Statevertaling – Bybelstigting
Die kwytskelding.
AANa 1die einde van sewe jaar moet jy ’n 2kwytskelding 3laat plaasvind.
En dit is die 4saak van die kwytskelding: elke 5skuldeiser moet kwytskeld wat hy aan sy naaste geleen het; hy moet sy naaste en sy broer nie aanmaan nie, 6want 7tot eer van die HERE is daar ’n kwytskelding uitgeroep.
Die uitlander mag jy aanmaan; maar wat jy 8by jou broer het, moet jou hand kwytskeld.
9Maar daar moet geen 10arme by jou wees nie, 11want die HERE sal jou 12ryklik seën in die land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee om dit in besit te neem;
as jy net 13goed luister na die stem van die HERE jou God om sorgvuldig te hou al hierdie gebooie wat ek jou vandag beveel.
14Want die HERE jou God seën jou soos Hy jou beloof het, sodat bjy aan baie nasies sal uitleen, maar self nie hoef te leen nie; en jy sal oor baie nasies heers, maar oor jou sal hulle nie heers nie.
Die armes en die slawe.
AS daar by jou ’n arme is, 15een uit jou broers, in een van jou poorte, in jou land wat die HERE jou God jou sal gee, dan moet jy jou hart nie verhard en jou hand nie toehou vir jou arm broer nie.
Maar jy moet jou hand 16wyd oopmaak vir hom, en jy moet 17gewillig aan hom leen, 18genoegsaam vir sy behoefte, wat hom ontbreek.
Neem jou in ag, dat daar in jou hart geen 19slegte 20gedagte is nie, naamlik: Die sewende jaar, die jaar van kwytskelding, is naby — en jou oog dan jou arm broer 21skeef aankyk, en jy hom niks gee nie, en hy teen jou na die HERE roep, en dit 22sonde in jou word.
cJy moet aan hom 23gewillig gee, en 24jou hart moet nie bedroef wees as jy aan hom gee nie; want ter wille hiervan sal die HERE jou God jou seën in al jou werk 25en in alles waar jy jou hand aan slaan.
Want ddie arme 26sal in die land nie ontbreek nie; daarom gee ek jou bevel en sê: Jy moet jou hand 27wyd oopmaak vir jou broer, vir 28die ellendige en die arme in jou land.
eAs jou broer, ’n 29Hebreeuse man of ’n Hebreeuse vrou, hom aan jou 30verkoop, 31moet hy jou ses jaar lank dien; maar in die sewende jaar moet jy hom as vryman van jou laat weggaan.
En as jy hom as vryman van jou laat weggaan, moet jy hom nie met leë hande laat weggaan nie.
Jy moet hom 32’n behoorlike voorraad saamgee van jou kleinvee en jou dorsvloer en jou wynpers; waarin die HERE jou God jou geseën het, daarvan moet jy aan hom gee.
En jy moet daaraan dink dat jy ’n slaaf in Egipteland was, en dat die HERE jou God jou verlos het; daarom beveel ek jou vandag hierdie saak.
Maar as hy vir jou sê: Ek wil nie van jou weggaan nie — aangesien hy jou en jou huis liefhet, 33omdat dit vir hom goed was by jou —
dan moet jy f’n els neem en 34dit deur sy oor en in die deur steek, sodat hy 35vir altyd jou slaaf word; en ook met jou slavin moet jy net so doen.
Dit moet nie 36hard in jou oë wees as jy hom as vry man van jou laat weggaan nie, want 37die dubbele loon van ’n dagloner het hy vir jou ses jaar lank ingedien; en die HERE jou God sal jou seën in alles wat jy doen.
Die eerstelinge van die vee.
gAL die eersgeborenes van die manlike geslag wat onder jou beeste en onder jou kleinvee aankom, moet jy aan die HERE jou God 38heilig; jy mag nie werk met die eersgeborene van jou beeste, en die eersgeborene van jou kleinvee nie skeer nie.
Voor die aangesig van die HERE jou God moet jy dit jaar vir jaar eet op die plek wat die HERE sal uitkies, jy en jou 39huis.
hMaar as daar ’n liggaamsgebrek aan is — lam of blind, enige lelike gebrek — dan moet jy dit nie aan die HERE jou God offer nie;
in jou poorte mag jy dit eet, die onreine en die reine saam, soos die 40gemsbok en die takbok.
iNet die bloed mag jy nie eet nie; 41jy moet dit op die grond uitgooi soos water.
| a Ex. 21:2. Jer. 34:14. | 1 Dit is, in die laaste jaar van elke sewe jaar; want die sewende jaar was telkens ’n jaar van kwytskelding. Vgl. Ex. 21:2. Jer. 34:14. So word elders van jare en dae gesê dat hulle vervul word of vervul is, wanneer hulle aanbreek of verloop. Sien Deut. 14:28. Jos. 3:2. Jer. 25:12. Luk. 2:21. Hand. 2:1.
