Statevertaling – Bybelstigting
Kort verhaal van wat met Israel in die woestyn gebeur het.
DIT 1is die woorde waarmee Moses die hele Israel toegespreek het 2oos van die Jordaan in die woestyn, in die 3Vlakte teenoor 4Suf, tussen 5Paran en Tofel en Laban en Háserot en Di-Sahab.
Elf dae is die pad van 6Horeb af 7na die gebergte 8Seïr tot by 9Kades-Barnéa.
En in die 10veertigste jaar, in die 11elfde maand, op die eerste van die maand, het Moses met die kinders van Israel gespreek net soos die HERE 12ten opsigte van hulle aan hom bevel gegee het;
anadat hy Sihon, die koning 13van die Amoriete, wat in Hesbon gewoon het, en Og, die koning van Basan, wat in 14Ástarot gewoon het, in Edréï verslaan het.
Oos van die Jordaan in die land 15Moab 16het Moses onderneem om 17hierdie wet te verklaar deur te sê:
Die HERE onse God het met ons by Horeb gespreek en gesê: 18Julle het 19lank genoeg by hierdie berg gebly.
Trek weg en breek op en gaan na 20die gebergte 21van die Amoriete en na al sy naburige plekke: die Vlakte, die Gebergte en die Laeveld en 22die Suidland en by die seekus — die land van die Kanaäniete en die Líbanon, tot by die groot rivier, die 23Eufraatrivier.
Kyk, Ek gee die land 24aan julle oor; gaan in en neem die land in besit wat die HERE aan julle vaders bAbraham, Isak en Jakob met ’n eed beloof het om dit aan hulle te gee en aan hulle nageslag ná hulle.
En ek 25het met julle in dié tyd gespreek en gesê: cEk kan 26julle alleen nie dra nie.
Die HERE julle God het julle vermenigvuldig; en kyk, julle is vandag 27soos die sterre van die hemel in menigte.
Mag die HERE, die God van julle vaders, by julle byvoeg duisend maal soveel as wat julle is, en julle seën soos Hy julle beloof het!
Hoe sou ek 28die moeilikheid en die las en die 29regsake van julle alleen kan dra?
30Bring tog wyse en verstandige en 31ervare manne aan volgens julle stamme, dat ek hulle as julle 32hoofde kan aanstel.
Hierop het julle my geantwoord en gesê: 33Die woord wat u gespreek het, is goed om uit te voer.
Toe het ek die hoofde van julle stamme, wyse en ervare manne, geneem en hulle as hoofde oor julle aangestel, owerstes oor duisend en owerstes oor honderd en owerstes oor vyftig en owerstes oor tien en opsigters volgens julle stamme.
En ek het in dié tyd aan julle regters bevel gegee en gesê: 34Neem julle broers in verhoor den oordeel regverdig tussen ’n man en sy broer en die vreemdeling wat by hom is.
eJulle mag 35in die gereg nie partydig wees nie; julle moet 36klein sowel as 37groot aanhoor; julle mag niemand ontsien nie, want die gereg 38is die saak van God. Maar die saak 39wat vir julle te 40moeilik is, moet julle na my toe bring, en ek sal dit in verhoor neem.
So het ek julle dan in dié tyd al die dinge beveel wat julle moet doen.
Toe het ons van Horeb af opgebreek, en ons het daardie hele groot en vreeslike woestyn deurgetrek wat julle op pad na die gebergte van die Amoriete gesien het, soos die HERE onse God ons beveel het; en ons het tot by Kades-Barnéa gekom.
Toe het ek vir julle gesê: Julle het tot by die gebergte van die Amoriete gekom wat die HERE onse God aan ons sal gee.
Kyk, die HERE jou God het die land 41aan jou oorgegee; trek op, neem dit in besit soos die HERE, die God van jou vaders, jou gesê het; wees nie bevrees en wees nie verskrik nie.
Toe het julle almal na my toe aangekom en gesê: Laat ons manne voor ons uit stuur, dat hulle vir ons die land kan verken en ons 42berig kan bring aangaande die pad waarlangs ons moet optrek, en die stede waarby ons sal kom.
