Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Deuteronómium 10

1

IN1 dié tyd het die HERE vir my gesê: aKap vir jou twee kliptafels soos die eerstes en klim op die berg na My toe; maak vir jou ook ’n 2ark van hout.

2

En Ek sal op die tafels skrywe die woorde wat op die eerste tafels was, wat jy verbrysel het; en jy moet dit in die ark sit.

3

Toe het ek ’n ark van 3akasiahout gemaak en twee kliptafels soos die eerstes gekap en op die berg geklim met die twee tafels in my hand.

4

En 4Hy het op die tafels, volgens die eerste skrif, die 5tien woorde geskrywe wat die HERE 6op die dag van die vergadering by die berg uit die vuur met julle gespreek het; en die HERE het dit aan my gegee.

5

En ek het omgedraai en van die berg afgeklim en die tafels in die ark gesit wat ek gemaak het; en 7dit was daar, soos die HERE my beveel het.

6

En die kinders van Israel het bvan 8Béërot Bené-Jáäkan weggetrek na Moséra toe. Daar het Aäron cgesterwe, en daar is hy begrawe; en sy seun Eleásar het die priesteramp in sy plek bedien.

7

Daarvandaan het hulle weggetrek na d9Gudgod, en van Gudgod na Jotbat, ’n land van waterstrome.

8

In dié tyd het die HERE die stam van Levi afgesonder om die verbondsark van die HERE te dra, 10om voor die aangesig van die HERE in sy diens te staan en 11in sy Naam te seën tot vandag toe.

9

Daarom het 12Levi egeen deel of erfenis saam met sy broers nie; 13die HERE is sy erfdeel, soos die HERE jou God hom beloof het.

Nuwe vermaning tot gehoorsaamheid.

10

EN ék het op die berg gestaan soos die vorige dae, fveertig dae en veertig nagte lank; en die HERE het my ook dié keer gverhoor; die HERE wou jou nie in die verderf stort nie.

11

Maar die HERE het vir my gesê: Staan op, gaan heen om voor die volk uit verder te trek, dat hulle kan inkom en die land in besit neem wat Ek aan hulle vaders met ’n eed beloof het om aan hulle te gee.

12

En nou, Israel, wat eis die HERE jou God van jou as net om die HERE jou God te vrees, in al sy 14weë te wandel en Hom lief te hê en die HERE jou God hte dien 15met jou hele hart en met jou hele siel,

13

om te hou die gebooie van die HERE en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, 16dat dit met jou goed kan gaan?

14

Kyk, aan die HERE jou God behoort die hemel, ook 17die hoogste hemel, die iaarde en alles wat daarin is.

15

18Maar net aan jou vaders het die HERE ’n welgevalle gehad om hulle lief te hê, en Hy het julle, hulle nageslag ná hulle, uit al die volke uitverkies, soos dit vandag is.

16

19Besny dan die voorhuid van kjulle hart en verhard julle lnek nie verder nie.

17

Want die HERE julle God is die God van die 20gode en die mHERE van die here; die grote, magtige en gedugte God wat ndie 21persoon nie aansien en geen geskenk aanneem nie;

18

wat reg 22verskaf aan die wees en die weduwee, en die vreemdeling liefhet, sodat Hy hom brood en klere gee.

19

Daarom moet julle die vreemdeling liefhê, want julle was vreemdelinge in Egipteland.

20

Die HERE jou God moet jy ovrees, Hom moet jy dien en Hom moet jy paanhang en by sy Naam 23sweer.

21

Hy is jou 24lof, en Hy is jou God wat hierdie groot en vreeslike dinge wat jou oë gesien het, aan jou gedoen het.

22

qSewentig 25siele sterk het jou vaders na 26Egipte afgetrek, maar nou het die HERE jou God jou gemaak rsoos die 27sterre van die hemel in menigte.

a Ex. 34:1. 1 Toe die HERE se toorn, ná my voorbede, wat aan die einde van die voorgaande hoofstuk beskryf is, gestil was.

2 Of: kis. Dit kan ’n mens verstaan as ’n kis waarin Moses die kliptafels sou plaas tot die tyd dat die verbondsark (Ex. 25:21) gemaak sou wees; of as die verbondsark self, wat God hier beveel het dat dit naderhand gemaak sou word.

3 Sien Ex. 25:5 se kanttekening.
4 Naamlik die HERE.

5 Dit is, die tien gebooie.

6 Soos in Deut. 9:10.

7 Of: dit is daar.
b Núm. 33:30.

c Núm. 20:28; 33:38.

