Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Deuteronómium 22

Oor goed wat wegraak.

1

JY mag die a1bees van jou broer of sy stuk kleinvee nie sien 2ronddwaal en jou vir hulle 3verberg nie; jy moet hulle 4sekerlik na jou broer terugbring.

2

En as jou broer 5nie naby jou is nie en jy hom nie ken nie, moet jy 6dit 7in jou huis neem, en dit moet by jou wees totdat jou broer dit soek; dan moet jy dit aan hom teruggee.

3

So moet jy ook doen met sy esel, en so moet jy doen met sy kleed, ja, so moet jy doen met alles wat van jou broer 8wegraak, wat hy verloor en wat jy vind; 9jy mag jou nie verberg nie.

4

Jy mag die esel van jou broer of sy bees nie sien val op die pad en jou vir hulle verberg nie; saam met 10hom moet jy hulle 11sekerlik ophelp.

Verbode samevoeginge.

5

’n Vrou mag geen 12mansklere dra nie, en ’n man mag geen vrouensklere aantrek nie; want almal wat dit doen, is 13vir die HERE jou God ’n gruwel.

6

As jy op pad ’n voëlnes kry in een of ander boom of op die grond, met klein voëltjies of eiers, terwyl die moeder op die klein voëltjies of op die eiers 14sit, mag jy die moeder nie saam met die 15kleintjies wegneem nie.

7

Jy moet die moeder 16sekerlik laat wegvlieg, maar die kleintjies mag jy vir jou neem, dat dit met jou goed kan gaan en jy die dae kan verleng.

8

As jy ’n nuwe huis bou, moet jy ’n 17leuning aan jou dak maak, sodat jy geen 18bloedskuld op jou huis bring as iemand daarvan afval nie.

9

Jy mag in jou wingerd nie 19twee soorte saad bsaai nie, anders 20verval die 21volle opbrings aan die heiligdom: die saad wat jy saai en die opbrings van die wingerd.

10

Jy mag nie met ’n os en ’n esel tegelyk ploeë nie.

11

22Jy mag geen gemengde stof, wol en linne tegelyk, aantrek nie.

12

c23Klossies moet jy vir jou maak aan die vier 24hoeke van jou 25kleed waar jy jou mee toemaak.

Beskuldigde vroue.

13

AS ’n man ’n vrou neem en by haar ingaan en haar dan haat

14

en haar slegte 26dinge nagee en ’n slegte gerug oor haar versprei en sê: Hierdie vrou het ek geneem, en toe ek naby haar kom, het ek die maagdom nie aan haar gevind nie,

15

dan moet die vader en die moeder van die dogter die 27bewys van die dogter se maagdom neem en na die oudstes van die stad by die poort uitbring.

16

En die vader van die dogter moet aan die oudstes sê: Ek het my dogter aan hierdie man as vrou gegee, maar hy het haar gehaat;

17

en kyk, hy het haar slegte dinge nagegee deur te sê: Ek het aan jou dogter die maagdom nie gevind nie — maar dit is die bewys van my dogter se maagdom. En 28hulle moet die kledingstuk voor die oudstes van die stad uitsprei.

18

Dan moet die oudstes van dié stad die man neem en hom tugtig

19

en hom ’n boete van honderd 29sikkels silwer oplê en dit aan die vader van die dogter gee, omdat 30hy ’n slegte gerug oor ’n jongmeisie van Israel versprei het. Verder moet sy sy vrou wees; hy mag haar nie verstoot solank as hy lewe nie.

20

Maar as 31hierdie woord waarheid is: Die maagdom is aan die dogter nie gevind nie —

21

dan moet hulle die dogter na die deur van haar vader se huis uitbring, en die manne van haar stad moet haar stenig, dat sy sterwe, omdat sy ’n skanddaad in Israel begaan het deur in die huis van haar vader te hoereer. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.

Ongeoorloofde betrekkinge.

22

d32AS ’n man betrap word terwyl hy met ’n getroude vrou gemeenskap het, moet hulle altwee sterwe: die man wat met die vrou gemeenskap gehad het, en die vrou. So moet jy dan die kwaad uit Israel uitroei.

23

As ’n dogter, ’n jongmeisie, aan ’n man verloof is, en iemand kry haar in die stad en hou met haar gemeenskap,

24

dan moet julle hulle twee na die poort van dié stad uitbring en hulle stenig, dat hulle sterwe; die dogter, omdat sy in die stad nie geskreeu het nie, en die man, omdat hy die vrou van sy naaste 33onteer het. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.

25

Maar as die man die verloofde dogter in die veld kry en die man haar aangryp en met haar gemeenskap het, moet die man wat met haar gemeenskap gehad het, alleen sterwe;

26

maar aan die dogter moet jy 34niks doen nie: daar is in die dogter 35geen sonde wat die dood verdien nie; want soos wanneer ’n man teen sy naaste opstaan en 36hom doodslaan, 37so is hierdie geval.

