Statevertaling – Bybelstigting
EN Moses het die hele Israel laat roep en vir hulle gesê: Hoor, Israel, die insettinge en die verordeninge wat ek vandag voor julle ore uitspreek; julle moet dit leer en dit sorgvuldig hou.
Die HERE onse God het by 1Horeb met ons ’n averbond 2gesluit.
Met 3ons vaders het die HERE 4hierdie verbond nie gesluit nie, maar met ons self, ons wat hier vandag almal in die lewe is.
5Van aangesig tot aangesig het die HERE op die berg uit die vuur met julle gespreek —
ek het in dié tyd tussen die HERE en julle gestaan om aan julle die woord van die HERE bekend te maak, want julle bwas bevrees vir die vuur en het nie op die berg geklim nie — en Hy het gesê:
6cEk is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die 7slawehuis, uitgelei het.
Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.
dJy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.
Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ’n e8jaloerse God wat die 9misdaad van die vaders besoek aan die kinders, en 10aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;
en Ek 11bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.
Jy mag die fNaam van die HERE jou God nie 12ydellik 13gebruik nie, want die HERE sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.
Onderhou die gsabbatdag, dat jy dit heilig 14soos die HERE jou God jou beveel het.
Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;
maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie — jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou os of jou esel of enige dier van jou, of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie; sodat jou dienskneg en jou diensmaagd kan rus soos jy.
En jy moet daaraan dink dat jy in Egipteland ’n slaaf was, en die HERE jou God jou daarvandaan uitgelei het deur ’n sterke hand en ’n uitgestrekte arm; daarom het die HERE jou God jou beveel om die sabbatdag te hou.
hEer jou vader en jou moeder soos die HERE jou God jou beveel het, dat jou dae 15verleng mag word en dat dit met jou goed mag gaan in die land wat die HERE jou God aan jou gee.
iJy mag nie doodslaan nie.
kEn jy mag nie egbreek nie.
En jy mag nie steel nie.
En jy mag geen valse getuienis teen jou naaste 16spreek nie.
En jy mag nie ljou naaste se 17vrou begeer nie; en jy mag nie na jou naaste se huis hunker nie — na sy landerye of sy dienskneg of sy diensmaagd, sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.
Met hierdie woorde het die HERE julle hele vergadering op die berg, uit die vuur, die wolk en die wolkedonkerheid met ’n groot stem toegespreek, en 18niks meer nie; en Hy het dit op twee kliptafels geskrywe en dit aan my gegee.
En toe julle die stem uit die duisternis hoor, terwyl die berg met vuur brand, het julle na my toe aangekom, al die hoofde van julle stamme en julle oudstes,
en gesê: Kyk, die HERE onse God het ons sy heerlikheid en sy grootheid laat sien, en ons het sy stem uit die vuur gehoor; vandag het ons gesien dat God met die mens spreek en 19hy in die lewe bly.
Maar 20waarom moet ons nou sterwe? Want hierdie groot vuur sal ons verteer. As ons die stem van die HERE onse God nog langer hoor, sal ons sterwe.
Want wie is daar van alle 21vlees wat die stem van die lewende God uit die vuur hoor spreek het soos ons men in die lewe gebly het?
Gaan ú naderby en hoor alles wat die HERE onse God sal sê; ndan kan ú ons alles meedeel wat die HERE onse God met u sal spreek, en ons sal dit hoor en doen.
En die HERE het die stem van julle woorde gehoor toe julle met my gespreek het. Toe sê die HERE vir my: Ek het gehoor die stem van die woorde van hierdie volk wat hulle met jou gespreek het; 22dit is alles goed wat hulle gespreek het.
23Ag, as hulle maar so ’n hart gehad het om My te vrees en al my gebooie altyd te onderhou, dat dit met hulle en hul kinders vir ewig goed kan gaan.
Gaan sê vir hulle: Gaan maar terug na julle tente toe.
Maar jy, bly hier by My staan, dat Ek jou kan meedeel al die 24gebooie en die insettinge en die verordeninge wat jy hulle moet leer, dat hulle dit kan doen in die land wat Ek hulle sal gee om dit in besit te neem.
Sorg dan dat julle doen soos die HERE julle God julle beveel het; julle mag nie 25regs of links afwyk nie.
In al die 26weë wat die HERE julle God julle beveel het moet julle wandel, sodat julle kan lewe en dit met julle goed kan gaan en julle die dae kan verleng in die land wat julle in besit sal neem.
| a Ex. 19:5. | 1 Sien Deut. 1:2 se kanttekening.