En die saak 43was goed in my oë, sodat ek twaalf man uit julle, uit felke stam een man, geneem het.
gEn hulle het weggedraai en na die gebergte opgetrek en tot by die 44dal 45Eskol gekom en dit verken.
Hulle het toe van die 46vrugte van die land met hulle saamgeneem en dit na ons afgebring en aan ons verslag gegee en gesê: Die land wat die HERE onse God aan ons sal gee, is goed.
hMaar julle wou nie optrek nie, maar was wederstrewig teen die 47bevel van die HERE julle God.
En julle het in jul tente gemurmureer en gesê: 48Omdat die HERE ons haat, het Hy ons uit Egipteland uitgelei om ons in die hand van die Amoriete oor te gee, dat hulle ons verdelg.
Waarheen moet ons optrek? Ons broers het ons hart 49laat versmelt deur te sê: Dit is ’n volk 50groter en hoër van gestalte as ons; die stede is groot en tot 51aan die hemel versterk; en ons het daar ook die kinders van die i52Enakiete gesien.
Toe het ek aan julle gesê: Word nie verskrik en wees nie bevrees vir hulle nie.
Die HERE julle God wat voor jul uit trek, Hy sal vir julle stry net soos Hy voor julle oë met julle in Egipte gedoen het
53en in die woestyn, waar jy gesien het hoe die HERE jou God jou gedra het 54soos ’n man sy seun dra, op die hele pad wat julle getrek het, totdat julle tot by hierdie plek gekom het.
Maar 55ondanks hierdie woord 56het julle nie geglo in die HERE julle God nie,
wat voor julle uit getrek het op die pad om vir julle ’n plek uit te soek kom julle laer op te slaan, snags in die vuur om julle te laat sien op die pad waar julle langs moes trek, en bedags in die wolk.
En toe die HERE die stem van julle woorde hoor, het Hy toornig geword en gesweer en gesê:
Waarlik, 57geeneen van hierdie manne, hierdie verkeerde geslag, lsal die goeie land sien wat Ek met ’n eed beloof het om aan julle vaders te gee nie —
behalwe 58Kaleb, die seun van Jefúnne; hy sal dit sien, en aan hom en sy kinders sal Ek 59die land gee waarop hy geloop het, 60omdat hy volhard het om die HERE te volg.
Ook was die HERE toornig op my 61om julle ontwil, sodat Hy gesê het: mJy sal daar ook nie inkom nie.
Josua, die seun van Nun, wat 62voor jou staan — hý sal daar inkom; versterk hom, want hý sal 63Israel dit laat beërwe.
En julle kindertjies van wie julle gesê het: Hulle sal ’n buit word! en julle kinders wat vandag van 64geen goed of kwaad weet nie — húlle sal daar inkom en aan hulle sal Ek dit gee, en húlle sal dit in besit neem.
Maar julle, draai om en trek weg na die woestyn op pad na die 65Skelfsee.
Toe het julle geantwoord en vir my gesê: Ons het teen die HERE gesondig; ons self sal optrek en veg net soos die HERE onse God ons beveel het. En toe julle elkeen sy oorlogswapens aangord en 66daar nog maklik oor dink om 67in die gebergte op te trek,
het die HERE vir my gesê: Sê vir hulle: Julle mag nie optrek en veg nie — want Ek is nie in 68julle midde nie — dat julle nie voor julle vyande verslaan word nie.
Maar toe ek met julle gespreek het, het julle nie geluister nie, maar julle was wederstrewig teen die bevel van die HERE en het 69vermetel in die gebergte opgetrek.
Toe 70het die Amoriete wat in dié gebergte gewoon het, uitgetrek julle tegemoet en julle agtervolg soos 71die bye maak; en hulle het julle verstrooi in Seïr tot by Horma.
En julle het teruggekom en voor die aangesig van die HERE geween, maar die HERE het na julle stem nie geluister en julle geen gehoor gegee nie.
So het julle dan baie dae in Kades gebly, 72solank as julle daar gebly het.
| 1 Anders: Daardie is of was die woorde, ens. Bedoelende dat hierdie eerste twee verse ’n afsluiting is van die woorde en geskiedenisse wat in die voorgaande boeke beskryf is.
