Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Deuteronómium 33

Seëning van die twaalf stamme deur Moses voor sy dood.

1

EN dit is die 1seën waarmee Moses, die 2man van God, die kinders van Israel geseën het voor sy dood.

2

En hy het gesê: 3Die HERE het gekom van Sinai en vir hulle opgegaan van Seïr af; Hy het in ligglans verskyn van die gebergte 4Paran en gekom van 5heilige tienduisende af; aan sy regterhand was 6vlammende vuur vir 7hulle.

3

Ja, Hy het die 8stamme lief. Al sy heiliges — hulle is 9in u hand; en 10hulle was gelaer by u voet; elkeen 11ontvang iets van u uitsprake.

4

Moses het ons die wet beveel, ’n 12besitting vir die 13vergadering van Jakob.

5

14En Hy het Koning geword in 15Jesúrun, toe die hoofde van die volk vergader het, die stamme van Israel almal saam.

6

Laat Ruben lewe en nie sterwe nie, en laat sy manne 16’n aantal wees.

7

En 17dít vir Juda, en 18hy het gesê: 19Hoor, HERE, die stem van Juda, en 20bring hom na sy volk toe; met 21sy hande het hy geveg vir hulle, en wees U vir hom ’n hulp 22teenoor sy teëstanders.

8

En van Levi het hy gesê: 23U Tummim en u Urim is vir die man, u 24gunsgenoot, wat deur U 25beproef is in Massa, met wie U getwis het by die waters van Mériba;

9

26wat van sy vader en sy moeder gesê het: Ek 27sien hom nie, en sy broers nie erken het en 28van sy seuns niks geweet het nie; want hulle het u woord bewaar en u verbond gehou.

10

Hulle sal Jakob u verordeninge leer en Israel u wet; 29hulle sal reukwerk 30voor U neerlê en ’n 31voloffer op u 32altaar.

11

Seën, HERE, sy 33krag, en laat die werk van sy hande U welgevallig wees; 34verpletter die lendene van die wat teen hom opstaan en hom haat, 35sodat hulle nie kan opstaan nie.

12

Van Benjamin het hy gesê: 36Die beminde van die HERE — hy sal veilig 37by Hom woon; Hy 38beskerm hom die hele dag en woon 39tussen sy berghange.

13

En van Josef het hy gesê: aGeseënd deur die HERE is sy land met die 40kostelikste gawe van die hemel, met dou en met die 41wêreldvloed wat onder lê,

14

en met die 42kostelikste voortbrengsels van die son en met die kostelikste gewasse van die 43mane

15

en 44met die vernaamste voortbrengsel van die 45berge van die voortyd en met die kostelikste gawe van die ewige heuwels

16

en met die kostelikste gawe van die aarde en van sy volheid, 46en die welbehae van Hom 47wat in die doringbos gewoon het — laat dit kom op die hoof van 48Josef en op die hoofskedel van die b49vors onder sy broers.

17

Sy 50eersgebore stier — heerlikheid is syne, en sy horings is 51buffelhorings; daarmee sal hy die volke stoot, die eindes 52van die aarde almal saam. 53En dit is die tienduisende van 54Efraim, en dit is die duisende van Manasse!

18

En van Sébulon het hy gesê: Verheug jou, Sébulon, oor jou 55togte, en Íssaskar, oor jou 56tente.

19

57Hulle sal volke na die berg roep; daar sal hulle offers 58van geregtigheid offer; want hulle sal die 59oorvloed van die see insuig en die 60verborgenste skatte van die 61sand.

20

En van Gad het hy gesê: 62Geseënd is Hy 63wat vir Gad ruimte maak; hy gaan lê soos ’n 64leeuin en verskeur die arm, ja, die hoofskedel.

21

En 65hy het vir hom ’n eerstelingsaandeel uitgekies, want daar was die deel van ’n veldheer bewaar; en hy het gekom na die hoofde van die volk, hy het die geregtigheid van die HERE uitgevoer en sy verordeninge met Israel.

