Statevertaling – Bybelstigting
Voorskrifte omtrent die gedrag van Israel teenoor die inwoners van Kanaän en hulle afgodery.
AS die HERE jou God jou inbring in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem, en Hy abaie nasies voor jou uit verjaag: die 1Hetiete, Girgasiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, sewe nasies, meer en magtiger as jy;
en die HERE jou God hulle aan jou oorgee, dat jy hulle verslaan, bdan moet jy hulle 2geheel en al met die banvloek tref; cjy mag geen verbond met hulle maak en hulle nie genadig wees nie.
Jy mag jou ook nie met hulle dverswaer nie — jy mag jou dogter nie gee aan sy seun, en sy dogter nie neem vir jou seun nie;
want hy sal jou seun van My afvallig maak, sodat hulle ander gode dien en die toorn van die HERE teen julle ontvlam en Hy jou gou verdelg.
Maar julle moet met hulle so doen: ehulle altare moet julle omgooi en hulle 3klippilare verbrysel en hulle 4heilige boomstamme omkap en hulle gesnede beelde met vuur verbrand.
Want fjy is 5’n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees.
Die HERE het ’n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke.
Maar 6omdat die HERE julle gliefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met ’n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos.
Jy moet dan weet dat die HERE jou God hGod is, die 7getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom liefhet en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte.
Maar aan die wat Hom haat, aan elkeen 8persoonlik, vergeld Hy dit, om hom te vernietig; Hy sal met sy hater nie iversuim nie, hom persoonlik sal Hy dit vergelde.
Hou dan die gebod en die insettinge en die verordeninge wat ek jou vandag beveel om dit te volbring.
En komdat julle na hierdie verordeninge sal luister en dit hou en volbring, sal die HERE jou God vir jou die verbond en die goedertierenheid hou wat Hy jou vaders besweer het;
en Hy sal jou liefhê en jou seën en jou vermenigvuldig, en Hy sal die vrug van jou liggaam seën en die vrugte van jou land, jou koring en jou mos en jou olie, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee, in die land wat Hy aan jou vaders met ’n eed beloof het om aan jou te gee.
Geseënd sal jy wees bo al die volke; daar sal by jou lgeen man of vrou onvrugbaar wees nie, ook nie onder jou vee nie.
En die HERE sal elke krankheid van jou wegneem en al die kwaai siektes van Egipte 9wat jy ken, nie op jou lê nie; maar Hy sal dit lê op almal wat jou haat.
En jy sal al die volke 10verteer wat die HERE jou God aan jou oorgee; jou oog mag hulle nie verskoon nie, en jy mag hulle gode nie dien nie; want dit sal vir jou ’n 11strik wees.
As jy in jou hart 12dink: Hierdie nasies is meer as ek, hoe sou ek hulle kan verdrywe? —
wees dan nie bevrees vir hulle nie; 13dink gedurig aan wat die HERE jou God aan Farao en die hele Egipte gedoen het,
mdie groot 14versoekinge wat jou oë gesien het, en die tekens en die wonders en die sterke hand en die uitgestrekte arm waardeur die HERE jou God jou uitgelei het; so sal die HERE jou God aan al die volke doen vir wie jy bevrees is.
En die HERE jou God sal ook die n15perdebye onder hulle stuur totdat hulle omkom wat oorgebly het en wat vir jou 16weggekruip het.
Skrik nie vir hulle nie, want die HERE jou God is 17by jou, ’n groot en gedugte God.
En die HERE jou God sal hierdie nasies so 18langsamerhand voor jou uit 19verjaag; jy 20mag hulle nie gou vernietig nie, dat die ongediertes nie 21teen jou die oorhand kry nie.
Maar die HERE jou God sal hulle aan jou oorgee en hulle 22in groot verwarring bring totdat hulle verdelg word.
Ook sal Hy hulle konings in jou hand gee, dat jy hulle naam onder die hemel kan laat verdwyn; niemand sal teen jou standhou totdat jy hulle verdelg het nie.
