Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Deuteronómium 21

Versoening van doodslag deur ’n onbekende hand.

1

AS hulle in die land wat die HERE jou God jou sal gee om dit in besit te neem, een vind wat dood in die veld lê, sonder dat dit bekend is wie hom gedood het,

2

dan moet jou oudstes en jou regters uitgaan en die afstand meet na die stede wat rondom die een lê wat gedood is.

3

En die stad wat die naaste lê aan hom wat gedood is — die oudstes van dié stad moet ’n jong koei neem waarmee nie gewerk is nie, wat nie in ’n juk getrek het nie.

4

En die oudstes van dié stad moet die koei afbring in ’n 1dal met standhoudende water waarin nie gewerk of gesaai word nie; en hulle moet daar in die dal die koei se nek breek.

5

Dan moet die priesters, die seuns van Levi, aankom; want die HERE jou God het hulle uitverkies om Hom te dien en om 2in die Naam van die HERE te seën, en volgens hulle 3uitspraak moet elke saak van twis en verwonding 4afgehandel word.

6

En al die oudstes van dié stad wat die naaste woon aan hom wat gedood is, moet hulle hande was oor die koei waarvan die nek in die dal gebreek is;

7

en hulle moet verklaar en sê: Ons hande het hierdie bloed nie vergiet nie, en ons oë 5het dit nie gesien nie.

8

Doen versoening vir u volk Israel wat U, o HERE, verlos het, en 6laat geen onskuldige bloed op u volk Israel rus nie, en laat 7die bloedskuld vir hulle versoen word.

9

En jy sal die onskuldige bloed uit jou midde verwyder as jy doen wat reg is in die oë van die HERE.

Oor krygsgevange vroue.

10

AS jy na die oorlog uittrek teen jou vyande en die HERE jou God hulle in jou hand gee en jy 8hulle gevangenes wegvoer,

11

en jy onder die gevangenes ’n vrou sien wat skoon van gestalte is, en jy haar liefkry en haar as vrou vir jou neem,

12

dan moet jy haar 9in jou huis inbring; en sy moet haar hoof skeer en haar naels 10knip.

13

En sy moet die 11klere waarin sy weggevoer is, uittrek en in jou huis bly en haar vader en haar moeder 12’n maand lank beween; en daarna kan jy by haar ingaan en met haar trou, en sy sal jou vrou wees.

14

En as jy geen behae in haar het nie, moet jy haar volgens haar 13begeerte laat gaan; maar jy mag haar 14glad nie vir geld verkoop nie; jy mag haar nie 15hard behandel nie, omdat jy haar 16onteer het.

Die eersgeboortereg.

15

AS ’n man twee vroue het, een wat hy liefhet en 17een wat hy nie liefhet nie, en hulle baar vir hom seuns, sowel die geliefde as die nie-geliefde vrou, en die eersgebore seun behoort aan die nie-geliefde vrou,

16

dan mag hy, op die dag as hy sy seuns sy besittings laat erwe, nie die eersgeboortereg aan die seun van die geliefde vrou gee 18tot nadeel van die seun van die nie-geliefde vrou, die eersgeborene, nie.

17

Maar hy moet die eersgeborene, die seun van die nie-geliefde vrou, 19erken adeur aan hom ’n 20dubbele deel te gee van alles wat hy besit; want hy is bdie eersteling van sy krag: die 21eersgeboortereg is syne.

Oor wederstrewige kinders.

18

AS iemand ’n koppige en wederstrewige seun het, wat nie luister na die stem van sy vader en na die stem van sy moeder nie, en hulle hom tugtig, maar hy na hulle nie luister nie,

19

dan 22moet sy vader en sy moeder hom neem en hom uitbring na die oudstes van 23sy stad en na die 24poort van sy woonplek,

20

en hulle moet aan die oudstes van sy stad sê: Hierdie seun van ons is koppig en wederstrewig, hy luister nie na ons stem nie, hy is ’n deurbringer en dronkaard.