22

En van Dan het hy gesê: Dan is ’n jong 66leeu wat uit 67Basan uitspring.

23

En van Náftali het hy gesê: Náftali, versadig 68van geluk en vol van die seën van die HERE — neem jy 69see en suidland in besit!

24

En van Aser het hy gesê: Geseënd is Aser 70bo die seuns; laat hy die liefling van sy broers wees, en 71een wat sy voet in olie insteek.

25

72Mag 73jou grendel yster en koper wees, en jou 74sterkte soos jou dae.

26

75Niemand is daar soos God, o Jesúrun, wat 76oor die hemel ry as jou hulp, en oor die 77wolke 78in sy hoogheid.

27

79Die ewige God is 80’n woning, en onder — 81ewige arms; en Hy het die vyand voor jou uit verdrywe en gesê: Verdelg!

28

cSo het Israel dan veilig gaan woon, 82die bron van Jakob in afsondering, in ’n land van koring en mos; ja, sy hemel laat dou afdrup.

29

Welgeluksalig is jy, o Israel! Wie is soos jy? ’n Volk wat deur die HERE verlos is, 83die skild van jou hulp en wat die 84swaard van jou hoogheid is, sodat jou vyande hulle 85al kruipende aan jou onderwerp; maar jý sal op 86hulle hoogtes stap.

1 Sien Gén. 27:4 se kanttekening.

2 Dit is, die profeet, wat spreek deur die ingewing van die Heilige Gees, 2 Petr. 1:21. Sien verder oor hierdie titel Rig. 13:6 se kanttekening.

3 Dit wil voorkom of Moses hier God se openbaringe, wat in sy tyd aan Israel gemaak is, vergelyk met die gang van die son, wat geleidelik te voorskyn kom en al hoe meer lig gee, totdat dit ten laaste die helder middaglig voortbring. Net so het die HERE eers sy wet gegee op die berg Sinai, Exodus 19; 20. Daarna het Hy water uit die rots gegee en by die gebergte Seïr (die gebergte van die Edomiete) die koperslang laat oprig (wat saam met die manna voorbeelde van Christus is), Númeri 20; 21. Joh. 3:14. 1 Kor. 10:4. Ten laaste het Hy deur Moses in die land van die Moabiete sy wet op ’n hoog verhewe wyse verklaar, daardie profetiese lied en hierdie seën voor sy volk geopenbaar; soos in hierdie hele boek te sien is. Vgl. Háb. 3:3, 4, ens.

4 Sien oor Seïr en Paran Gén. 14:6 se kanttekening. Deut. 1:1.

5 Hebr. tienduisende van heiligheid. Verstaan die miljoene heilige engele, van wie die Seun van God die Hoof is. Sien Hand. 7:53. Gal. 3:19 en vgl. Ps. 68:18. Dan. 7:10, ens.

6 Hebr. esjdat, sommige vertaal: ’n vuur van die wet. Verstaan dan daardie groot vuur waaruit die wet tot die volk uitgespreek is. Sien Ex. 19:16, 18. Deut. 4:11, 12, 33, 36; 5:22-26. Anders: het hulle (naamlik die heilige engele) ’n vuur van die wet gehad.

7 Naamlik die Israeliete.

8 Verstaan die stamme van Israel; soos in Rig. 5:14 en hierna, vers 19, ens.

9 Dit is, U aanskou, versorg en bewaar hulle. Moses spreek hier tot God.

10 Anders: laat hulle gelaer word, ens., naamlik soos dissipels aan die voete van hul meester. Sien 2 Kon. 2:3 en 4:38 se kanttekeninge. Hand. 22:3.