2 Moses het dit gespreek en geskryf aan die oostekant van die Jordaan, want hy het nie daar oorgegaan nie, maar het in die land van die Moabiete gesterf, Deut. 34:5. 3 Verstaan die velde of die vlaktes van die Moabiete. Sien vers 5 en Deut. 34:8. Net so ook Núm. 22:1. 4 Sommige verstaan hier deur Suf die Rooi See, waarin Farao met sy leër verdrink het, geleë teen Egipte, waarheen Israel moes teruggekeer het (Núm. 14:25). Ander verstaan die Dooie See, wat aan die suideinde wes van die Moabitiese land geleë is. Of die streek geleë aan een van hierdie twee seë. Vgl. Núm. 21:14 en die kanttekening. Suf beteken biesies of seewier, seegras. 5 Sien oor Paran Gén. 14:6 se kanttekening. Núm. 10:12; 12:16. Oor Háserot Núm. 12:16; 33:17, 18. Sommige meen dat hier die verste grense van die Moabitiese land beskryf word, na die suide, noorde en ooste. Tofel, Laban en Di-Sahab word nie elders in die Skrif vermeld nie, sodat daaroor verskeie menings is. |
| 6 Sien oor die berg Horeb Ex. 3:1; 33:6, ens. Sommige meen Horeb en Sinai is twee berge wat naby aan mekaar geleë is, soos sommige kaarte dit ook aandui. Sien dergelike in Deut. 34:1 se kanttekening.
7 Dit is, as ’n mens van Horeb na Kades-Barnéa reis volgens die weg van die gebergte van Seïr of Edom, anders ook (so wil dit voorkom), die gebergte van die Amoriete genoem, vers 7. Met hierdie woorde laat Moses verstaan dat die Israeliete oor ’n kort afstand lank moes reis. Dit het hulle omtrent twee jaar geneem van Egipte tot by Kades-Barnéa. Sien vers 6 se kanttekening. Van daar tot die velde van Moab agt-en-dertig jaar, Deut. 2:14; omdat God, terwyl Hy vertoornd was, hulle laat terugkeer het, totdat die wederstrewiges in die woestyn omgekom het. Sien Núm. 14:33, 34, ens. 8 Dit is, die pad wat na die gebergte van Seïr of van die Edomiete gaan, hoewel dit mag wees dat die gebergte, wat van Horeb tot Edom strek, ook so genoem is. 9 Sien Gén. 16:14 se kanttekening. |
| 10 Ná die uittog uit Egipte, nie lank voor Moses se dood nie, Núm. 33:38.
11 Naamlik Sebat, Sag. 1:7; waarvan ’n deel in Januarie en ’n deel in Februarie geval het, wanneer die begin van die jaar geneem word van die eerste maand van die kerklike jaar, wat Abib of Nisan genoem word. Sien Ex. 12:2; 13:4. Neh. 2:1. Est. 3:7. 12 Dit is, aan hom bevel gegee het om dit aan hulle te sê. |
| a Núm. 21:24, 33. | 13 Hebr. van die Amoriet, soos dikwels elders. Sien oor hierdie volk Gén. 10:16 se kanttekening. Sien oor hierdie twee geskiedenisse, asook oor Basan, Ástarot en Edréï, Núm. 21:21-35. Jos. 13:31.
14 Ástarot en Edréï was twee koninklike stede in Basan, later aan die Rubeniete gegee, geleë aan die oostekant van die Jordaan, by die gebergte; Ástarot in die noorde by Sirië, Edréï aan die suidpunt van Basan. Sien Gén. 14:5 (waar dit Ásterot-Karnaim genoem word) en Jos. 13:31. Die afgode van die Filistyne en Sidoniërs was ook Astártes genoem. Sien Rig. 2:13 se kanttekening. |
| 15 Dit is, van die Moabiete, soos dikwels.
16 Of: het Moses aangehef, het dit hom goedgedink. 17 Dit is, die wette wat hy in die drie voorgaande boeke voorgehou het, het hy herhaal, breedvoeriger verklaar en by die volk ingeskerp. Hierdie verklaring begin eintlik in Deuteronómium 4, nadat Moses enkele geskiedenisse vertel het om die Israeliete tot aandag en gehoorsaamheid te beweeg. |
| 18 Hebr. Dit is vir julle baie om te bly of te woon, ens.
