barmhartigheid mag verkry 63van die Here 64in dié dag! En jy weet 65baie goed hoeveel dienste hy 66in Éfese bewys het.

1 Dit is, wat deur God self, na sy behae, tot die apostelskap verkies en geroep is. Sien Rom. 1:1. Gal. 1:1, 15.

2 Dit is, om die evangelie te verkondig, waarin die belofte van die ewige lewe voorgestel word, wat God gemaak het aan almal wat in Christus Jesus glo. Sien Rom. 1:2, 16. Tit. 1:1-3.

a Gal. 1:3. 1 Tim. 1:2. 1 Petr. 1:2. 3 Sien oor hom Hand. 16:1. Rom. 16:21. 1 Kor. 4:17. 2 Kor. 1:1. Filip. 2:19. 1 Tim. 1:2, en deurgaans in die Handelinge van die apostels en in die briewe van Paulus.

4 Sien 1 Tim. 1:2. Die apostel, wat nou ’n ou man was, volgens Fil. vers 9, noem Timótheüs so omdat hy nog jonk was, 1 Tim. 4:12, en omdat hy hom deur die evangelie gebaar het, en teenoor hom vaderlikgesind was, soos die woord geliefde ook te kenne gee.

b Hand. 22:3. Rom. 1:9.

c 1 Thess. 1:2; 3:10.

5 Dit kan ook soos volg vertaal word, uit vergelyking van hierdie teks met Rom. 1:8-10: Ek dank God oor jou. En God is my getuie, wat ek, ens., wanneer ek onophoudelik, ens. Of die woorde ek dank God kan gevoeg word by vers 5.

6 Dit is, volgens die voorbeeld van die heilige aartsvaders, profete en gelowige Jode in die Ou Testament, van wie ek afstam. Sien Hand. 22:3. 2 Kor. 11:22. Filip. 3:5.

7 Dit is, wat gereinig is deur die Heilige Gees en die bloed van Jesus Christus, Hebr. 9:14; 10:22. Wat verstaan moet word van die tyd van sy bekering; hoewel aan hom in ’n mate ’n goeie gewete toegeskryf kan word voor sy bekering, om die redes wat verklaar word in Hand. 23:1 en die kanttekening.

8 Naamlik wat jy ter wille van my dikwels gestort het, toe jy van my verdrukkinge gehoor het, en veral toe jy van my afskeid geneem het. Sien Hand. 20:37, 38.

9 Naamlik as ek jou weer mag sien.

10 Gr. jou ongeveinsde geloof in gedagtenis neem.

11 Dit het die apostel geweet uit sy veelvuldige ervaring van sy opregtheid.

12 Dit is, altyd en gedurig in haar was, en as ’t ware ’n vaste woonplek in haar hart geneem het.

13 Naamlik aan moederskant. Want sy vader was van Griekse of heidense afkoms en godsdiens. Sien Hand. 16:1.

14 Wat ’n gelowige Joodse vrou genoem word, Hand. 16:1.

15 Naamlik deur al die oorvloedige bewyse van die opregtheid van jou geloof, wat geen twyfel daaraan toelaat nie.

d Hand. 6:6; 8:17; 13:3; 19:6. 1 Tim. 4:14; 5:22. 16 Sien 1 Tim. 4:14.

17 Die Griekse woord anazopurein, wat die apostel hier gebruik, beteken eintlik om ’n klein vuurtjie, wat byna uitgebrand het of onder die as bedek is, weer lewendig en brandend te maak deur daarin te blaas. ’n Baie goeie beeld, waardeur aangewys word dat die gawes van die Heilige Gees deur gebed, aanhoudende lees van die Woord, en die ywerige bediening van ons roeping, ook so vermeerder en as ’t ware brandende gemaak word.

18 Dit is, wat ek met hierdie seremonie van die handoplegging te kenne gegee het, dat dit deur die werking van die Heilige Gees in jou is; en wat, deur die kragtige gebede van die gemeente gevoeg by hierdie seremonie, deur God nog in jou vermeerder sal word.

