Statevertaling – Bybelstigting
Die skeibrief en die hertrou.
AS ’n man ’n vrou neem en met haar trou, en as sy dan geen guns in sy oë vind nie, omdat hy 1iets skandeliks aan haar ontdek het, 2en hy haar ’n a3skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur,
en sy uit sy huis uittrek en weggaan en ’n ander man s’n word,
en dié laaste man haar haat en haar ’n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur, of as dié laaste man sterwe wat haar vir hom as vrou geneem het —
dan mag haar eerste man wat haar weggestuur het, haar nie 4weer neem, dat sy sy vrou word 5nadat sy onrein geword het nie; want dit is ’n gruwel voor die aangesig van die HERE, en jy mag op 6die land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, geen skuld laai nie.
As ’n man bpas getroud is, hoef hy nie 7op kommando uit te trek nie, en 8hulle moet hom in geen enkele opsig iets oplê nie; een jaar lank moet hy 9vry wees vir sy huis en aan sy vrou wat hy geneem het, vreugde verskaf.
Pande, menseroof en melaatsheid.
NIEMAND mag die 10handmeul of die 11boonste maalklip as pand neem nie, want 12hy neem 13die lewe as pand.
As iemand betrap word wat 14’n persoon uit sy broers, uit die kinders van Israel, csteel en hom hard behandel en hom verkoop, dan moet dié dief sterwe. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.
Neem jou in ag by die plaag van melaatsheid om baie noukeurig te handel volgens alles wat die Levitiese priesters julle sal leer; soos dek hulle beveel het, moet julle dit sorgvuldig hou.
Dink aan wat die HERE jou God op die pad, by julle uittog uit Egipte, aan eMirjam gedoen het.
As jy aan jou naaste 15enigiets leen, mag jy in sy huis nie ingaan om sy pand te gaan haal nie;
buite moet jy bly staan, en die man aan wie jy geleen het, moet die pand vir jou buitentoe uitbring.
En as hy ’n arm man is, moet jy met sy pand nie 16gaan slaap nie.
Jy moet hom 17sekerlik teen sonsondergang die pand fteruggee, dat hy in sy kleed kan slaap en jou kan 18seën; en 19dit sal geregtigheid vir jou wees voor die aangesig van die HERE jou God.
Jy mag ’n arm en behoeftige dagloner uit jou broers of uit jou vreemdelinge wat in jou land in jou 20poorte is, nie g21verdruk nie.
22Op die dag self moet jy sy loon gee, sodat die son oor hom 23nie ondergaan nie — want hy is arm en 24sy siel verlang daarna — dat hy nie teen jou tot die HERE roep en dit 25sonde in jou word nie.
26Die vaders mag nie hvir die kinders, en die kinders mag nie vir die vaders gedood word nie; elkeen moet vir sy eie sonde gedood word.
Barmhartigheid teenoor die weduwee, wese en vreemdelinge.
JY mag die reg van ivreemdeling en 27wees nie verdraai nie en die kleed van ’n weduwee nie as pand neem nie.
Maar jy moet daaraan dink dat jy ’n slaaf was in Egipte en die HERE jou God jou daaruit verlos het; daarom beveel ek jou om hierdie saak te doen.
As jy jou oes op jou land kinsamel en ’n gerf op die land vergeet, mag jy nie omdraai om dit te gaan haal nie; vir die vreemdeling, die wees en die weduwee moet dit wees, dat die HERE jou God jou kan seën in al die werk van jou hande.
As jy jou olywe afslaan, moet jy nie 28agter jou in die takke rond soek nie; vir die vreemdeling, die wees en die weduwee moet dit wees.
As jy jou wingerd oes, moet jy agter jou nie skoon afoes nie; vir die vreemdeling, die wees en die weduwee moet dit wees.
En jy moet daaraan dink dat jy ’n slaaf was in Egipteland; daarom beveel ek jou om hierdie saak te doen.
| a Matt. 5:31; 19:7. Mark. 10:4. | 1 Hebr. naaktheid of skandelikheid van ’n ding. Verstaan sulke dinge waardeur die man ’n afkeer in haar het, uitgesluit hoerery.
2 Anders: sodat hy haar, ens.; en so verder tot in vers 4. 3 Hebr. ’n brief of boekie van die af- of uitsnyding; omdat die band van die huwelik daarmee as ’t ware in twee gesny en die getroudes heeltemal van mekaar geskei is. Sien onse Here Jesus Christus se verklaring van hierdie wet, Matt. 19:3, ens. |
| 4 Hebr. mag nie terugkeer om haar te neem nie.
5 Vgl. Matt. 5:32. 6 Hebr. die land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, nie laat sondig nie. Dit is, geen skuld en straf oor die land bring nie, of die inwoners van die land geen rede gee om te sondig nie. |
| b Deut. 20:7. | 7 Naamlik, ná die oorlog. Sien Núm. 1:3 se kanttekening.
8 Hebr. geen ding (dit is, geen las) sal oor hom gaan nie. 9 Hebr. onskuldig, dit is, vry van las, soos die onskuldige vry van straf behoort te wees. |
| 10 In die ou tyd het mense gewoonlik handmeulens in hul huise gehad. Vgl. Ex. 11:5. Núm. 11:8. Jer. 25:10.
11 Want die boonste klip moet maal. 12 Naamlik, hy wat dit doen. 13 Hebr. die siel; verstaan dit waarvan die mens moet lewe of homself moet onderhou. |
| c Ex. 21:16. | 14 Hebr. ’n siel. |
| d Lev. 13:2. |
| e Núm. 12:10. |
| 15 Hebr. die lening van iets leen. |
| 16 Of: gaan lê. |
| f Ex. 22:26. | 17 Hebr. teruggewende teruggee.
18 Dit is, jou medelye voor God gedenk, en jou God se seën van harte toewens en toebid. 19 God sal dit as ’n goeie werk van barmhartigheid beskou, wat vir Hom in die Messías aangenaam is; as uit ’n ware geloof en tot sy eer gedoen, volgens sy wet, wat ’n rigsnoer van geregtigheid is; waarvolgens diegene wat deur die geloof geregverdig is dit aan God verskuldig is om in dankbaarheid te wandel. Vgl. Deut. 6:25 en 9:5 se kanttekeninge. Ps. 106:31. Luk. 1:74, 75. Rom. 6:18, 19. Gal. 5:6. Filip. 1:11. |
| g Lev. 19:13. Jak. 5:4. | 20 Dit is, stede of woonplekke.
21 Dit is, sy loon met lis of geweld agterhou of verminder nie. |
| 22 Dit is, op dieselfde dag wat hy gearbei en sy loon verdien het.
23 Dit is, jy sal sorg dat hy voor sonsondergang betaal is. 24 Hebr. hy verhef sy siel tot of na dit, naamlik sy loon. Dit is, sy hart verlang daarna. Sien Ps. 24:4 se kanttekening. 25 Sien Deut. 23:21 se kanttekening. |
| h 2 Kon. 14:6. 2 Kron. 25:4. Jer. 31:30. Eség. 18:20. | 26 Moses wil sê dat die regters moet toesien dat hulle geen onskuldige vir of saam met die skuldige sal straf nie. Sien ook 2 Kron. 25:4. |
| i Ex. 22:21, 22. Spr. 22:22. Jes. 1:23. Jer. 5:28; 22:3. Eség. 22:29. Sag. 7:10. | 27 Hierby moet die weduwee ook verstaan word; soos hierna by die weduwee ook die ander verstaan moet word. |
| k Lev. 19:9; 23:22. |
| 28 Naamlik na vrugte soek wat agtergebly het; en so in die volgende vers. |