Statevertaling – Bybelstigting
Regte van priesters en Leviete.
DIE Levitiese priesters, die hele stam van Levi, mag geen deel of erfenis saam met Israel hê nie; van a1die vuuroffers van die HERE en van sy erfdeel moet hulle eet.
En 2hy mag geen erfdeel hê onder sy broers nie; b3die HERE is sy erfdeel soos Hy hom beloof het.
En dit moet die reg van die priesters wees van die kant van die volk, van die wat ’n slagoffer bring, of dit ’n bees of ’n stuk kleinvee is: hulle moet aan die priester die blad en die twee kakebene en die maag gee.
Die eerstelinge van jou koring, jou mos en jou olie en die eerstelinge van die skeersel van jou kleinvee moet jy aan hom gee.
Want die HERE jou God het hom uit al jou stamme uitverkies, dat hy altyd kan 4staan om te dien in die Naam van die HERE, hy en sy seuns.
En as ’n Leviet uit een van jou poorte kom, uit die hele Israel waar hy as vreemdeling vertoef, en hy na hartelus kom na die plek wat die HERE sal uitkies,
5dan moet hy dien in die Naam van die HERE sy God soos al sy broers, die Leviete, wat daar voor die aangesig van die HERE staan;
6’n gelyke aandeel moet hulle geniet, 7behalwe wat hy verkoop volgens 8familiebesit.
Straf oor die waarsêers.
AS jy kom in die land wat die HERE jou God jou sal gee, moet jy nie leer om volgens die gruwels van daardie 9nasies te doen nie.
Daar mag niemand by jou gevind word cwat sy seun of sy dogter 10deur die vuur laat deurgaan — d11wat met waarsêery, 12goëlery of met verklaring van voortekens of towery omgaan nie,
of 13wat met besweringe omgaan, of wat ’n gees van ’n afgestorwene vra of 14’n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie.
Want elkeen wat hierdie dinge doen, is 15vir die HERE ’n gruwel; en om hierdie gruwels ontwil verdryf die HERE jou God 16hulle voor jou uit.
Opreg moet jy wees met die HERE jou God.
Want hierdie nasies 17wat jy uit hulle besitting verdrywe, luister na goëlaars en waarsêers; maar wat jou aangaan, die HERE jou God 18het jou nie so iets toegelaat nie.
Belofte van ’n groot Profeet.
e19’n PROFEET uit jou midde, uit jou broers, 20soos ek is, sal die HERE jou God vir jou verwek; na Hom moet julle luister —
net soos jy van die HERE jou God by Horeb gevra het toe jy op die dag van die vergadering gesê het: fEk kan die stem van die HERE my God nie langer hoor en hierdie groot vuur nie meer sien nie, anders sterf ek.
Toe het die HERE vir my gesê: 21Dit is goed wat hulle gespreek het.
’n Profeet sal Ek vir hulle verwek uit die midde van hulle broers, soos jy is, en Ek sal my woorde in sy 22mond lê, gen Hy sal aan hulle sê alles wat Ek Hom beveel.
En die man wat nie luister na my woorde wat Hy in my Naam spreek nie, van hom sal Ek self rekenskap afeis.
Maar hdie profeet wat so vermetel is om ’n woord in my Naam te spreek wat Ek hom nie beveel het om te spreek nie, of wat in die naam van ander gode spreek, dié profeet moet sterwe.
En as jy in jou hart sê: Hoe sal ons die woord weet wat die HERE nie gespreek het nie? —
as die profeet in die Naam van die HERE spreek, en 23wat hy gesê het, gebeur nie en kom nie uit nie, dan is dit die woord wat die HERE nie gespreek het nie; deur vermetelheid het die profeet dit gespreek; jy mag 24vir hom nie bang wees nie.
| a Núm. 18:20. Deut. 10:9. 1 Kor. 9:13. | 1 Sien Lev. 1:9 se kanttekening. |
| b Núm. 18:20, ens. Deut. 10:9. Eség. 44:28. | 2 Naamlik die Leviet.