21

Dan moet al die manne van sy stad hom stenig, dat hy sterwe. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei, en die hele Israel sal dit hoor en vrees.

Begrafnis van die wat ter dood gebring is.

22

EN as in iemand 25’n sonde is wat die doodstraf verdien en hy gedood word en jy hom aan ’n paal ophang,

23

dan mag sy lyk nie aan die paal oornag nie, maar jy moet hom 26sekerlik dié dag nog begrawe; want een wat opgehang is, is 27deur cGod vervloek. En jy mag jou land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, nie verontreinig nie.

1 Of: rowwe dal, dan dien hierdie omstandighede volgens die mening van sommige daartoe om die gruwelikheid van die doodslag enigsins af te beeld en mense daarvan af te skrik.
2 Sien Deut. 10:8 se kanttekening.

3 Hebr. mond, dit is, volgens hulle woord, wat hulle sê.

4 Hebr. wees of word.

5 Dit is, het nie gesien dat dit vergiet word nie.
6 Dit is, wil u hele volk nie hierdie doodslag van ’n onskuldige toereken of daarvoor straf nie.

7 Dit is, sodat hulle van die skuld van hierdie doodslag bevry sal wees, dat dit hulle nie toegereken word nie.

8 Hebr. sy gevangenis, en so in dit wat volg.
9 Hebr. in die midde van jou huis, soos in Deut. 22:2 se kanttekening.

10 Hebr. doen, maak, dit is, gereedmaak, voorberei. In hierdie betekenis word die Hebreeuse woord ook gevind in 2 Sam. 19:24 se kanttekening. Al hierdie seremonies wat in hierdie en in die volgende vers beskryf word, soos die skeer van die hoof, die sny of skoonmaak van die naels, die uittrek van die vorige heidense klere, die beween van haar ouers, ens., was ’n teken van die aflegging en verlating van die vorige heidense afgodiese bestaan, die aanneming van die ware godsdiens en die inlywing in God se volk. Vgl. Ps. 45:11. Sommige, wat meen dat hierdie dinge daartoe gedien het om die man van hierdie huwelik afkerig te maak, vertaal dit met: naels laat groei.

11 Dit is, die heidense klere waarin sy weggevoer is.

12 Hebr. ’n maand van dae. Sien Gén. 29:14 se kanttekening. So ook ’n jaar van dae, dit is, ’n volle jaar. Sien Gén. 41:1 se kanttekening.

13 Hebr. siel.

14 Hebr. verkopende nie verkoop nie.

15 Vgl. Deut. 24:7.

16 Of: verneder, geskend, by haar geslaap het.

17 Dit is, wat hy minder liefhet as die ander een. Vgl. Gén. 29:31.
18 Dit is, in die plek. Anders: voor die aangesig van die nie-geliefde seun, dit is, deur hom in sy teenwoordigheid en asof onder sy oë te laat verbygaan, tot sy beskaming en nadeel.
a 1 Kron. 5:1.

b Gén. 49:3.

19 Dit is, hy sal daadwerklik bewys dat hy hom as die eersgeborene beskou.

20 Of: twee dele. Hebr. mond van twee. Vgl. 2 Kon. 2:9 en die kanttekening. Net so ook Sag. 13:8.

21 Sien Gén. 25:31 se kanttekening.

22 Anders: mag.

23 Naamlik, waar die seun woon.

24 Sien Gén. 22:17 se kanttekening.

25 Hebr. ’n sonde, ’n oordeel van dood. Sien Deut. 19:6 en die kanttekening.
c Gal. 3:13. 26 Hebr. begrawende begrawe.

27 Hebr. ’n vloek van God, soos in Deut. 17:1 ’n gruwel van die HERE. Dit verwys wel in die algemeen na die misdade, wat gruwelik is in die oë van die HERE; maar in die besonder op die voorneme van God aangaande ons Saligmaker Jesus Christus, wat vir ons, wat vanweë die sonde onder die vloek was, die vloek sou dra, en tot teken en sekerheid daarvan aan die hout gehang sou word. Sien Gal. 3:13. 1 Petr. 2:24.