Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Deuteronómium 16

Die groot jaarlikse feeste.

1

ONDERHOU die maand 1Abib en 2hou a3pasga vir die HERE jou God; want in die maand Abib het die HERE jou God jou 4in die nag uit Egipte uitgelei.

2

En jy moet vir die HERE jou God as pasga 5kleinvee en beeste 6slag, op die plek wat die HERE sal uitkies om sy Naam daar te laat woon.

3

Jy mag bgeen gesuurde brood 7daarby eet nie; sewe dae lank moet jy ongesuurde brode daarby eet, brood 8van ellende — want baie haastig het jy uit Egipteland uitgetrek — sodat jy al die dae van jou lewe die dag van jou uittog uit Egipteland in gedagtenis kan hou.

4

En daar mag by jou sewe dae lank geen suurdeeg in jou hele grondgebied gesien word nie; ook mag niks cvan die vleis wat jy die eerste dag in die aand slag, tot die môre toe oorbly nie.

5

Jy mag die pasga nie slag in een van jou 9poorte wat die HERE jou God aan jou gee nie.

6

Maar 10op die plek wat die HERE jou God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon, moet jy die pasga slag, in die aand teen 11sononder, 12op die tyd van jou uittog uit Egipte.

7

Dan moet jy dit 13kook en eet op die plek wat die HERE jou God sal uitkies; 14daarna moet jy in die môre omdraai en na jou 15tente gaan.

8

Ses dae lank moet jy ongesuurde brode eet, en op die sewende dag is daar ’n 16feestyd vir die HERE jou God; dan mag jy geen werk doen nie.

9

dSewe weke moet jy tel; vandat die 17sekel die eerste keer in die ongesnyde graan geslaan word, moet jy sewe weke begin tel.

10

Dan moet jy die fees van die 18weke hou vir die HERE jou God ooreenkomstig die 19vrywillige offer van jou hand wat jy sal gee, namate die HERE jou God jou sal seën.

11

En jy moet vrolik wees voor die aangesig van die HERE jou God, jy en jou seun en jou dogter en jou slaaf en jou slavin en die Leviet wat in jou poorte is, en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat by jou is, op die plek wat die HERE jou God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon.

12

En jy moet daaraan dink dat jy ’n slaaf in Egipte was; en jy moet hierdie insettinge sorgvuldig hou.

13

eDie 20huttefees moet jy sewe dae lank hou as jy van jou dorsvloer en jou wynpers insameling hou.

14

En jy moet vrolik wees op jou fees, jy en jou seun en jou dogter en jou slaaf en jou slavin en die Leviet en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat in jou poorte is.

15

Sewe dae lank moet jy vir die HERE jou God fees hou op die plek wat die HERE sal uitkies; 21want die HERE jou God sal jou seën in al jou inkomste en in al die werk van jou hande; en jy moet net maar vrolik wees.

16

fDrie maal in die jaar moet al jou manne voor die aangesig van die HERE jou God verskyn op die plek wat Hy sal uitkies; op die fees van die ongesuurde brode en op die fees van die weke en op die huttefees; gen hulle mag nie met leë hande voor die aangesig van die HERE verskyn nie;

17

elkeen 22volgens die gawe van sy hand ooreenkomstig die seën van die HERE jou God wat Hy jou gegee het.

Die regtersamp. Pligte van regters en konings.

18

23REGTERS en opsigters moet jy vir jou aanstel in al jou poorte wat die HERE jou God jou sal gee 24volgens jou stamme; en hulle moet die volk oordeel volgens ’n regverdige regspraak.

19

Jy mag die reg nie verdraai nie; jy mag nie h25partydig wees nie; ook mag jy igeen omkoopgeskenk aanneem nie, want die geskenk verblind die oë van die wyse en verdraai die 26sake van die wat reg het.

20

27Geregtigheid, geregtigheid moet jy najaag, dat jy kan lewe en die land in besit kan neem wat die HERE jou God jou sal gee.

21

Jy mag vir jou nie ’n heilige boomstam — 28enige boom — plant 29langs die altaar van die HERE jou God wat jy vir jou sal maak nie.

