Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Deuteronómium 31

Josua die opvolger van Moses.

1

DAARNA het Moses gegaan en die hele Israel met hierdie woorde toegespreek

2

en vir hulle gesê: Ek is vandag 1honderd-en-twintig jaar oud; ek kan nie meer 2uit- en ingaan nie, en die HERE het vir my gesê: aJy mag deur hierdie Jordaan nie gaan nie.

3

Die HERE jou God, Hy trek voor jou oor; Hy sal hierdie nasies voor jou uit verdelg, 3en jy sal hulle uit hul besitting verdrywe; bJosua, hy trek voor jou oor soos die HERE gespreek het.

4

En die HERE sal met hulle doen soos Hy met cSihon en met Og, die konings van die Amoriete, en met hulle land gedoen het, wat Hy verdelg het;

5

die HERE sal hulle 4aan julle oorgee, en julle moet met hulle handel geheel en al 5volgens die gebod dwat ek julle beveel het.

6

Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is die HERE jou God wat saam met jou trek; e6Hy sal jou nie begewe of verlaat nie.

7

Toe het Moses Josua geroep en aan hom voor die oë van die hele Israel gesê: Wees sterk en vol moed, want jý sal met hierdie volk in die land ingaan wat die HERE aan hulle vaders met ’n eed beloof het om aan hulle te gee; en jý sal hulle dit laat erwe.

8

En dit is die HERE wat voor jou uit trek; Hy sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie; fjy mag nie bevrees of verskrik wees nie.

Die wet moet om die sewe jaar gelees word.

9

EN Moses het hierdie wet opgeskrywe en dit gegee aan die 7priesters, die seuns van Levi, 8wat die verbondsark van die HERE gedra het, en aan al die oudstes van Israel.

10

En Moses het aan hulle bevel gegee en gesê: Aan die einde van sewe jaar, 9op die bepaalde tyd van die jaar van kwytskelding, op die 10huttefees,

11

as die hele Israel kom om te verskyn voor die aangesig van die HERE jou God op die plek wat Hy sal uitkies, moet 11jy hierdie wet voor die hele Israel, voor hulle ore lees.

12

12Laat die volk byeenkom, die manne en die vroue en die kinders en jou vreemdeling wat in jou 13poorte is, dat hulle kan hoor en dat hulle kan leer om die HERE julle God te vrees en sorgvuldig al die woorde van hierdie wet te hou.

13

En hulle kinders wat dit nie 14ken nie, moet hoor en leer om die HERE julle God te vrees al die dae wat julle lewe in die land waarheen julle deur die Jordaan trek om dit in besit te neem.

Die afval van Israel aangekondig.

14

EN die HERE het vir Moses gesê: Kyk, 15jou dae kom nader dat jy moet sterwe; roep Josua, en gaan julle in die tent van samekoms staan, dat Ek aan hom bevel kan gee. Toe het Moses en Josua gegaan en in die tent van samekoms gaan staan.

15

En die HERE het in die tent in ’n 16wolkkolom verskyn terwyl die wolkkolom by die ingang van die tent bly staan het.

16

Toe sê die HERE vir Moses: Kyk, jy 17ontslaap met jou vaders, en hierdie volk sal opstaan, en hulle sal die 18vreemde gode van die land waarheen hulle gaan, in 19sy midde 20agternahoereer en My verlaat en my verbond verbreek wat Ek met 21hulle gemaak het.

17

Dan sal my toorn op dié dag teen hulle ontvlam, en Ek sal hulle verlaat en 22my aangesig vir hulle verberg, sodat hulle 23verteer word en baie 24onheile en node hulle oorkom. Dan sal hulle op dié dag sê: Het hierdie onheile ons nie 25oorgekom, omdat onse God nie 26onder ons is nie?

18

Maar Ek sal op dié dag my aangesig 27heeltemal verberg weens al die kwaad wat hulle gedoen het; want hulle het na ander gode afgewyk.

19

Skryf dan nou vir julle 28hierdie lied op, en leer dit aan die kinders van Israel; 29lê dit in hulle mond, dat hierdie lied vir My 30’n getuie teen die kinders van Israel kan wees.

20

Want Ek sal hulle inbring in die land wat Ek aan hulle vaders met ’n eed beloof het, wat oorloop van melk en heuning, en hulle sal eet en versadig en vet word; dan sal hulle afwyk na ander gode en dié dien, en hulle sal My verag en my verbond verbreek.

21

En as dan baie onheile en node oor hulle kom, dan sal hierdie lied in hulle aangesig as getuie antwoord — want dit sal uit die mond van hulle nageslag nie vergeet wees nie — want Ek ken hulle 31gedagtes wat hulle vandag koester voordat Ek hulle inbring in die land wat Ek 32met ’n eed beloof het.

22

Toe het Moses hierdie lied op dié dag opgeskrywe en dit aan die kinders van Israel geleer.

23

En 33Hy het aan Josua, die seun van Nun, bevel gegee en gesê: gWees sterk en vol moed, want jý sal die kinders van Israel inbring in die land wat Ek hulle met ’n eed beloof het; en Ek sal met jou wees.

24

En toe Moses die woorde van hierdie 34wet klaar in ’n boek geskryf het tot die einde toe,

25

het Moses aan die Leviete wat die verbondsark van die HERE gedra het, bevel gegee en gesê:

26

Neem hierdie hwetboek en sit dit neer 35aan die kant van die verbondsark van die HERE julle God, dat dit daar as getuie teen 36jou kan wees.

