Statevertaling – Bybelstigting
JY mag aan die HERE jou God geen bees of stuk 1kleinvee waaraan a’n liggaamsgebrek, 2iets slegs, is, offer nie; want dit is 3vir die HERE jou God ’n gruwel.
bAs by jou, in een van jou poorte wat die HERE jou God jou sal gee, ’n man of ’n vrou gevind word wat doen wat verkeerd is in die oë van die HERE jou God deur 4sy verbond te oortree,
en ander gode gaan dien en voor hulle neerbuig, en voor die son of die maan of 5die hele leër van die hemel — 6wat Ek nie beveel het nie —
en dit aan jou vertel word, en jy dit hoor, dan moet jy terdeë ondersoek instel, en as dit waarheid is, staan die saak vas, is hierdie gruwel in Israel gedoen,
dan moet jy dié man of dié vrou wat hierdie verkeerde 7ding gedoen het, na jou 8poorte uitbring — die man of die vrou — en jy moet hulle stenig, dat hulle sterwe.
9cOp die verklaring van twee getuies of drie getuies moet 10die veroordeelde gedood word; hy mag nie gedood word op die verklaring van een getuie nie.
dDie hand van die getuies moet eerste teen hom wees om hom dood te maak, en daarna die hand van die hele volk. So moet jy dan die 11kwaad uit jou midde uitroei.
As ’n saak evir jou te 12swaar is om te beslis oor 13manslag, oor regsaansprake en oor 14verwonding — regsake in jou poorte — dan moet jy klaarmaak en opgaan na die plek wat die HERE jou God sal uitkies;
en jy moet kom na die 15Levitiese priesters 16en na die regter wat daar in dié dae sal wees, en jy moet uitvra; dan sal hulle jou die 17geregtelike uitspraak te kenne gee.
En jy moet handel ooreenkomstig die 18uitspraak wat hulle jou te kenne sal gee, uit dié plek wat die HERE sal uitkies; en jy moet sorgvuldig doen net soos hulle jou sal leer.
Ooreenkomstig 19die wet wat hulle jou leer en volgens die regspraak wat hulle jou sê, moet jy handel; jy mag nie regs of links afwyk van die uitspraak wat hulle jou te kenne gee nie.
En die man wat 20vermetel handel, dat hy nie luister na die priester wat 21staan om daar die HERE jou God te dien, 22of na die regter nie — dié man moet sterwe. So moet jy dan die 23kwaad uit Israel uitroei.
En die hele volk sal dit hoor en vrees en nie meer vermetel handel nie.
As jy kom in die land wat die HERE jou God jou sal gee, en dit in besit neem en daarin woon en dan 24sê: Ek wil ’n koning oor my aanstel soos al die nasies wat rondom my is,
dan moet jy 25sekerlik ’n koning oor jou aanstel wat die HERE jou God sal verkies; uit die midde van 26jou broers moet jy ’n koning oor jou aanstel; jy mag geen uitlander, wat jou broer nie is nie, oor jou aanstel nie.
Hy mag net nie vir hom 27baie perde aanskaf nie, en hy mag die volk nie na Egipte teruglei om baie 28perde aan te skaf nie, aangesien die HERE vir julle gesê het: 29Julle mag nooit meer teruggaan op hierdie pad nie.
Ook mag hy nie baie vroue aanskaf nie, dat sy hart nie 30afwyk nie; hy mag ook vir hom nie uitermate baie 31silwer en goud aanskaf nie.
En as hy op die troon van sy koninkryk sit, moet hy vir hom ’n 32afskrif van hierdie wet in ’n boek skrywe, 33uit dié wat voor die Levitiese priesters lê;
en dit moet by hom wees, en hy moet al die dae van sy lewe daarin lees, dat hy kan leer om die HERE sy God te vrees deur al die woorde van hierdie wet en hierdie insettinge te hou, om dit te doen;
sodat sy hart hom nie verhef oor sy broers nie en hy van die gebod nie regs of links afwyk nie; dat hy die dae kan verleng in sy koninkryk, hy en sy seuns, onder Israel.
| a Lev. 22:20, ens. Deut. 15:21. | 1 Dit is, skaap of bok. Sien Ex. 12:5. Deut. 14:4.
