Statevertaling – Bybelstigting
Die vrystede.
AS die HERE jou God die nasies uitroei wie se land die HERE jou God jou sal gee, en jy 1hulle uit hul besitting verdrywe en in hulle stede en in hulle huise woon,
adan moet jy vir jou 2drie stede afsonder in jou land wat die HERE jou God jou sal gee om dit in besit te neem.
Jy moet vir jou die 3pad regmaak en jou 4grondgebied wat die HERE jou God jou laat erwe, in 5drie dele verdeel, sodat elkeen wat ’n doodslag begaan het, daarheen kan vlug.
En dit is die 6saak van hom wat ’n doodslag begaan het, wat daarheen vlug, dat hy kan lewe: bhy wat sy naaste sonder opset doodslaan, terwyl hy hom 7van gister en eergister af nie vyandig was nie;
en hy wat saam met sy naaste in die bos gaan om hout te kap en sy hand swaai met die byl om die boom af te kap, 8en die yster glip 9van die steel af en 10tref sy naaste, sodat hy sterwe — hy moet in een van hierdie stede vlug om in die lewe te bly;
sodat die 11bloedwreker hom wat ’n doodslag begaan het, nie agtervolg as sy hart verhit is en hom inhaal — omdat die pad lank is — en hom 12doodslaan nie, terwyl hy 13die dood nie verdien het nie, omdat hy hom van 14gister en eergister af nie vyandig was nie.
Daarom gee ek jou bevel en sê: Drie stede moet jy vir jou afsonder.
En as die HERE jou God jou grondgebied uitbrei, soos Hy aan jou vaders met ’n eed beloof het, en jou die hele land gee wat Hy cbeloof het om aan jou vaders te gee
— as jy sorgvuldig al hierdie gebooie hou wat ek jou vandag beveel om dit te doen, om die HERE jou God lief te hê en altyd in sy weë te wandel — dan moet jy vir jou dnog drie stede by hierdie drie byvoeg,
sodat geen onskuldige bloed vergiet word binne-in jou land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, en 15bloedskuld op jou kom nie.
Maar eas iemand sy naaste vyandig is en hom voorlê en teen hom opstaan en hom 16lewensgevaarlik slaan, sodat hy sterwe, en hy in een van hierdie stede vlug,
dan moet die oudstes 17van sy stad stuur en hom daarvandaan laat haal, en hulle moet hom in die hand van die bloedwreker oorgee, dat hy kan sterwe.
Jou oog mag hom nie verskoon nie, maar jy moet die onskuldige bloed uit Israel wegdoen, dat dit met jou goed kan gaan.
Straf vir grondroof en valse getuienis.
fJOU naaste se grenslyn, deur die 18voorvaders getrek in jou erfdeel wat jy sal erwe in die land wat die HERE jou God jou sal gee om dit in besit te neem, mag jy nie verlê nie.
gEen getuie mag nie teen iemand optree insake enige misdaad of enige sonde, by 19enige misstap wat hy begaan nie; hop die verklaring van twee getuies of op die verklaring van drie getuies sal ’n 20saak van krag wees.
As 21’n kwaadwillige getuie teen iemand optree om van ’n oortreding teen hom te getuig,
dan moet die twee manne wat die regsaak het, gaan staan voor die aangesig van die HERE, voor 22die priesters en die regters wat daar in dié dae sal wees.
En die regters moet terdeë ondersoek doen, en is die getuie 23’n valse getuie, het hy vals teen sy broer getuig,
idan moet julle met hom doen soos hy gedink het om met sy broer te doen; so moet jy dan 24die kwaad uit jou midde uitroei.
En die 25ander moet dit hoor en vrees en nie meer verder by jou so 26iets verkeerds doen nie.
En jou oog mag nie verskoon nie: k27lewe vir lewe, 28oog vir oog, tand vir tand, hand vir hand, voet vir voet.
| 1 Naamlik die nasies. Vgl. Deut. 9:1, ens. |
| a Ex. 21:13. Núm. 35:9, ens. Jos. 20:2. | 2 Vgl. Núm. 35:14. Deut. 4:41. |
| 3 Na daardie stede.
4 Dit is, jou land. 5 Sodat daar in elke derde deel van die land ’n stad op die geskikte plek aangewys kon word, waarheen elkeen wat ’n doodslag in daardie deel begaan het, ten spoedigste sou kon vlug. Sien vers 6. |
| b Ex. 21:13. Deut. 4:41, 42. | 6 Dit is, dit sal die reg van hierdie saak wees, so sal ’n mens dit hanteer. So ook in Deut. 15:2.
7 Dit is, vantevore, soos in Deut. 4:42 en hierna, vers 6. |
| 8 Anders: en dan werp hy.
9 Hebr. uit of van die hout. 10 Hebr. vind. |
| 11 Een van die oorledene se naaste bloedverwante.
12 Hebr. slaan hom aan die siel, dit is, sodat sy siel uit hom uitgaan, of sodat hy hom van sy lewe beneem. Sien Gén. 37:21. So ook hierna in vers 11. Jer. 40:14, 15. 13 Dit is, terwyl hy nie verdien het om tot die dood veroordeel te word of met sy lewe te boet nie, soos in Deut. 21:22. Jer. 26:11, 16. Luk. 24:20. 14 Soos in vers 4. |
| c Gén. 28:13. Deut. 12:20. |
| d Jos. 20:7. |
| 15 Hebr. bloede (in die meervoud). |
| e Gén. 9:6. Ex. 21:12, 14. Lev. 24:17. Núm. 35:16. | 16 Hebr. aan die siel slaan, soos in verse 6, 21 en die kanttekeninge. |
| 17 Dit is, die oudstes van die plek waar die een wat ’n doodslag begaan het woonagtig is, of waar hy tuishoort. |
| f Spr. 22:28. | 18 Hebr. eerstes. |
| g Núm. 35:30. Deut. 17:6. Matt. 18:16.
h Deut. 17:6. Joh. 8:17. 2 Kor. 13:1. Hebr. 10:28. |
19 Of: alle.
20 Of: ’n woord. |
| 21 Hebr. ’n getuie van geweld of van moedswil; dit is, wat óf uit eie moedswil óf deur iemand se aansporing probeer om sy naaste met valsheid te oorrompel, en onreg en geweld aan te doen. |
| 22 Of: die priesters of die regters. Sien Deut. 17:9, 12. |
| 23 Hebr. ’n getuie van valsheid of van leuen. |
| i Spr. 19:5. | 24 Sien Deut. 13:5 se kanttekening. |
| 25 Dit is, die hele volk. Sien Deut. 13:11; 17:13.
26 Hebr. ’n verkeerde woord, ding, saak. |
| k Ex. 21:23. Lev. 24:20. Matt. 5:38. | 27 Hebr. siel vir siel.
28 Sien Lev. 24:20 se kanttekening. |