Statevertaling – Bybelstigting
DAARNA ahet ons weggedraai en op pad na Basan opgetrek; en Og, die koning van Basan, het uitgetrek ons tegemoet, hy en sy hele volk, om te veg by Edréï.
Toe het die HERE vir my gesê: Wees nie bevrees vir hom nie, want Ek gee hom en sy hele volk en sy land in jou hand; en jy moet met hom doen bsoos jy gedoen het met Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Hesbon gewoon het.
En die HERE onse God het ook Og, die koning van Basan, en sy hele volk in ons hand gegee, sodat ons hom verslaan het, totdat daar van hom 1niemand oor was wat vrygeraak het nie.
En ons het in dié tyd al sy stede ingeneem; daar was geen vesting wat ons van hulle nie afgeneem het nie: sestig stede, die hele 2landstreek Argob, die koninkryk van Og in Basan.
Al hierdie stede was versterk met hoë 3mure, poorte en grendels, behalwe ’n groot menigte 4onbemuurde stede.
En ons het hulle 5met die banvloek getref soos ons met Sihon, die koning van Hesbon, gedoen het deur elke stad, manne, vroue en kinders met die banvloek te tref.
Maar al die vee en die buit van die stede het ons vir ons geroof.
So het ons dan in dié tyd die land uit die hand van die twee konings van die Amoriete 6duskant die Jordaan geneem, van die 7Arnonrivier af tot by die berg 8Hermon —
die Sidoniërs noem 9Hermon 10Sirjon; maar die Amoriete noem dit 11Senir —
al die stede van die gelykveld en die hele Gílead en die hele Basan tot by Salga en Edréï, stede van die koninkryk van Og in Basan.
Want Og, die koning van Basan, het 12net alleen oorgebly van die Refaïete. Is sy ledekant, ’n ysterledekant, nie daar in 13Rabba van die kinders van Ammon nie? Nege 14el is sy lengte en vier el sy breedte, gewone elle.
En hierdie land het ons in dié tyd cin besit geneem: van Ároër af, wat by die Arnonrivier lê, en die helfte van die gebergte van Gílead met die stede daarvan het ek aan die Rubeniete en die Gadiete gegee.
En die orige deel van Gílead saam met die hele Basan, die koninkryk van Og, het ek aan die halwe stam van Manasse gegee — die hele landstreek Argob. Daardie hele Basan word land van die Refaïete genoem.
15Jaïr, die seun van Manasse, het die hele landstreek Argob tot by die grens van die 16Gesuriete en die Maägatiete gekry en dit, naamlik Basan, na sy naam 17Jaïrsdorpe genoem 18tot vandag toe.
En aan 19Magir het ek 20Gílead gegee.
Maar aan die Rubeniete en die Gadiete het ek van Gílead af tot by die Arnonrivier gegee, 21die middel van die rivier, saam met sy oewerland, en tot by die Jabbokrivier, die grens van die kinders van Ammon.
Daarby die Vlakte en die Jordaan, saam met sy grondgebied, van 22Kinnéret af tot by die See van die Vlakte, die 23Soutsee, onder aan 24die hange van Pisga teen die ooste.
Verder het ek in dié tyd aan djulle 25bevel gegee en gesê: Die HERE julle God het aan julle hierdie land gegee om dit in besit te neem; gewapend moet julle voor jul broers, die kinders van Israel, oortrek — al die dapper manne.
Net julle vroue en julle kinders en julle vee — ek weet dat julle baie vee het — kan in julle stede bly wat ek aan julle gegee het;
totdat die HERE aan julle broers soos aan julle rus gee, en hulle ook die land in besit neem wat die HERE julle God aan hulle oorkant die Jordaan sal gee; dan kan julle teruggaan elkeen na sy besitting wat ek aan julle gegee het.
Ook het ek Josua in dié tyd ebeveel en gesê: Jou oë het alles gesien wat die HERE julle God aan hierdie 26twee konings gedoen het. So sal die HERE aan al die koninkryke doen waarheen jy oortrek.
Julle moet vir hulle nie bang wees nie, want dit is die HERE julle God wat vir julle stry.
Ook het ek die HERE in dié tyd gesmeek en gesê:
Here, 27HERE! Ú het begin om 28u kneg u 29grootheid en 30u sterke hand te laat sien; want fwatter God is daar in die hemel en op die aarde wat sulke werke en sulke magtige dade kan doen soos U?
Laat my tog oortrek en die mooi land sien wat oorkant die Jordaan lê, daardie 31goeie bergland 32en die Líbanon!
gMaar die HERE het toornig op my geword 33om julle ontwil en my nie verhoor nie; maar die HERE het vir my gesê: 34Dit is nou genoeg! 35Moenie nog verder met My oor hierdie saak spreek nie.
Klim op die 36top van Pisga en slaan jou oë op na die weste en na die noorde en na die suide en na die ooste, en bekyk 37dit met jou oë; want jy mag oor hierdie Jordaan nie gaan nie.
