Statevertaling – Bybelstigting

Deuteronómium 4

Vermaning om die gebooie van God te onderhou.

1

LUISTER dan nou, Israel, na die ainsettinge en die verordeninge wat ek julle leer om te doen, sodat julle mag lewe en inkom en die land wat die HERE, die God van julle vaders, aan julle sal gee, in besit mag neem.

2

Julle mag by die woord wat ek julle beveel, bniks byvoeg nie, en julle mag daar niks van weglaat nie; sodat julle die gebooie van die HERE julle God mag onderhou, wat ek julle beveel.

3

Julle oë het gesien wat die HERE 1weens cBaäl-Peor gedoen het; want al die manne wat agter Baäl-Peor aan geloop het, dié het die HERE jou God onder jou uit verdelg.

4

Julle daarenteen wat die HERE julle God aangehang het, is vandag nog almal in die lewe.

5

Kyk, ek het julle insettinge en verordeninge geleer soos die HERE my God my beveel het, om so te handel in die land waarheen julle gaan om dit in besit te neem.

6

Onderhou dit dan en doen dit; want 2dit is julle wysheid en julle verstand voor die oë van die volke wat al hierdie insettinge sal hoor en sê: 3Waarlik, hierdie groot nasie is ’n wyse en verstandige volk.

7

dWant watter groot nasie het gode wat vir hulle so 4naby is soos die HERE onse God 5so dikwels as ons Hom aanroep?

8

En watter groot nasie is daar wat sulke regverdige insettinge en verordeninge het soos hierdie hele wet wat ek 6julle vandag voorhou?

9

Neem jou net in ag en wees 7terdeë op jou hoede, dat jy die dinge nie vergeet wat jou oë gesien het nie, en dat hulle uit jou hart nie wyk al die dae van jou lewe nie; en jy moet dit aan ejou kinders en jou kindskinders bekend maak:

10

die dag dat 8jy voor die aangesig van die HERE jou God by Horeb gestaan het, toe die HERE aan my gesê het: Vergader die volk vir My, en Ek sal hulle my woorde laat hoor, dat hulle kan leer om My te vrees al die dae wat hulle op die aarde lewe, en dit aan hulle kinders kan leer.

11

Toe het julle nader gekom en onder aan die berg gaan staan; en fdie berg het met vuur gebrand tot in die 9middel van die hemel, met duisternis, wolke en wolkedonkerheid.

12

En die HERE het met julle uit die vuur gespreek; julle het ’n stem van woorde gehoor, maar geen 10verskyning gesien nie — 11net ’n stem was daar.

13

Toe het Hy aan julle sy verbond verkondig wat Hy julle beveel het om te doen, die tien 12woorde, en dit op twee kliptafels geskrywe.

14

Ook het die HERE my in dié tyd bevel gegee om julle die insettinge en verordeninge te leer, dat julle dit kan doen in die land waarheen julle oortrek om dit in besit te neem.

15

Neem julle dan terdeë in ag 13ter wille van julle siele — want julle het géén verskyning gesien op die dag dat die HERE by Horeb uit die vuur met julle gespreek het nie —

16

sodat 14julle nie verderflik handel deurdat julle vir julle ’n gesnede beeld, ’n gelykenis van 15enige afgodsbeeld, maak nie: ’n afbeelding van man of vrou,

17

’n afbeelding van enige dier wat op die aarde is, ’n afbeelding van enige gevleuelde voël wat in die lug vlieg,

18

’n afbeelding van enigiets wat op die aarde kruip, ’n afbeelding van enige vis wat in die water onder die aarde is;

19

dat jy ook jou oë nie na die hemel opslaan, en as jy die son sien en die maan en die sterre, die hele leër van die hemel, jou laat verlei en voor hulle neerbuig en hulle dien nie — 16dinge wat die HERE jou God aan al die volke onder die hele hemel uitgedeel het.

20

Maar die HERE het julle geneem en julle uit die 17ystersmeltoond, uit Egipte, uitgelei 18om sy gerfvolk te wees soos dit vandag is.

21

19Ook hwas die HERE toornig op my om julle ontwil, en Hy het gesweer dat ek oor die Jordaan nie sal gaan en nie sal kom in die goeie land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee nie.

22

Want ek sal in hierdie land sterwe, ek sal oor die Jordaan nie gaan nie; maar julle sal oorgaan en daardie goeie land in besit neem.