2 Of: vrylating, nalating. Die Hebreeuse woord het al hierdie betekenisse; en hulle moes almal in die sewende jaar doen: skuld kwytskeld en nie daarop aanspraak maak nie, diensknegte en diensmaagde vrylaat en nalaat om die land te bewerk. 3 Dit is, hou. |
| 4 Hebr. woord; dit is, die reg of die wyse. Vgl. Deut. 19:4.
5 Hebr. elke meester of heer van aanmaning of van die geleende van sy hand; dit is, elkeen wat die reg het om die skuldenaar aan te maan en sy hand aan hom, of aan wat syne is, te slaan. Anders: elke heer sal vrylaat wat hy met sy hand uitgeleen het, dit wat hy van sy naaste sou kon vorder. 6 Of: wanneer daar tot eer van die HERE ’n kwytskelding uitgeroep is. 7 Anders: ’n kwytskelding, nalating of vrylating van die HERE is uitgeroep, dit is, deur die HERE beveel. |
| 8 Wat jy aan hom geleen of op krediet gegee het. |
| 9 Anders: Behalwe wanneer daar geen arme by jou sal wees nie, dit is, indien die skuldenaar nie arm nie, maar ryk is en dus wel in staat is om jou te betaal. Vgl. die volgende drie verse.
10 Of: behoeftige. 11 Anders: wanneer die HERE jou, ens. 12 Hebr. seënende seën. |
| 13 Hebr. luisterende luister. |
| b Deut. 28:12. | 14 Anders: Wanneer. |
| 15 Hebr. uit of van een van jou broers. |
| 16 Hebr. oopmakende oopmaak.
17 Hebr. lenende leen. 18 Hebr. die genoegsaamheid van sy behoefte. |
| 19 Hebr. Belialsgedagte. Sien oor hierdie woord Deut. 13:13 se kanttekening.
20 Of: woord, saak, ding. 21 Dit is, nors, onvriendelik, dat jy hom ’n kwaai en nydige gesig toon. Vgl. Deut. 28:54. Spr. 22:9 se kanttekening. Matt. 20:15. 22 Wat deur God aan jou besoek en gestraf word. |
| c Matt. 5:42. Luk. 6:35. | 23 Hebr. gewende gee.
24 Dit is, dit moet jou nie tot verdriet wees nie, jy moet nie vir hom met ’n verkeerde, onwillige, onlustige gemoed gee nie, maar blymoedig. Vgl. Rom. 12:8. 2 Kor. 9:7. 25 Hebr. in alle uitstrekking of in alle uitsteking van jou hand. Sien Deut. 12:7. |
| d Matt. 26:11. Joh. 12:8. | 26 Dit is, daar sal altyd armes in die land of by jou wees, soos in Matt. 26:11. Joh. 12:8.
27 Hebr. oopmakende oopmaak. 28 Dit is, diegene wat onder jou woon en wie se armoede aan jou bekend is, aan wie jy as jou broer besonderlik verplig is, soos die voorgaande en die volgende verklaar. |
| e Ex. 21:2. Jer. 34:14. | 29 Sien Gén. 10:21 se kanttekening.
30 Sien Ex. 21:2 se kanttekening. 31 Anders: en jou ses jaar lank gedien het; tensy dat die jubeljaar, as dit in een van die ses jare geval het, hom sou vrygemaak het. |
| 32 Hebr. om die nek plasende om die nek plaas. Die Hebreeuse woord beteken ’n halsband omsit, die nek as ’t ware met ’n band of ketting omring. Moses wil sê dat ’n mens hom ryklik moet voorsien en vereer, sodat hy met vreugde vertrek. |
| 33 Dit is, omdat hy by jou voorspoedig was. |
| f Ex. 21:6. | 34 Sien hieroor Ex. 21:5, 6.
35 Hebr. en hy sal vir jou ’n slaaf van ewigheid wees, dit is, sy hele lewe; so ook in Ex. 21:6. Vgl. Ex. 19:9. 1 Sam. 1:22, ens. Ps. 73:12 se kanttekening. Ander verstaan dit tot die jubeljaar toe. |
| 36 Dit is, dit moet vir jou nie hard voel of voorkom nie.
37 Dit is, hy het gewerk as ’n dubbele dagloner, of: hy was vir jou soveel werd soos ’n dubbele dagloner; want hy het nie die vryheid gehad om jou sy diens te weier, dit op te sê, of met traagheid te doen nie (soos sommige dagloners wel doen), maar moes jou tot jou tevredenheid ses jaar voluit dien. Uit Jes. 16:14 lei sommige af dat die dagloners hulself nie langer as drie jaar mog uitverhuur nie. |
| g Ex. 13:2; 22:29; 34:19. Lev. 27:26. Núm. 3:13. | 38 Vgl. Gén. 2:3 en Lev. 8:10 se kanttekeninge. |
| 39 Dit is, huisgesin. |
| h Lev. 22:20. Deut. 17:1. |
| 40 Sien Deut. 12:15 se kanttekening. |
| i Deut. 12:16, 23. | 41 Sien Deut. 12:23-25. |