Statevertaling – Bybelstigting
Offer van die eerstelinge en die driejaarlikse tiendes.
EN as jy in die land kom wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee en jy dit in besit neem en daarin woon,
dan moet jy neem uit die aeerstelinge van al die vrugte van die land wat jy inbring uit jou land wat die HERE jou God jou sal gee, en dit in ’n mandjie sit; en jy moet gaan na die plek wat die HERE jou God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon,
en na die priester kom wat daar in dié dae sal wees, en jy moet vir hom sê: Ek verklaar vandag aan die HERE u God dat ek in die land gekom het wat die HERE aan ons vaders met ’n eed beloof het om aan ons te gee.
En die priester moet die mandjie uit jou hand neem en dit voor die altaar van die HERE jou God neersit.
Dan moet jy voor die aangesig van die HERE jou God verklaar en sê: My 1vader was ’n 2swerwende 3Arameër en bhet na Egipte afgetrek en daar as vreemdeling vertoef met min 4mense; maar hy het daar ’n groot, magtige en talryke nasie geword.
Maar die Egiptenaars het ons mishandel en ons verdruk en ’n harde diens op ons gelê.
Toe het ons die HERE, die God van ons vaders, aangeroep; en die HERE chet ons stem gehoor en ons ellende en ons moeite en ons verdrukking 5aangesien;
en die HERE het ons uit Egipte uitgelei deur ’n sterke hand en ’n uitgestrekte arm en deur groot skrikwekkende dade en deur tekens en wonders;
en Hy het ons na hierdie plek gebring en ons hierdie land gegee, ’n land wat oorloop van melk en heuning.
Hier het ek dan nou die eerstelinge gebring van die vrugte van die land wat U, HERE, my gegee het. Dan moet jy dit neersit voor die aangesig van die HERE jou God en jou neerbuig voor die aangesig van die HERE jou God.
En jy moet vrolik wees oor al die goeie dinge wat die HERE jou God jou en jou huis gegee het; jy en die Leviet en die vreemdeling wat by jou is.
As jy 6dal die tiendes van jou opbrings klaar afgesonder het in die derde jaar, die jaar van die tiendes, dan moet jy aan die Leviet, die vreemdeling, die wees en die weduwee gee, dat hulle in jou 7poorte kan eet en versadig word.
En jy moet voor die aangesig van die HERE jou God sê: Ek het die 8heilige goed uit die huis weggebring en dit ook aan die Leviet en die vreemdeling, die wees en die weduwee gegee, egeheel en al volgens u gebod wat U my beveel het; ek het geeneen van u gebooie oortree of vergeet nie.
Ek het daarvan 9in my rou nie geëet en daarvan 10as ’n onreine niks weggebring en daarvan 11aan ’n dooie niks gegee nie; ek het na die stem van die HERE my God geluister; ek het gedoen net soos U my beveel het.
Kyk tog uit u heilige woning, uit die hemel, neer en seën u volk 12Israel en die land wat U ons gegee het, soos U aan ons vaders met ’n eed beloof het, ’n land wat oorloop van melk en heuning.
Vandag beveel die HERE jou God jou om hierdie insettinge en verordeninge na te kom; onderhou dan en doen dit met jou hele hart en met jou hele siel.
13Vandag fhet jy die HERE laat 14verklaar dat Hy vir jou 15’n God sal wees, en dat jy in sy weë moet wandel en 16sy insettinge en sy gebooie en sy verordeninge moet hou en na sy stem moet luister.
En die HERE het jou vandag laat verklaar dat jy vir Hom ’n geiendomsvolk sal wees soos Hy jou beloof het, en dat jy al sy gebooie sal onderhou;
hen dat Hy jou dan 17die hoogste sal stel bo al die nasies wat Hy gemaak het, tot ’n lof en ’n roem en ’n 18sieraad, en dat jy ’n heilige volk aan die HERE jou God sal wees soos Hy beloof het.
| a Ex. 23:19; 34:26. Lev. 2:14; 23:10. Núm. 15:17. |
| b Gén. 46:1. | 1 Dit is, voorvader, naamlik Jakob.
2 Of: My vader was ’n Arameër wat besig was om te vergaan, (soos dikwels, ’n verlore skaap wat verskrik afgedwaal het en gevaar loop om te vergaan) ten opsigte van al die onreg wat sy skoonvader hom aangedoen het, asook ander moeilikhede en swarighede wat hy, sowel tydens die diens by Laban as tydens en ná die terugkeer daarvandaan, gely het. Vgl. Génesis 31; 33; 34; 37 en 47:9. Hierdie belydenis het tot eer van God gedien, wat die naderende verderf van Jakob en sy hele geslag, volgens God se beloftes, wonderbaarlik verhoed het. 3 So genoem ten opsigte van sy langdurige verblyf in Aram (Sírië) by Laban; hy was immers in die land Kanaän gebore. Anders: swerwend deur die Arameër, naamlik Laban, Gén. 25:20. 4 Hebr. manne. |
| c Ex. 2:23. | 5 Sien Gén. 16:13 se kanttekening. |
| d Lev. 27:30. Núm. 18:24. | 6 Dit is, al die tiendes bymekaargebring het. Sien oor die tiendes Lev. 27:30 se kanttekening.
7 Dit is, stede of plekke van jou woning. |
| e Deut. 14:27. | 8 Verstaan die tiendes wat aan die HERE geheilig is vir die Leviet, vreemdeling, ens. |
| 9 Waardeur dit onrein sou word, waarop die volgende woorde ook wys. Of: in my leed, dit is, in my teëspoed; alhoewel dit nie met my goed gegaan het nie, het ek nogtans nie die tiendes vir my geneem nie.
10 Of: tot iets wat onrein is, dit is, tot enige onrein gebruik of in onreinheid, dit is, sodat ek daardeur verontreinig sou wees. 11 Of: vir ’n dooie, vir enige begrafnismaaltyd of begrawing van dooies, waarin ’n mens dit met ’n skyn van heiligheid sou kon probeer verontskuldig en nogtans verontreinig word. |
| 12 Dis is, die kinders of nageslag van Israel of Jakob. |
| f Gén. 17:7. | 13 Dit is, op hierdie tyd is die verbond, wat vroeër met Abraham en sy nageslag opgerig is, vernuwe en deur die vervulling van God se belofte en die bewys van jou dankbaarheid bekragtig.
14 Dit is, belowe; en so in die volgende vers. 15 Sien Gén. 17:7 se kanttekening. 16 Sien Deut. 5:31 se kanttekening. |
| g Ex. 19:5. Deut. 7:6; 14:2. |
| h Deut. 4:7. | 17 Dit is, jou so laat uitstaan dat jy bo alle volke geprys, beroemd en verheerlik sal wees; en dit tot lof en heerlikheid van God se grote en heerlike Naam, wat die enigste Bewerker is van alle genadegawes, sowel geestelike as liggaamlike seën. Vgl. Deut. 10:21 se kanttekening; Deut. 28:1. 2 Sam. 7:23. Jer. 33:9, ens.
18 Of: heerlikheid. |