Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Deuteronómium 12

Die enigste heiligdom.

1

DIT is die insettinge en die verordeninge wat julle sorgvuldig moet hou in die land wat die HERE, die God van jou vaders, jou gegee het om dit in besit te neem al die dae wat julle op die aarde lewe.

2

aJulle moet 1terdeë verniel 2al die plekke waar die nasies 3wat julle gaan verdrywe, hulle gode gedien het op die 4hoë berge en op die heuwels en onder 5elke 6groen boom.

3

En julle moet hulle baltare omgooi en hulle 7klippilare verbrysel en hulle 8heilige boomstamme met vuur verbrand en die gesnede beelde van hulle gode omkap en hulle naam van dié plek laat verdwyn.

4

9So mag julle nie doen met die HERE julle God nie;

5

cmaar die 10plek wat die HERE julle God uit al julle 11stamme sal uitkies om sy 12Naam daar te vestig om daar te woon, moet julle opsoek en daarheen moet jy kom.

6

En daarheen moet julle jul brandoffers bring en julle slagoffers en julle tiendes en die offergawe van julle hand en julle 13gelofte- en julle vrywillige offers en die eersgeborenes van julle beeste en van julle kleinvee.

7

En daar moet julle voor die aangesig van die HERE julle God eet en vrolik wees, julle en jul 14huisgesinne, 15oor alles waar julle jul hand aan slaan, waarin die HERE jou God jou geseën het.

8

Julle moet nie doen net soos ons vandag hier doen nie — elkeen 16net maar wat reg is in sy eie oë.

9

Want julle het nog nie gekom in die rusplek en in die erfenis wat die HERE jou God jou sal gee nie.

10

Maar julle sal deur die Jordaan trek en woon in die land wat die HERE julle God julle laat erwe, en Hy sal julle rus gee van al julle vyande rondom, en julle sal veilig woon.

11

Dan moet julle na die plek dwat die HERE julle God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon, alles bring wat ek julle beveel: julle brandoffers en julle slagoffers, julle tiendes en die offergawe van julle hand en al julle 17keurgelofte-offers wat julle die HERE sal belowe.

12

En julle moet vrolik wees voor die aangesig van die HERE julle God, julle en julle seuns en julle dogters en julle slawe en julle slavinne en die Leviet wat in julle poorte is, want hy ehet 18geen deel of erfenis saam met julle nie.

13

Neem jou in ag dat jy jou brandoffers nie bring op elke plek wat 19jy sien nie.

14

Maar op die plek wat die HERE in een van jou stamme sal uitkies, daar moet jy jou brandoffers bring en daar alles doen wat ek jou beveel.

15

Maar na hartelus mag jy slag en vleis eet ooreenkomstig die seën van die HERE jou God wat Hy jou in al jou 20poorte gee; die onreine en die reine mag daarvan eet, soos van die 21gemsbok en die takbok.

16

fNet die bloed mag julle nie eet nie; jy moet dit soos water op die grond uitgooi.

17

Jy mag in jou poorte nie eet die 22tiendes van jou koring en jou mos en jou olie en die eersgeborenes van jou beeste en jou kleinvee en al jou gelofte-offers wat jy sal belowe, en jou vrywillige offers en die offergawe van jou hand nie.

18

Maar jy moet dit eet voor die aangesig van die HERE jou God op die plek wat die HERE jou God sal uitkies, jy en jou seun en jou dogter en jou slaaf en jou slavin en die Leviet wat in jou poorte is; en jy moet vrolik wees voor die aangesig van die HERE jou God oor alles 23waar jy jou hand aan slaan.

19

Neem jou in ag dat jy die Leviet nie aan sy lot oorlaat 24solank as jy in jou land lewe nie.

20

As die HERE jou God jou grondgebied uitbrei, gsoos Hy jou beloof het, en jy sê: Ek wil vleis eet — omdat jy lus het om vleis te eet — dan mag jy na hartelus vleis eet.

21

As die plek wat die HERE jou God sal uitkies om sy Naam daar te vestig, ver van jou af is, dan mag jy van jou beeste en jou kleinvee slag wat die HERE jou gee, soos ek jou beveel het; en jy mag na hartelus in jou poorte eet.

22

25Maar soos die gemsbok en die takbok geëet word, so moet jy dit eet; die onreine en die reine moet dit saam eet.

23

Bly daar net vas by dat jy die bloed nie eet nie, want die 26bloed is die siel, en jy mag die siel nie saam met die vleis eet nie.

24

27Jy mag dit nie eet nie; op die grond moet jy dit uitgooi soos water.

25

Jy mag dit nie eet nie, dat dit met jou en jou kinders ná jou goed kan gaan as jy doen wat reg is in die oë van die HERE.

26

Net 28jou heilige gawes wat jy het, en jou gelofte-offers moet jy neem en na die plek kom wat die HERE sal uitkies;

27

en jy moet jou brandoffers, die vleis en die bloed, berei op die altaar van die HERE jou God, en die bloed van jou slagoffers moet teen die altaar van die HERE jou God uitgegiet word; maar die vleis moet jy eet.

28

Luister sorgvuldig na al hierdie woorde wat ek jou beveel, dat dit met jou en jou kinders ná jou goed kan gaan tot in ewigheid, as jy doen wat goed en reg is in die oë van die HERE jou God.

