Statevertaling – Bybelstigting
Verdeling van die land oos van die Jordaan.
EN toe Josua oud en 1ver op sy dae was, het die HERE vir hom gesê: Jy is oud en ver op jou dae, en daar het nog ’n baie groot stuk land oorgebly om in besit te neem.
Dit is die land wat oorgebly het: Al die landstreke van die Filistyne en al die 2Gesuriete,
van die 3Sihor aan die kant van Egipte af tot by die grens van Ekron na die noorde, wat as Kanaänities gereken word; die 4vyf vorste van die Filistyne: dié van Gasa en dié van Asdod, dié van Áskelon, dié van Gat en dié van Ekron, 5en die Awiete
in die suide; die hele land van die Kanaäniete en 6Méara wat aan die Sidoniërs behoort, tot by Afek, tot by die grens van die Amoriete;
en die land van die 7Gibliete en die hele Líbanon aan die oostekant, van Baäl-Gad af, onderaan die berg Hermon, tot by die ingang na Hamat.
Al die bewoners van die gebergte, van die Líbanon af tot by Mísrefot-Maim, al die Sidoniërs — Ek self sal hulle voor die kinders van Israel uit verdrywe; laat dit net as erfdeel aan Israel val soos Ek jou beveel het.
Verdeel dan nou hierdie land as erfdeel onder die nege stamme en die halwe stam van Manasse.
Saam met 8hom het die Rubeniete en die Gadiete hulle erfdeel ontvang wat Moses oorkant die Jordaan na die ooste toe aan hulle gegee het, 9soos Moses, die kneg van die HERE, dit aan hulle gegee het:
van Ároër af wat aan die 10kant van die Arnonrivier lê, die stad in die middel van die dal, en die hele gelykveld van Medéba af tot by Dibon;
en al die stede van Sihon, die koning van die Amoriete wat in Hesbon geregeer het, tot by die grens van die kinders van Ammon;
en Gílead en die grondgebied van die Gesuriete en Maägatiete en die hele berg Hermon en die hele Basan tot by Salka;
die hele koninkryk van Og in Basan, wat koning was in Ástarot en in Edréï (hy het oorgebly uit die laastes van die 11Refaïete; en Moses het hulle verslaan en verdrywe).
Maar die kinders van Israel het die Gesuriete en Maägatiete nie verdrywe nie, sodat Gesur en Maägat onder Israel gewoon het tot vandag toe.
Net aan die stam van Levi het 12hy geen erfdeel gegee nie: 13die vuuroffers van die HERE, die God van Israel, dit is 14sy erfdeel, soos Hy hom beloof het.
En Moses het aan die stam van die kinders van Ruben gegee volgens hulle geslagte;
sodat hulle die grondgebied ontvang het: van Ároër af wat aan die kant van die Arnonrivier lê, die stad in die middel van die dal, en die hele gelykveld tot by Medéba;
15Hesbon en al sy stede wat in die gelykveld lê, Dibon en Bamot-Baäl en Bet-Baäl-Méon
en Jahas en Kedémot en Mefáät;
en Kirjatáim en Sibma en Seret-Hassáhar, op die gebergte van die dal,
en Bet-Peor en die 16hange van die Pisga en Bet-Hajésimot;
en al die stede van die gelykveld en die hele koninkryk van Sihon, die koning van die Amoriete wat in Hesbon geregeer het, wat Moses verslaan het 17saam met die vorste van Mídian: Ewi en Rekem en Sur en Hur en Reba, die 18vorste van Sihon, inwoners van die land.
19By hulle dooies het die kinders van Israel ook Bíleam, die seun van Beor, die waarsêer, met die swaard gedood.
So was dan die grens van die kinders van Ruben: die Jordaan saam met sy gebied; adit was die erfdeel van die kinders van Ruben volgens hulle geslagte, die stede met hulle dorpe.
En Moses het aan die stam van Gad, die kinders van Gad, gegee volgens hulle geslagte;
sodat hulle die grondgebied ontvang het van Jaéser en al die stede van Gílead en 20die helfte van die land van die kinders van Ammon, tot by Ároër wat teenoor Rabba lê,
van Hesbon af tot by Ramat-Mispe en Bétonim; en van Mahanáim af tot by die grens van Lídbir;
en in die dal: Bet-Haram en Bet-Nimra en Sukkot en Safon, die oorblyfsel van die koninkryk van Sihon, die koning van Hesbon, die Jordaan 21saam met sy gebied, tot by die uiteinde van die Kinnéretsee, oorkant die Jordaan na die ooste toe.
