Statevertaling – Bybelstigting
Die lied wat Moses op bevel van God voorgedra het.
LUISTER, 1o hemele, dat ek kan spreek, en 2laat die aarde hoor die woorde van my mond.
3Laat my leer drup soos die reën, my woord vloei soos die dou, soos reëndruppels op die grasspruitjies en soos 4reënbuie op die plante.
Want die Naam van die HERE 5roep ek uit: 6Gee grootheid aan onse God!
Die 7Rots — volkome is sy werk; want al 8sy weë is strafgerigte; ’n God van trou en sonder onreg; regverdig en reg is Hy.
9Hulle het verderflik teen 10Hom gehandel — die wat 11sy seuns nie was nie, maar hulle skandvlek — ’n verkeerde en verdraaide geslag.
Durf julle dit die HERE vergelde, o dwase en onwyse volk? Is Hý nie jou Vader wat jou 12geskape het nie; het Hý jou nie gemaak en jou toeberei nie?
Dink aan die dae 13van die ou tyd, let op die jare, 14van geslag tot geslag; vra jou vader, dat hy jou dit bekend maak; die ou mense, dat hulle jou dit sê.
Toe die Allerhoogste aan die nasies ’n erfdeel gegee het, toe Hy 15die mensekinders van mekaar geskei het, het Hy die grense van die volke vasgestel 16volgens die getal van die kinders van Israel.
Want 17die HERE se deel is sy volk, 18Jakob is sy afgemete erfdeel.
Hy het hom gevind in ’n woestynland en 19in ’n woeste wêreld, vol gehuil van die wildernis; Hy het hom omring, 20op hom ag gegee, hom bewaak soos 21sy oogappel.
Soos ’n arend 22sy nes opwek, oor sy kleintjies sweef, sy vlerke uitsprei, 23hulle opneem, hulle dra op sy vleuels —
die HERE alleen het 24hom gelei, en daar was geen vreemde god by hom nie.
Hy het hom laat ry op die 25hoogtes van die aarde, en hy het die opbrings van die veld geëet; en Hy het hom 26heuning uit die rots laat suig en olie uit die 27klipharde rots;
dikmelk van beeste en melk van kleinvee, met die vet van lammers en ramme; 28stiere van Basan en bokke, met die 29niervet van koring; en druiwebloed het jy gedrink, 30skuimende wyn.
Toe het 31Jesúrun vet geword en 32agterop geskop — jy het vet geword, dik geword, spekvet geword — en hy het God verwerp 33wat hom gemaak het, en die steenrots van sy heil geminag.
Hulle het deur vreemde gode sy 34ywer gewek; deur gruwels Hom geterg.
Hulle het aan die 35duiwels geoffer, wat nie-God is, gode wat aan hulle nie bekend was nie; nuwes wat 36kort gelede opgekom het, vir wie julle vaders nie gehuiwer het nie.
Die Steenrots wat jou 37verwek het, het jy veronagsaam; en jy het die God vergeet wat jou voortgebring het.
Toe die HERE dit sien, het Hy hulle verwerp, uit 38ergernis oor sy seuns en dogters.
En Hy het gesê: Ek wil my 39aangesig vir hulle verberg, Ek wil sien wat hulle 40einde sal wees; want ’n 41heeltemal verkeerde geslag is hulle, kinders in wie geen 42trou is nie.
aHulle het my ywer gewek 43deur wat nie-God is, My geterg deur hulle nietige afgode. Ek sal dan hulle ywer wek deur die wat ’n 44nie-volk is, deur ’n dwase nasie sal Ek hulle terg.
Want b’n 45vuur is aangesteek in my toorn en het gebrand 46tot in die doderyk daaronder, en dit het die aarde met sy opbrings verteer en die fondamente van die berge aan die brand gesteek.
Ek sal 47onheile op hulle ophoop; my 48pyle sal Ek op hulle wegskiet.
As hulle uitgeput is van honger en verteer deur 49koorsgloed en dodelike siekte, sal Ek die tand van wilde diere teen hulle loslaat met die gif van 50stofkruipers.
Buitekant sal die swaard 51beroof, en in die binnekamers die verskrikking; die jongman sowel as die jongedogter, die suigling saam met die 52grysaard.
Ek sou gesê het: Ek wil hulle 53wegblaas, hulle gedagtenis onder die mense uitroei —
as Ek nie vir die 54terging van die vyand 55bedug was nie, dat hulle teëstanders dit sou 56misverstaan en sê: 57Ons hand was hoog, en die HERE het dit alles nie gedoen nie.
