Statevertaling – Bybelstigting
Vernuwing van die verbond van God.
DIT is die woorde van die verbond wat die HERE Moses beveel het om met die kinders van Israel te 1sluit in die land Moab, 2behalwe die verbond wat Hy met hulle by 3Horeb gesluit het.
En Moses het die hele Israel geroep en vir hulle gesê: aJulle het self gesien alles wat die HERE in Egipteland voor julle oë aan Farao en aan al sy dienaars en aan sy hele land gedoen het,
bdie groot 4versoekinge wat jou oë gesien het, dié groot tekens en wonders.
Maar die HERE het julle nie 5’n hart gegee om te verstaan en oë om te sien en ore om te hoor tot vandag toe nie.
En 6Ek het julle veertig jaar lank in die woestyn laat trek; julle klere het 7aan julle nie verslyt nie, ewemin jou skoen aan jou voet.
8Brood het julle nie geëet en wyn en sterk drank nie gedrink nie, 9dat julle kan weet dat Ek die HERE julle God is.
En toe julle by hierdie plek kom, het cSihon, die koning van Hesbon, en Og, die koning van Basan, uitgetrek ons tegemoet om te veg, maar ons het hulle verslaan
en hulle land ingeneem en dit das erfenis gegee aan die Rubeniete en Gadiete en aan die halwe stam van die Manassiete.
Onderhou dan die woorde van hierdie verbond en volbring dit, 10sodat julle voorspoedig kan uitvoer alles wat julle doen.
11Julle 12staan vandag almal voor die aangesig van die HERE julle God: julle hoofde, julle stamme, julle oudstes en julle opsigters — al die manne van Israel;
julle kinders, julle vroue en jou 13vreemdeling wat binne-in jou laer is, jou 14houtkapper sowel as jou waterputter,
om oor te gaan in die verbond van die HERE jou God — en in sy 15eedswering — 16wat die HERE jou God vandag met jou sluit;
sodat Hy jou vandag vir Hom as 17volk kan bevestig en vir jou 18’n God kan wees soos Hy jou beloof het, en esoos Hy aan jou vaders Abraham, Isak en Jakob met ’n eed beloof het.
En nie met julle alleen maak ek hierdie verbond en hierdie 19eedswering nie,
maar 20met die wat vandag hier saam met ons voor die aangesig van die HERE onse God staan, én met die wat hier vandag nie saam met ons is nie.
Want julle weet self hoe ons in Egipteland gewoon en hoe ons dwarsdeur die nasies getrek het waardeur julle getrek het.
En julle het hulle verfoeisels en hulle 21drekgode, hout en klip, silwer en goud, by hulle gesien,
sodat daar onder julle geen man of vrou of geslag of stam mag wees wat sy hart vandag van die HERE onse God afwend om die gode van dié nasies te gaan dien nie, sodat daar onder julle geen fwortel mag wees wat 22gif en wildeals dra nie,
en as 23hy die woorde van hierdie 24eedswering hoor, homself dan in sy hart 25gelukkig prys deur te sê: Dit sal met my goed gaan alhoewel ek in die 26verhardheid van my hart wandel — om so die 27bewaterde saam met die dorstige weg te ruk!
Die HERE sal hom nie wil vergewe nie, maar dan sal die toorn van die HERE en sy ywer teen dié man rook, en die hele vloek wat in hierdie boek geskrywe is, sal op hom rus; en die HERE sal sy naam onder die hemel uitdelg.
En die HERE sal hom 28tot sy ongeluk van al die stamme van Israel afskei volgens al die vloeke van die verbond wat in hierdie wetboek geskrywe is.
En die volgende geslag, julle kinders wat ná julle opstaan, en die uitlander wat uit ’n ver land kom, sal 29sê, as hulle die plae van daardie land sien en sy siektes wat die HERE daarin laat uitbreek het —
ook swawel en sout deurdat sy hele oppervlakte 30uitgebrand is, wat nie besaai word en niks laat uitspruit nie, waarin hoegenaamd geen plante opslaan nie, soos die omkering van Sodom en Gomorra, Adma en Sebóim wat die HERE in sy toorn en in sy grimmigheid omgekeer het —
en al die nasies sal sê: gWaarom het die HERE so met hierdie land gedoen? 31Wat beteken hierdie groot toorngloed?
