Statevertaling – Bybelstigting
Oorlogswette.
AS jy na die oorlog uittrek teen jou vyand en perde en strydwaens sien, ’n volk meer in getal as jy, dan moet jy vir hulle nie vrees nie; want die HERE jou God wat jou uit Egipteland laat optrek het, is met jou.
En as julle na die geveg kom, moet die priester nader kom en die volk toespreek;
en hy moet aan hulle sê: Hoor, Israel, julle trek vandag nader om te veg teen julle vyande; laat julle hart nie week word nie, wees nie bevrees en beangs en word nie verskrik vir hulle nie;
want dit is die HERE julle God wat saam met julle trek om vir julle te stry teen julle vyande, om aan julle die oorwinning te gee.
Dan moet die opsigters die volk toespreek en sê: 1Wie is die man wat ’n nuwe huis gebou en dit nie 2ingewy het nie? Hy kan teruggaan huis toe, dat hy nie in die oorlog sterwe en iemand anders dit inwy nie.
En wie is die man wat ’n wingerd geplant aen dit 3nie in gebruik geneem het nie? Hy kan teruggaan huis toe, dat hy nie in die oorlog sterwe en iemand anders dit in gebruik neem nie.
En wie is die man bwat hom met ’n vrou verloof en haar nie geneem het nie? Hy kan teruggaan huis toe, dat hy nie in die oorlog sterwe en iemand anders haar neem nie.
Dan moet die opsigters verder die volk toespreek en sê: cWie is die man wat bevrees en week van hart is? Hy kan teruggaan huis toe, dat die hart van sy broers nie 4smelt soos sy hart nie.
En as die opsigters die volk klaar toegespreek het, moet leërowerstes 5aan die hoof van die volk aangestel word.
As jy naby ’n stad kom om daarteen te veg, 6moet jy dit vrede aanbied.
En as dit jou ’n antwoord van vrede gee en vir jou oopmaak, moet die hele volk wat daarin gevind word, aan jou dienspligtig wees en jou dien.
Maar as dit geen vrede met jou sluit nie, maar oorlog teen jou wil voer, moet jy dit beleër.
En die HERE jou God sal dit in jou hand gee, en jy moet al die manne daarin met 7die skerpte van die swaard verslaan;
net die vroue en die kinders en die vee en alles wat in die stad is — die hele buit moet jy vir jou roof; en jy moet die buit van jou vyande eet wat die HERE jou God jou gegee het.
So moet jy met al die stede maak wat baie ver van jou af is, wat nie by die stede van 8hierdie nasies behoort nie.
Maar van die stede van hierdie volke wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, dmoet jy 9niks wat asem het, laat lewe nie.
Maar jy moet hulle 10heeltemal met die banvloek tref: die Hetiete en Amoriete, die Kanaäniete en Feresiete, die Hewiete en Jebusiete, soos die HERE jou God jou beveel het;
sodat hulle julle nie leer om te handel volgens al hulle gruwels wat hulle vir hul gode gedoen het, en julle teen die HERE julle God sondig nie.
As jy ’n stad baie lank beleër deur oorlog daarteen te voer om dit te verower, moet jy sy bome nie verwoes deur die byl daarteen te swaai nie; maar jy mag daarvan eet en mag dit nie afkap nie; 11want 12is die bome van die veld dan mense, dat 13hulle 14deur jou in beleëring moet kom?
Net bome waarvan jy weet dat dit geen vrugtebome is nie, dié mag jy verwoes en afkap; en jy moet teen die stad wat teen jou oorlog voer, ’n skans bou totdat dit val.
| 1 Dit is, diegene wat ’n nuwe huis gebou het, ens. Vgl. 2 Sam. 20:11. 2 Kron. 36:23. Esra 1:3 se kanttekening. Ps. 34:13, ens.
2 Dit is, dit nie begin bewoon het nie; vir welke doel die inwyding deur gebede en danksegginge geskied het. Vgl. Neh. 12:27, ens. Ps. 30:1. |
| a Lev. 19:23-25. | 3 Hebr. nie ontheilig het nie, dit is, hy kon self nog geen vrugte daarvan geniet nie, omdat die vrugte van die wingerd nog verbode was en die eerste vrugte aan die HERE gebring moes word. Sien die wet hiervan in Lev. 19:23-25. So ook in Jer. 31:5. |
| b Deut. 24:5. |
| c Rig. 7:3. | 4 Sien Deut. 1:28 se kanttekening. |
| 5 Hebr. in of aan. |
| 6 Hebr. jy moet dit roep tot vrede of tot dit roep van vrede; dit is, jy sal die stad eers deur boodskappers uitnooi tot vrede, deur aan te bied om lewens en besittings te verskoon. |
| 7 Hebr. aan die mond van die swaard. |
| 8 Verstaan wat in die land Kanaän gewoon het, wat die HERE beveel het om te verban, soos hierna beskryf word. |
| d Núm. 33:52. Deut. 7:1, 2. | 9 Hebr. geen asem laat lewe nie. |
| 10 Hebr. verbannende verban. Sien Deut. 2:34 se kanttekening. |
| 11 Dit is, hoewel die bome van die veld algemeen is, sal jy nogtans die vrugtebome spaar; aangesien daar genoeg ander bome sal wees om af te kap en skanse mee te maak, soos in die volgende vers nader verklaar word. Die laaste woorde van hierdie 19de vers word baie verskillend vertaal.
12 Of: vir die mens is die boom van die veld, dit is, vir die mens se lewe en onderhoud. 13 Naamlik die vrugtebome; jy moet dit nie afkap om ’n skans daarmee te maak nie. 14 Hebr. van jou aangesig in die beleëring kom. |