38Gee dan bevel aan Josua, en versterk hom en 39bemoedig hom, want hý sal voor hierdie volk uit deurtrek, en hý sal hulle die land wat jy sal sien, laat erwe.
En ons het in die dal teenoor 40Bet-Peor gebly.
| a Núm. 21:33. Deut. 29:7. |
| b Núm. 21:34. |
| 1 Hebr. geen oorblyfsel of oorgeblewene nie. |
| 2 Hebr. koord of tou, lyn, asook in vers 13, omdat hulle in daardie tyd gewoond was om die land met koorde af te meet en uit te deel. |
| 3 Hebr. muur, poort en grendel.
4 Anders: stede van inwoners van die platteland, dit is, stede op die platteland. |
| 5 Sien Deut. 2:34. |
| 6 Naamlik, die oostekant.
7 Naamlik, in die suide. 8 Naamlik, in die noorde. Hebr. Germon. |
| 9 Ook Sion genoem (Hebr. Sion), wat nie verwar moet word met Jerusalem (Sion, Hebr. Tsiyyon) nie. Sien Deut. 4:48. Rig. 3:3 se kanttekening. 1 Kron. 5:23.
10 Hebr. Sjirjon. 11 Hebr. Sjenir, dit is, (soos sommige meen) sneeuberg; omdat hierdie berg vanweë sy skrikwekkende hoogte altyd vol sneeu was, soos die Alpe. |
| 12 Dit dien tot vergroting van die mag van die HERE wat Hy in die verdelging van hierdie reus en sy hele volk bewys het.
13 Die hoofstad van die Ammoniete. Sien 2 Sam. 12:26. Die betekenis is dat hierdie ledekant vir seker nog daar te vinde was. 14 Sien Gén. 6:15 se kanttekening. |
| c Núm. 32:33. |
| 15 Sien Núm. 32:41 se kanttekening.
16 Hebr. Gesjuri, dit is, die Gesuriet. Gesur en Máäga was albei geleë aan die noordergrense van Kanaän. Sien 2 Sam. 3:3 se kanttekening; 2 Sam. 10:6. 17 Hebr. Gawwoot-Jaïr. Sien Núm. 32:41 en die kanttekening. 18 Verstaan: word hulle so genoem, hulle het hierdie naam behou; soos dikwels elders. |
| 19 Hy was die seun van Manasse, Gén. 50:23.
20 Verstaan ’n gedeelte van Gílead, uit vergelyking van verse 12, 13. Dit wil voorkom of dit eintlik die naam Gílead gehad het, en die deel van die Rubeniete en Gadiete die helfte van Gílead, vers 13, en Jaïr se deel Jaïrsdorpe, vers 14. Soos sommige kaarte dit ook aandui. Vgl. ook 2 Kon. 10:33. |
| 21 Dit is, tussen die rivier, ens. |
| 22 Sien Núm. 34:11. Jos. 12:3. Later die See van Gennésaret genoem, Luk. 5:1 se kanttekening.
23 Sien Gén. 14:3 se kanttekening. 24 Hebr. Asdot-Pisga. Sommige meen dat dit ’n plek was tussen die hoë berg Pisga en die berg Peor, soos sommige ou kaarte wys. Sien ook Jos. 12:3; 13:20. |
| d Núm. 32:20. | 25 Hierdie bevel het die Rubeniete, Gadiete en die halwe stam van Manasse aangegaan. |
| e Núm. 27:18. | 26 Naamlik koning Sihon en koning Og. |
| f Ps. 89:7-9. | 27 In die Hebreeus staan die letters (konsonante) van die woord JEHOVA, maar dit het die punte (vokaaltekens) van die woord Elohim; soos ook elders.
28 Dit is, my wat u kneg is. 29 Sien Deut. 11:2 en die kanttekening. 30 Of: u hand, wat sterk is. |
| 31 Dit is, mooi en vrugbaar.
32 Anders: naamlik die Líbanon. |
| g Deut. 1:37; 31:2; 34:4. | 33 Sien Deut. 1:37.
34 Hebr. Genoeg vir jou, idioom vir jy het genoeg. Vgl. hiermee 2 Kor. 12:8, 9. 35 Hebr. Voeg nie by of gaan nie voort om te spreek nie. |
| 36 Hebr. hoof.
37 Naamlik die land Kanaän. |
| 38 Dit is, onderrig en lig hom in oor alles wat vir hom nodig gaan wees vir die uitvoering van sy amp volgens my voorskrif.
39 Dit is, praat hom goeie moed in, en maak hom moedig teen alle swarighede wat sal voorval. |
| 40 Anders: die huis van Peor. Sommige kaarte het hier ’n stad, genaamd Bet-Peor, wat aan die voet van ’n berg met dieselfde naam geleë is, naby Pisga en Nebo. |