Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Deuteronómium 23

Wie nie in die vergadering van die HERE mag kom nie.

1

HY wat deur verbryseling vermink of van wie die manlike deel afgesny is, mag 1in die vergadering van die HERE nie kom nie.

2

2Geen baster mag in die vergadering van die HERE kom nie; selfs sy tiende geslag mag in die vergadering van die HERE nie kom nie.

3

Geen aAmmoniet of Moabiet mag in die vergadering van die HERE kom nie; selfs hulle tiende geslag mag nooit in die vergadering van die HERE kom nie;

4

omdat hulle julle, by jul uittog uit Egipte, nie 3met brood en water op die pad tegemoetgekom het nie; en omdat 4hy bBíleam, die seun van Beor, uit Petor in 5Mesopotámië, teen jou gehuur het om jou te vloek.

5

Maar die HERE jou God wou nie na Bíleam luister nie; maar die HERE jou God het vir jou die vloek in ’n seën verander, omdat die HERE jou God jou liefgehad het.

6

Jy mag hulle 6vrede en hulle geluk solank as jy lewe, vir ewig nie soek nie.

7

Die 7Edomiet moet jy nie as ’n gruwel beskou nie, want hy is 8jou broer; die Egiptenaar moet jy nie as ’n gruwel beskou nie, want jy was ’n vreemdeling in sy land.

8

Kinders wat vir hulle in die derde geslag gebore word, mag in die vergadering van die HERE kom.

Die reinheid van die laer.

9

WANNEER jy as leër teen jou vyande uittrek, pas dan op vir enigiets wat verkeerd is.

10

As daar iemand by jou is wat weens ’n 9voorval by nag nie rein is nie, moet hy buitekant die laer uitgaan; hy mag nie in die laer inkom nie.

11

Maar as die aand aankom, moet hy hom in die water bad; en teen sonsondergang mag hy in die laer inkom.

12

Jy moet buitekant die laer ’n 10plek hê, en daarheen moet jy uitgaan.

13

En jy moet 11by jou gereedskap ’n grafie hê; as jy dan buitekant 12gaan sit, moet jy daarmee grawe en wat van jou uitgegaan het, weer toemaak.

14

Want die HERE jou God 13wandel midde-in jou laer om jou te red en jou vyande 14aan jou oor te gee; daarom moet jou laer heilig wees, sodat 15Hy 16niks skandeliks by jou mag sien en Hom van jou afwend nie.

Ontvlugte slawe, hoere, rente, ens.

15

JY mag ’n slaaf wat van 17sy heer na jou ontsnap het, nie aan sy heer oorlewer nie.

16

Hy moet by jou 18bly, in jou midde, in die plek wat hy in een van jou 19poorte uitkies, waar dit vir hom goed is; jy mag hom nie verdruk nie.

17

Daar mag geen hoer uit die dogters van Israel wees nie; en daar mag geen 20skandseun uit die seuns van Israel wees nie.

18

Jy mag geen hoereloon of 21hondeprys in die huis van die HERE jou God as enige gelofte-offer bring nie; want dié altwee is vir die HERE jou God ’n gruwel.

19

Jy mag jou broer geen c22rente oplê nie, rente van geld, rente van eetware, rente van enigiets wat ’n mens teen rente uitleen nie.

20

Die uitlander 23mag jy rente oplê, maar jou broer mag jy geen rente oplê nie, sodat die HERE jou God jou kan seën 24in alles waar jy jou hand aan slaan in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.

21

As jy aan die HERE jou God d’n gelofte doen, moet jy nie versuim om dit te betaal nie; want die HERE jou God sal dit 25sekerlik van jou eis, en dit sal 26sonde in jou word.

22

Maar as jy nalaat om te belowe, sal dit geen sonde in jou wees nie.

23

27Wat oor jou lippe gaan, moet jy hou en doen soos jy aan die HERE jou God vrywillig beloof het — wat jy met jou mond gespreek het.

24

As jy in die wingerd van jou naaste kom, mag jy 28na hartelus volop druiwe eet, maar in jou tas mag jy niks steek nie.

25

As jy in die eongesnyde graan van jou naaste kom, mag jy met jou hand 29are afpluk; maar ’n sekel mag jy nie 30swaai in die ongesnyde graan van jou naaste nie.