3 Sien Núm. 18:20. Deut. 10:9 se kanttekening. |
| 4 So ook in vers 7. Sien Deut. 10:8 se kanttekening. |
| 5 Of: en as hy dien. En dan in die volgende vers: dan moet hulle ’n gelyke aandeel geniet. |
| 6 Hebr. aandeel soos aandeel.
7 Of: behalwe wat elkeen verkoop; dit is, uitgesonder dit wat hulle besit en sal behou van die prys van hul verkoopte goedere, wat hulle mag terugkoop en deur lossing verkry. Sien Lev. 25:32, 33. 8 Hebr. die vaders. Dit is, aan die vaderlike families of deur die vaderlike families gedoen. Anders: volgens die vaderlike families, waarin die Leviete verdeel is, Númeri 3. Hierdie woorde word deur sommige by die eerste woorde van hierdie vers gevoeg, in hierdie betekenis: ’n gelyke aandeel moet hulle geniet, nogtans so dat elkeen hom voeg by sy vaderlike familie. Anders: slegs van dit wat aan hom gegee is volgens die vaderlike familiebesit. |
| 9 Die Kanaäniete wat daarin woon. |
| c Lev. 18:21.
d Lev. 20:27. 1 Sam. 28:7. Jes. 8:19. |
10 Sien Lev. 18:21 se kanttekening.
11 Hebr. ’n waarsêer van waarseggings, of: raaier van raaisels, voorspeller van voorspellings. 12 Sien Lev. 19:26 se kanttekening. |
| 13 Hebr. wat met beswering sweer of beswering besweer; eintlik: wat koppeling saamkoppel.
14 Sien Lev. 19:31 en 20:6 se kanttekeninge. |
| 15 Hebr. ’n gruwel van die HERE. Sien Deut. 17:1 en die kanttekening.
16 Naamlik die inwoners van Kanaän. |
| 17 Dit is, wie se lande jy in besit sal neem, soos in Deut. 9:1 en elders.
18 Hebr. het jou so nie toegelaat nie, verstaan om te doen. |
| e Joh. 1:46. Hand. 3:22; 7:37. | 19 Verstaan die Here Jesus Christus, Hand. 3:22; 7:37.
20 Nieteenstaande die ewige Godheid, onbevlekte mensheid en die saligmakende amp van onse Here Jesus Christus, mag Hy ewenwel met Moses vergelyk word in die volgende sake: (1) Soos Moses ’n ware mens was, uit die saad van Abraham, so ook Christus. (2) Soos Moses God se volk uit die liggaamlike slawerny van Egipte uitgelei het, so het Christus sy volk verlos van die geestelike slawerny. (3) Soos Moses tussen God en die volk in die verbond van die wet gestaan het, Gal. 3:19, so is Christus die enigste Middelaar tussen God en sy volk in die verbond van die genade. (4) Soos Moses getrou was in die hele huis van God, Hebr. 3:2, so was Christus nog meer getrou in die versorging van sy gemeente, ens. (5) Moses was ’n groot profeet en leraar van die volk; Christus is die Hoof van alle profete, deur wie se Gees Moses en die ander gespreek het, 1 Petr. 1:11. Hier word egter nie die ander profete verstaan nie, soos blyk uit Deut. 34:10, waar gesê word dat geen profeet in Israel opgestaan het soos Moses nie. |
| f Ex. 20:19. Deut. 5:25. Hebr. 12:19. |
| 21 Hebr. Hulle het goed gedoen of goed gemaak, alles wat hulle gespreek het; soos in Deut. 5:28. |
| g Joh. 4:25. | 22 Vgl. hierdie manier van spreek met Ex. 4:15. Deut. 31:19. 2 Sam. 14:3. Ps. 40:4. Jer. 1:9; 5:14, hoewel daar ’n groot onderskeid is tussen hierdie werk van God aan die persoon van Jesus Christus en die diens van sy diensknegte of die dade van ander mense. |
| h Deut. 13:5. Jer. 14:14. |
| 23 Dit is die tweede kenmerk van ’n valse profeet. Sien Deuteronómium 13 oor die eerste kenmerk, wat handel oor die leer.
24 Anders: daarvoor, naamlik vir die woord, profesie. |