2 Hebr. enige slegte saak, of: enige slegte ding. 3 Hebr. ’n gruwel van die HERE jou God; dit is, wat die HERE as ’n gruwel beskou. So ook in Deut. 18:12 en elders. Soos ’n vloek van die HERE, Deut. 21:23 se kanttekening. |
| b Deut. 13:6. | 4 Dit is, die verbond wat Hy met jou gesluit het, waarin jy jou God gehoorsaamheid belowe het. |
| 5 Of: enige, dit is, een van almal.
6 Maar wel uitdruklik en streng verbied het. |
| 7 Hebr. saak of woord; soos in Deut. 13:11.
8 Waar die openbare byeenkomste en regsake gehou was. Sien Gén. 22:17 se kanttekening. |
| c Núm. 35:30. Deut. 19:15. Matt. 18:16. 2 Kor. 13:1. Hebr. 10:28. | 9 Dit is, op die woord, mond, ens.
10 Hebr. die dooie of sterwende; dit is, wat die dood verdien het, of sal sterwe. Vgl. Gén. 20:3 se kanttekening. |
| d Deut. 13:9. | 11 Sien Deut. 13:5. |
| e 2 Kron. 19:10. Mal. 2:7. | 12 Hebr. eintlik wonderlik, vreemd of verborge; dit is, sodanig dat jy nie ’n uitspraak kan gee nie, of durf vertrou om te oordeel wat reg of verkeerd is nie.
13 Hebr. bloed en bloed, dit is, in sake van doodslag. Sien Gén. 37:26 se kanttekening. 14 Hebr. wond en wond, dit is, in sake van wonde, letsels of ook enige slegte, vreemde plae aan ’n mens se liggaam, miskien ook aan huise, klere, ens. |
| 15 Dit wys skynbaar op die hoëpriester, asook op die hoogste regter. Sien vers 12.
16 Anders: of na die regter. Vgl. vers 12. 17 Of: die woord van die reg of oordeel; dit is, wat in hierdie saak reg is en deur jou geoordeel en uitgespreek behoort te word. |
| 18 Hebr. ooreenkomstig die mond van die woord, dit is, presies en in alles volgens hul uitspraak. |
| 19 Hebr. Ooreenkomstig die mond van die wet. |
| 20 Hebr. in of deur trotsheid of vermetelheid.
21 Sien Deut. 10:8. 22 Volgens wat die aard van die saak sal vereis. 23 Soos in vers 7. |
| 24 Naamlik, wettiglik en vir God behaaglik so besluit, wat nie gebeur het in 1 Sam. 8:5 nie, en daarom die HERE mishaag het, 1 Sam. 8:7; 12:19. |
| 25 Hebr. aanstellende aanstel, dit is, jy mag geen ander aanstel as wat, ens.
26 Dit is, hy moet ’n Israeliet wees. |
| 27 Dit is, nie soveel werk van ruiters en diensknegte maak nie dat hy op sy groot mag vertrou en tot God se oneer sy vertroue daarop stel (soos die heidense en goddelose konings gedoen het), en daardeur homself en sy onderdane deur vermetelheid in gevaar en verdriet bring.
28 Waarvoor Egipte beroemd was. Sien Exodus 14 en 15. Jes. 31:1, 3. Eség. 17:15, ens. 29 Hebr. Julle mag niks meer toevoeg of voortgaan om terug te gaan nie; verstaan om julle te wreek op Egipte, of ’n verbond met hulle te sluit, of slawe daar te word. |
| 30 Naamlik van die HERE.
31 Hier is vers 16 se kanttekening ook van toepassing. |
| 32 Of: duplikaat, kopie, geskryf uit en volgens die oorspronklike wetboek, wat by die priesters in bewaring was, en wat hulle steeds voor oë moes hou om hulle daarna te rig. Vgl. Deut. 31:9, 26.
33 Anders: nemende dié van die aangesig van die Levitiese priesters; dit is, hy sal die wetboek wat by die priesters in bewaring is, laat haal en ’n kopie daarvan skryf of laat skryf. |