22

Ook mag jy vir jou geen 30klippilaar, wat die HERE jou God haat, oprig nie.

a Ex. 12:2. Lev. 23:5. Núm. 9:1; 28:16. 1 Sien Ex. 13:4. Deut. 1:3 se kanttekening.

2 Anders: maak of doen. Anders: berei pasga.

3 Sien Ex. 12:11. Hebr. pesag.

4 Sien Ex. 12:31.

5 Dit is, al sulke offers wat die HERE beveel het om op hierdie fees te slag en te bring, Núm. 28:16, ens. ’n Jong lam of bokkie was eintlik die paasoffer genoem. Sien Ex. 12:3-5, 27. Daarbenewens moes daar ook ander offers op die fees geslag en gebring word.

6 Of: offer, en so in verse 4-6.

b Ex. 12:19; 34:18. 7 Naamlik saam met die lam en daarna saam met die offers. Anders: daarop, naamlik op die fees.

8 Dit is, waarmee jy herinner sal word aan die verdrukking wat jy in Egipte gely het; of brood wat sonder deeglikheid, haastig gemaak word, wanneer die nood en haas nie toelaat dat ’n mens dit op die gewone wyse ten volle berei en aangenaam of smaaklik maak nie.

c Ex. 12:10.
9 Dit is, in een van jou stede of woonplekke.
10 Anders: reisende na die plek, ens., daar moet jy, ens.

11 Sien Ex. 12:6. 2 Kron. 35:14.

12 Hebr. op die bepaalde tyd. Dit is, presies op die tyd toe jy uit Egipte uitgetrek het, op die veertiende dag van die maand Abib, Ex. 13:3, 4.

13 Dit is, braai. Sien Ex. 12:9. 2 Kron. 35:13 se kanttekening.

14 As die fees, wat sewe dae geduur het, verby is.

15 Verstaan woninge of huise, soos dit later (in Kanaän) sou wees.

16 Sien Lev. 23:36 se kanttekening.
d Ex. 23:16. Lev. 23:15. Núm. 28:26. 17 Om vir die HERE ’n gerf as offer te bring. Sien Lev. 2:14; 23:10.
18 Naamlik die bogenoemde sewe weke. Hierdie fees word anders die fees van die eerstelinge genoem, Núm. 28:26. Ook pinksterfees genoem, Hand. 2:1.

19 Hebr. skatting van vrywilligheid. Sien hieroor Deut. 26:1, ens. Anders: met ’n vrywillige skatting, of genoegsaamheid van ’n vrywillige offer.

e Ex. 23:16. Lev. 23:34. 20 Sien Lev. 23:34 se kanttekening.
21 Anders: wanneer die HERE jou God jou geseën het.
f Ex. 23:17; 34:23.

g Ex. 23:15.

22 Volgens wat sy hand vermag om te gee, soos die woorde wat volg skynbaar verklaar. Anders: volgens wat aan sy hand gegee is, wat ook pas by dit wat volg. Vgl. Ps. 55:23 se kanttekening. Núm. 18:6. Eség. 46:5, 7, 11.
23 Vgl. 1 Kron. 23:4; 26:29. 2 Kron. 19:8.

24 Of: vir, onder jou stamme.

h Lev. 19:15. Deut. 1:17.

i Ex. 23:8.

25 Sien Deut. 1:17 se kanttekening.

26 Anders: woorde. Dit is, die woorde van diegene wat ’n regverdige saak het, wat deur die omgekoopte regter verdraai word; of: die woorde van die regters, dat hulle verkeerde vonnisse uitspreek.

27 Dit is, enkel of louter geregtigheid, niks anders as geregtigheid nie. Dit word met nadruk gespreek. Vgl. Deut. 2:27. Jes. 26:5, 15. Eség. 21:9 met die kanttekening.
28 Of: ’n heilige boomstam of nie enige boom nie.

29 Dit is, met die bedoeling van godsdienstigheid; wat jy te kenne sou gee as jy ’n heilige boomstam naby die altaar of tempel van die HERE sou plant. Of andersins daaraan enige heiligheid sou toeskryf en van gelyke of hoër waarde sou ag as die altaar van die HERE. Sien 2 Konings 16; 17.

30 Of: pilaarbeeld, standbeeld.