1 Dit is, volgens die meeste se mening, mag hulle nie hul stem laat hoor in openbare vergaderings nie, ook nie ’n plek in die raad van die regeerders, regters of offisiere van die volk, wat ook ’n vergadering van God genoem word, hê nie, Ps. 82:1. So was iemand wat enige gebrek aan sy liggaam gehad het ook nie tot die priesteramp toegelaat nie, Lev. 21:17, ens. Die rede vir hierdie wet kan wees: deels omdat sulke mense gewoonlik kleinmoedig is, deels omdat dit tot verwyt en geringskatting van die amp sou mag strek. Van die byeenkomste van die gemeente tot die openbare godsdiens kan dit nie verstaan word nie, omdat daar selfs ook vreemdelinge toegelaat was (mits hulle besny was), Ex. 12:48. Lev. 22:18. Núm. 9:14; 15:15. Daarteenoor mog die Ammoniete en Moabiete geensins kom in die vergadering waarvan hier en in dit wat volg gespreek word nie, soos volg in vers 3.
2 Soos Jefta was, Rig. 11:1, 2, wat in die nood, buite die gewone orde, daartoe gebruik en deur God geseën is.
a Neh. 13:1.
b Núm. 22:3-5, ens. 3 Sien Deut. 2:28.

4 Naamlik die Moabiet, Núm. 22:3-5, ens.

5 Hebr. Aram Naharajim, dit is, Sírië van die twee riviere. Sien Gén. 24:10 se kanttekening.

6 Dit is, voorspoed, welstand.
7 Die Amalakiete word hier egter uitgesonder. Sien Deut. 25:17 se kanttekening.

8 ’n Nakomeling van Esau, wat die broer van jou voorvader Jakob was.

9 Sien Lev. 15:4, 16, 17.
10 Hebr. hand, welke woord ook gebruik word vir ruimte, kant, plek, omvang, ens. Sien Spr. 8:3. Jes. 57:8 se kanttekening.
11 Of: op jou wapens.

12 Dit is, om jou te ontlas.

13 Sien Lev. 26:12 se kanttekening.

14 Sien Deut. 1:8 se kanttekening.

15 Naamlik die HERE.

16 Hebr. geen naaktheid of skandelikheid van enige ding nie, dit is, niks oneerbaars, onreins, wat die eerbaarheid nie toelaat om onbedek te laat nie.

17 Wat hom getiranniseer het.
18 Nadat jy van die saak kennis geneem en bevind het dat hy om genoegsame redes by sy heer weggegaan het; tensy jy hom met sy heer sou kon versoen en hom terugstuur. Sommige verstaan dit slegs van die slawe van omliggende volke, wat die slawe met onmenslike wreedheid na hulle begeertes behandel het.

19 Dit is, stede of woonplekke; waar dit hom die beste sal pas of wat geskik sal wees.

20 Dit is, wat hom deur manspersone laat verontreinig. Sien Gén. 19:5. Lev. 18:22. 1 Kon. 14:24; 22:47. 2 Kon. 23:7. Rom. 1:27.
21 Dit is, geld wat verdien is met die gruwelike sonde van die onkuisheid wat in die voorgaande vers vermeld is. Vgl. 2 Sam. 3:8 se kanttekening. Openb. 22:15. Sommige verstaan dit eintlik as die prys waarvoor ’n hond, as ’n onrein dier, verkoop is.
c Ex. 22:25. Lev. 25:36. Neh. 5:2, ens. Luk. 6:34, 35. 22 Sien Lev. 25:36 se kanttekening.
23 Dit is, sal jy mag rente oplê. Omdat hulle nie soos die arme Israeliete deur armoede nie, maar vir hul koophandel en nering met die Jode gehandel het.

24 Hebr. in alle uitstrekking of aanslag van jou hand.

d Núm. 30:2. 25 Hebr. eisende eis.

26 Dit is, dit sal jou tot sonde gereken en sal gestraf word. So ook in Deut. 15:9.

27 Hebr. Die uitgang van jou lippe.
28 Hebr. na jou siel, dit is, na jou begeerte, soos dikwels tevore.
e Matt. 12:1. 29 Sien ’n voorbeeld daarvan by Christus se apostels, Matt. 12:1.

30 Of: herwaarts en derwaarts laat gaan, slaan.