Want ’n nasie van 58verlore raadsplanne is 59hulle, en daar is geen verstand in hulle nie.
60Was hulle wys, hulle sou dit insien, hulle sou op hulle 61einde let.
Hoe kan 62een dan 63duisend agtervolg en twee tienduisend op die vlug jaag, was dit nie dat hul 64Steenrots hulle verkoop en die HERE hulle 65oorgelewer het nie!
Want 66hulle 67steenrots is nie soos ons 68Steenrots nie — ja, 69ons vyande self is skeidsregters!
Want hulle wingerdstok is 70uit die wingerdstok van Sodom en uit die wingerde van Gomorra; hulle druiwe is 71giftige druiwe, bitter trosse dra hulle.
Hulle wyn is slanggif en wrede addergif.
72Is dit nie by My opgegaar, in my skatkamers verseël nie?
cMy kom die wraak toe en die vergelding, op die tyd as hulle voet sal wankel; want die dag van hulle ondergang is naby, en 73wat oor hulle beskik is, kom gou.
Want die HERE sal aan sy volk reg verskaf, en Hy sal 74medelyde hê met sy knegte as Hy sien dat hulle 75vashouplek weg is en 76dit met almal sonder uitsondering gedaan is.
Dan sal Hy sê: Waar is 77hulle gode, die steenrots waarin hulle toevlug geneem het,
78wat die vet van hulle slagoffers geëet het, die wyn van hulle drankoffer gedrink het? Laat hulle opstaan en julle help, dat daar oor julle ’n 79beskerming kan wees!
Aanskou nou 80dat dit Ek is en dat daar dgeen god naas My is nie; Ek emaak dood en maak lewend, Ek het 81verbrysel en Ek genees; en daar is niemand wat uit my hand red nie.
Want 82Ek sal my hand na die hemel ophef en sê: 83So waar as Ek ewig leef —
as Ek my 84glinsterende swaard skerp gemaak het en my hand na die strafgerig gryp, sal Ek wraak oefen op my teëstanders en my haters vergelde.
Ek sal my 85pyle dronk maak van bloed, en my swaard sal vlees eet: van die bloed van hom wat verslaan en 86gevang is, 87van die kop van die vyand se aanvoerders.
f88Jubel, o nasies, oor 89sy volk, want Hy sal die bloed van sy 90knegte wreek, en Hy sal wraak oefen op sy teëstanders en 91versoening doen vir sy land en sy volk.
En Moses het gekom en al die woorde van hierdie lied voor die ore van die volk gespreek, hy en 92Hoséa, die seun van Nun.
En toe Moses met al hierdie woorde die hele Israel klaar toegespreek het,
sê hy vir hulle: Gee ag op al die woorde waarmee ek julle vandag waarsku, dat julle dit jul kinders beveel om al die woorde van hierdie wet sorgvuldig te hou.
Want dit is geen 93vergeefse woord vir julle nie, maar dit is julle lewe; en deur hierdie woord sal julle die dae verleng in die land waarheen julle deur die Jordaan trek om dit in besit te neem.
Daarna het die HERE op daardie selfde dag met Moses gespreek en gesê:
gKlim op hierdie gebergte Abárim, die berg Nebo, wat in die land Moab is, wat 94teenoor Jérigo lê, en aanskou die land Kanaän wat Ek aan die kinders van Israel as besitting sal gee;
en sterwe op die berg waarheen jy opklim, en word 95versamel by jou volksgenote, soos jou hbroer Aäron gesterf het op die berg Hor en versamel is by sy volksgenote,
omdat julle onder die kinders van Israel ontrou iteen My gehandel het by die twiswater van Kades, in die woestyn Sin, omdat julle My nie 96geheilig het onder die kinders van Israel nie.
Want reg voor sal jy die land sien, maar jy sal daar nie inkom, in die land wat Ek aan die kinders van Israel sal gee nie.
| 1 Om die redelose skepsele so aan te spreek het tot Israel se oortuiging en beskaming gedien. Vgl. Deut. 4:26 se kanttekening.
2 Of: jy aarde, hoor. |
| 3 Of: My leer sal drup, dit is, ek sal ’n leer voorstel wat so nuttig en heilsaam sal wees vir die mense, soos wat dou en reën is vir die plante. Vgl. Eség. 21:2. Amos 7:16. Miga 2:6 se kanttekening, ens.