19 Naamlik omtrent ’n jaar; want hulle het in die begin van die derde maand ná die uittog uit Egipte by Sinai en Horeb aangekom, Ex. 19:1, 2; en het daarvandaan vertrek in die volgende jaar, op die twintigste dag van die tweede maand, Núm. 10:11. |
| 20 Wat begin by die berge Horeb en Sinai, en verder noordwaarts strek tot aan Kades-Barnéa, by die grense van Seïr en Kanaän, soos die kaarte aandui.
21 Hebr. van die Amoriet. 22 Dit wys op die grense van die beloofde land, teen die suide, weste, noorde en ooste. Vgl. Númeri 34 en daar vers 2 se kanttekening. Maar nieteenstaande hierdie bevel, sou die wederstrewiges ewenwel nie in hierdie land kom nie, vers 35. Die gebergte Líbanon word dikwels in die Skrif vermeld, geleë aan die noordgrens van Kanaän. 23 Sien Gén. 2:14 en 15:18 se kanttekeninge. |
| b Gén. 15:18; 17:7, 8. | 24 Hebr. voor julle aangesig. Dit is, Ek het dit vir julle oopgestel dat julle dit inneem, ens. So word daar ook van die inwoners van hierdie land gesê: dat God hulle voor Israel se aangesig gegee het, dit is, (soos die Skrif ook spreek) in hul hand, om hulle te verslaan. Sien Deut. 2:31, 33, en dikwels elders. |
| c Ex. 18:18. | 25 Volgens die raad van Jetro, Ex. 18:19.
26 Dit is, die las van julle sake, wat onder julle voorval, sou vir my alleen te swaar wees. |
| 27 Volgens die belofte in Gén. 15:5. |
| 28 Dit is, die moeilikheid wat julle my aandoen; en so in dit wat volg.
29 Hebr. twis of twissaak, dit is, jul regsake wat julle teen mekaar instel en voor my bring, om my uitspraak daaroor te ontvang. |
| 30 Hebr. Gee.
31 Anders: bekende. 32 Dit is, owerstes, regters. |
| 33 Of: Hierdie saak, ens. |
| d Joh. 7:24. | 34 Of: Terwyl julle jul broers in verhoor neem, oordeel regverdig, ens. |
| e Lev. 19:15. 1 Sam. 16:7. Spr. 24:23. Jak. 2:1. | 35 Dit is, julle sal die reg nie buig volgens enige uiterlike aansien, toestand of kwaliteit van diegene wat voor die gereg verskyn nie. Sien so ’n manier van spreek in Lev. 19:15. Deut. 10:17. 2 Kron. 19:6, 7. Job 13:8. Jak. 2:1, 9.
36 Dit is, gering, arm, verag. Hebr. soos die kleine, soos die grote, of: sowel die kleine, sowel die grote, dit is, die minste sowel as die meeste. 37 Dit is, ryk, vermoënd, aansienlik. 38 Naamlik, dit is deur God ingestel, en word in sy Naam en van Godsweë, ooreenkomstig sy wette wat Hy aan ons voorgeskryf het, bedien. 39 Dit is, moeiliker as waaroor julle sou kan besluit. 40 Of: hard, swaar. |
| 41 Sien vers 8 se kanttekening. |
| 42 Hebr. ’n woord kan terugbring of kan antwoord. |
| f Núm. 13:2, 3, ens. | 43 Dit is, het my behaag; daarom het Moses dit ook voor die HERE gebring, wat hom die bevel daartoe gegee het, Núm. 13:3. |
| g Núm. 13:23. | 44 Volgens die aanduiding van sekere kaarte, het die spruit Sorek langs hierdie dal Eskol of druiwedal, uit die gebergte van Juda gevloei. Vgl. Núm. 13:23 en Rig. 16:4 se kanttekening. Die Hebreeuse woord beteken soms dal, soms spruit, omdat die spruite baie keer deur dale loop; daarom gebruik sommige die woord spruit.
