Statevertaling – Bybelstigting
DAAROM moet jy die HERE jou God liefhê en 1altyd sy ordening, sy 2insettinge sowel as sy verordeninge en sy gebooie 3onderhou.
En julle moet vandag weet dat ek nie spreek tot julle kinders wat die 4onderwysing van die HERE julle God nie geweet en nie gesien het nie: sy 5grootheid, sy sterke hand en sy uitgestrekte arm
en sy tekens en sy dade wat Hy in Egipte gedoen het aan Farao, die koning van Egipte, en aan sy hele land;
en wat Hy gedoen het aan die leër van Egipte, aan sy perde en aan sy strydwaens waaroor Hy die waters van die Skelfsee laat aanstroom het toe hulle julle agtervolg het, sodat die HERE hulle omgebring het tot vandag toe;
en wat Hy vir julle in die woestyn gedoen het tot julle aankoms op hierdie plek;
en wat Hy aaan Datan en Abíram, die seuns van Elíab, die seun van Ruben, gedoen het — hoe die aarde sy mond oopgemaak en hulle saam met hul 6huisgesinne en hul tente en al die 7lewende wesens 8agter hulle aan, onder die hele Israel verslind het;
maar 9julle eie oë het gesien al die groot werke wat die HERE gedoen het.
Onderhou dan 10al die gebooie wat ek jou vandag beveel, dat julle sterk kan wees en inkom en die land in besit neem waarheen julle oortrek om dit in besit te neem,
en dat julle die dae kan verleng in die land wat die HERE aan julle vaders met ’n eed beloof het om aan hulle en hul nageslag te gee, ’n land 11wat oorloop van melk en heuning.
Want die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem, is nie soos Egipteland waar julle uitgetrek het, wat jy met jou saad besaai en 12met jou voet, soos ’n groentetuin, natgelei het nie.
Maar die land waarheen julle oortrek om dit in besit te neem, is ’n land van berge en laagtes wat van die reën van die hemel water drink;
’n land waar die HERE jou God voor 13sorg; die oë van die HERE jou God is altyddeur daarop, van die begin van die jaar tot die einde van die jaar.
14As julle dan 15goed luister na my gebooie wat Ek julle vandag beveel, om die HERE julle God lief te hê en Hom te dien met julle hele hart en met julle hele siel,
dan sal Ek die reën 16van julle land gee op die regte tyd, 17vroeë reëns en 18laat reëns, sodat jy jou koring en jou mos en jou olie kan insamel.
En Ek sal plante gee op jou veld vir jou vee, en jy sal eet en versadig word.
Neem julle in ag dat julle hart nie verlei word nie, sodat julle bafwyk en ander gode dien en voor hulle neerbuig,
en die toorn van die HERE teen julle ontvlam en Hy die hemel 19toesluit, sodat daar geen reën is en die aarde sy opbrings nie gee nie, en julle gou uit die goeie land omkom wat die HERE julle gee.
cLê dan hierdie woorde van my weg in julle hart en in julle siel, en 20bind dit as ’n teken op julle hand en laat dit as ’n voorhoofsband tussen julle oë wees,
en dleer dit aan julle kinders deur daaroor te spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan;
en skryf dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte,
sodat julle dae en die dae van julle kinders in die land wat die HERE aan julle vaders met ’n eed beloof het om aan hulle te gee, kan vermenigvuldig 21soos die dae van die hemel bo-oor die aarde.
Want as julle 22ywerig al hierdie gebooie hou wat ek julle beveel, om dit te doen deur die HERE julle God lief te hê, in al sy weë te wandel en Hom aan te hang,
dan sal die HERE al hierdie nasies voor julle uit verdrywe, en julle sal 23groter en magtiger nasies as julle uit hulle besitting verdrywe.
Elke plek e24waar julle voetsool op trap, sal aan julle behoort; 25van die woestyn en die Líbanon, van die rivier, die Eufraatrivier, tot by die 26Westelike See sal julle grondgebied wees.
Niemand sal teen julle standhou nie; die HERE julle God sal 27die skrik en vrees vir julle oor die hele land laat kom waarop julle sal loop, fsoos Hy julle beloof het.
Kyk, ek 28hou julle vandag seën en vloek voor —
die seën as julle luister na die gebooie van die HERE julle God wat ek julle vandag beveel;
en die vloek as julle nie luister na die gebooie van die HERE julle God nie, maar afwyk van die weg wat ek julle vandag beveel, om agter ander gode aan te loop wat julle nie geken het nie.
As dan die HERE jou God jou inbring in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem, g29moet jy die 30seën op die berg Gerísim 31lê en hdie 32vloek op die berg Ebal.
33Lê hulle nie oorkant die Jordaan, agter die pad in die weste, in die land van die Kanaäniete wat in die Vlakte woon, teenoor Gilgal, by die terpentynbome van 34More nie?