Die gesnede beelde van hulle gode moet julle met vuur verbrand; die silwer en die goud wat daaraan is, mag jy nie begeer of vir jou neem nie, dat jy nie daardeur verstrik raak nie; want dit is vir die HERE jou God ’n gruwel.
En jy mag geen gruwel in jou huis inbring nie, sodat jy nie 23net so 24onder die banvloek kom nie; jy moet daar 25heeltemal ’n afsku van hê en dit geheel en al as gruwel beskou; want dit is 26onder die banvloek.
| a Deut. 31:3. | 1 Sien Gén. 10:15, ens.; 15:19, ens. |
| b Núm. 33:52. Jos. 11:11.
c Ex. 23:32; 34:15. |
2 Hebr. verbannende verban. Sien Deut. 2:34 se kanttekening. |
| d Ex. 34:16. 1 Kon. 11:2. |
| e Ex. 23:24; 34:13. Deut. 12:2, 3. | 3 Anders: standbeelde, of pilaarbeelde.
4 Verstaan die afgodiese boomstamme wat hulle vir afgodery gebruik het. Sien Deut. 12:3. |
| f Ex. 19:5. Deut. 4:20; 14:21; 26:18; 28:9. 1 Petr. 2:9. | 5 Dit is, ’n volk, uit alle volke deur God afgesonder en Hom toegeëien, sodat Hy jou volgens sy verbondsbeloftes seën, en jy heilig in sy gebooie (soos Hy, jou Bondgenoot, heilig is) volgens jou verbondsbeloftes wandel. Sien Deut. 28:9. 1 Petr. 2:9. |
| g Deut. 10:15. | 6 Hebr. om, uit of vanweë die liefde van die HERE tot julle. |
| h Ex. 20:5. Deut. 5:9. | 7 Dit is, wat waaragtig is in sy woorde, en sy beloftes sekerlik volbring. Sien Jes. 49:7. 1 Kor. 1:9; 10:13. 2 Kor. 1:18. 1 Thess. 5:24. 2 Thess. 3:3. 2 Tim. 2:13. Hebr. 11:11. 1 Joh. 1:9. |
| i Nah. 1:2. | 8 Hebr. in sy aangesig. Dit is, in die teenwoordigheid van elkeen wat Hom haat, voor hul oë, soos ’n mens sê, of in die openbaar, sonder om hul wêreldse hoogheid, mag of trotsheid te ontsien; en só dat hulle die HERE se straffende hand teen hulle moet opmerk en voel. |
| k Lev. 26:3. Deut. 28:1. |
| l Ex. 23:26. |
| 9 Wat jy aan die Egiptenaars gesien het. Vgl. Deut. 28:60. |
| 10 Hebr. eintlik eet, opeet, en sodoende verteer, dit is, jy sal hulle verniel, verdelg, sonder om te verskoon of om te skroom, soos voedsel nie gespaar word nie, veel minder die prooi van ’n wilde dier. Vgl. Deut. 31:17.
11 Sien Ex. 23:33; 34:12. Rig. 2:3. |
| 12 Hebr. sê. Sien soortgelyke manier van spreek in Deut. 8:17; 9:4, ens. |
| 13 Hebr. dinkende dink. |
| m Deut. 4:34; 29:3. | 14 Sien Deut. 4:34 se kanttekening. |
| n Ex. 23:28. Jos. 24:12. | 15 Sien Ex. 23:28.
16 Dit is, wat hulself weggesteek het en aan jou hand ontkom het. |
| 17 Naamlik met sy genade en hulp. |
| 18 Hebr. bietjie, bietjie, dit is, gemaklik, die een ná die ander.
19 Of: uittrek, ontwortel, neerstort. 20 Of: kan. 21 Of: bo jou. |
| 22 Of: verbaas maak met groot verbaasdheid. |
| 23 Naamlik soos die verbanne goedere.
24 Dit is, verban word. Sien hiervan ’n opmerklike voorbeeld in Jos. 7:11, 21, 24-26. 25 Hebr. afskuwende verafsku, en gruwelende gruwel. 26 Dit is, aan die verderf oorgegee, omdat dit tot afgodery gedien het. |