Statevertaling – Bybelstigting

Deuteronómium 2

1

DAARNA het ons gedraai en weggetrek na die woestyn, 1op pad na die Skelfsee, soos die HERE aan my gesê het, en ons het om die gebergte 2Seïr getrek, baie dae lank.

2

Toe het die HERE met my gespreek en gesê:

3

3Julle het lank genoeg om hierdie gebergte getrek. Draai 4noordwaarts weg

4

en gee aan die volk bevel en sê: Julle gaan trek 5deur die grondgebied van julle broers die 6kinders van Esau wat in Seïr woon, en hulle sal vir julle 7vrees; pas dan goed op;

5

8begeef julle nie in die oorlog teen hulle nie, want Ek sal julle van hulle land selfs nie ’n voetbreed gee nie; want Ek het aan aEsau die gebergte Seïr as ’n besitting 9gegee.

6

10Voedsel moet julle van hulle vir geld koop, dat julle kan eet; en julle moet ook water van hulle vir geld koop, dat julle kan drink.

7

Want die HERE jou God het jou geseën in al die werk van jou hand; Hy 11ken jou trek deur hierdie groot woestyn; nou veertig jaar lank was die HERE jou God 12met jou; geen ding het jou ontbreek nie.

8

Daarop het ons verder getrek, weg van ons broers, die kinders van Esau wat in Seïr woon, weg van die pad deur die Vlakte, weg van 13Elat en Éseon-Geber; ons het toe weggedraai en verder getrek op pad na die woestyn van Moab.

9

Toe het die HERE vir my gesê: Behandel Moab nie as vyand en begeef jou nie in die oorlog teen hulle nie; want Ek sal jou niks van sy land as besitting gee nie, omdat Ek 14Ar aan die kinders van Lot as ’n besitting gegee het.

10

Die 15Emiete het tevore daarin gewoon, ’n volk groot en talryk en hoog van gestalte soos die 16Enakiete.

11

Hulle word ook vir 17Refaïete gehou, soos die Enakiete; maar die Moabiete het hulle Emiete genoem.

12

Ook het die 18Horiete tevore in Seïr gewoon; maar die kinders van Esau het hulle uit hul besitting verdrywe en voor hulle uit verdelg en in hulle plek gaan woon, net soos Israel gedoen het met die 19land van sy besitting wat die HERE aan hulle gegee het.

13

Maak nou klaar en trek oor die spruit 20Sered. Toe het ons oor die spruit Sered getrek.

14

En die dae van ons trek van Kades-Barnéa af totdat ons oor die spruit Sered gegaan het, was agt-en-dertig jaar — totdat die hele geslag, die 21krygsmanne, uit die laer omgekom het 22soos die HERE hulle dit gesweer het.

15

So was die hand van die HERE dan ook teen hulle om hulle uit die laer te vernietig totdat hulle omgekom het.

16

En toe al die krygsmanne heeltemal onder die volk uit weggesterf het,

17

het die HERE met my gespreek en gesê:

18

Jy trek vandag die grens van Moab by 23Ar oor,

19

en jy sal kom in die nabyheid van die kinders van Ammon; behandel hulle nie as vyande en begeef jou nie in die oorlog teen hulle nie; want Ek sal jou niks van die kinders van Ammon se land as besitting gee nie, omdat Ek dit aan die kinders van Lot as besitting gegee het.

20

Dit word ook as ’n land van Refaïete beskou; Refaïete het tevore daarin gewoon, en die Ammoniete het hulle 24Samsummiete genoem —

21

’n volk groot en talryk en hoog van gestalte soos die Enakiete — maar die HERE het dié voor hulle uit verdelg, sodat hulle dié uit hulle besitting verdryf en in hulle plek gaan woon het;

22

soos 25Hy in die geval van die kinders van Esau gedoen het wat in Seïr woon, voor wie Hy die Horiete verdelg het, sodat hulle dié uit hulle besitting verdryf en in hulle plek gaan woon het tot vandag toe.

23

Ook het die 26Kaftoriete wat uit Kaftor afkomstig was, die 27Awiete wat in dorpe tot by 28Gasa gewoon het, verdelg en in hulle plek gaan woon.