27

Want hy het haar in die veld gekry; die verloofde dogter het geskreeu, maar daar was niemand om haar te help nie.

28

As ’n man ’n dogter, ’n jongmeisie, kry wat nie verloof is nie, en haar aangryp en met haar gemeenskap het, en hulle 38word betrap,

29

dan moet die man wat met haar gemeenskap gehad het, die vader van die dogter evyftig 39sikkels silwer gee; en sy moet sy vrou wees, omdat hy haar onteer het; hy mag haar nie verstoot solank as hy lewe nie.

30

’n Man mag die vrou van sy vader nie neem nie, en hy mag 40die kombers van sy vader nie oplig nie.

a Ex. 23:4. 1 Dit is, grootvee.

2 Naamlik afdwaal van die pad of van hul kudde, en daarom ronddwaal.

3 Dit is, onttrek, terwyl jy maak asof jy hulle nie gesien het nie, hulle laat voortdwaal. So ook in verse 3, 4.

4 Hebr. terugbringende terugbring.

5 Dit is, te ver van jou af woon.

6 Hebr. hom, naamlik die bees, waarmee ook die kleinvee verstaan word, en so in die volgende woorde.

7 Hebr. in die midde van jou huis neem, dit is, nie buite laat bly nie. Vgl. Rig. 19:15.

8 Hebr. die verlies.

9 Of: dit mag nie verberg word nie.

10 Naamlik jou broer, wat jy moet help met die ophelp van sy dier.

11 Hebr. ophelpende ophelp.

12 Hebr. tuig, gereedskap van ’n man; in die Hebreeus staan ’n woordjie waarvan te sien is in Lev. 15:4 en die kanttekening.

13 Hebr. ’n gruwel van die HERE jou God. Sien Deut. 17:1 se kanttekening.

14 Hebr. .

15 Hebr. kinders; en so ook in die volgende vers.

16 Hebr. wegvliegende laat wegvlieg.
17 Omdat die dakke in die Joodse land so plat was dat ’n mens daarop kon loop. Sien Rig. 16:27. 1 Sam. 9:25, 26. 2 Sam. 11:2. Neh. 8:17. Jer. 19:13. Matt. 10:27; 24:17. Mark. 2:4. Hand. 10:9.

18 Hebr. bloede (in die meervoud).

b Lev. 19:19. 19 Soos mense in daardie lande gewoond was om verskeie soorte sade tussen die wingerdstokke te saai, soos rog, koring, gars, ens.

20 Anders: word die volle opbrings geheilig, naamlik vir die HERE, en as sodanig val dit die priesters ten deel, sodat jy self nie daarvan mag geniet nie, omdat jy teen die bevel van die HERE gehandel het. Sien Deut. 20:6 se kanttekening. Anders: word die volle opbrings vir jou ontheilig of verontreinig.

21 Dit is, die volryp vrugte van daardie saad. Sien Ex. 22:29.

22 Sien Lev. 19:19.
c Núm. 15:38. Matt. 23:5. 23 Vgl. Núm. 15:38, 39. Matt. 23:5. Anders: some, boordjies, fraiings, bandjies.

24 Hebr. vleuels.

25 Hebr. deksel.

26 Of: stukke, dade, uitvindsels, versinnings.
27 Sien ’n nader verklaring hiervan in vers 17.
28 Naamlik, die vader en moeder.
29 Sien Gén. 20:16 en 23:15 se kanttekeninge.

30 Naamlik, die man van die jongmeisie.

31 Of: hierdie saak.
d Lev. 20:10. 32 Dit is, as dit bevind word dat iemand met ’n getroude vrou gemeenskap gehad het.
33 Soos in Deut. 21:14 en hierna, vers 29.
34 Hebr. geen ding, geen woord nie.

35 Dit is, geen skuld wat die dood verdien nie. Vgl. Deut. 21:22 se kanttekening.

36 Hebr. sy siel doodslaan, dit is, (soos die Heilige Skrif dikwels spreek) hom om die lewe bring, dit is, hom só slaan dat hy hom die lewe ontneem.

37 Dit is, met hierdie geval is dit ook so. Soos die man wat vermoor is deur geweld, onskuldig is, so is ook die dogter wat met geweld verkrag word, onskuldig.

38 Dit is, word ontdek, hul misdaad word geopenbaar.
e Ex. 22:16. 39 Sien vers 19 se kanttekening.
40 Anders: die soom van die kleed, dit is, die kleed van sy stiefmoeder. Sien Lev. 18:7, 8 en die kanttekeninge. Deut. 27:20. Die betekenis is: Jy mag nie met jou stiefmoeder gemeenskap hê nie.