19 In die eerste brief, 1 Tim. 4:14, sê die apostel van die ouderlinge; wat albei waar is, aangesien die apostel Paulus hom die hande opgelê het in die teenwoordigheid en in naam van die ganse vergadering van die ouderlinge, as die vernaamste onder hulle en bowendien ’n apostel.

e Rom. 8:15. 20 Dit is, ’n beweging van die hart en van die gemoed, wat, as dit kwaad is, deur die bose, en as dit goed is, deur die Heilige Gees in die mens gewerk word, en as gevolg daarvan gees genoem word.

21 Dit is, van sterkte en dapperheid van hart in die bediening van ons amp, te midde van alle vyande, gevare en verdrukkinge.

22 Gr. sofronismou, waardeur eintlik ’n gematigde of gesonde verstand verstaan word, wat by die dapperheid gevoeg moet word, sodat dit nie in roekeloosheid, geskel, getier en onbeskeidenheid verander nie.

f Rom. 1:16.

g Hand. 21:33. Ef. 3:1; 4:1. Kol. 4:18. Fil. verse 1, 9, 13.

23 Dit is, die leer van die evangelie, waarin getuig word wie ons Here en Verlosser is, en hoe die Here sy mag, wysheid, regverdigheid en barmhartigheid aan die mense betoon. Sien Ps. 19:8; 119:2. 1 Kor. 1:6; 2:1.

24 Dit is, ter wille van Hom gevange geneem.

25 Of: verdrukkinge met die evangelie. Dit is, waaraan die evangelie self, en, ter wille van die evangelie, almal wat dit preek, aanneem en bely, onderworpe is, 2 Tim. 3:12.

26 Dit is, volgens die krag wat God jou verleen om die verdrukkinge met lydsaamheid en standvastigheid te verdra. Dit voeg hy daarby sodat ons dit nie aan ons eie krag toeskryf nie. Sien Filip. 1:29. 1 Tim. 1:12.

h Ef. 1:3. Tit. 3:4-6. 27 Naamlik deur sy Seun Jesus Christus.

28 Naamlik uiterlik deur die verkondiging van die evangelie, en inwendig deur die kragtige werking van sy Gees.

29 Dit is, wat op sigself heilig is, en wat ons oproep tot heiligheid, Luk. 1:75. Ef. 1:4. Kol. 1:22.

30 Naamlik wat as ’n voorgaande of vooruitgesiene oorsaak hierdie roeping sou verdien, of God daartoe sou beweeg het. Sien Rom. 9:11. Ef. 2:9. Tit. 3:5.

31 Dit is, volgens wat Hom behaag het van ewigheid, by Homself, om oor ons te besluit. Sien Rom. 8:28; 9:11. Ef. 1:11; 3:11.

32 Dit is, genadige voorneme, waarvan die enigste en eerste bewegende oorsaak is die onverdiende genade en barmhartigheid van God, Rom. 6:23; 11:5, 6. Gal. 1:15. Ef. 1:6. Tit. 3:7.

33 Dit is, soos hy elders spreek, voor die grondlegging van die wêreld, Ef. 1:4.

34 Dit is, om die vrugte daarvan deur Jesus Christus te verkry. Sien verder Ef. 1:4.

35 Dit is, wat God in sy raad voorgeneem en besluit het om aan ons te skenk. Sien dergelike in Joh. 17:24. Want hierdie genade is in werklikheid nie van ewigheid af nie, maar in die tyd aan ons gegee, wanneer ons daadwerklik geroep word; maar dit word só genoem, omdat hierdie daadwerklike skenking plaasvind volgens daardie ewige voorneme van God, wat so vasstaan asof dit reeds volbring is.

i Rom. 16:25. Ef. 1:9; 3:9. Kol. 1:26. Tit. 1:2. 1 Petr. 1:20.

k Jes. 25:8. Hebr. 2:14.

36 Naamlik in die vlees, in sy eerste koms.

37 Naamlik die ewige dood.

38 Naamlik deur sy dood, Hebr. 2:14. Verstaan dit ten opsigte van die gelowiges, wat deur Hom daarvan verlos en bevry is. Want die toorn van God bly op die ongelowiges, Joh. 3:36.

