Statevertaling – Bybelstigting
Die stamme van Ruben en Gad ontvang hulle erfdeel oorkant die Jordaan.
EN die kinders van Ruben en die kinders van Gad het baie vee gehad, 1’n groot menigte. En toe hulle die land van Jaéser en die land Gílead bekyk het, vind hulle uit dat die plek ’n plek 2vir vee was.
Daarop het die kinders van Gad en die kinders van Ruben gekom en met Moses en die priester Eleásar en met die owerstes van die vergadering gespreek en gesê:
Átarot en Dibon en Jaéser en Nimra en Hesbon en Eleále en Sebam en Nebo en Behon —
die land 3wat die HERE voor die vergadering van Israel uit verower het — is ’n land vir vee, en u dienaars het vee.
Verder het hulle gesê: As ons genade in u oë gevind het, laat hierdie land aan u dienaars as ’n besitting gegee word; bring ons nie oor die Jordaan nie.
Maar Moses het die kinders van Gad en die kinders van Ruben geantwoord: 4Sal julle broers oorlog toe trek, en wil júlle hier bly?
Waarom tog wil julle die hart van die kinders van Israel daarvan 5afkerig maak om deur te trek in die land wat die HERE aan hulle gegee het?
So het julle vaders gedoen toe ek hulle van aKades-Barnéa af gestuur het om die land te bekyk.
Toe hulle tot by die 6dal Eskol opgetrek en die land bekyk het, het hulle die hart van die kinders van Israel afkerig gemaak om in die land in te trek wat die HERE aan hulle gegee het.
Daarom het die toorn van die HERE dieselfde dag ontvlam, en Hy het gesweer en gesê:
bWaarlik, geeneen van die manne wat uit Egipte opgetrek het, 7van twintig jaar oud en daarbo, sal die land sien wat Ek aan Abraham, Isak en Jakob met ’n eed beloof het nie8; want 9hulle het nie volhard om My te volg nie —
behalwe Kaleb, die seun van Jefúnne, die 10Kenissiet, en Josua, die seun van Nun; want 11hulle het volhard om die HERE te volg.
En die toorn van die HERE het teen Israel ontvlam, en Hy het hulle 12veertig jaar lank in die woestyn laat rondswerwe, totdat die hele geslag verteer was wat 13kwaad gedoen het in die oë van die HERE.
En kyk, julle het opgestaan in die plek van julle vaders, ’n egte kroos van sondige mense, 14om die toorngloed van die HERE teen Israel nog te vermeerder.
As julle van 15Hom afvallig word, sal Hy 16hulle nog langer in die woestyn laat bly, en julle sal hierdie hele volk te gronde laat gaan.
Toe kom 17hulle na hom toe aan en sê: Ons sal hier 18skaapkrale bou vir ons vee en stede vir ons kinders.
Maar ons self sal ons 19haastig wapen voor die oë van die kinders van Israel, totdat ons hulle op hul woonplek bring; en ons kinders sal in die versterkte stede bly 20vanweë die bewoners van die land.
Ons sal nie na ons huise 21teruggaan voordat die kinders van Israel elkeen in besit van sy erfdeel gekom het nie.
Want ons sal nie saam met hulle wes van die Jordaan en 22verder weg erwe nie, omdat ons erfdeel duskant die Jordaan, teen 23sonop, ons s’n geword het.
Toe sê Moses vir hulle: As julle dit doen, as julle jul voor die aangesig van die HERE vir die oorlog 24wapen
en elke gewapende man van julle 25voor die aangesig van die HERE deur die Jordaan trek, totdat Hy sy vyande voor sy aangesig uit verdrywe het
en die land voor die aangesig van die HERE onderwerp is, en julle daarna teruggaan, dan sal julle vrygestel wees voor die HERE en voor Israel, en hierdie land sal vir julle ’n besitting word voor die aangesig van die HERE.
Maar as julle nie so doen nie, kyk, dan sondig julle teen die HERE, en 26weet dan dat julle sonde julle sal 27uitvind.
Bou vir julle stede vir jul kinders en krale vir jul kleinvee, en doen 28wat uit julle mond uitgegaan het.
Toe het die kinders van Gad en die kinders van Ruben met Moses 29gespreek en gesê: U dienaars sal doen soos my heer beveel het.