29

As die HERE jou God die nasies waar jy na toe gaan om 29hulle uit die besitting te verdrywe, voor jou uitroei, en jy hulle verdrywe en in hulle land woon,

30

neem jou dan in ag dat jy nie, agter hulle aan, 30verstrik word nadat hulle voor jou uit verdelg is nie, en dat jy nie na hulle gode vra en sê nie: Hoe het hierdie nasies hulle gode gedien? — dat ek ook so kan doen.

31

So mag jy nie handel met die HERE jou God nie; want alles wat vir die HERE ’n gruwel is, wat Hy haat, het hulle vir hulle gode gedoen; want selfs hulle seuns en hulle dogters verbrand hulle met vuur 31vir hulle gode.

32

32Alles wat ek julle beveel, dit moet julle sorgvuldig hou; hjy mag daar niks byvoeg en daar niks van weglaat nie.

a Ex. 34:12, 13. Deut. 7:5. 1 Hebr. vernielende verniel.

2 Verstaan die plekke wat vir afgodery berei en opgerig was, soos tempels, huise en allerlei plekke wat op heidense wyse gewy is, en instrumente vir afgodery.

3 Dit is, wie se lande julle in besit gaan neem; soos in Deut. 9:1 se kanttekening; Deut. 11:23.

4 Waar hulle gedink het hulle nader aan die hemel en hul afgode is, as in die laagtes. Vgl. Jes. 57:5, 7. Eség. 6:13. Hos. 4:13.

5 Dit is, allerlei.

6 Wat in hoogte, skoonheid en skaduwee bo ander uitgesteek het. Sien 2 Kon. 16:4.

b Rig. 2:2. 7 Of: pilaarbeelde, standbeelde.

8 Of: bosse, dit is, digte, donker bosse, wat vir afgodery misbruik is, asof duisternis tot godsdienstigheid gedien het en ’n mate van heiligheid bevat het.

9 Soos die heidene, wat afgodery bedryf het in alle plekke waar hulle wou.
c 2 Kron. 7:12. 10 Die vaste plek, wat later deur God daartoe uitverkies en geordineer is, is Jerusalem. Sien 2 Samuel 7; 24. 1 Kronieke 22. Ps. 122:1-4; 132:13, 14. Voordat Jerusalem daartoe verordineer was, was daar geen vaste plek nie, hoewel hulle God gewoonlik moes dien en raad vra op die plek waar die verbondsark of tent van samekoms deur God se bevel gerus het; soos in die boeke hierna bevind sal word.

11 God het die stam van Juda hiermee vereer, terwyl Hy die ander daarin verbygegaan het. Sien Ps. 78:67-69.

12 Sodat die verbondsark, wat ’n besonder sigbare teken van God se genadige teenwoordigheid is, daar bestendig in sy tabernakel of huis rus, en sy openbare plegtige godsdiens aldaar verrig word, ens. Vgl. 2 Sam. 6:2 se kanttekening. 1 Kon. 8:29. So ook hierna, verse 11, 21. Deut. 14:23, 24; 16:2, 6, 11, ens.

13 Dit is, wat julle die HERE belowe het om te gee.
14 Hebr. huise.

15 Hebr. oor alle uitsteking, alle uitstrekking, aanslag van jul hand, dit is, alles waarna julle jul hand uitgestrek het of sal uitstrek. So ook in vers 18. Deut. 15:10, ens.

16 Dit is, alles na sy goeddunke. Wat hulle inteendeel moet doen, is te sien in vers 11.
d 1 Kon. 8:29. 17 Dit is, wat julle van die beste uitgekies en aan die HERE belowe het.
e Núm. 18:20. Deut. 10:9; 18:1. 18 Sien Deut. 10:9.
19 Naamlik met behae.
20 Dit is, in al jou stede of woonplekke, en so ook dikwels.

21 Dit is, nie as ’n heilige nie, maar as ’n algemene toegelate voedsel. Takbokke en gemsbokke was wel rein diere, wat as algemene voedsel (Deuteronómium 14) geëet mog word, maar hulle was nie vir offers gebruik nie, so ook in vers 22. Deut. 15:22.

f Gén. 9:4. Lev. 7:26; 17:10. Deut. 15:23.
22 Sien oor die tiendes Lev. 27:30 se kanttekening.
23 Sien vers 7. Deut. 15:10.
24 Hebr. al jou dae, dit is, solank as jy op die aarde sal lewe.
g Gén. 28:13. Ex. 23:31. Deut. 11:24; 19:8.
25 Sien vers 15 se kanttekening.
26 Sien Lev. 17:11 se kanttekening.
27 Hierdie seremonie, wat ook in vers 16 beveel is, word hier in die besonder ingeskerp. Sien hieroor Gén. 9:4. Lev. 17:11.
28 Hebr. jou heilighede; dit is, dinge wat aan die HERE geheilig of toegewy is; soos in dit wat volg verklaar word.
29 Of: om hul land in besit te neem; soos in Deut. 9:1 se kanttekening; Deut. 11:23, ens.
30 Dit is, sodat jy hulle navolg.
31 Dit is, ter ere van hulle afgode. Sien oor hierdie gruwel van die heidene, wat deur die afvallige Jode nagevolg is, Jer. 7:31; 19:5 en vgl. 2 Kon. 16:3; 17:17, 31; 23:10.
h Deut. 4:2. Spr. 30:6. Openb. 22:18. 32 Of: Elke saak wat ek julle beveel, ens. Anders: Hierdie hele woord; sien ook Deut. 4:2.