27

Want ék ken jou wederstrewigheid en jou 37hardnekkigheid. As julle, terwyl ek nog vandag by julle lewe, 38wederstrewig was teen die HERE — hoeveel te meer dan ná my dood!

28

Laat al die oudstes van julle stamme en julle opsigters by my vergader, dat ek voor hulle ore hierdie woorde kan spreek, en teen hulle die hemel en die aarde as getuies kan neem.

29

Want ek weet dat julle ná my dood 39gewis verderflik sal handel en sal afwyk van die weg wat ek julle beveel het, sodat 40die onheil julle aan die einde van die dae sal teëkom, omdat julle sal doen wat 41verkeerd is in die oë van die HERE om Hom deur die werk van julle hande te terg.

30

Toe het Moses voor die ore van die hele vergadering van Israel die woorde van hierdie lied tot die einde toe uitgespreek.

a Núm. 27:12. Deut. 3:26. 1 Hebr. ’n seun van honderd-en-twintig jaar.

2 Dit is, my amp soos tevore onder julle bedien. Sien Núm. 27:16, 17. Vgl. Deut. 28:6.

b Núm. 27:18. 3 Naamlik om hul land in besit te neem; soos in Deut. 9:1 en dikwels elders.
c Núm. 21:24, 33.
d Deut. 7:1, 2. 4 Sien Deut. 1:8 se kanttekening.

5 Dit is, julle sal hulle geheel en al met die banvloek tref. Sien Deut. 7:1, 2.

e Jos. 1:5. Hebr. 13:5. 6 Hierdie belofte word aan alle gelowiges gemaak, Hebr. 13:5.
f Jos. 1:9.
7 Vgl. Deut. 17:18.

8 Vgl. vers 25 en sien Núm. 4:15 se kanttekening.

9 Sien Deut. 15:1, ens.

10 Sien Lev. 23:34, ens. Deut. 16:13, ens.

11 Naamlik jy, priester, saam met die ander priesters en Leviete, ens. Sien ’n voorbeeld in Neh. 8:1, 5, 7, 8.
12 Of: Terwyl jy die volk laat byeenkom, ens. Die betekenis is dat dit telkens aan die einde van sewe jaar moes gebeur.

13 Dit is, stede, woonplekke.

14 Of: ervaar, beleef het nie, dit is, nie al my wonders gesien het soos julle dit gesien het nie.
15 Dit is, jou sterfdag het gekom.
16 Waaruit God gewoonlik met Moses gespreek het. Sien Ex. 33:9. Ps. 99:7.
17 Of: lê neer, naamlik om te slaap; dit is, jy gaan sterwe. So word die dood ook ’n slaap genoem, omdat die liggaam rus tot die tyd van die opwekking, Ps. 13:4; 76:6. Dan. 12:2. Joh. 11:11. 1 Thess. 4:13-15. 2 Petr. 3:4.

18 Hebr. die gode van die vreemdes van die land, dit is, van die Kanaäniete, wat van God en sy volk vervreemd was, aangesien hulle vreemde gode gedien het.

19 Verstaan die land, of die vreemde Kanaänitiese inwoners daarvan.

20 Sien Ex. 34:15 en Lev. 20:5 se kanttekeninge.

21 Naamlik die volk, en so deurgaans in dit wat volg, waar vir die volk soms die enkelvoud en soms die meervoud gebruik word.

22 Dit is, my seën en hulp, waardeur Ek my genadige teenwoordigheid gewoonlik bewys, van hulle onttrek; so ook in die volgende vers.

23 Hebr. om te eet, dit is, deur die vyande, soos deur wilde diere, verskeur en verslind word. Vgl. Deut. 7:16 se kanttekening. Eség. 34:5, 8, 10; 35:12.

24 Dit is, ongelukke, ellendes, en so in dit wat volg.

25 Hebr. gevind; en so in vers 21.

26 Soos in Deut. 1:42.

27 Hebr. verbergende verberg.
28 Wat in die volgende hoofstuk beskryf is; deur God in die vorm van ’n lied gegee, sodat die volk dit des te beter kon leer en onthou.

29 Dit is, sorg dat hulle dit goed verstaan, deeglik ken, kan sing en só daagliks in die mond het. Vgl. Ex. 4:15. 2 Sam. 14:3, ens.

30 Tot ’n gedagtenis van al my getroue waarskuwings en tot hul oortuiging van die regverdigheid van my straf, as hulle wederstrewig sal wees.

31 Dit is, die versinsels van hul hart. Sien Gén. 6:5.

32 Naamlik, om vir hulle te gee.

g Jos. 1:6. 33 Naamlik, die HERE.
34 Dit word nie net verstaan as die kliptafels van die tien gebooie en hierdie lied nie, maar as die hele verklaring van die wet, soos dit in die boeke van Moses saamgevat is.
h 2 Kon. 22:8. 35 In die Allerheiligste, om die waardigheid en goddelikheid van hierdie boek te betuig. Die twee kliptafels van die verbond het in die ark gelê en hierdie boek buite, aan die kant van die ark (sodat die ark nie oopgemaak sou word nie). Hierdie boek is in die tyd van koning Josía gevind, 2 Kon. 22:8.

36 Nie net die Leviete nie, maar ook die hele volk.

37 Vgl. Jes. 48:4.

38 Sien Deut. 9:7, 23, 24.

39 Hebr. verderwende sal verderf.

40 Verstaan die onheil van die straf, of allerlei plae wat tevore beskryf is.

41 Verstaan die verkeerdheid van die sonde.