23

Neem julle in ag dat julle die verbond van die HERE julle God, wat Hy met julle 20gesluit het, nie vergeet en vir julle geen 21gesnede beeld maak nie — ’n gelykenis van enigiets wat die HERE jou God jou 22verbied het.

24

Want die HERE jou God is ’n iverterende 23vuur, k’n 24jaloerse God.

25

As jy kinders en kindskinders sal verwek en julle in die land 25verouderd sal wees en verderflik handel deurdat julle ’n gesnede beeld maak, ’n gelykenis van 26enigiets, en doen wat 27verkeerd is in die oë van die HERE jou God om Hom te terg,

26

dan neem ek vandag die 28hemel en die aarde as getuies teen julle dat julle 29sekerlik gou uit die land sal vergaan waarheen julle oor die Jordaan trek om dit in besit te neem; julle sal die dae daarin nie verleng nie, maar 30sekerlik verdelg word.

27

En die HERE sal julle onder die volke lverstrooi, en 31’n klein klompie van julle sal onder die nasies oorbly waarheen die HERE julle sal drywe.

28

En daar sal julle gode dien, die werk mvan mensehande, hout en klip wat nie sien en nie hoor en nie eet en nie ruik nie.

29

Dan sal julle daarvandaan die HERE jou God soek en vind as jy Hom met jou 32hele hart en jou hele siel soek.

30

As jy in die nood is en 33al hierdie dinge aan die einde van die dae oor jou kom, 34sal jy 35na die HERE jou God terugkeer en na sy stem luister.

31

Want die HERE jou God is ’n barmhartige God; Hy sal jou nie verlaat en jou nie in die verderf stort nie; en Hy sal die verbond van 36jou vaders wat Hy hulle besweer het, nie vergeet nie.

32

Want doen tog ondersoek na die vorige dae wat voor jou gewees het, van die dag af dat God mense op die aarde geskape het, en van die 37een einde van die hemel tot by die ander einde van die hemel, of so iets groots gebeur het of iets dergeliks gehoor is.

33

Het ’n volk die stem van God uit die vuur hoor spreek, soos jý gehoor het, en in die lewe gebly?

34

Of het ’n god probeer om vir hom ’n nasie uit ’n ander nasie te gaan neem deur 38versoekinge, deur tekens en wonders en deur 39oorlog en deur ’n sterke hand en ’n uitgestrekte arm en deur groot 40skrikwekkende dade soos die HERE julle God met julle voor jou oë in Egipte gedoen het?

35

Jy self het dit te sien gekry, dat jy kan weet dat die HERE 41God is; daar is geen ander nbuiten Hom nie.

36

42Uit die hemel het Hy jou sy stem laat hoor om jou te onderrig; en 43op die aarde het Hy jou sy groot vuur laat sien, en jy het sy woorde uit die vuur gehoor.

37

En omdat Hy jou vaders liefgehad en 44hulle nageslag na hulle uitverkies het, oen Hy 45self jou deur sy grote krag uit Egipte uitgelei het,

38

om nasies groter en magtiger as jy voor jou uit te verdrywe en jou in te bring om hulle land aan jou as erfenis te gee soos dit vandag is —

39

daarom moet jy vandag weet en 46ter harte neem dat die HERE God is, bo in die hemel en onder op die aarde; daar is geen ander nie.

40

En jy moet sy insettinge en sy gebooie hou wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou en jou kinders ná jou goed mag gaan, en dat jy die dae mag verleng in die land wat die HERE jou God jou 47vir altyd sal gee.

Vrystede oos van die Jordaan.

41

pTOE het Moses 48drie stede afgesonder oos van die Jordaan, teen sonop,

42

sodat hy wat ’n doodslag begaan het, daarheen kon vlug, wat sy naaste sonder opset doodgeslaan het, terwyl hy hom 49van gister en eergister af nie vyandig was nie; sodat hy in een van hierdie stede kan vlug en in die lewe bly.

43

q50Beser in die woestyn, in die landstreek van die gelykveld, 51vir die Rubeniete; en Ramot in Gílead vir die Gadiete; en Golan in Basan vir die Manassiete.

Herhaling van die Tien Gebooie.

44

EN dit is die wet wat Moses die kinders van Israel voorgehou het.

