Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Deuteronómium 25

Beperking van aantal slae by geregtelike lyfstraf.

1

AS daar tussen manne ’n twis is 1en hulle na die gereg kom en die regters hulle vonnis en die 2regverdige regverdig verklaar en die skuldige skuldig verklaar,

2

as dan die skuldige 3slae verdien, moet die regter hom laat lê en hom 4in sy teenwoordigheid met ’n 5aantal slae laat slaan 6ooreenkomstig sy skuld;

3

aveertig slae mag hy hom laat gee, nie meer nie, dat 7hy hom nie verder met baie slae bo dié laat slaan en 8jou broer voor jou oë 9veragtelik gemaak word nie.

4

Jy mag 10’n os bnie muilband as hy graan 11dors nie.

Huwelik met ’n broer se weduwee.

5

AS broers bymekaar woon en 12een van hulle sterwe sonder dat hy ’n seun het, dan mag die vrou van die oorledene nie daarbuite 13’n vreemde man s’n word nie; chaar swaer moet by haar ingaan en haar 14as sy vrou neem en die swaershuwelik met haar sluit;

6

en die eersgeborene wat sy baar, 15moet staan op naam van sy oorlede broer, 16dat sy naam nie uit Israel uitgedelg word nie.

7

Maar as dit die man nie beval om sy skoonsuster te neem nie, moet sy skoonsuster na die 17poort opgaan na die oudstes toe, en sê: dMy swaer weier om sy broer se naam in Israel in stand te hou; hy wil met my die swaershuwelik nie sluit nie —

8

dan moet die oudstes van sy stad hom roep en met hom spreek; 18bly hy dan daarby staan en sê: Dit beval my nie om haar te neem nie —

9

dan moet sy skoonsuster voor die oë van die oudstes na hom toe nader kom en sy 19skoen van sy voet aftrek en in sy gesig 20spuug, en sy moet verklaar en sê: So moet met die man gedoen word wat die 21huis van sy broer nie wil bou nie.

10

En 22sy naam moet in Israel genoem word: Die huis van die kaalvoet.

11

As manne met mekaar veg, 23die een met die ander, en die een se vrou aankom om haar man te red uit die hand van die een wat hom slaan, en haar hand uitsteek en 24hom by die skaamdele gryp,

12

dan moet jy haar hand afkap; 25jou oog mag nie verskoon nie.

Regte gewigte en mate.

13

JY mag nie 26twee soorte weegstene, ’n grote en ’n kleintjie, in jou sak hê nie.

14

Jy mag in jou huis nie twee soorte 27efas, ’n grote en ’n kleintjie, hê nie.

15

Jy moet ’n volle en 28regte gewig hê; jy moet ’n volle en regte efa hê; sodat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God jou sal gee.

16

Want almal wat hierdie dinge doen, is 29e’n gruwel vir die HERE jou God — almal wat onreg doen.

Ámalek moet uitgeroei word.

17

DINK aan wat f30Ámalek op die pad by julle uittog uit Egipte aan jou gedoen het,

18

hoe hy jou op die pad teëgekom het en by jou die agterhoede, al die swakkes agter jou, verslaan het terwyl jy moeg en mat was, en hy God nie gevrees het nie.

19

As dan die HERE jou God vir jou rus gee van al jou vyande rondom, in die land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee om dit in besit te neem, dan moet jy die gedagtenis van Ámalek onder die hemel uitdelg; vergeet dit nie.

1 As hulle mekaar nie eintlik kan verdra nie. Anders: dan moet hulle, ens.

2 Dit is hier, diegene wat onskuldig is of ’n regverdige saak het, as sódanig verklaar, en die skuldige of diegene wat ’n onregverdige saak het, as sódanig verklaar en veroordeel. Sien verder Gén. 44:16 en Núm. 35:31 se kanttekeninge.