11 Wat hom tot onderrig en saligheid mag strek.

12 Wat vir die volk van God so geliefd en dierbaar moet wees soos ’n mens se erfdeel vir hom is.

13 Die vergadering wat van Jakob afkomstig is.

14 Of: En hy het koning geword, ens., verstaan dan Moses, wat wette gegee en die volk soos ’n koning regeer het. Die woord koning word ook vir ’n vors of prins gebruik, Jer. 19:3; 46:25. Sien die kanttekeninge daar.

15 Sien Deut. 32:15 se kanttekening.

16 Of: laat hulle nie weinig in getal wees nie, dit is, groot in getal. Anders: hoewel sy manne weinig in getal is.
17 Naamlik, dít is die seën van Juda; waarby Símeon ook ingesluit is, omdat sy land onder Juda versprei is, en hy saam met Juda uitgetrek het om oorlog te voer. Sien Jos. 19:1. Rig. 1:3. 1 Kron. 4:24, ens.

18 Naamlik Moses, en so ook in dit wat volg.

19 Naamlik, as hulle tot U bid vir oorwinning.

20 Dit is, gee dat hy oorwin en behoue na sy mense terugkeer.

21 Of: sy hande moet vir hom genoeg wees, dit is, gee hom genoegsame krag om teen sy vyande staande te bly.

22 Hebr. van, dit is, wat hom bystaan en red van sy vyande.

23 Moses spreek hier tot God, soos ook in die volgende verse. Sien oor Urim en Tummim Ex. 28:30 en die kanttekening.

24 Naamlik die hoëpriester, wat ’n man van God en in God se guns was. Anders: welbeminde, weldadige, goedgunstige, goedertierene.

25 Sien oor hierdie geskiedenis Númeri 20.

26 Naamlik Levi.

27 Dit is, ek verskoon of spaar hulle nie, wanneer God my dit beveel. Dit verwys na die geskiedenis in Ex. 32:26, ens.

28 Hebr. sy seuns nie geken het nie.

29 Naamlik die Levitiese priesters, Ex. 40:27.

30 Hebr. voor u neus. Menslik van God gespreek, dit is, voor U, wat op ’n besondere manier teenwoordig is by die verbondsark, wat in die Allerheiligste was, agter die voorhangsel waarvoor die reukaltaar gestaan het.

31 Hebr. volheid, geheel. Dit is, offers waarvan alles met vuur verteer sal word, soos brandoffers en sommige ander offers.

32 Dit is, die brandofferaltaar.

33 Of: sy leërmag, dit is, leërmagte, aangesien die Leviete in hul ordes tot verskeie dienste ingedeel was. Sien Númeri 4.

34 Of: verwond, deursteek, dit is, verbreek hul krag. Vgl. Ps. 18:39.

35 Anders: sodra hulle opstaan.

36 Dit wys op die tere liefde van Jakob vir Benjamin, waartoe Jakob sonder twyfel deur God aangespoor was. Sien daaroor Gén. 42:36, 38; 43:6, 14; 44:20, 22, 29, ens.

37 Dit is, by die HERE; soos Benjamin vroeër by sy vader Jakob gewoon het.

38 Of: oordek.

39 Hebr. tussen sy skouers. Die HERE sal tussen Benjamin se skouers woon, dit is, in Jerusalem, die hoofstad van sy besitting. Op hierdie wyse word Jerusalem vergelyk met die hoof, wat staan tussen die skouers, en Benjamin se land met die liggaam.

a Gén. 49:25. 40 Verstaan die kostelikste vrugte, wat deur die reën, wat uit die lug val, voortkom en groei. Sien Gén. 49:25.

41 Of: diepte, afgrond. Dit is, die diep waters. Sien Gén. 49:25 se kanttekening.

42 Hebr. die kostelikste van die inkomste of voortbrengsels van die son; en so in dit wat volg. Dit is, die mooiste vrugte, wat deur die hitte van die son voortkom en ryp word.

43 Die Hebreeuse grondwoord beteken sowel mane as maande. Die betekenis is dan dit wat die maan in verskeie maande voortbring, omdat dit die aarde bevogtig.