Ons kinders, ons vroue, ons vee en al ons lasdiere sal daar in die stede van Gílead bly;
maar u dienaars, 30almal wat vir die oorlog gewapen is, sal voor die aangesig van die HERE na die oorlog oortrek soos my heer gespreek het.
cToe het Moses aangaande hulle aan die priester Eleásar en aan Josua, die seun van Nun, en aan die familiehoofde uit die stamme van die kinders van Israel bevel gegee,
en Moses het aan hulle gesê: As die kinders van Gad en die kinders van Ruben saam met julle deur die Jordaan trek, almal wat vir die oorlog gewapen is, voor die aangesig van die HERE, en die land voor julle uit onderwerp is, gee dan aan hulle die land Gílead as ’n besitting.
Maar as hulle nie 31gewapend saam met julle oortrek nie, moet hulle onder julle 32in die land Kanaän besittings verkry.
En die kinders van Gad en die kinders van Ruben het geantwoord en gesê: Wat die HERE aan u dienaars gesê het, so sal ons doen.
Ons sal gewapend oortrek voor die aangesig van die HERE na die land Kanaän, en ons erflike besitting oos van die Jordaan sal ons s’n wees.
dSo het Moses dan aan hulle gegee, aan die kinders van Gad en die kinders van Ruben en die halwe stam van Manasse, die seun van Josef, die koninkryk van Sihon, koning van die Amoriete, en die koninkryk van Og, koning van Basan, die land volgens sy stede met die grondgebied wat daarby behoort, die stede van die land rondom.
En die kinders van Gad het Dibon 33gebou en Átarot en Ároër
en Áterot-Sofan en Jaéser en Jógbeha
en Bet-Nimra en Bet-Haran, versterkte stede en skaapkrale.
En die kinders van Ruben het Hesbon gebou en Eleále en Kirjatáim
en 34Nebo en Baäl-Méon — 35met verandering van die name — en Sibma; en hulle het die stede wat hulle gebou het, name gegee.
eEn die seuns van Magir, die seun van Manasse, het na Gílead gegaan en 36dit verower en 37die Amoriete verdrywe wat daarin was.
En Moses het Gílead aan Magir, die seun van Manasse, gegee; en hy het daarin gewoon.
En 38Jaïr, die seun van Manasse, het gegaan en 39hulle tentdorpe ingeneem en dit 40tentdorpe van Jaïr genoem.
En Nobag het gegaan en Kenat en die 41onderhorige plekke ingeneem en dit sy naam Nobag gegee.
| 1 Hebr. ’n baie magtige menigte. Die Israeliete was wel oor die algemeen veeboere, soos te sien is in Gén. 46:32, 34; 47:3, 4, ens.; maar dit wil voorkom of hierdie twee stamme nog meer as ander met vee geboer het. Sommige meen dat hulle miskien in Egipte ’n buitengewone geleentheid gehad het met geskikte veld by hul woonplekke, asook verder in die verowering van die koninkryke van Sihon en Og, en die groot nederlaag van die Midianiete, sodat hulle vir hul baie vee kon neem, en van ander kon koop of ruil.
2 Hebr. van vee, dit is, hulle het opgemerk en agtergekom dat hierdie hele gebied goed geskik en bruikbaar sou wees vir hulle vee. |
| 3 Dit is, wie se inwoners. |
| 4 Moses weier nie sonder meer om hierdie land as besitting aan hulle te gee nie, omdat dit deur God aan Israel ook as besitting gegee was, Deut. 2:12, 31, maar bestraf hulle egter skerp omdat hulle hul van hul broers wou afskei en tot rus wou kom, terwyl hulle hul broers los om alleen oorlog te voer. Dit het hulle nie betaam nie, en sou ergernis en moedeloosheid by hul medebroers veroorsaak. Dit sou ook die voltrekking van God se beloftes (sou dit van hulle afhang) vertraag; soos hierna verklaar word. |
| 5 Dit is, julle medebroers met jul voorbeeld lusteloos of onwillig maak. Vgl. Deut. 1:28. Hand. 21:13. So ook vers 9. |
| a Núm. 13:3. Deut. 1:22. |
| 6 Anders: spruit. Sien Núm. 13:24. Deut. 1:24. |
| b Núm. 14:28. Deut. 1:35. | 7 Hebr. van ’n seun van twintig jaar, ens.
