Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Deuteronómium 27

Bevel om gedenkstene en ’n altaar wes van die Jordaan op te rig en om die seën en vloek daar uit te spreek.

1

EN Moses het saam met die oudstes van Israel aan die volk bevel gegee en gesê: Onderhou al die 1gebooie wat ek julle vandag beveel.

2

En die dag aas julle deur die Jordaan gaan in die land wat die HERE jou God jou sal gee, moet jy vir jou groot klippe oprig en 2dit met kalk bestryk.

3

En jy moet as jy oortrek daarop skrywe al die woorde van hierdie wet, 3sodat jy kan kom in die land wat die HERE jou God jou sal gee, ’n land wat oorloop van melk en heuning, soos die HERE, die God van jou vaders, jou beloof het.

4

As julle dan deur die Jordaan trek, moet julle hierdie klippe waaromtrent ek julle vandag bevel gee, op die berg Ebal oprig, en jy moet dit met kalk bestryk.

5

bEn jy moet daar vir die HERE jou God ’n altaar bou, ’n altaar van klippe; jy mag 4geen yster daaroor swaai nie.

6

Van 5ongekapte klippe moet jy die altaar van die HERE jou God bou; en jy moet daarop brandoffers bring aan die HERE jou God.

7

Ook moet jy dankoffers slag en daar eet en vrolik wees voor die aangesig van die HERE jou God.

8

En jy moet op die klippe 6baie duidelik skrywe al die woorde van hierdie wet.

9

Verder het Moses en die Levitiese priesters die hele Israel toegespreek en gesê: Wees stil en luister, o Israel! 7Vandag het jy die volk van die HERE geword.

10

Daarom moet jy na die stem van die HERE jou God luister en sy gebooie en sy insettinge volbring wat ek jou vandag beveel.

11

En Moses het aan die volk op dié dag bevel gegee en gesê:

12

8Hierdie stamme moet staan om die volk te seën op die berg Gerísim as julle deur die Jordaan getrek het: Símeon en Levi en Juda en Íssaskar en Josef en Benjamin.

13

En hierdie moet staan om te vervloek op die berg Ebal: Ruben, Gad en Aser en Sébulon, Dan en Náftali.

14

En die Leviete moet verklaar en aan al die manne van Israel hardop sê:

15

Vervloek is die man wat ’n gesnede of gegote beeld maak, 9’n gruwel vir die HERE, werk van ’n ambagsman se hande, 10en dit in die geheim opstel; en die hele volk moet antwoord en sê: 11Amen.

16

Vervloek is hy wat sy vader of sy moeder verag; en die hele volk moet sê: Amen.

17

Vervloek is hy wat sy naaste se grenslyn verlê; en die hele volk moet sê: Amen.

18

Vervloek is hy wat ’n blinde op die dwaalweg lei; en die hele volk moet sê: Amen.

19

Vervloek is hy wat die reg van vreemdeling, wees en weduwee verdraai; en die hele volk moet sê: Amen.

20

Vervloek is hy wat met die vrou van sy vader gemeenskap het, want hy het 12die kombers van sy vader opgelig; en die hele volk moet sê: Amen.

21

Vervloek is hy wat met enige dier gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen.

22

Vervloek is hy wat met sy suster, die 13dogter van sy vader of die dogter van sy moeder, gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen.

23

Vervloek is hy wat met sy 14skoonmoeder gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen.

24

Vervloek is hy wat sy naaste in die geheim doodslaan; en die hele volk moet sê: Amen.

25

Vervloek is hy 15wat ’n omkoopgeskenk aanneem om 16’n persoon — 17onskuldige bloed — dood te slaan; en die hele volk moet sê: Amen.

26

cVervloek is hy wat die woorde van hierdie wet nie 18hou om dit te doen nie; en die hele volk moet sê: Amen.

1 Hebr. al die gebod wat, ens.
a Jos. 4:1. 2 Hebr. dit met kalk bekalk, en so ook in vers 4.
3 Anders: omdat jy kom.
b Ex. 20:25. Jos. 8:31. 4 Dit is, jy mag geen ysterinstrument gebruik om die klippe kunstig te berei nie, sodat die altaar nie tot misbruik aanleiding sal gee nie. Want die altaar was slegs vir ’n beperkte tyd bedoel, totdat God sy wil sou openbaar van ’n bepaalde plek vir sy diens.
5 Dit is, ru en onverwerk, soos jy dit sal vind.
6 Sodat dit goed leesbaar is en langdurend duidelik bly.
7 Vgl. Deut. 26:17 se kanttekening.
8 Vgl. Deut. 11:29.
9 Sien Deut. 17:1 se kanttekening.

10 Of: al sou hy dit in die geheim opstel.

11 Sien Núm. 5:22 se kanttekening.

12 Sien Deut. 22:30 se kanttekening.
13 Dit is, sy halfsuster, soos die volgende woorde verklaar.
14 Dit is, die moeder van sy vrou.
15 Hetsy ’n regter, getuie of moordenaar, wat daarvoor omgekoop is, ens.

16 Hebr. ’n siel.

17 Dit is, sodat die bloed van ’n onskuldige, deur hom of deur sy toedoen, vergiet word.

c Gal. 3:10. 18 Deur dit met hart, mond en daad steeds na te kom en te volbring. Vgl. Jer. 35:14, 16.