4 Of: druppels. |
| 5 Hebr. roep ek, dit is, in die openbaar verkondig. Anders: roep ek aan.
6 Dit is, skryf Hom die majesteit en almag wat Hy het toe, en verheerlik Hom daaroor. Sien Deut. 9:26; 11:2. |
| 7 Dit is, vas en onbeweeglik, ’n gewisse toevlug en beskerming vir die wat aan Hom behoort. So ook in vers 31.
8 Dit is, al sy dade, sy hele regering, word vergesel van geregtigheid, wat strek tot behoud van die vromes en tot straf van die boosdoeners. |
| 9 Naamlik Israel.
10 Naamlik die HERE. 11 Naamlik, wat dit so verdorwe en so skandelik gemaak het. Anders: hulle gebrek is nie van sy seuns nie, dit is, dit betaam nie diegene wat sy seuns genoem word nie, aangesien dit nie uit swakheid nie, maar uit moedswil en ’n onboetvaardige hart voortkom. |
| 12 Of: verkry, gekoop. |
| 13 Hebr. van die eeu of ewigheid, dit is, dink aan alles wat van die begin van die wêreld af in God se kerk gebeur het. Sien Jer. 2:20 se kanttekening.
14 Hebr. van geslag en geslag. Dit is, van alle geslagte, of elke geslag. Sien 1 Kon. 8:39 se kanttekening. |
| 15 Anders: die kinders van Adam.
16 Naamlik, op so ’n wyse dat Hy aan alle stamme en nakomelinge van Israel hul woonplekke en besittings verordineer en toegedeel het. Vgl. Deut. 3:12, 13, ens. Jos. 13:14, 15, ens. Hand. 17:26. Die betekenis is dat God in sy raad en regering sy oog in die besonder op sy volk gehou het. |
| 17 Dit is, by die HERE is sy volk baie geliefd, soos by mense hul erfdeel gewoonlik geliefd is.
18 Dit is, die volk Israel, wat van Jakob afkomstig is, is vir God so na aan Hom en waardevol soos ’n erfdeel vir mense, wat gewoonlik met meetsnoere afgemeet en uitgedeel is. Sien Deut. 3:4 se kanttekening. |
| 19 Hebr. in ’n woestheid van die gehuil van die eensaamheid of wildernis.
20 Of: hom onderrig. 21 Soos mense hul oogappel, wat baie teer is, naarstiglik bewaar. Sien Ps. 17:8. Sag. 2:8. Vgl. Spr. 7:2. |
| 22 Dit is, sy neskuikens of kleintjies met ’n sekere geluid wakker maak, om hulle te laat verstaan dat hy hulle wil leer vlieg.
23 Hebr. dit opneem, dit dra, naamlik elke kleintjie. |
| 24 Naamlik, Israel of Jakob. |
| 25 Dit is, Hy het hom in groot heerlikheid verhoog en aan hom die hoogste en sterkste stede gegee. Sien Deut. 1:28. Vgl. met Núm. 21:25, 32. Deut. 2:36. So ook Deut. 33:29.
26 Want die beloofde land het oorgeloop van heuning, Ex. 3:8, 17; ook in die bosse, 1 Samuel 14, en in skeure in rotse, volgens die aard van bye, Ps. 81:17. 27 Vgl. Deut. 8:15. |
| 28 Hebr. seuns van Basan. Sien Núm. 32:33, 34, en dikwels elders, waar Basan (geleë aan die oostekant van die Jordaan) verklaar word as baie vrugbare landbougrond.
29 Dit is, met besonder groot en uitgeswelde koringkorrels, wat, ten opsigte van hul voorkoms en swelling, met niere vergelyk word. 30 Of: suiwer, rooi. |
| 31 Verstaan die volk Israel, wat hier Jesúrun genoem word, omdat hulle reg behoort te wees en opreg of reguit in God se weë behoort te wandel, soos hulle daartoe deur Hom geroep is en omdat slegs by hulle die reël van ware geregtigheid was. Maar omdat dit heeltemal anders met hulle gesteld was en in die toekoms ook sou wees, word hierdie titel, die regte, of hy wat reg geword het, hier by wyse van verwyt aan hulle gegee; wat andersins ’n treffende eretitel was, soos in Deut. 33:5, 26.