45

52Dit is die 53getuienisse en die insettinge en die verordeninge wat Moses meegedeel het aan die kinders van Israel by hulle uittog uit Egipte,

46

oos van die Jordaan, in die dal teenoor 54Bet-Peor, in die land van Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Hesbon gewoon het, wat deur Moses en die kinders van Israel rverslaan is by hulle uittog uit Egipte;

47

en hulle het sy land in besit geneem en die land van sOg, die koning van Basan, die twee konings van die Amoriete oos van die Jordaan, teen sonop;

48

van Ároër af, wat aan die 55kant van die Arnonrivier lê, tot by die berg 56Sion, dit is Hermon,

49

en die hele Vlakte oos van die Jordaan, teen sonop tot by die 57See van die Vlakte, onderaan 58die hange van Pisga.

a Lev. 19:37; 20:8; 22:31.
b Deut. 12:32. Spr. 30:6. Openb. 22:18.
c Núm. 25:4. Jos. 22:17. 1 Dit is, weens die afgodery wat met Baäl-Peor bedryf is. Anders: teen, vanweë, met.
2 Dit is, julle sal dit as die ware wysheid en skranderheid hou, en onder die omliggende volke ’n openbare belydenis daarvan doen; waarby ek so sal werk dat hulle slegs julle as ’n wyse en moedige volk sal beskou.

3 Anders: Alleen.

d Deut. 26:19. 4 Dit is, goddelike genadige teenwoordigheid wat openbaar word in allerlei seëninge, en in die besonder met baie wonderlike, gereedstaande, kragtige hulp in nood en swarighede.

5 Hebr. in al ons roep tot Hom, dit is, so dikwels as ons Hom aanroep; of: in alles waaroor ons Hom aanroep.

6 Anders: voor julle aangesig gee.
e Deut. 6:7; 11:19. 7 Hebr. uitermate, en so ook in vers 15, ens.
8 Dit moet ’n mens breedweg verstaan van die hele volk Israel; want diegene wat daardie tyd by die berg Horeb gestaan het, was nou reeds dood, Deut. 2:14-16. Hoewel dit aangeneem kan word dat daar sommige van diegene wat nou nog leef, maar toe jonk was, saam met hul vaders by die berg Horeb gestaan het.
f Ex. 19:18. 9 Hebr. hart van die hemel, dit is, in die middel van die lug. So ook hart van die see, Ex. 15:8. Spr. 23:34; 30:19; hart van die terpentynboom, 2 Sam. 18:14; hart van die aarde, Matt. 12:40.
10 Naamlik, waardeur God afgebeeld sou wees.

11 Dit is, het slegs ’n stem gehoor.

12 Dit is, gebooie.
13 Dit is, ten beste van julle siele, dra goeie sorg vir julle siele. Vgl. Jos. 23:11. Jer. 17:21. Mal. 2:15, 16.
14 Anders: julle jul nie verderf nie.

15 Verstaan hier enige beeld vir godsdienstige gebruik. Want dit betref nie die burgerlike, nodige en matige gebruik van skilderye, standbeelde, kaarte, munte, ens., nie, ook nie die sierlikheid van die tabernakel wat die HERE self beveel het nie.

16 Dit is, omdat hulle geen God nie, maar God se skepsele is, wat Hy tot ’n algemene gebruik en diens vir die mens geskape het.
g Ex. 19:5. 17 Verstaan ’n smeltoond of smeltketel waarin ’n mens yster smelt. Sien 1 Kon. 8:51. Egipte word daarmee vergelyk, vanweë die benoudheid en die ellende wat Israel daar uitgestaan en gely het.

18 Sien Ex. 19:5. Tit. 2:14.

h Deut. 1:37; 3:26; 31:2; 34:4. 19 Sien Deut. 1:37.
20 Sien Gén. 15:17, 18 se kanttekeninge.

21 Of: gekerfde.

22 Hebr. gebied het. Sien oor die gebruik van hierdie woord Lev. 4:2 se kanttekening. Deut. 2:37.

i Deut. 9:3. Hebr. 12:29.

k Ex. 20:5; 34:14. Deut. 5:9; 6:15.

23 God word vergelyk met ’n vuur vanweë sy haat en verskriklike toorn teen die sonde en die sondaar, wat Hy met tydelike en in die besonder ewige strawwe vervolg en verteer (indien hy ongelowig en onboetvaardig bly), soos ’n aangesteekte en brandende vuur baie sterk woed en alles wat brandbaar is, wyd en syd verteer. Sien Deut. 9:3; 32:22. Ps. 21:10; 78:21. Jes. 33:14, ens. Jer. 4:4. Hebr. 12:29.

24 Wat alleen as God geken en geëer wil word, en aan niemand naas Hom die eer toestaan nie (Jes. 42:8; 48:11); wat sterk en vurig optree oor alles wat sy eer aangaan, en vyandig haat alles wat daarteen stry.

