Statevertaling – Bybelstigting
Bevel om die gebooie van God te bewaar en om Hom lief te hê. Beloftes van God.
DIT is dan 1die gebod, die insettinge en die verordeninge wat die HERE julle God beveel het om julle te leer, sodat julle dit kan doen in die land waarheen julle oortrek om dit in besit te neem;
dat jy die HERE jou God kan vrees om al sy insettinge en sy gebooie wat ek jou beveel, te hou — jy en jou kind en jou kindskind al die dae van jou lewe; en dat jou dae verleng kan word.
Hoor dan, Israel, en onderhou dit sorgvuldig, dat dit met jou goed kan gaan en dat julle baie kan vermenigvuldig soos die HERE die God van jou vaders jou beloof het, ’n land 2wat oorloop van melk en heuning.
aHoor, Israel, die HERE onse God is ’n 3enige HERE.
Daarom moet jy die HERE jou God bliefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.
En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees;
en jy moet dit jou ckinders 4inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.
Ook moet jy dit as ’n 5teken bind op jou hand, en dit moet as ’n voorhoofsband tussen jou oë wees.
En jy moet dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte skrywe.
En as die HERE jou God jou inbring in die land wat Hy aan jou vaders, Abraham, Isak en Jakob, met ’n eed beloof het om jou te gee — groot en mooi stede wat jy nie gebou het nie,
en huise vol van allerhande goed wat jy nie gevul het nie, en uitgekapte reënbakke wat jy nie uitgekap, wingerde en olyfbome wat jy nie geplant het nie — den jy 6eet en versadig word,
neem jou dan in ag dat jy die HERE nie vergeet wat jou uit Egipteland, uit die 7slawehuis, uitgelei het nie.
Jy moet die HERE jou 8God evrees en Hom dien; en 9by sy Naam moet jy sweer.
Julle mag nie agter ander gode aan loop uit die gode van die volke wat rondom julle is nie —
want die HERE jou God is ’n 10jaloerse God by jou — sodat die toorn van die HERE jou God nie teen jou ontvlam en Hy jou van die aarde verdelg nie.
Julle mag die HERE julle God fnie 11versoek soos julle Hom by gMassa versoek het nie.
Julle moet die gebooie van die HERE julle God en sy getuienisse en sy insettinge wat Hy jou beveel het, 12ywerig onderhou.
En jy moet doen wat reg en goed is in die oë van die HERE, dat dit met jou goed kan gaan en jy kan inkom en in besit neem die goeie land wat die HERE aan jou vaders met ’n eed beloof het,
terwyl Hy al jou vyande voor jou uit verjaag soos die HERE gespreek het.
As jou seun jou 13later vra en sê: Wat beteken die getuienisse en die insettinge en die verordeninge wat die HERE onse God julle beveel het?
dan moet jy aan jou seun sê: Ons was slawe van Farao in Egipte; maar die HERE het ons deur ’n sterke hand uit Egipte uitgelei.
En die HERE het groot en onheilbrengende tekens en 14wonders voor ons oë in Egipte aan Farao en sy hele huis gedoen.
En Hy het ons daarvandaan uitgelei om ons in te bring, sodat Hy ons die land kan gee wat Hy aan ons vaders met ’n eed beloof het.
En die HERE het ons beveel om al hierdie insettinge te volbring, om die HERE onse God te vrees, dat dit met ons 15altyd goed mag gaan, om ons in die lewe te hou soos dit vandag is.
En dit sal 16geregtigheid vir ons wees as ons sorgvuldig al hierdie gebooie hou voor die aangesig van die HERE onse God soos Hy ons beveel het.
| 1 Sien Deut. 5:31 se kanttekening. |
| 2 Sien Ex. 3:8. |
| a Deut. 4:35. Mark. 12:29. Joh. 17:3. 1 Kor. 8:4, 6. | 3 Dit is, ’n enige, ewige, almagtige, goddelike wese. Sien oor die woord HERE of JEHOVA Gén. 2:4 se kanttekening. |
| b Deut. 10:12. Matt. 22:37. Luk. 10:27. |
| c Deut. 4:9; 11:19. | 4 Hebr. skerp maak, slyp, dit is, so aan hulle voorhou dat dit in hul harte mag indring; soos wapens skerpgemaak word om in te dring, volgens die voorneme van diegene wat dit gebruik. |
| 5 Dit is, jy moet alle middele gebruik om dit in voortdurende gedagtenis te hou en dit jou kinders voor oë te hou om daarvolgens te lewe. Sien Ex. 13:9 en oor die voorhoofsband Ex. 13:16 se kanttekening. |
| d Deut. 8:9, 10. | 6 Anders: dan sal jy eet en versadig word. Maar, ens. |
| 7 Hebr. uit die huis van slawe; soos in Deut. 5:6. |
| e Deut. 10:20. Matt. 4:10. Luk. 4:8. | 8 Verstaan God alleen, soos die volgende vers uitwys en te sien is in Matt. 4:10.
9 Wanneer die openbare of persoonlike nood dit vereis, sal jy jou God hierdie eer toebring dat jy by Hom alleen sweer. |
| 10 Sien Ex. 20:5. Deut. 4:24 se kanttekening. |
| f Matt. 4:7. Luk. 4:12.
g Ex. 17:2. Núm. 20:3. |
11 Om God te versoek is: om óf uit wantroue teenoor Hom, óf uit hoogagting van jouself, die voorskrifte van God, die regte orde en die gewone middele te verlaat, om jou eie goeddunke te volg, en God, sy eienskappe en wil op die proef te stel. Sien Ex. 17:2. Núm. 14:22. Ps. 78:18. Matt. 4:7. Hand. 15:10. |
| 12 Hebr. onderhoudende onderhou. |
| 13 Dit is, hierna, vandag of môre, soos ’n mens sê. Sien Gén. 30:33 se kanttekening. |
| 14 Dit is, vreemde, verskriklike, skadelike en verderflike plae, waardeur die Egiptenaars uitermate gekwel en gepynig was. |
| 15 Hebr. al die dae. |
| 16 Volgens die wet, met voorwaarde, indien ons die hele wet volkome onderhou, soos die volgende woorde uitwys. Vgl. Lev. 18:5. Eség. 20:11. Matt. 19:17. Rom. 10:5. Gal. 3:12. Jak. 2:10. Maar omdat alle wedergebore kinders van God in hierdie lewe onvolmaak bly, sodat hulle die genoemde voorwaarde nie kan volbring nie, is daar geen ander weg om voor God geregverdig te word nie, as deur ’n opregte geloof in Jesus Christus, wie se geregtigheid en voldoening ons deur die Vader uit genade geskenk, toegereken en deur die geloof toegeëien word. Sien Jer. 33:16. Dan. 9:24. Rom. 3:27; 8:3. 1 Kor. 1:30. 2 Kor. 5:21. Gal. 3:10, 11; waarop die goeie werke dan volg, as ’n vrug van die geloof en bewys van verskuldigde dankbaarheid, volgens die voorskrif van God se wet, ens., 1 Kor. 6:20. Gal. 5:6. Filip. 1:11. Jak. 2:18. Sommige verstaan hier deur geregtigheid die bewys en uiterlike betoning van die geregtigheid, wat ons deur die geloof het. |