45 Hierdie woord eskol beteken ’n druiwetros. Hierdie plek is deur die Israeliete druiwedal genoem, omdat hierdie vrugte daar volop, besonder mooi en groot gegroei het. Een so ’n tros is deur die verkenners afgesny, gedra en saamgebring. Sien Núm. 13:24 en die kanttekening. |
| 46 Naamlik druiwe, granate en vye. Sien Núm. 13:23. |
| h Núm. 14:1. | 47 Hebr. mond. |
| 48 Anders: Uit haat van die HERE teen ons het Hy, ens., dit is, omdat Hy ons haat. |
| i Núm. 13:28. | 49 Dit is, het ons kleinmoedig, bevrees en moedeloos gemaak, ’n beeld geneem van was, wat deur die vuur of die hitte van die son smelt. So word die hart ook swak deur vrees vir gevaar en ongeluk. So ook in Jos. 2:9, 24; 5:1. Vgl. Jer. 49:23, ens.
50 Groter in getal en sterker in krag. 51 Dit is, uitnemend sterk en stewig. Anders: versterk, opgaande tot aan die hemel. Sien Gén. 11:4. 52 Dit is, reuse, so genoem na ’n Enak. Sien Núm. 13:22, Rig. 1:10, 20 en die kanttekeninge. |
| 53 Anders: en dit wat jy gesien het in die woestyn.
54 Vgl. Ex. 19:4. Núm. 11:12. Deut. 32:10, 11. Ps. 91:12. Jes. 46:3, 4. |
| 55 Anders: ondanks hierdie saak; dit is, alles wat julle gesien en gehoor het, het julle nie oorgehaal nie.
56 Dit is, julle het nie op Hom vertrou, dat Hy sy beloftes sou volbring nie. |
| k Ex. 13:21. |
| l Núm. 14:22, 23. Ps. 95:11. | 57 Hebr. Indien iemand van hierdie manne, ens. ’n Onvoltooide sin, gebruiklik in eedswering. Sien Gén. 14:23 en Núm. 14:23 se kanttekeninge. Sommige verstaan daarby: so sal Ek geen God wees nie, of: Ek sal nie lewe nie. |
| 58 Asook Josua, die seun van Nun. Sien vers 38 en Núm. 14:6, 30.
59 Verstaan ’n deel van die land. Kaleb en Josua was ook onder die verkenners, Núm. 14:6. 60 Hebr. omdat hy vervul het om te gaan agter die HERE, dit is, die HERE bestendig in hierdie saak gehoorsaam en gevolg het. Sien Núm. 14:24; 32:11, 12. |
| m Núm. 20:12; 27:14. Deut. 3:26; 4:21; 34:4. | 61 Want Moses was deur die ongeloof en murmurering van die volk so ontsteld en vertoornd dat hy hom aan die HERE vergryp het. Sien die geskiedenis in Núm. 20:10-12. |
| 62 Dit is, wat steeds by en naby jou is om jou te dien, wat jou oppas. Vgl. 1 Kon. 1:2. Dan. 1:5, 19.
63 Dit is, hy sal nie net in die land Kanaän kom nie, maar ook ná jou dood in jou plek gestel word; daarom moet jy hom onderrig, vermaan en versterk, om hom vir daardie hoë amp voor te berei. |
| 64 ’n Manier van spreek in die Skrif, gebruiklik om die kindsheid of kinderjare te beskryf. Sien ’n soortgelyke manier van spreek in Jes. 7:15. Jona 4:11. |
| 65 Dit is, Rietsee (gewoonlik die Rooi See genoem), wat hulle tevore deur God se magtige hand deurgetrek het, en van daar reeds so ver na die beloofde land gereis het. |
| 66 Anders: gereed was, julle daartoe voorberei. Of: julle verstout of dit vermetel waag.
67 Sien vers 2 se kanttekening. |
| 68 Met my genade en gewone bystand. Vgl. Deut. 23:14. |
| 69 Asof julle sonder God se hand en hulp, deur jul eie krag jul vyande kon oorwin. |
| 70 Hebr. Die Amoriet het uitgetrek, ens.
71 Wat, as hulle geterg en kwaad gemaak word, met menigte van alle kante agter diegene aan vlieg, steek en verjaag, wat hulle versteur. Sien Ps. 118:12 en die kanttekening. |
| 72 Dit is, soos die dae uitwys, waarvan julle weet dat julle daar gebly het. |