8 Of: van Béërot van die kinders van Jáäkan na Moser. Sommige meen dat hier twee trekke saamgevoeg word; hoewel hulle eers van Móserot af gereis het en daarna van Bené-Jáäkan af. Sien Núm. 33:31, 32. Dit kan egter wees dat daar ’n plek by die berg Hor was (waar Aäron gesterf het), met die naam Moser of Moséra. Tussen die reis van Bené-Jáäkan en Aäron se dood op die berg Hor, word daar in Númeri 33 verskeie trekke en kampplekke vermeld. Sien daar. Sodat hierdie Béërot Bené-Jáäkan wel ’n ander plek kon gewees het as Bené-Jáäkan, wat bloot so genoem is; waarop die aandagtige leser kan let.
d Núm. 33:32, 33. 9 In Núm. 33:32, 33 Hor-Hággidgad genoem.
10 Dit is, om Hom in die verrigting van die dienswerk in sy heilige woning te dien, soos die volgende woorde verklaar. Vgl. Deut. 17:12; 18:5, 7. Rig. 20:28. 1 Kon. 17:1. Ps. 134:1; 135:2. Eség. 44:15, 16.

11 Om God se seën in sy Naam of namens Hom oor die volk uit te spreek, in die uiteengaan van die vergadering. Sien Lev. 9:23 se kanttekening.

e Núm. 18:20, 21, ens. Deut. 18:1. Eség. 44:28. 12 Dit is, die stam van Levi, of die Leviete.

13 Dit is, dit wat deur die ander stamme aan die HERE geoffer word, daarvan sal hulle lewe, volgens die verordening wat die HERE daaroor gegee het. Sien Núm. 18:20-23, ens.

f Deut. 9:18.

g Deut. 9:19.

h Deut. 6:5. Matt. 22:37. Luk. 10:27. 14 Sien Gén. 18:19 se kanttekening.

15 Soos in Deut. 6:5.

16 Sien Deut. 6:25.
i Gén. 14:19. Ps. 24:1; 115:16. 17 Ook so genoem in 1 Kon. 8:27, wat die derde hemel genoem word in 2 Kor. 12:2. Hebr. hemel van die hemele, soos ook op ander plekke die lied van die liedere, ydelheid van ydelhede, koning van die konings, knegte van die knegte.
18 Moses wil sê dat daar geen ander oorsaak is van die verkiesing van Israel en hul vaders nie, as enkel die vrye welbehae en die loutere genade van God; want vir Hom was al sy skepsele, ten opsigte van die skepping, dieselfde. Hy het niemand nodig gehad nie en dit het Hom vrygestaan om Israel en hul vaders, soos ander volke, in hul sondige staat te laat, of te verkies en te begenadig wie of watter volk Hy wou. Vgl. Ex. 33:19. Deut. 9:4-6, ens. Jos. 24:2, 3. Matt. 11:26. Hand. 13:17; 14:16. Rom. 9:15; 11:35. Ef. 1:5, 9, 11, ens.
k Jer. 4:4.

l Ex. 32:9; 33:3; 34:9. Deut. 9:13.

19 Dit is, neem weg uit julle hart alles wat teen die HERE se heilige wil stry, en kruisig julle vlees. Vgl. Jer. 4:4. Rom. 2:28, 29. Kol. 2:11. Sien oor die verharding van die nek Ex. 32:9 se kanttekening.
m Openb. 17:14.

n 2 Kron. 19:6, 7. Job 34:19. Hand. 10:34. Rom. 2:11. Gal. 2:6. Ef. 6:9. Kol. 3:25. 1 Petr. 1:17.

20 Dit is, die afgode is niks nie, maar hierdie God is die enigste, ware, allerhoogste God, wat ook heers oor alle engele en mense wat vanweë ’n goddelike amp of diens gode genoem word. So ook in Ps. 50:1. Vgl. 1 Kor. 8:5, 6. Openb. 17:14; 19:16.

21 Dit is, wat geen uiterlike onderskeid van mense aansien nie, of iemand nou ryk of arm, boorling of vreemdeling, Jood of heiden is, ens. Sien ook Lev. 19:15 se kanttekening.

22 Dit is, doen.
o Deut. 6:13. Matt. 4:10. Luk. 4:8.

p Deut. 13:4.

23 Sien Deut. 6:13 se kanttekening.
24 Dit is, Hy gee jou deur sy genade en weldadigheid oorsaak om Hom te loof, en in wie jy rede het om jou te beroem, en wie se lof jy steeds in jou hart en mond behoort te dra. Vgl. Jer. 17:14.
q Gén. 46:27. Ex. 1:5. Hand. 7:14.

r Gén. 15:5.

25 Dit is, hulle was nie meer as sewentig persone nie.

26 Sien Gén. 12:10 se kanttekening.

27 Sien Gén. 13:16 se kanttekening; Gén. 15:5.