Statevertaling – Bybelstigting

Númeri 34

Beskrywing van die grense van Kanaän deur God.

1

VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:

2

Gee bevel aan die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle in die land Kanaän kom, sal dit die land wees wat aan julle as erfdeel 1sal val; die land Kanaän volgens sy 2grense.

3

aJulle suidekant dan moet van die woestyn Sin af 3langs Edom wees; en julle suidelike grens moet aan die oostekant van die einde van die 4Soutsee af wees;

4

en julle grens moet suid van 5Skerpioennek swaai en oorloop na Sin toe, 6totdat dit doodloop 7suid van Kades-Barnéa; dan moet dit aanloop na 8Hasar-Addar en oor na 9Asmon toe.

5

Verder moet die grens swaai van Asmon af na die spruit 10van Egipte toe, sodat dit 11by die see doodloop.

6

Aangaande die 12westelike grens, dit moet vir julle die 13Groot See saam met sy gebied wees; dit moet julle westelike grens wees.

7

En dit moet julle noordelike grens wees: van die Groot See af moet julle jul grenslyn trek na die berg 14Hor.

8

Van die berg Hor af moet julle die grenslyn trek tot by die ingang na 15Hamat; en die grens moet doodloop by 16Sedad.

9

Dan moet die grens aanloop na Sifron toe, en dit moet doodloop by Hasar-Enan. Dit moet julle noordelike grens wees.

10

Verder moet julle as jul oostelike grens die lyn trek van Hasar-Enan af na 17Sefam toe.

11

En die grens moet afloop van Sefam af na Haribla toe, oos van Ajin; dan moet die grens afloop en skrams oor die 18hange van die meer 19Kinnéret gaan, aan die oostekant.

12

Verder moet die grens afloop 20na die Jordaan totdat dit doodloop by die Soutsee. Dit moet vir julle die land wees volgens sy grense rondom.

13

En Moses het aan die kinders van Israel bevel gegee en gesê: Dit is die land wat julle deur die lot as erfdeel sal verwerwe, wat die HERE beveel het om aan die nege stamme en aan die halwe stam te gee.

14

Want die stam van die kinders van die Rubeniete volgens hulle families en die stam van die kinders van die Gadiete volgens hulle families en die halwe stam van Manasse het al ontvang — hulle het hul erfdeel ontvang.

15

Die twee stamme en die halwe stam het hulle erfdeel aan die oostekant van die Jordaan van Jérigo, teen sonop, ontvang.

16

Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

17

bDit is die name van die manne wat vir julle die land as erfenis moet verdeel: die priester Eleásar en Josua, die seun van Nun.

18

Daarby moet julle 21uit elke stam een owerste neem om die land as erfenis te verdeel.

19

En dit is die name van die manne: van die stam van Juda — Kaleb, die seun van Jefúnne;

20

en van die stam van Símeon se kinders — Sémuel, die seun van Ámmihud;

21

van die stam van Benjamin — Elídad, die seun van Kislon;

22

en 22van die stam van Dan se kinders as owerste — Bukki, die seun van Jogli;

23

van die kinders van Josef: van die stam van Manasse se kinders as owerste — Hánniël, die seun van Efod;

24

en van die stam van Efraim se kinders as owerste — Kémuel, die seun van Siftan;

25

en van die stam van Sébulon se kinders as owerste — Elísafan, die seun van Parnag;

26

en van die stam van Íssaskar se kinders as owerste — Páltiël, die seun van Assan;

27

en van die stam van Aser se kinders as owerste — Ahíhud, die seun van Selómi;

28

en van die stam van Náftali se kinders as owerste — Pedáel, die seun van Ámmihud.

29

Dit is hulle 23aan wie die HERE bevel gegee het om die erfenis vir die kinders van Israel in die land Kanaän te verdeel.

1 Deur loting ten deel sal val, of uitgedeel sal word.

2 Soos dit in die volgende verse beskryf word. Vgl. hiermee Gén. 10:19 en 15:18 se kanttekeninge. Ex. 23:31. Deut. 1:7; 11:24. Jos. 1:4.

a Jos. 15:1. 3 Dit is, langs die grense van die Edomiete. Sien Jos. 15:1.

4 Anders die Dooie See genoem. Sien Gén. 14:3 se kanttekening.

5 Hebr. Akrábbim. Die plek kon sy naam ontvang het van die skerpioene wat daar was. Sien Deut. 8:15. Dit was aan die suideinde van die Soutsee en die ooseinde van die gebergte van Edom.

6 Of: tot die uitgange van die grense.

7 Anders: teen die suide.

8 Hierdie twee plekke word hier saamgevoeg, omdat dit naby mekaar geleë was. Vgl. Jos. 15:3, waar hulle afsonderlik genoem word, en waar Hasar Hesron genoem word. Die kaarte plaas beide aan die noordekant van die gebergte van Edom, nie ver van Asmon af nie.

9 Geleë aan die weseinde van die gebergte van Edom, nie ver van Gerar af nie.

10 Wat Egipte van die Joodse land skei. Vgl. Gén. 15:18 se kanttekening. Anders: na die dal of die vallei van Egipte; aangesien daar moerassige laagtes was.

11 Dit is, aan die westekant. Sien Gén. 12:8 se kanttekening.

12 Hebr. see; en so in dit wat volg.

13 Verstaan die Middellandse See, wat die Groot See genoem word in vergelyking met die ander waters en seë of mere wat in die omgewing van die Joodse land is.

14 Dit was nie die berg Hor waarop Aäron gesterf het nie, Núm. 33:38, maar ’n ander een, ook Hermon genoem, aan die weseinde van die gebergte Líbanon; deur Jos. 13:5 met hierdie en die volgende vers te vergelyk. Dit blyk uit Deut. 3:9; 4:48 dat die berg Hermon verskillende name gehad het. Sommige verstaan dit is ’n berg geleë aan die see, wat soos ’n kop of kaap (soos ons nou spreek) uitgesteek het.
15 ’n Beroemde koninklike stad, aan die voet van die gebergte Líbanon. Sien Gén. 10:18. Núm. 13:21. Jos. 13:5. Rig. 3:3. 2 Sam. 8:9. 1 Kon. 8:65. 2 Kon. 14:25, 28; 17:24, 30; 23:33. Jer. 49:23. Eség. 47:16, 17; 48:1. Amos 6:2. Sag. 9:2.

16 Hierdie en die plekke wat volg het langs die gebergte Líbanon gestrek van Hamat af, verder aan die westekant van die Jordaan, waar dit begin, tot aan die meer Kinnéret of Gennésaret.

17 Dit word ook Sifmot genoem, volgens sommige se mening, 1 Sam. 30:28.
18 Hebr. skouer.

19 Naderhand Gennésaret genoem, bekend in die evangeliese geskiedenis. Sien ook Deut. 3:17 se kanttekening.

20 Naamlik waar hierdie rivier van die meer Kinnéret afloop en uitloop in die Soutsee. Of: langs die Jordaan.
b Jos. 14:1.
21 Hebr. een owerste of vors, een owerste uit ’n stam.
22 Of: van die stam van Dan se kinders, ’n owerste, naamlik Bukki, ens., en so ook in dit wat volg.
23 Of: wat die HERE aangestel, verordineer het, ens. Vgl. 2 Sam. 6:21 en 7:11 se kanttekeninge, ens.