44 Hebr. van die hoof, dit is, die aansienlikste, beste, soos in Ex. 30:23. Verstaan die mooi, gesonde kruie, boomvrugte, wynstokke, die mooi olyf- en vyebome, wat baie lieflik op die berge en heuwels groei.

45 Hebr. berge van oudheid; en so ook: heuwels van ewigheid; dit is, wat van die begin van die wêreld daar was. Sien Gén. 49:26.

b Gén. 49:26. 46 Of: en dit deur die welbehae van God; wat die fontein van hierdie seën is.

47 Dit is, wat in die bos aan Moses verskyn het, Ex. 3:2.

48 Dit is, Josef se nageslag.

49 Sien Gén. 48:22 en 49:26 se kanttekeninge.

50 Dit is, hy is mooi, sterk en wakker, soos die eersgeborene van een van sy stiere of bulle.

51 Sien Núm. 23:22; 24:8. Die beeld van horings word dikwels in die Skrif gebruik om te wys op mag, krag en beskerming, heerlikheid, eer, waardigheid, hoogmoed, verhoging; net so ook die vastheid en duursaamheid van iets. Sien 1 Sam. 2:1. 2 Sam. 22:3. Job 16:15. Ps. 22:22; 75:5, 6, 11; 89:18, 25; 92:11; 112:9; 132:17; 148:14. Jer. 48:25. Klaagl. 2:3, 17. Eség. 29:21; 34:21. Miga 4:13. Luk. 1:69, ens.

52 Of: van die land.

53 Dit is, hierdie horings van Josef dui op, ens.

54 Efraim word groter gereken, omdat die eersgeboortereg deur Jakob op hom oorgebring is. Sien Gén. 48:14, 17-19.

55 Dit is, vanweë jou seevaart en handel, waardeur jy rykdom sal bekom. Sien Gén. 49:13. Jos. 19:11 se kanttekening. Matt. 4:15.

56 Dit is, oor jou veehandel, waartoe die tente gedien het. Sien Gén. 4:20 en vgl. Gén. 49:14, 15.

57 Dit is, hulle sal, terwyl hulle deur God se seën opgewek is, hul beywer om die ander stamme met hul voorbeeld, aangesien hulle ver daarvandaan woon, te nooi en op te wek om saam met hulle na die berg Sion te gaan tot die diens van God. Sommige verstaan ook dat hulle deur middel van die seevaart die heidene sou nooi tot die ware godsdiens.

58 Dit is, wettige offers, of dankoffers wat hulle volgens reg verskuldig is.

59 Dit is, die goedere en rykdom wat oor die see gebring word.

60 Verstaan allerlei kosbare dinge, soos goud, edelgesteentes, ens., wat ’n mens gewoonlik toesluit en verberg; dit word oor see en land vervoer.

61 Dit is, van die see, waarvan die strand en bodem sand is; of die kosbare dinge wat oor die algemeen in oorvloed, vanweë skipbreuk, op die bodem van die see verborge is, en soms op die strand uitgewerp of andersins opgevis en uitgehaal word.

62 Dit is, geloofd, geprys. Sien Gén. 14:20 se kanttekening.

63 Naamlik God, wat vir die Gadiete, toe hulle ook deur die Ammoniete in benoudheid gebring was, ruimte gegee het deur Jefta, die Gileadiet. Sien Rigters 11 en vgl. Gén. 49:19. Ps. 4:2, ens.

64 Dit is, moedig en onverskrokke, terwyl hy, soos ’n leeuin, uit sy lêplek weer na vore tree om sy vyande ten onder te bring. Sien die vervulling in 1 Kron. 5:19-22.