24

Maak julle klaar, breek op en trek deur die Arnonrivier. Kyk, Ek gee Sihon, die koning van Hesbon, die Amoriet, en sy land in jou hand; 29begin om in besit te neem, en begeef jou in die oorlog teen hom.

25

Vandag sal Ek begin om 30die skrik en die vrees vir jou op die volke onder die hele hemel te lê, sodat hulle, as hulle die tyding aangaande jou hoor, voor jou sal sidder en bewe van angs.

26

bToe het ek boodskappers gestuur uit die woestyn Kedémot na Sihon, die koning van Hesbon, met 31woorde van vrede om te sê:

27

cLaat my deur jou land gaan; ek sal 32net padlangs trek; ek sal nie regs of links uitdraai nie.

28

Voedsel moet jy my verkoop vir geld, dat ek kan eet; en water moet jy my gee vir geld, dat ek kan drink; laat my net 33te voet deurtrek —

29

soos 34die kinders van Esau wat in Seïr woon, en die 35Moabiete wat in Ar woon, met my gedoen het — totdat ek deur die Jordaan trek in die land wat die HERE onse God aan ons sal gee.

30

Maar Sihon, die koning van Hesbon, wou ons nie 36by hom laat deurtrek nie; want die HERE jou God het sy gees 37verhard en sy hart verstok, dat Hy hom in jou hand kon gee soos dit vandag is.

31

En die HERE het vir my gesê: Kyk, Ek begin om Sihon en sy land 38aan jou oor te gee; begin om in besit te neem, om sy land in besit te neem.

32

dToe het Sihon uitgetrek ons tegemoet, hy en sy hele volk, om te veg by Jahas.

33

En edie HERE onse God het hom aan ons oorgegee, sodat ons hom en sy seuns en sy hele volk verslaan het.

34

En ons het in dié tyd al sy stede ingeneem en elke stad 39met die banvloek getref, manne en vroue en kinders; ons het niemand laat vryraak nie.

35

Net die vee het ons vir ons geroof en die buit van die stede wat ons ingeneem het.

36

Van Ároër af wat aan die 40kant van die Arnonrivier lê, en die stad in die dal, tot by Gílead was daar vir ons geen vesting 41onneembaar nie — die HERE onse God het alles aan ons oorgegee.

37

Net naby die land van die kinders van Ammon het jy nie gekom nie: die 42hele kant van die Jabbokrivier en die stede van die gebergte en alles wat die HERE onse God 43verbied het.

1 Dit is, weer terug na die Rooi See, waardeur hulle gegaan het toe hulle uit Egipte getrek het.

2 Sommige kaarte het, behalwe die gebergte Seïr of die gebergte van die Edomiete, waar hulle eintlik gewoon het en wat geleë is langs die suidgrens van Kanaän, nog ’n ander gebergte van die Rooi See af, wat strek na die eintlike gebergte van Edom en ook genoem die gebergte Seïr en die gebergte van die Amoriete, omdat ’n mens daarlangs gereis het na die Edomiete en Amoriete. Die Israeliete het lank langs hierdie gebergte gereis toe hulle teruggetrek het na die Rooi See, totdat God hulle beveel het om terug te keer na die noorde, verby die land van die Edomiete, en so verder na die land van die Moabiete. Die leser kan verse 3, 4, 8 vergelyk.

3 Hebr. Dit is vir julle baie of genoeg gewees om te trek.

4 Van die Skelfsee, wat in die suide geleë was, weer terug na die land Edom en Moab, om by beide verby te gaan.

5 Die Hebreeuse woord kan ook met langs vertaal word. Vgl. Núm. 20:21 en die kanttekening.

6 Die Amalekiete was wel ook Edomiete, of van Esau afkomstig, Gén. 36:12, maar God het hulle deur ’n besondere verordening uitgesluit. Sien Ex. 17:14. Deut. 25:17-19.

7 Gedagtig aan die leed wat hul voorvader Esau sy broer Jakob of Israel, jul voorvader, vroeër aangedoen het. Of: hulle sal vrees vir jul mag en die hulp van God, wat by julle is. Sien Núm. 22:3.

a Gén. 36:8. 8 Sien verse 9, 19, 24. Die Edomiete, Ammoniete en Moabiete se vyandskap was die oorsaak dat die teendeel naderhand gebeur het. Sien 1 Sam. 14:47. 2 Sam. 8:14. 1 Kon. 11:15, 16. 2 Kon. 8:21. 2 Kron. 20:2, 10, 11. Ps. 83:7-9, ens. Vgl. 2 Sam. 8:2 se kanttekening.