32 Soos baldadige kalwers of moedswillige perde, dit is, hy het rebels teen God geword. 33 Hebr. sy Maker. Sien Job 4:17 se kanttekening. |
| 34 Sien Deut. 4:24 se kanttekening. |
| 35 Dit is, die afgode, waardeur die duiwels gedien word. Vgl. 1 Kor. 10:20. Die Hebreeuse woord beteken verwoesters; soos die duiwels met reg genoem word, net so word die engel van die afgrond die verderwer genoem, Openb. 9:11.
36 Hebr. van naby gekom het. |
| 37 Dit is, God, wat as vader en moeder oor jou (naamlik die volk) is, terwyl Hy jou sy kinders gemaak en met vaderlike en moederlike liefde behandel het. |
| 38 Hebr. ergernis van sy seuns en dogters, dit is, waarmee Hy teen hulle vertoornd was. Vgl. Jer. 7:29. Joël 3:19. Obád. vers 10, ens. Anders: ergernis wat sy seuns en dogters veroorsaak het. |
| 39 Sien Deut. 31:17 se kanttekening.
40 Of: laaste, uiterste, agterste. So ook in vers 29. Dit is, wat hulle ten laaste sal wedervaar, hoe dit vir hulle sal uitwerk. Vgl. Ps. 37:37; Spr. 14:12; 16:25 en die kanttekeninge. 41 Hebr. geslag van verkeerdhede. 42 Dit is, wat nie geloofwaardig is en nie hul woord hou nie, wat ontrou en meinedig is. |
| a Rom. 10:19. | 43 Dit is, deur die afgode. Sien 1 Kor. 8:4, 5; 10:19.
44 Verstaan die heidene wat God sal bekeer en roep tot die kennis van Hom en tot sy gemeenskap, in die plek van die Jode. Sien Rom. 9:25; 10:19, ens. |
| b Jer. 15:14. | 45 Dit is, gruwelike plae van verwoesting, oorlog, honger, pes, ens., soos volg. Vgl. Deut. 4:24 se kanttekening. Sien Job 22:20 se kanttekening.
46 Hebr. tot die hel van die onderste of van die benedenheid toe, dit is, tot in die plek van die grafte, diep in die grond, wat só verwoes en verdorwe sal word dat dit vir ’n lang ruk geen vrugte sal voortbring nie. Sien verder oor die Hebreeuse woord sjeol Gén. 37:35 se kanttekening. |
| 47 Dit is, plae, ongelukke, wat hier deur God se pyle en in vers 22 deur die vuur verstaan word.
48 Dit is, al my plae, wat die Skrif dikwels God se pyle noem, omdat hulle deur Hom gestuur word en gewis en diep tref. So ook in vers 42. |
| 49 Hebr. vlam en verderwing.
50 Of: slange van die stof, wat die stof van die aarde eet, Gén. 3:14. |
| 51 Naamlik, die een van die ander, sonder om te ontsien, soos volg.
52 Hebr. man van grysheid of grouheid. |
| 53 Of: vernietig; in alle hoeke verstrooi, uit hoeke wil Ek hulle uithaal, hoek in hoek uit wil Ek hulle jaag. Sien die vervolg van hierdie vers in vers 28. |
| 54 Of: toornigheid.
55 Menslik van God gespreek. Die betekenis is: was dit nie dat Ek dit nagelaat het ter wille van die eer van my Naam, sodat dit onder die heidene nie gelaster word nie. 56 Naamlik só dat hulle nie sou wou erken dat Ek dit gedoen het vanweë Israel se gruwelike sondes nie, maar dat húlle met die hulp van hul afgode Israel só oormeester en uitgeroei het. 57 Dit is, ons het deur ons mag die oorhand oor Israel bekom; dit is nie God se werk nie. |
| 58 Anders: verloregaande nasie van raadsplanne, dit is, ’n nasie wat deur hul eie bose raadsplanne hulself in die verderf stort.
59 Naamlik, die Israeliete. |
| 60 Of: O, of hulle wys was, of hulle dit insien, of hulle op hulle einde let.
61 Sien vers 20. |
| 62 Naamlik van die vyande.
63 Naamlik van die Israeliete. Anders: een van die Israeliete sou duisend vyande verjaag, ens., was dit nie dat, ens. 64 Dit is, God, soos tevore. 65 Of: ingesluit, naamlik in die vyand se hand. |
| 66 Naamlik van die vyande.