39 Naamlik die ewige lewe, soos die volgende woord onverderflikheid, tot verklaring bygevoeg, uitwys.

40 Dit is, teweeggebring het deur sy verdienste, en te voorskyn gebring of bekendgemaak het deur die verkondiging van die evangelie.

l Hand. 9:15; 13:2; 22:21. Gal. 1:15; 2:8. Ef. 3:8. 1 Tim. 2:7. 41 Dit is, om die evangelie te verkondig, vernaamlik onder die heidene.

42 Naamlik deur God, wat my daartoe afgesonder, geroep en verordineer het. Sien Hand. 13:2. Rom. 1:1. Gal. 1:1.

43 Dit is, hierdie verdrukkinge en bande.

44 Of: skaam my nie daaroor nie.

45 Dit is, op wie se beloftes ek vertrou het.

46 Dit is, dat Hy nie net die wil het nie, wat uit sy beloftes blyk, maar ook die mag het om dit uit te voer.

47 Dit is, die ewige geluksaligheid en heerlikheid, wat God sy kinders en getroue dienaars beloof het, en deur Hom in die hemel as ’n toevertroude pand vir hulle weggelê is, en getrou bewaar word.

48 Naamlik van die koms van Christus om te oordeel, wanneer Hy dit aan hulle sal gee om metterdaad en vir ewig te besit.

m 2 Tim. 3:14. 49 Dit is, hou altyd in jou gedagtes ’n kort begrip van die gesonde leer, waarin die vernaamste hoofstukke daarvan in kort as ’t ware ontwerp en afgebeeld is, waarna jy jou leringe kan rig. Of, soos sommige uitlê: laat die gesonde woorde, dit is, die gesonde leer, wat jy van my gehoor het, en die manier hoe ek my leringe hou, ’n voorskrif vir jou wees, wat jy in die leringe moet volg.

50 Dit is twee hoofsake, waaronder al die artikels of onderdele van die gesonde leer gebring kan word, en waarin dit saamgevat is. Sien Tit. 3:8.

51 Dit is, die geloof wat Christus Jesus as ’n fondament het, en die liefde wat om Christus wil betoon moet word. Sien 1 Tim. 1:14.

52 Naamlik van die gesonde leer. Sien 1 Tim. 6:20. Dit is deur God aan jou toevertrou, om goed te bewaar, en suiwer en getrou aan ander mee te deel.

53 Dit voeg hy daarby, sodat Timótheüs hierdie bewaring nie aan homself of aan sy eie kragte sou toeskryf nie, aangesien dit ’n werk en gawe van die Heilige Gees in ons is, Rom. 15:13. 1 Kor. 12:3.

54 Sien Rom. 8:9, 11. 1 Kor. 3:16.

n Hand. 19:10. 55 Dit is, die meeste van die dienaars van die evangelie, wat óf van Asië is, óf nou in Asië te Éfese en elders hul verblyf het. Sien Hand. 20:4 se kanttekening.

56 Dit is, my verlaat het, sonder om my in my diens of verantwoording by te staan. Sien ’n dergelike klag in 2 Tim. 4:10, 16.

o 2 Tim. 4:19. 57 Dit is, die hele huisgesin, wat hul huisvader se goeie voorbeeld, deur Paulus te verkwik, sonder twyfel nagevolg het.

58 Dit is, alles wat goed is na liggaam en siel, wat so genoem word, omdat God die mense dit nie uit verdienste nie, maar uit genadige ontferming verleen. Sien 1 Tim. 1:2.

59 Die Griekse woord beteken eintlik: het my afgekoel. ’n Beeld van diegene wat verhit is, en deur verkoeling verkwik word. Sien Ps. 39:14; 66:12. Hand. 3:19.

60 Dit is, my vernederde toestand in my gevangenskap. Sien oor hierdie kettings Hand. 28:16 se kanttekeninge.

61 Naamlik omdat Rome ’n baie groot stad was en vol van mense uit die hele wêreld.
62 Sien vers 16.

63 Dit is, van Hom wat ons Here en Regter is.

64 Naamlik as hierdie Here die lewende en die dode sal oordeel, en die strawwe en belonings sal uitdeel.

65 Gr. beter.

66 Naamlik bo en behalwe die diens wat hy my daarna hier in Rome bewys het.