Dan sal hulle antwoord: Omdat hulle die verbond van die HERE, die God van hulle vaders, verlaat het wat Hy met hulle gesluit het toe hulle deur Hom uit Egipteland uitgelei is,
en hulle ander gode gaan dien en hulle daarvoor neergebuig het, gode wat aan hulle nie 32bekend was nie, en wat Hy hulle nie 33toebedeel het nie,
daarom het die toorn van die HERE teen daardie land ontvlam om daaroor die hele vloek te bring wat in hierdie boek geskrywe is.
En die HERE het hulle uit hulle land uitgeruk in toorn en in grimmigheid en in groot verbolgenheid; en Hy het hulle weggeslinger na ’n ander land, 34soos dit vandag is.
35Die verborge dinge is vir die HERE onse God; maar die geopenbaarde dinge is vir ons en ons kinders tot in ewigheid, om te doen al die woorde van hierdie wet.
| 1 Of: kap, sny. Sien Gén. 15:18 se kanttekening; en so in dit wat volg.
2 Dit was inderdaad een en dieselfde verbond, maar dit word hier in die velde van Moab vernuwe, herhaal en verklaar, aan baie ander persone, op ’n ander plek en ander wyse as by die berg Horeb of Sinai. Vgl. Deut. 5:2, 3 se kanttekening. 3 Sien Deut. 1:2 se kanttekening. |
| a Ex. 19:4. |
| b Deut. 4:34; 7:19. | 4 Sien Deut. 4:34 se kanttekening. |
| 5 Dit is, ’n verstandige hart, oë wat sien en ore wat hoor. Die betekenis is dat God tot nou toe nog nie aan hulle die gawe gegee het om dit wat hulle gesien en gehoor het, reg te verstaan, behoorlik op te merk, na te dink en met vrug tot God se eer en hul saligheid te gebruik nie. Vgl. Deut. 30:6 se kanttekening. Jes. 6:9, 10. Eség. 36:26, ens. Matt. 13:9, 11, 13. |
| 6 Hier spreek God, soos te sien is in die einde van vers 6.
7 Hebr. van aan of van oor julle, dit is, dat julle dit as verslete van julle af sou moes wegwerp, soos ’n mens met verouderde klere doen, en so ook hierna met die skoene. |
| 8 Alledaagse, algemene of gewone brood, want die HERE het hulle met manna gevoed.
9 Verstaan: dit alles het Ek so bestier, terwyl Ek julle wonderbaarlik met spys en drank versorg het, dat julle, ens. |
| c Núm. 21:24, 33. Deut. 2:32; 3:1. |
| d Núm. 32:33. Deut. 3:12. Jos. 13:8. |
| 10 Anders: sodat julle verstandig optree in alles, ens. Of: sodat julle voorspoedig maak alles, ens. |
| 11 Sien vers 12 vir die vervolg van hierdie woorde.
12 Deurdat God julle saamgeroep het deur my, soos in verse 1, 2 te sien is. |
| 13 Wat saam uit Egipte opgetrek het (Ex. 12:38) of uit ander volke bygekom het, en deur aanneming van die Joodse godsdiens, in God se volk ingelyf is.
14 Dit is, selfs ook die eenvoudigstes en geringstes onder die volk. |
| 15 Of: vloek. Dit is, die vloek van die verbond, waarmee hulle hulself in die eed, wat hulle aan God gesweer het, vervloek het, indien hulle die belofte van gehoorsaamheid nie sou nakom nie. Sien Neh. 10:29.
16 Naamlik, die verbond. |
| e Gén. 17:7. | 17 Dit is, as volk bevestig wat Syne is en aan Hom as ’n eiendom toebehoort om die seën van sy verbond te geniet en Hom te dien. Vgl. Deut. 7:6 se kanttekening; Deut. 28:9.