3 Hebr. ’n seun of kind van die slaan is, dit is, werd om geslaan te word, of wat slae verdien het en daartoe gevonnis of veroordeel is. Vgl. Matt. 23:15. Joh. 17:12. Ef. 2:3. 2 Thess. 2:3. Sien verder 2 Sam. 3:34 se kanttekening.

4 Hebr. voor sy aangesig.

5 Dit is, met ’n sekere hoeveelheid slae, volgens die eis van sy misdaad, maar nie meer as veertig nie, soos in die volgende vers.

6 Hebr. ooreenkomstig die genoegsaamheid van sy onregverdigheid.

a 2 Kor. 11:24. 7 Hieruit het die gewoonte ontstaan dat hulle nie meer as negen-en-dertig slae gegee het nie, om naamlik nie te veel te slaan nie, sien 2 Kor. 11:24. Baie Jode het egter probeer om die negen-en-dertig slae uit hierdie teks te bewys, deur die teks te verdraai om by hul gewoonte te pas.

8 Wat, soos jy, van die nageslag van Abraham is.

9 Dit is, deur die regter en ander minder geag word as wat die wet van die liefde vereis het en onder God se volk betaamlik is. Verder dat die misdadiger nie deur onmatige houe voor die oë van sy broers ysingwekkend en mismaak word, of ook sy lewe in gevaar kom nie.

b 1 Kor. 9:9. 1 Tim. 5:18. 10 Sodat hy nie sy kos sou kon eet terwyl hy dors nie.

11 Deur die koring met sy hoewe te trap, of (soos die Hebreërs sê) die dorsslee (wat aan die onderkant vol met stomp houte en takke of skerpgemaakte punte was) om en om daaroor te trek, om die koring van die strooi te skei en die strooi tot kaf te maak vir die diere. Waarop God verder in hierdie wet dui, sien 1 Kor. 9:9, 10, ens. met die kanttekeninge.

c Matt. 22:24. Mark. 12:19. Luk. 20:28. 12 Anders: die eerste, dit is, die eersgeborene of die oudste van baie, ja, ook die naaste bloedverwant van baie. Vgl. Gén. 38:6, ens. Rut 3. Matt. 22:24, ens.

13 Verstaan dat sy nie buite die familie van haar oorlede man mag trou, of iemand se vrou word nie.

14 Mits hy ongetroud is. Sien die wet in Lev. 18:18.

15 Dit is, sal ’n seun van die oorlede broer genoem word en as sy erfgenaam in sy plek staan.

16 Hieruit, asook uit die volgende vers, blyk dat hierdie huwelik vernaamlik gesien het op die vermenigvuldiging van Abraham se nageslag of die Joodse families tot op die koms van die Messías. Gevolglik is hierdie wet glad nie op die Christene van toepassing nie.

d Rut 4:7. 17 Sien Gén. 22:17 se kanttekening.
18 Vgl. Eség. 44:24 se kanttekening.
19 Tot ’n teken dat hy sy broer se erfenis nie mag betree nie. Sien Rut 4:8 se kanttekening.

20 Om hom met hierdie openbare smaadheid te beskaam en ander af te skrik.

21 Sien Gén. 16:2 se kanttekening.

22 Verstaan: en van sy huis.
23 Hebr. die man en sy broer.

24 Die teëparty.

25 Om almal van alle oneerbaarheid en onbeskaamdheid af te skrik.
26 Hebr. steen en steen, dit is, twee soorte gewigte. Sien Lev. 19:36 se kanttekening. So ook hierna, vers 15. Spr. 20:10.
27 Hebr. efa en efa. Sien Ex. 16:36 se kanttekening.
28 Hebr. gewig van geregtigheid; en so in dit wat volg.
e Spr. 11:1. 29 Hebr. ’n gruwel van die HERE; sien Deut. 17:1 se kanttekening.
f Ex. 17:8. 30 Dit is, die Amalekiete, wat wel afkomstig was van Ámalek, Esau se kleinkind, maar vanweë hul bittere vyandskap wat hulle teen Israel betoon het, deur God in die besonder verban is. Vgl. Deut. 23:7.