Statevertaling – Bybelstigting
* Hierdie hoofstuk is (volgens die meeste se mening) ná Moses se dood deur ’n ander man van God (hetsy Josua, Eleásar of ’n ander) deur ’n besondere openbaring en ingewing van die Heilige Gees geskrywe. Daarsonder kon die outeur van hierdie hoofstuk (asook dit wat die apostel Judas in sy sendbrief meedeel) hierdie sake, wat slegs tussen God en Moses plaasgevind het, nie geweet het nie.
Dood en begrafnis van Moses
TOE 1het Moses opgeklim uit die vlaktes van Moab na die berg 2Nebo, die 3top van Pisga wat teenoor Jérigo lê; en die HERE ahet hom die hele land, 4Gílead tot 5Dan toe, laat sien;
en die hele 6Náftali en die land Efraim en Manasse en die hele land Juda tot by die 7Westelike See;
en die Suidland en die Jordaanstreek, die laagte van Jérigo, die 8palmstad, tot by 9Soar.
En die HERE het vir hom gesê: Dit is die land wat Ek aan bAbraham, Isak en Jakob met ’n eed beloof het met die woorde: Aan jou nageslag sal Ek dit gee; Ek het jou dit met jou oë laat sien, maar jy sal daarheen nie 10oortrek nie.
Toe het Moses, die kneg van die HERE, daar gesterwe in die land Moab, volgens die 11bevel van die HERE.
En 12Hy het hom in die dal in die land Moab, teenoor 13Bet-Peor, begrawe; en cniemand het 14tot vandag toe sy 15graf geken nie.
En Moses was 16honderd-en-twintig jaar oud toe hy gesterf het; 17sy oog was nie verswak nie, en sy 18krag het nie 19vergaan nie.
Toe het die kinders van Israel Moses beween in die vlaktes van Moab, 20dertig dae lank. En die dae van die geween, van die rou oor Moses, het ten einde gekom.
En Josua, die seun van Nun, was vol van die 21Gees van wysheid; dwant Moses het hom die 22hande opgelê. En die kinders van Israel het na hom geluister en gedoen soos die HERE Moses beveel het.
En soos Moses, 23vir wie die HERE 24van aangesig tot aangesig geken het, het daar geen profeet meer in Israel opgestaan nie —
wat betref al die tekens en die wonders wat die HERE hom opgedra het om in Egipteland aan Farao en aan al sy dienaars en sy hele land te doen,
en wat betref die 25hele magsopenbaring en al die groot, 26skrikwekkende dade wat 27Moses voor die oë van die hele Israel gedoen het.
| a Deut. 3:27. | 1 Aangesien hy deur God se openbaring tevore geweet het dat hy daar sou sterf, het hy gewillig na sy sterfplek gegaan.
2 Geleë (soos sommige kaarte aandui) aan die suidekant van Pisga, naby die stad Nebo, wat deur die Rubeniete opgebou is, Núm. 32:38. Vgl. Deut. 32:49. 3 Hebr. hoof. Pisga was ’n baie hoë berg, geleë teenaan die berg Nebo, wat baie laer was en as ’n opgang na die top van Pisga gedien het. 4 Sien Gén. 31:21 se kanttekening. Núm. 32:1, 29, ens. 5 Geleë in die noordeinde van Kanaän, tevore Lesem of Lais genoem, en ingeneem en vernoem na die stam van Dan, Jos. 19:47. Rig. 18:29. |
| 6 Dit is, die land Náftali.
7 Sien Deut. 11:24 se kanttekening. |
| 8 Omdat daar in die vallei van Jérigo baie palmbome gegroei het, asook balsem, waarvoor hierdie stad bekend was en die naam Jérigo gehad het, vanweë die aangename reuk. Sien ook Rig. 1:16. 2 Kron. 28:15.
9 Sien Gén. 19:20-22. |
| b Gén. 12:7; 13:15; 15:18; 26:4; 28:13. | 10 Naamlik, oor die Jordaan. |
| 11 Dit is, woord. Hebr. mond. |
| c Jud. vers 9. | 12 Naamlik, die HERE.
13 Sien Deut. 3:29 se kanttekening. 14 Uit hierdie woorde blyk dit duidelik dat hierdie hoofstuk ná Moses se dood geskrywe is. 15 Die plek waar die HERE hom begrawe het. Sien Jud. vers 9. Dit was sonder twyfel God se wil om sodoende alle geleentheid tot bygeloof of afgodery (waartoe hierdie volk baie geneig was) te voorkom; terwyl die duiwel daarenteen die plek met graagte sou wou geweet het. |
| 16 Hebr. ’n seun van honderd-en-twintig jaar.
17 Vgl. Jos. 14:10, 11. 18 Dit is, kragtigheid, jeugdigheid. Hebr. eintlik groenigheid; ’n beeld van groen plante wat vol sap en bloeiend is. Ten spyte daarvan het God hom laat sterwe terwyl hy nog fris en sterk was. 19 Hebr. weggevlug. |
| 20 Vgl. Gén. 50:3, 10. Núm. 20:29. |
| d Núm. 27:18. | 21 Dit is, van die gawe van wysheid, wat die Heilige Gees in hom tot uitvoering van so ’n amp gewerk het.
22 Hebr. eintlik het met sy hande op hom gesteun. Sien hieroor Gén. 48:14, Núm. 8:10 en 27:18 se kanttekeninge. |
| 23 Anders: wat die HERE, ens.
24 Sien Ex. 33:11. Núm. 12:8. Deut. 5:4 se kanttekening. |
| 25 Hebr. sterk hand. Dit is, die werke van goddelike krag. Vgl. Deut. 4:34.
26 Dit is, vreesaanjaende, wonderbare dade. Sien Deut. 4:34 se kanttekening. 27 God, deur die hand of die diens van Moses. |