2 Sien Gén. 15:18 se kanttekening. So ook Deut. 4:23. |
| 3 Naamlik Abraham, Isak, Jakob en ander godsalige voorvaders, wat almal reeds gesterf het toe God hierdie hele wet in die woestyn, op die berg Sinai of Horeb, aan Israel geopenbaar het. Sommige verstaan dit as die vaders wat in die woestyn omgekom het, God se verbond verbreek het en hulle dit onwaardig gemaak het.
4 Soos dit met al sy omstandighede en afsonderlike wette in hierdie vorm op die berg Sinai of Horeb aan Israel geopenbaar is. Want die gelowige voorvaders het wel die wese van die wet van sedes en van seremonies gehad en het daarvolgens, deur die HERE se genade, hul godsdienstigheid gerig. |
| 5 Dit is, baie gemeensaam, soos wanneer die een vriend mond tot mond baie vrylik met ’n ander spreek. Menslikerwys ten opsigte van God gespreek. Sien Ex. 33:11. Núm. 12:8. Deut. 34:10. Vgl. ook Núm. 14:14. |
| b Ex. 19:16; 20:18. |
| c Ex. 20:2, ens. Ps. 81:11. | 6 Vergelyk hierdie herhaling van die wet met die eerste afkondiging daarvan, Ex. 20:2, ens., en sien hierna vers 12 se kanttekening.
7 Hebr. uit die huis van die slawe, en so ook deurgaans. |
| d Lev. 26:1. |
| e Ex. 20:5; 34:7, 14. Jer. 32:18. | 8 Sien Deut. 4:24 se kanttekening.
9 Of: ongeregtigheid. 10 Hebr. aan die derde, en aan die vierde van die wat My haat. |
| 11 Of: doen, bewys weldadigheid, goedertierenheid, goedgunstigheid. |
| f Lev. 19:12. Matt. 5:33. | 12 Anders: valslik.
13 Hebr. neem, naamlik in die mond, soos in Ps. 50:16, of: opneem. |
| g Gén. 2:2. Ex. 23:12; 35:2. Lev. 23:3. Eség. 20:12. Hebr. 4:4. | 14 Hierdie woorde, asook sommige ander in verse 14-16, het Moses by die woorde wat in Exodus 20 staan, as manier van verklaring hierby gevoeg, soos hier ook sommige woorde weggelaat is wat in Exodus 20 staan. |
| h Lev. 19:3. Matt. 15:4. Luk. 18:20. Ef. 6:2, 3. | 15 Anders: dat hulle jou dae verleng, hulle, naamlik vader en moeder, deur gebed of seëning. |
| i Matt. 5:21. Luk. 18:20. Rom. 13:9. |
| k Luk. 18:20. |
| 16 Anders: antwoord, getuig. |
| l Rom. 7:7. | 17 In Ex. 20:17 word die huis van die naaste vóór sy vrou gestel; as ’n duidelike bewys dat dit slegs een gebod is. |
| 18 Dit is, Hy het nie meer tot die hele volk gespreek nie; maar die ander wette en insettinge het Hy tot Moses in die besonder gespreek. |
| 19 Naamlik die mens. |
| 20 Hulle wil sê dat dit eintlik ’n groot wonder is dat hulle lewendig gebly het; maar sou nie graag weer in daardie gevaar verkeer nie. Vgl. Gén. 16:13 en Rig. 6:22 se kanttekeninge. |
| m Deut. 4:33. Rig. 13:22. | 21 Dit is, watter mens is daar. Sien Gén. 6:12 se kanttekening. |
| n Ex. 20:19. Hebr. 12:19. |
| 22 Hebr. hulle het goed gedoen of goed gemaak, alles wat hulle gespreek het. |
| 23 Hebr. Wie sal gee dat hulle so ’n hart het, ens. ’n Menslike manier van wens, soos dikwels elders, wat deur God gebruik word om te toon dat so ’n hart vir Hom aangenaam is; soos mense gewoonlik wens vir dinge wat vir hulle aangenaam is. Andersins is God almagtig, wat doen wat Hy wil, en is aan geen sulke bewegings van die hart onderworpe nie. Vgl. Rig. 9:29. 2 Sam. 18:33. Job 6:8; 11:5, ens. |
| 24 Van hierdie drie agtereenvolgende woorde beteken die eerste (volgens die meeste se mening) die sedewet, die tweede die seremoniële wette, die derde die politieke of burgerlike wette of regte. |
| 25 Dit is, op geen manier, hoegenaamd nie; so ook in Deut. 28:14. |
| 26 Sien Gén. 18:19 se kanttekening. |