25 Dit is, lank gewoon het.

26 Sien verse 16-19. Ex. 20:4 se kanttekening.

27 Dit is, wat Hom mishaag of kwalik geval.

28 Dit is, alle hemelse en aardse skepsele. Dit is ’n manier van spreek waardeur die redelose skepsele, vanweë die verstoktheid en ongevoeligheid van die mens, teen hom ingebring word, om hom, deur redes wat hy in die aanskou en gebruik van die natuur behoort te betrag, van sy hardnekkigheid en ondankbaarheid teen die almagtige en goeie God te oortuig en aan te kla. Sien Deut. 30:19; 31:28 en vgl. Deut. 32:1. Jes. 1:2. Miga 6:2.

29 Hebr. verganende vergaan.

30 Hebr. verdelgende verdelg.

l Deut. 28:62, 64. 31 Hebr. manne van getal, dit is, wat vinnig getel kan word. Sien Gén. 34:30.
m Ps. 115:4; 135:15.
32 Sien Deut. 6:5.
33 Hebr. al hierdie woorde of sake jou sal vind. Sien soortgelyke manier van spreek in Deut. 31:17. 1 Sam. 23:17. Verstaan daarmee die ellendes wat tevore genoem is in verse 26, 27.

34 Dit (asook die voorgaande vers) is skynbaar ’n profesie van die bekering van die Jode. Vgl. Deut. 30:1-3, ens. Hos. 3:5. Anders: en jy jou sal bekeer tot die HERE jou God, ens., en dan in die volgende vers: dan sal Hy jou nie verlaat nie, ens.

35 Anders: tot die HERE jou God toe. Sien hieroor Joël 2:12 se kanttekening.

36 Dit is, met jou vaders opgerig, soos die volgende woorde uitwys.
37 Dit is, in die hele wêreld, wat onder die hemel geleë is, van die een einde van die wêreld tot die ander. So ook in Deut. 30:4. Matt. 24:31. Mark. 13:27.
38 Waardeur Farao versoek was, of hy Israel sou laat trek; en Israel, of hulle hul God sou vertrou. Sien oor die woord beproef Gén. 22:1 se kanttekening.

39 Sowel teen Farao, wat God met sy hele leër in die Rooi See gestort en verdelg het, as teen Sihon en Og, die konings van die Amoriete.

40 Of: verskrikkinge, wat eers oor die Egiptenaars en daarna oor ander volke gekom het. Sien Ex. 23:27. Deut. 2:25; 34:12.

n Deut. 32:39. Jes. 45:5, 18, 22. Mark. 12:29, 32. 41 Dit is, alleen die ware God is, soos die volgende woorde uitwys.
42 Dit is, uit die lug.

43 Naamlik op die berg Sinai.

o Ex. 13:3, 9, 14. 44 Hebr. sy saad na hom, dit is, die nageslag van elkeen na hom.

45 Anders: voor of met sy aangesig, dit is, Hy betoon sy teenwoordigheid in die besonder deur die wolkkolom en vuurkolom, en hou jou as ’t ware steeds onder sy oog, om jou oral te lei. Vgl. Ex. 13:21; 14:19, 20.

46 Dit is, in die gedagtes terugbring en in die hart oordink.
47 Verstaan met die voorwaarde van gehoorsaamheid. Vgl. verse 26, 27. Hebr. al die dae. Hierdie woorde kan ook geplaas word aan die begin van die vers: Hou al die dae, naamlik van jou lewe, altyd.
p Núm. 35:6, 14. 48 Volgens God se bevel, Núm. 35:14.
49 Dit is, vantevore.
q Jos. 20:8. 50 Sien Jos. 20:8 se kanttekening.

51 Hebr. vir die Rubeniet, en so in dit wat volg. Anders: van; en so in dit wat volg.

52 Verstaan wat in die volgende hoofstukke beskryf word.

53 Verstaan God se heilige leer, wat getuig van sy wese, wil en werke. Sien Deut. 6:17. Ps. 19:8, ens.

r Núm. 21:24. Deut. 1:4. 54 Sien Deut. 3:29 se kanttekening.
s Núm. 21:33. Deut. 3:3.
55 Hebr. lip. Soos ook in Gén. 41:3.

56 Sien Deut. 3:9 se kanttekening.

57 Verstaan die Dooie See of Soutsee. Sien Gén. 14:3 se kanttekening.

58 Sien Deut. 3:17 se kanttekening.