Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Deuteronómium 14

Rein en onrein diere.

1

JULLE is 1kinders van die HERE julle God; julle mag julle ter wille van ’n dooie nie a2stukkend kerwe of ’n kaalte tussen julle oë maak nie.

2

Want jy is b’n volk heilig aan die HERE jou God, en jou het die HERE uitverkies om sy eiendomsvolk te wees uit al die volke wat 3op die aarde is.

3

Jy mag niks eet wat ’n 4gruwel is nie.

4

cDit is die diere wat julle mag eet: ’n bees, ’n skaap en ’n bok;

5

’n takbok en ’n gemsbok en ’n gestippelde takbok en ’n steenbok en ’n ribbok en ’n eland en ’n klipspringer;

6

en 5al die diere wat gesplitste kloue het, en wel heeltemal in twee gesplitste kloue, en herkou onder die diere — dié mag julle eet.

7

Maar die volgende mag julle nie eet nie van die wat herkou en van die wat die gesplitste kloue het: die kameel en die haas en die das, want hulle herkou maar het geen gesplitste kloue nie — onrein is hulle vir julle;

8

ook die vark, want hy het gesplitste kloue, maar is geen herkouer nie — onrein is hy vir julle. Van hulle vleis mag julle nie eet en hulle aas mag julle nie aanraak nie.

9

Dit mag julle eet van alles wat in die water is: alles wat vinne en skubbe het, mag julle eet.

10

Maar alles wat geen vinne en skubbe het nie, mag julle nie eet nie — onrein is dit vir julle.

11

Al die rein voëls mag julle eet.

12

Maar dít is wat julle uit hulle nie mag eet nie: die arend en die lammervanger en die aasvoël;

13

en die kuikendief en die valk en die gier na sy soorte;

14

en elke kraai na sy soorte;

15

en die volstruis en die naguil en die seemeeu en die kleinvalk na sy soorte;

16

en die steenuil en die steunuil en die silweruil;

17

en die pelikaan en die kleinaasvoël en die visvanger;

18

en die groot-sprinkaanvoël en die reier na sy soorte, en die hoep-hoep en die vlermuis.

19

En al die insekte met vlerke moet vir julle onrein wees; hulle mag nie geëet word nie.

20

Al die rein voëls mag julle eet.

21

Julle mag geen aas eet nie; vir die 6vreemdeling wat in jou poorte is, kan jy dit gee, dat hy dit eet, of jy kan dit aan ’n uitlander verkoop; want jy is ’n heilige volk aan die HERE jou God. Jy mag die dbokkie nie kook in sy moeder se melk nie.

Die tiendes.

22

JY moet 7noukeurig die hele opbrings van jou saad — wat 8jaar vir jaar uit die land uitspruit — vertien.

23

eEn jy moet voor die aangesig van die HERE jou God op die plek wat Hy sal uitkies om sy Naam daar te laat woon, die tiendes eet van jou koring, van jou mos en van jou olie en die eersgeborenes van jou beeste en van jou kleinvee, dat jy kan leer om die HERE jou God 9altyd te vrees.

24

En as die pad vir jou te lank is, as jy dit nie kan vervoer nie, omdat die plek wat die HERE jou God sal uitkies om sy Naam daar te vestig, te ver van jou af is, as die HERE jou God jou sal 10seën,

25

dan moet jy dit tot geld maak en die geld 11in jou hand bind en na die plek gaan wat die HERE jou God sal uitkies.

26

Dan moet jy die fgeld gee vir alles wat jou siel begeer, vir beeste en kleinvee en wyn en 12sterk drank en vir alles wat jou siel van jou begeer, en jy moet daar 13eet voor die aangesig van die HERE jou God en vrolik wees, jy en jou huis.

27

Maar die Leviet wat in jou poorte is, hom moet jy nie aan sy lot oorlaat nie, want hy het 14geen gdeel of erfenis saam met jou nie.

28

15Aan die einde van drie jaar moet jy uitbring al die tiendes van jou opbrings 16in dié jaar en dit in jou poorte wegsit;

29

dan moet die Leviet kom — omdat hy geen deel of erfenis saam met jou het nie — en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat in jou poorte is, en hulle moet eet en versadig word, sodat die HERE jou God jou kan seën in al die werk van jou hand wat jy doen.

a Lev. 19:27, 28; 21:5. 1 Kinders van die genade en gevolglik God se erfgename, Rom. 8:17, terwyl julle die belofte en hoop van die salige opstanding en die ewige lewe het; daarom betaam dit julle nie om oor die dooies te treur soos die heidene wat geen hoop het nie, 1 Thess. 4:13.

2 Dit is, geen insnyding maak in jul vlees nie; ’n heidense manier van rou, in die besonder by die afsterwe van besondere vriende. Sien Lev. 19:28. Vgl. 1 Kon. 18:28. Jer. 16:6; 41:5; 47:5.

b Deut. 7:6; 26:18. 3 Hebr. op die aangesig van die aarde.
4 Dit is, wat die HERE jou verbied het om te eet, en as gevolg daarvan ’n gruwel vir jou behoort te wees.
c Lev. 11:2, ens.
5 Sien hieroor en oor dit wat volg Lev. 11:3, ens., en die kanttekeninge daar.
d Ex. 23:19; 34:26. 6 Verstaan die onbesnede vreemdeling wat hom nie tot die onderhouding van die wet van God verbind het nie, wat slegs onder die Israeliete verkeer het; want die besnede vreemdelinge was verbonde tot die onderhouding van die wette van Israel.
7 Vir noukeurig vertien staan in Hebr. vertienende vertien. Sien Lev. 27:30 se kanttekening.

8 Hebr. jaar, jaar; dit is, elke jaar.

e Deut. 12:17, 18. 9 Hebr. al die dae, naamlik van jou lewe, soos in Deut. 11:1 en die kanttekening, ens.
10 Naamlik só dat die tiendes te veel sou wees om te bring na die plek wat God uitverkies het.
11 Dit is, bind dit saam in buidels of sakke (sien 2 Kon. 12:10 se kanttekening) en neem dit saam met jou.
f Matt. 21:12. 12 Sien Lev. 10:9 se kanttekening.

13 Sien Deut. 12:7.

g Núm. 18:20, 24. Deut. 10:9; 12:12; 18:1, 2; 26:12. 14 Sien Deut. 10:9 se kanttekening.
15 Sien Lev. 27:30 se kanttekening.

16 Naamlik die laaste van elke drie jaar, of elke derde jaar.