Statevertaling – Bybelstigting
Voorskrifte met betrekking tot valse profete en voorstanders van afgodery.
AS ’n 1profeet of een wat as 2dromer optree, by jou opstaan en jou ’n teken of wonder 3aankondig,
4en die teken of wonder kom uit wat hy jou beloof het met die woorde: Laat ons 5agter ander gode aan loop — wat jy nie geken het nie — en hulle dien,
dan moet jy nie luister na die woorde van dié profeet of na dié man wat as dromer optree nie; want die HERE julle God 6beproef julle om te weet of julle werklik die HERE julle God liefhet met julle hele hart en met julle hele siel.
Julle moet die HERE julle God navolg en Hom vrees en sy gebooie hou en na sy stem luister aen Hom dien en Hom aanhang.
Maar dié profeet of dié man wat as dromer optree, moet bgedood word, want hy het afval 7verkondig van die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei en jou uit die slawehuis verlos het, deur jou af te drywe van die weg wat die HERE jou God jou beveel het om daarop te wandel. So moet jy dan 8die kwaad uit jou midde uitroei.
As jou cbroer, 9die seun van jou moeder, of jou seun of dogter of 10die vrou wat jy liefhet, of jou vriend wat 11soos jou eie siel is, jou in die geheim 12verlok en sê: Laat ons gaan en ander gode dien — wat jy en jou vaders nie geken het nie,
uit die gode van die volke wat rondom julle is, naby jou of ver van jou af; van die een einde van die aarde tot by die ander einde van die aarde —
dan moet jy nie inwillig en na hom nie luister nie; ook mag jou oog hom nie verskoon nie, en jy mag jou nie ontferm en niks om sy ontwil wegsteek nie,
maar jy moet hom 13sekerlik doodmaak; djou hand moet 14eerste teen hom wees om hom dood te maak, en daarna die hand van die hele volk.
En jy moet hom stenig, dat hy sterwe; want hy het probeer om jou weg te drywe van die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.
En edie hele Israel sal dit hoor en vrees, en hulle sal nie meer so ’n verkeerde 15ding by jou doen nie.
As jy in een van jou stede wat die HERE jou God jou gee om daar te woon, hoor sê:
16Deugniete het by jou opgetree en die inwoners van hulle stad verlei deur te sê: Laat ons gaan en ander gode dien — wat julle nie geken het nie —
dan moet jy terdeë ondersoek en naspeur en uitvra, en as dit waarheid is, staan die saak vas, is hierdie gruwel by jou gedoen,
dan moet jy die inwoners van dié stad 17sekerlik verslaan 18met die skerpte van die swaard deur dit 19met die banvloek te tref en alles wat daarin is, ook die vee, met die skerpte van die swaard.
En al die buit daarvan moet jy op die stadsplein bymekaarbring en die stad en al die buit as voloffer met vuur verbrand aan die HERE jou God; en dit moet vir 20ewig ’n puinhoop wees, dit mag nie weer opgebou word nie.
21Ook mag daar niks van 22wat bangoed is, aan jou hand bly kleef nie, sodat die HERE Hom van die gloed van sy toorn kan afwend en aan jou barmhartigheid kan bewys en Hom oor jou ontferm en jou vermenigvuldig, soos Hy aan jou vaders met ’n eed beloof het —
as jy luister na die stem van die HERE jou God om al sy gebooie te hou wat ek jou vandag beveel, deur te doen 23wat reg is in die oë van die HERE jou God.
| 1 Verstaan ’n valse profeet, wat valslik roem van goddelike gesigte en openbaringe.
2 Wat hom valslik beroem op goddelike drome. Vgl. Núm. 12:6. 3 Dit is, uitspreek, en terselfdertyd voorspel dat dit sal gebeur. So word die woord aankondig ook gebruik in 1 Kon. 13:5. Vgl. Deut. 11:29. |
| 4 Anders: al kom die teken of wonder uit, ens.
5 Anders: navolg. So ook in vers 4. |
| 6 Sien Deut. 8:2 se kanttekening. |
| a Deut. 10:20. |
| b Deut. 18:20. Jer. 14:15. | 7 Dit is, geleer, aanbeveel, aangehits.
8 Anders: die kwade of slegte mens. Vgl. Deut. 22:21-24. 1 Kor. 5:13. |
| c Deut. 17:2. | 9 Wat volgens die bloedband nader aan jou is as ander Israeliete, wat ook op grond van die gemeenskaplike afkoms van Jakob jou broers genoem word.
10 Hebr. die vrou van jou skoot, dit is, wat jy liefhet, of: wat in jou skoot slaap. Sien Miga 7:5. 11 Dit is, wat jy so liefhet soos jou eie persoon. 12 Of: aanpor. |
| d Deut. 17:7. | 13 Hebr. jy moet hom doodmakende doodmaak, dit is, jy moenie nalaat om hom dood te maak nie.
14 Hebr. in die begin. Aangesien jy die aanklaer en getuie in die regsaak was; volgens die wet in Deut. 17:7. Vgl. Hand. 7:58. |
| e Deut. 17:13. | 15 Hebr. saak, ding, woord; so ook in Deut. 17:5. |
| 16 Of: Belialseuns. Die Hebreeuse woord belijaäl beteken in ons taal soveel soos ’n deugniet, of iemand sonder juk, dit is, ’n losbandige mens, wat onder geen tug of wet wil buig nie. Sien Rig. 19:22. 1 Sam. 1:16; 2:12; 10:27; 25:17. 2 Sam. 16:7; 20:1. 1 Kon. 21:10. 2 Kron. 13:7. Spr. 19:28. Vgl. Ps. 41:9. Nah. 1:11, 15. Vgl. ook Deut. 25:2; 2 Sam. 3:34; 22:5 se kanttekeninge. Hierdie naam word ook aan die duiwel gegee, 2 Kor. 6:15. |
| 17 Hebr. verslaande verslaan.
18 Hebr. aan die mond van die swaard; en so in dit wat volg. 19 Sien Deut. 2:34 se kanttekening. |
| 20 Hebr. ’n puinhoop van ewigheid; dit is, dit sal vir ewig deurmekaar lê, soos ’n puinhoop. |
| 21 Vgl. Deut. 7:25, 26.
22 Hebr. die ban. |
| 23 Dit is, dit wat die HERE as reg en goed ken of oordeel, en wat Hom gevolglik behaag. |