9 Sien Gén. 36:8.

10 Wat julle benewens die hemelse manna sou mog begeer.
11 Dit is, het vir jou gesorg gedurende hierdie hele reis en omswerwing, sodat dit jou aan niks ontbreek het nie. Sien hierdie betekenis in Ps. 1:6; 31:8. Nah. 1:7 en elders.

12 Sien Gén. 21:22 se kanttekening.

13 Die ligging van beide Elat en Éseon-Geber word deur sommige naby die Skelfsee geplaas, wat gewoonlik die Rooi See genoem word.
14 Die hoofstad van die Moabiete. Sien Núm. 21:28 en die kanttekening.
15 Sien Gén. 14:5 se kanttekening, so genoem (soos mense meen) omdat hulle vreesaanjaend en vreeslik was.

16 Sien Núm. 13:22. Deut. 1:28.

17 Hebr. refaïm. Of: reuse. Sien Gén. 14:5 se kanttekening.
18 Sien Gén. 14:6 se kanttekening; Gén. 36:20.

19 Verstaan hier die lande van Sihon en Og, wat reeds deur die kinders van Israel ingeneem was, toe Moses dit gesê of geskryf het.

20 Sien Núm. 21:12.
21 Wat deur God se bevel getel was, wat twintig jaar en ouer was. Sien Núm. 1:3.

22 Sien Núm. 14:21, ens. Deut. 1:35.

23 Sien vers 9.
24 Dit is, gruwelike booswigte, straatskenders, rowers, vir wie almal geskrik het.
25 Naamlik die HERE.
26 Sien Gén. 10:14 se kanttekening.

27 Wat tevore in die land van die Filistyne gewoon het. Sien Jos. 13:3. Vgl. 2 Kon. 17:24, 31.

28 Sien Gén. 10:19 se kanttekening.

29 Hebr. begin, neem in besit.
30 Dit is, waarmee hulle vir julle sal skrik en vrees; so ook in Deut. 11:25.
b Núm. 21:21. Rig. 11:19. 31 Dit is, aanbieding van vrede; met weiering daarvan sou hulle ’n oorsaak van hul eie ondergang wees. Sien Deut. 20:10.
c Núm. 21:21, 22. 32 Of: aanhoudend, reguit voor my, sonder om my van die pad af te begewe, soos die volgende woorde uitwys. Hebr. in die pad, in die pad.
33 Sien dieselfde manier van spreek in Núm. 20:19. Rig. 4:15, 17. 2 Sam. 15:30.
34 Verstaan dit van die verkoop van brood en water, dit is, spys en drank; want hulle het Israel deurtog geweier, Núm. 20:18. Rig. 11:17.

35 Hulle het Israel wel nie met brood of water tegemoetgegaan nie (sien Deut. 23:4), maar dit ewenwel moontlik aan hulle verkoop, en hul immers nie van hul grense verdryf nie.

36 Of: deur hom, dit is, deur sy land.

37 Sien Ex. 4:21 se kanttekening.

38 Sien Deut. 1:8 se kanttekening.
d Núm. 21:23.
e Deut. 29:7.
39 Dit is, ons het hulle ten ene male verdelg en uitgeroei. So word hierdie woord ook gebruik in Deut. 3:6; 7:2, en elders. Hierdie verbanning moes geskied met almal wat hardnekkig in vyandskap en afgodery gebly het. Vgl. Deuteronómium 20 en Jos. 6:17, 18, 21; 9:18, 19. 1 Kon. 20:42, en elders.
40 Hebr. lip.

41 Of: geen vesting wat hom teen ons kon beskerm nie.

42 Hebr. die hele hand of sy van die Jabbokrivier en die stede, ens.

43 Hebr. gebied, dit is, verbied. Sien oor hierdie gebruik van die woord gebied Lev. 4:2 en Deut. 4:23 se kanttekeninge. Hoewel ’n mens hierdie woorde ook as volg kon vertaal: wat die HERE ons gebied het, naamlik, dat ons nie daar naby sou kom nie.