Dit is die erfdeel van die kinders van Gad volgens hulle geslagte, die stede met hulle dorpe.
Verder het Moses aan die halwe stam van Manasse gegee; sodat die halwe stam van die kinders van Manasse ontvang het volgens hulle geslagte —
hulle grondgebied was: van Mahanáim af, die hele Basan, die hele koninkryk van Og, die koning van Basan, en al die 22Jaïrsdorpe in Basan, 23sestig stede;
en die halwe Gílead en Ástarot en Edréï, stede van die koninkryk van Og in Basan, aan die kinders van Magir, die seun van Manasse — aan 24die helfte van die kinders van Magir volgens hulle geslagte.
Dit is wat Moses as erfenis 25uitgedeel het in die vlaktes van Moab, oos van die Jordaan van Jérigo teen die ooste;
maar aan die stam van Levi het Moses geen erfdeel gegee nie; bdie HERE, die God van Israel, is self hulle erfdeel, soos Hy 26hulle beloof het.
| 1 Sien Gén. 18:11 se kanttekening. |
| 2 Van die land Gesur word ook gespreek in 2 Sam. 3:3; 14:23; 15:8. |
| 3 ’n Rivier wat sy naam van swartheid gekry het; mense reken dat dit Palestina van Egipte skei. Sien Gén. 15:18, Núm. 34:5 en die kanttekeninge.
4 Hier word die woord vorste gebruik vir die gebied wat hulle besit. 5 Dit is, bo en behalwe die vyf vorste was daar ook nog die Awiete; Hebr. Avvim. Dit is wel so dat diegene wat van Kaftor afkomstig was, die Awiete verdelg het, Deut. 2:23, maar daar het nog enkeles oorgebly, van wie hier gespreek word. |
| 6 Sommige verstaan dit as die naam van ’n stad; ander as die naam van ’n rivier. |
| 7 Sien 1 Kon. 5:18 en Ps. 83:8 se kanttekeninge. |
| 8 Naamlik die halwe stam van Manasse.
9 Dit is, op só ’n manier en met sulke voorwaardes. Sien Jos. 4:12. |
| 10 Hebr. lip. |
| 11 Sien Gén. 14:5 en die kanttekening. |
| 12 Naamlik Moses, soos blyk uit vers 33.
13 Dit is, dit wat van die vuuroffers oorgebly het. Sien Núm. 18:8, 20, 21, 24. Deut. 10:9; 18:2. 14 Naamlik van Levi, of van die Leviete. |
| 15 Hierdie stad het gesamentlik aan die Rubeniete en die Gadiete behoort, wat opgemerk moet word, omdat in Jos. 21:39 gesê word dat die Gadiete hierdie stad aan die Leviete gegee het. |
| 16 Sien Jos. 12:3 se kanttekening. |
| 17 Verstaan dat Moses hulle ook verslaan het. Sien Núm. 31:8.
18 Dit is, goewerneurs, afgevaardigdes, owerstes. In Núm. 31:8 word hulle konings genoem. |
| 19 Sien Núm. 24:25 se kanttekening. |
| a Núm. 34:14, 15. |
| 20 Hier moet opgemerk word dat Sihon dié gebied eers van die Ammoniete afgeneem het, Núm. 21:26, sodat die kinders van Israel dit nie van die Ammoniete afgeneem het nie (want dit was hulle deur God verbied, Deut. 2:19), maar koning Sihon. Sien Rig. 11:15. |
| 21 Dit was die oewer van die Jordaan. |
| 22 Jaïr was aan vaderskant uit die stam van Juda afkomstig, want Hesron, die seun van Peres, was sy oupa, uit die stam van Juda; maar die dogter van Magir, die seun van Manasse, was sy ouma, 1 Kron. 2:21, 22. Omdat sy ouma Manasse se kleindogter was, word hy ’n seun van Manasse genoem, Núm. 32:41. Hy het ook die stam van Manasse gevolg, waar hy hom só dapper gedra het dat hy so ’n groot land en erfdeel onder hulle gekry het.
23 Dit is die getal van die stede wat hierdie stam in die koninkryk Basan gehad het. |
| 24 Want Gílead se ses seuns het hulle erfdeel aan die ander kant van die Jordaan ontvang, saam met die nege stamme. Sien Jos. 17:2. |
| 25 Anders: gegee het. |
| b Núm. 18:20. Deut. 10:9; 18:2. | 26 Of: vir hulle. |