8 Sien Gén. 14:23 se kanttekening. Vgl. Núm. 14:23, 28, 35. Deut. 1:35. 9 Hebr. hulle het nie vervul om te gaan agter My nie. Met dieselfde manier van spreek word die teendeel van Josua en Kaleb in die volgende vers gesê. Sien Núm. 14:24. Deut. 1:36. |
| 10 Vgl. Jos. 15:17. Rig. 1:13; 3:9, 11. 1 Kron. 4:13, 15.
11 Sien vers 11 se kanttekening. |
| 12 Om die getal vol te maak is die twee jaar van die uittog uit Egipte tot die stuur van die verkenners uit Kades-Barnéa daarby ingereken.
13 Dit is, waar die HERE ’n afkeer van gehad het. |
| 14 Hebr. om nog of verder by te voeg tot of bo die toorngloed, ens. Vgl. Jes. 30:1. |
| 15 Naamlik die HERE. Die betekenis is: Indien julle die HERE nie langer wil navolg nie.
16 Naamlik Israel. Die betekenis is: Hy sal hulle weer laat swerf in die woestyn, soos met hul vaders gebeur het, totdat hulle ook, soos hul vaders, almal omkom. |
| 17 Die Rubeniete en die Gadiete het daarna weer na Moses toe gekom.
18 Die Hebreeuse woord beteken sulke afgebakende gebiede of plekke vir die vee wat met heinings, pale of mure omring en beveilig was; so ook in vers 24. |
| 19 Of: sal ons wapen en ons haas, ens. Dit is, haastig en moedig optrek voor ons broers, in getalle soos vereis sal word om hulle gewapend na hul woonplek of besitting te bring. Sien Jos. 4:12, 13.
20 Sodat hulle intussen geen leed aangedoen word deur die oorblywende bewoners van die land nie. |
| 21 Sien Jos. 22:1-10. |
| 22 Dit is, tot aan die uiterste grense van Kanaän.
23 Dit is, ooswaarts, teen die ooste van Kanaän, waar Gílead geleë was. |
| 24 Of: toerus, die wapens aantrek, aangord, soos in vers 17 en in dit wat volg. |
| 25 Dit is, voor die HERE, van wie se teenwoordigheid die verbondsark ’n sigbare teken was. Sien Jos. 4:13. |
| 26 Dit is, die straf vir julle sonde sal julle tref.
27 Anders: vind. Dit is, as julle daarvoor gestraf sal word. |
| 28 Dit is, wat julle belowe het. Vgl. Núm. 30:3, ens. Deut. 23:23. Matt. 15:18. |
| 29 Dit is, hulle het almal, soos een man, eendragtig, of een van hulle, namens almal, gesê. |
| 30 Anders: elkeen. So ook in vers 29. |
| c Jos. 1:13; 4:12. |
| 31 Of: toegerus, aangegord, soos tevore.
32 Hulle sal Gílead moet verlaat en, soos die ander, in Kanaän hul erfdeel hê. |
| d Deut. 3:12. Jos. 13:8; 22:4. |
| 33 Dit is, hulle het verbou, hulle het weer opgebou; so ook in dit wat volg. Al hierdie plekke was geleë aan die oostekant van die Jordaan, tussen die Arnon- en die Jordaanrivier. |
| 34 Sien oor hierdie stad Deut. 34:1. Jes. 15:2. Jer. 48:1. Dit was ook die naam van ’n berg.
35 Hulle het dit ander name gegee (soos volg) omdat die vorige name afgodies was; want Nebo en Baäl was albei name van afgode; en daar was ongetwyfeld nog ander. |
| e Gén. 50:23. | 36 Verstaan ’n gedeelte van Gílead. Sien Deut. 3:12, 13 en aldaar vers 15 se kanttekening. Net so ook Gén. 31:21. Hierdie deel van Gílead en die tentdorpe van Jaïr het noordwaarts vanaf die spruit Jabbok na Sírië toe gestrek.
37 Hebr. hy het die Amoriet verdryf, ens., hy, naamlik Magir, dit is, sy nageslag. |
| 38 Hy word ook onder Manasse gereken, omdat sy oupa getroud was met Magir se dogter. Sien 1 Kron. 2:21, 22.
39 Van die Gileadiete. 40 Hebr. Gawwoot-Jaïr, dit is, die dorpe, gehuggies of plase van Jaïr. Sien Deut. 3:14 se kanttekening. |
| 41 Dit is, gehuggies, dorpe, stadjies, wat aan Kenat as die hoofstad behoort het. Hebr. dogters. Sien Núm. 21:25 se kanttekening en vgl. 1 Kron. 2:23. |