Statevertaling – Bybelstigting
Belofte van genadige verlossing in geval van berou.
EN as al hierdie dinge oor jou kom, 1die seën en die vloek wat ek jou 2voorgehou het, en jy dit 3ter harte neem onder al die nasies waarheen die HERE jou God jou verdryf het,
en 4jy jou tot die HERE jou God bekeer en na sy stem luister net soos ek jou vandag beveel, jy en jou kinders, met jou hele hart en met jou hele siel,
dan sal die HERE jou God a5jou lot verander en Hom oor jou ontferm; en Hy sal jou 6weer versamel uit al die volke waarheen die HERE jou God jou verstrooi het.
bAl was jou verstrooides 7aan die einde van die hemel, daarvandaan sal die HERE jou God jou versamel, en daarvandaan sal Hy jou gaan haal.
En die HERE jou God sal jou bring in die land wat jou vaders in besit geneem het, en jy sal dit in besit neem; en Hy sal aan jou goed doen en jou vermenigvuldig meer as jou vaders.
En die HERE jou God c8sal jou hart besny en die hart van jou nageslag, om die HERE jou God lief te hê met jou hele hart en met jou hele siel, 9dat jy kan lewe.
En die HERE jou God sal al hierdie vloeke op jou vyande en op jou haters lê wat jou vervolg het.
Maar jý sal 10weer na die stem van die HERE luister en al sy gebooie doen wat ek jou vandag beveel.
dEn die HERE jou God sal die goeie aan jou oorvloedig gee in al die werk van jou hand, in die vrug van jou liggaam en in die vrug van jou vee en in die vrugte van jou land; want die HERE sal 11weer oor jou ten goede bly wees soos Hy bly was oor jou vaders,
as jy na die stem van die HERE jou God luister om sy gebooie en sy insettinge te hou wat in hierdie wetboek geskrywe is; as jy jou tot die HERE jou God bekeer met jou hele hart en met jou hele siel.
Want hierdie gebod wat ek jou vandag beveel, is vir ejou nie 12te swaar nie en is nie ver nie.
Dit is nie in die hemel nie, sodat jy moet sê: fWie sal vir ons na die hemel opklim en dit vir ons gaan 13haal en ons dit laat hoor, dat ons dit kan doen?
Dit is ook nie oorkant die see nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die oorkant van die see oorvaar en dit vir ons gaan haal en ons dit laat hoor, dat ons dit kan doen?
Maar 14baie naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart, om dit te doen.
Kyk, ek het jou vandag voorgehou 15die lewe en die geluk, en die dood en die ongeluk.
Wat ek jou vandag beveel, is om die HERE jou God lief te hê, in sy weë te wandel en 16sy gebooie en sy insettinge en sy verordeninge te hou, sodat jy kan lewe en vermenigvuldig en die HERE jou God jou mag seën in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.
Maar as jou hart hom afwend en jy nie luister nie en jy jou laat verlei, sodat jy jou voor ander gode neerbuig en hulle dien,
dan verkondig ek julle vandag dat julle 17sekerlik sal omkom; julle sal die dae nie verleng in die land waarheen jy oor die Jordaan trek om dit in besit te gaan neem nie.
gEk 18neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek 19jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag,
deur die HERE jou God lief te hê, na sy stem te luister en Hom aan te hang; want 20dit is jou lewe en die lengte van jou dae, sodat jy kan woon in die land wat die HERE aan jou vaders Abraham, Isak en Jakob met ’n eed beloof het om dit aan hulle te gee.
| 1 Eers die seën op die gehoorsaamheid, en daarna die vloek op die ongehoorsaamheid; sodat jy beide sal ondervind.
2 Hebr. voor jou aangesig gegee het, soos in Deut. 11:26 en hierna, verse 15, 19. 3 Hebr. laat terugkeer tot aan of in jou hart. Vgl. Deut. 4:29, 30, ens. se kanttekeninge. Daar is ’n soortgelyke profesie as hier en hierna. Anders: so sal jy dit weer ter harte neem. |
| 4 Anders: en jy jou tot die HERE jou God bekeer het. |
| a Neh. 1:8. Ps. 106:45. Jer. 32:37. | 5 Hebr. jou gevangenskap verander, dit is, die menigte van jou gevangenes laat terugkeer; so ook in Ps. 68:19. Ef. 4:8.
6 Hebr. en Hy sal terugkeer en sal jou versamel; dit is, Hy sal jou weer versamel, of: Hy sal met sy genade terugkeer en jou versamel, ens. |
| b Neh. 1:9. | 7 Vgl. Deut. 4:32 se kanttekening. |
| c Jer. 32:39. Eség. 11:19; 36:26. | 8 Dit is, Hy sal jou deur die krag van sy Gees verlig, reinig en tot sy diens bekwaam maak. Vgl. Deut. 10:16 se kanttekening, waar God beveel om te doen wat Hy hier beloof om te werk, sodat mense dit sou kan doen. Sien ook Deut. 29:4. Sodat hier die genadeverbond, wat in Christus bevestig is, beskryf word.
9 Hebr. ter wille van jou lewe. |
| 10 Of: jou bekeer, terugkeer en na, ens. |
| d Deut. 28:11. | 11 Dit is, Hy sal Hom weer verbly om aan jou goed te doen, soos in Jer. 32:41. |
| e Jes. 45:19. | 12 Anders: verborge, te hoog, te wonderbaar. Sien Gén. 18:14. Deut. 17:8. Spr. 30:18. Jer. 32:17. Vgl. Rom. 10:6-8, waar die apostel hierdie teks toepas op die leer en genade van die evangelie, waarsonder ’n mens die gebooie van die HERE nie reg kan verstaan nie, veel minder daarvolgens vir God welbehaaglik kan lewe. Vgl. Deut. 29:4 met die kanttekening daar. |
| f Rom. 10:6, ens. | 13 Hebr. neem, dit is, neem en bring. Sien Gén. 12:15 se kanttekening. So ook in die volgende vers. |
| 14 Asof Moses sê: Jy kan geen verskoning van onwetendheid voorhou nie; omdat hierdie woord ten volle aan jou verklaar is, en jy dit daagliks in die mond het en genoegsaam verstaan wat die HERE van jou eis. Vgl. Deut. 31:19 se kanttekening, waarmee hierdie woorde verder ooreenstem. Sien Rom. 10:8. |
| 15 Die lewe met allerlei seën, as jy gehoorsaam is; die dood met my vloek, as jy ongehoorsaam is. Soos die volgende verse verklaar. |
| 16 Sien Deut. 5:31 se kanttekening. |
| 17 Hebr. omkomende omkom. |
| g Deut. 4:26. | 18 Sien Deut. 4:26 se kanttekening.
19 Hebr. voor jou aangesig gegee. |
| 20 Anders: Hy. Dit is, die HERE wat jou lewe gee, dit onderhou en verleng. Vgl. Hand. 17:25, 28. |