Want julle trek deur die Jordaan om die land in besit te gaan neem wat die HERE julle God aan julle sal gee; en julle sal dit in besit neem en daarin woon.
Onderhou dan sorgvuldiglik al die insettinge en die verordeninge wat ek julle vandag voorhou.
| 1 Hebr. al die dae, naamlik van jou lewe; soos dikwels. Sien Deut. 12:1, 19; 16:3; 17:19, ens.
2 Sien Deut. 5:31 se kanttekening. 3 Hebr. jy moet sy bewaring bewaar, of sy onderhouding onderhou. Sy bewaring of onderhouding, dit is, dit wat Hy jou beveel het om te bewaar of te onderhou. Sien Gén. 26:5 se kanttekening. |
| 4 Dit is, alles wat God aan sy volk gedoen het in daardie tyd om hulle te onderrig, wat hierna beskryf word.
5 Dit is, sy majesteit en groot goddelike mag, wat gesien word in sy werke, soos die volgende woorde verklaar. So ook in Deut. 3:24; 9:26. |
| a Núm. 16:31; 27:3. Ps. 106:17. | 6 Hebr. huise.
7 Sien Gén. 7:4 se kanttekening. 8 Hebr. wat aan hulle voete was; dit is, in hul diens, mag of besit; of wat hulle aangegaan of gevolg het. Vgl. Ex. 11:8. |
| 9 Moses wil sê dat dit ’n besondere weldaad van God is, dat al hierdie wonders tydens hulle lewe en voor hul oë plaasgevind het. Vgl. Deut. 5:3. |
| 10 Hebr. al die of elke gebod wat ek, ens. So ook in vers 22. |
| 11 Sien Ex. 3:8. |
| 12 Dit is, met jou diens en arbeid, terwyl jy die water met moeite daarin moes dra of lei om dit te bevogtig. Anders: na jou eie goeddunke. |
| 13 Hebr. soek, navra; menslik van God gespreek, want mense is geneig om te soek en te vra na dit waarvoor hulle ’n besondere geneentheid koester. Vgl. Job 3:4. Jes. 62:12. |
| 14 Hier stel Moses God self aan die woord.
15 Hebr. luisterende luister. |
| 16 Dit is, wat julle land sal vereis.
17 Wat God gegee het nadat die land bewerk en besaai was, om die saad uit die aarde te laat opskiet. 18 Wat kort voor die oes geval het, om die vrugte swaar en ryp te maak. Sien Jer. 5:24. Hos. 6:3. Joël 2:23. Jak. 5:7. |
| b Deut. 8:19. |
| 19 ’n Manier van spreek waardeur met beeldspraak uitgedruk word die goddelike regering in die lug, wat die weerhouding en ophouding van die reën afbeeld. Sien 1 Kon. 8:35. 2 Kron. 6:26; 7:13. |
| c Deut. 6:6, 8. | 20 Sien Ex. 13:9. Deut. 6:8 se kanttekening. |
| d Deut. 4:9; 6:7. |
| 21 Dit is, solank die wêreld staan, sal God by sy volk met sy seën bly. Vgl. Ps. 89:37, 38. Matt. 28:20. Anders: die dae van julle en jul kinders sal baie wees, soos die dae van die hemel baie is. |
| 22 Hebr. houdende hou. |
| 23 Sien Deut. 9:1 se kanttekening. |
| e Jos. 1:3; 14:9. | 24 Vgl. Deut. 2:5. Jos. 1:3; 14:9.
25 Vgl. Gén. 10:19 en 15:18 se kanttekeninge. Ex. 23:31. Númeri 34. Deut. 1:7. Jos. 1:4. 26 Ander vertaal: die agterste see. Oos, of die opgang van die son, word die voorste deel genoem, en wes, of die ondergang van die son, word die agterste deel genoem. Vgl. Deut. 34:2. Jos. 1:4; 13:5. Joël 2:20. |
| f Ex. 23:27. | 27 Soos in Deut. 2:25. |
| 28 Hebr. ek gee of stel voor julle aangesig; soos in vers 32. Deut. 30:1. |
| g Deut. 27:12. Jos. 8:33.
h Deut. 27:13. |
29 Dit is, jy moet bevel gee dat die seën uitgespreek word. Sien die vervulling in Jos. 8:33, 34.
30 Wat beskryf word in Deuteronómium 28. 31 Of: uitspreek, uitgee. Hebr. gee. Vgl. Deut. 13:1. 1 Kon. 13:5. 32 Wat beskryf word in Deuteronómium 27 en 28. |
| 33 Naamlik die plekke, wat in die einde van die voorgaande vers genoem is, is sekerlik daar geleë.
34 Sien Gén. 12:6. |