18 Sien Gén. 17:7 se kanttekening. |
| 19 Sien vers 12. |
| 20 Dit is, met julle wat hier is, en (soos Ek lank gelede aan Abraham verklaar het) met jul saad, met jul nageslag wat nog nie gebore is nie, en vandag of môre sou kon sê dat hierdie verbond hulle nie aangaan nie. Vgl. Hand. 2:39. |
| 21 Sien Lev. 26:30 se kanttekening. |
| f Hand. 8:23. Hebr. 12:15. | 22 Of: galappel, ’n giftige kruid, dit is, so ’n hart wat werke voortbring wat vir God gruwelik is, en vir ’n mens bitter sal uitkom en soos ’n dodelike gif sal wees. Sien verder Ps. 69:22 se kanttekening. |
| 23 Naamlik, wat met die wortel in die voorgaande vers vergelyk is.
24 Sien vers 12 en die kanttekening. 25 Dit is, die eedswering wat hy hoor, in sy hart verag en inteendeel homself gelukkig ag, homself alle welvaart en voorspoed beloof, alhoewel hy God en sy Woord verag. 26 Anders: goeddunke, inbeelding, spekulasie, gedagte. Sien Jer. 3:17 se kanttekening. 27 Die Hebreeuse woordvorm vir wegruk kan ook toevoeg beteken. Sommige vertaal daarom soos volg: om die dronkenskap of die bevogtiging toe te voeg aan die dorstige. Dit wil voorkom of dit ’n spreekwoord was, geneem van droë grond wat bevogtig moet word; so streef hy na vermeerdering van die sonde, waarna hy as ’t ware dors, om sy lus volkome te bevredig. Of van dronkaards, wat, terwyl hulle uit hulself geneig is om te drink, boonop nog middele soek om hulle heeltemal dronk en dol te maak. So doen die goddelose ook, wat, terwyl hy reeds boos genoeg is, homself aanspoor om nog boser te word, sonde op sonde te hoop en, terwyl hy as ’t ware ongevoelig geword het, sonder nadenke van kwaad tot erger voortgaan. Vgl. Job 34:7. Matt. 12:43-45. Ef. 4:19. Hebr. 6:8. 2 Petr. 2:20. Sommige verstaan deur die bewaterde of oorvloedig bevogtigde aarde die diens van die ware God, wat ’n fontein van die lewe is; en deur die dorstige die dien van die afgode, wat soos waterbakke is wat geen water hou nie, Jer. 2:13. |
| 28 Dit is, tot sy straf en verderf. |
| 29 Sien vers 24 vir die vervolg van hierdie woorde. |
| 30 Anders: Dat sy hele oppervlakte deur swawel verbrand is. Die betekenis is dat hierdie land deur God se regverdige vloek gans verbasingwekkend geskend en bedorwe is, soos vroeër Sodom, Gomorra, ens. |
| g Jer. 22:8. | 31 Of: Wat is die ontsteking van hierdie groot toorngloed? Dit is, waarop dui, of wat is die oorsaak van, ens. |
| 32 Of: gode wat nie vir hulle geken het nie. Die ware God ken en versorg die wat aan Hom behoort goedgunstiglik, Ps. 1:6. 2 Tim. 2:19, ens.
33 Naamlik, om deur hulle gedien te word as gode. Vgl. Deut. 4:19. |
| 34 Hierdie woorde (asook die voorgaande) vorm die antwoord wat in daardie tyd gegee sou word op die vraag van die nasies. |
| 35 Moses, wat van baie groot, asook toekomende dinge gespreek het en nog gaan spreek, bedwing in hierdie vers die nuuskierigheid om dit wat in die raad van God verborge is verder te ondersoek. Hy beveel die volk om binne die grense van God se geopenbaarde Woord te bly, om dit te ondersoek, te glo en daarvolgens te lewe. |