67 Dit is, afgode, op wie hulle hul verlaat, soos op ’n rots. 68 Naamlik onse God, op wie ons ons verlaat, soos op ’n rots. 69 Of: laat ons vyande selfs regters wees, dit is, hulle moet dit selfs erken, terwyl hulle dit bevind deur ervaring dat hul afgode gans geen mag het om te wreek of te straf nie, soos die God van Israel sy mag aan sy volk en hul vyande in die openbaar betoon, deur aan beide sy regverdigheid te bewys. |
| 70 Asof dit daaruit gespruit het. Dit is, hulle is van gelyke aard en dade as die van Sodom en Gomorra. ’n Baie mooi en vrugbare land, maar sy inwoners geheel en al goddeloos. Of dit wys op die wyn wat aan die afgode geoffer is. Sien vers 38.
71 Hebr. druiwe van gif. Anders: van gal, dit is, galagtig. |
| 72 Dit is, Ek weet dit alles baie goed en het vas besluit op die wraak (sien die volgende vers), maar sal die uitvoering opskort tot die tyd wat Ek in my verborge raad daartoe bestem het. Vgl. Job 33:16 en Ps. 56:9 se kanttekeninge. |
| c Rom. 12:19. Hebr. 10:30. 1 Petr. 2:23. | 73 Anders: wat vir hulle berei is. |
| 74 Of: berou. Vgl. Gén. 6:6 se kanttekening.
75 Hebr. hand, dit is, al die mag, al die vermoë van sy volk. 76 Of: dat daar geeneen is wat opgesluit of verlaat is nie. Dit wil voorkom of dit ’n spreekwoord was wat uiterste benoudheid en verwoesting beteken. Vgl. 1 Kon. 14:10; 21:21 en in die besonder 2 Kon. 14:26. Die betekenis is dat dit ook selfs met hulle gedaan was, beide met diegene wat hulle in die stede versteek en verberg het met die hoop om te ontkom of deur iemand, uit medelyde of guns, opgesluit of in gevangenskap bewaar is, asook met diegene wat die wye veld in gevlug het of daar agtergelaat is, menende dat mense nie meer aan hulle sou dink nie, dat hulle dalk al deur die vyand verlaat en vergeet is. Wanneer sulke persone ook gesoek en ingehaal word, of dat daar van diesulkes bykans niemand meer is nie, is dit ’n teken dat nouliks iemand ontsnap of gespaar word. As dit sover gekom het, dan, wil die HERE sê, sal God hulp en verlossing uit die hemel stuur. |
| 77 Naamlik van die vyande. |
| 78 Anders: wie se slagoffers se vet hulle geëet het, wie se drankoffer se wyn hulle gedrink het.
79 Of: dat daar verberging of ’n skuilplek vir julle kan wees. |
| d Deut. 4:35. Jes. 45:5, 18, 22.
e 1 Sam. 2:6. |
80 Hebr. dat Ek, Ek dit is.
81 Of: verwond, deursteek. |
| 82 Dit is, Ek sal sweer. God spreek aldus menslikerwys. Hierdie manier van doen was gebruiklik in eedswering. Sien Gén. 14:22 se kanttekening.
83 So sweer Ek by Myself. Sien Hebr. 6:13. |
| 84 Hebr. die weerligstraal of blits, glinstering van my swaard. |
| 85 Sien vers 23 se kanttekening.
86 Hebr. van die gevangenskap. 87 Anders: van die kop af sal daar wraak op die vyande wees; dit is, van bo af, beginnende by die kop. Anders: van die begin af sal die wraak of wrekinge op die vyand wees; dit is, Ek sal alles wat die vyande van die begin af verkeerd gedoen het, tesame wreek. |
| f Rom. 15:10. | 88 Sien Rom. 15:10.
89 Verstaan die Jode. 90 Vgl. Openb. 19:2. 91 Naamlik sy land en sy volk met Homself versoen, uit genade, om die Messías se ontwil. |
| 92 Dit is, Josua. |
| 93 Of: ydele. Die betekenis is: Hierdie woord is nie so ydel of sleg dat dit vir julle nie die moeite werd sou wees om dit tot die uiterste toe te behartig nie. |
| g Núm. 27:12. | 94 Of: in die sig van Jérigo. |
| h Núm. 27:13; 33:38. | 95 Sien Gén. 15:15 se kanttekening. |
| i Núm. 20:12. | 96 Dit is, daar het julle nie die vertroue op My gehad en dit tot my eer in die openbaar voor die volk vertoon nie, soos dit julle betaam het. Sien verder Lev. 10:3 se kanttekening. |