65 Hy het in die begin uitgekyk na ’n geskikte woonplek vir hom, of ’n eerstelingsaandeel, dit is, van die eerste plek waarop hy afgekom het, naamlik Gílead, Núm. 32:1, ens. Hierdie plek is hulle ook deur Moses, die wetgewer en veldheer, toegestaan, Núm. 32:33, ens. Daar het die Gadiete, volgens hul aanbod en Moses se toestemming, hul vroue, kinders en vee onder God se beskutting in sekere versterkte stede gelos, terwyl hulle gewapend voorgeloop het om met die ander Israeliete God se oordeel teen die Kanaäniete uit te voer. Sien Núm. 32:16, 17, ens. Deut. 3:16-20.
66 Dit is, wakker en moedig teen die vyande.

67 Hieruit word afgelei dat daar baie en sterk leeus in Basan was. Vgl. Rig. 14:5. Sien oor Basan Deut. 32:14 se kanttekening.

68 Dit is, van gawes, wat uit die guns en seën van die HERE voortkom.

69 Of: die weste, omdat die Middellandse See teen die weste van Kanaän geleë was. Sien Gén. 12:8 se kanttekening.

70 Anders: bo die ander seuns, dit is, sy broers; of: Geseënd, dit is, gedank en geroem deur die ander seuns, wanneer hulle van die vrugbaarheid van sy land sal geniet. Of: met seuns.

71 Vgl. Gén. 49:20. Job 29:6.

72 Dit is, mag jou land as ’t ware met yster- en kopergrendels gesluit en bewaar word. Of: Mag jou skoen yster en koper wees. Die betekenis is: Mag in die grond, onder jou voete, yster en koper wees. Vgl. Deut. 8:9.

73 Anders: jou insluiting; verstaan die gebergte waarin hierdie metale gevind sou word.

74 Anders: beroemdheid. Die betekenis is: Solank jy ’n volk sal wees, sal jy sterk, magtig, of beroemd wees vanweë jou sterkte of vermoë; jou ouderdom sal soos jou jeug wees.

75 Of: Daar is niemand soos die God van Jesúrun nie. Sien oor Jesúrun Deut. 32:15.

76 Dit is, in die lug, van waar Hy sy volk hulp skenk teen hul vyande, vir wie Hy van daar met gure weer van hael, weerlig en donderweer slaan en verderf. Sien ’n voortreflike verklaring in Ps. 18:7-20.

77 Verstaan hier die boonste of dunste wolke, wat in die hoogste deel van die lug voortgebring word.

78 Dit is, met sy verhewe en heerlike dade.

79 Die Hebreeuse woord, indien dit vir skepsele gebruik word, beteken wat in die voortyd, van ouds of van die begin van die wêreld was, soos in vers 15. Indien dit egter vir God gebruik word, beteken dit ook ewigheid, of: Wat voor alle tye was. Hebr. God van ewigheid.

80 Dit is, soos ’n verhewe plek, waar jy gerus en veilig mag lewe.

81 Hebr. arms van ewigheid, dit is, die ewige almag van God sal hulle op die aarde help en beskerm.

c Jer. 23:6; 33:16. 82 Of: die fontein van Jakob, dit is, ’n voortdurende oorsprong en vloed van alle seën sal onder die volk Israel, wat uit Jakob gespruit het, wees, ens. Anders: die oog van Jakob, dit is, Jakob se nageslag sal in vrede woon, met hul oë mag hulle die vrugbaarheid van hul land aanskou en hulle daarin verlustig.
83 Of: jou skild van hulp, dit is, jou helpende skild; soos in Ps. 2:6 my heilige berg, dit is, berg van my heiligheid.

84 Dit is, wat vir jou veg om jou te verhoog.

85 Of: met gehuigel, dit is, hulle sal gedwing word om hulle aan jou te onderwerp, alhoewel hulle dit nie van harte sal bedoel nie. Sien 2 Sam. 22:45 se kanttekening. Ps. 18:45 en vgl. Ps. 66:3; 81:16.

86 Sien Deut. 32:13 se kanttekening.