Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Deuteronómium 8

Vermaning tot gehoorsaamheid deur ’n opsomming van die groot weldade van God.

1

AL1 die gebooie wat ek jou vandag beveel, moet julle sorgvuldig hou, dat julle mag lewe en vermenigvuldig, en dat julle mag inkom en die land in besit neem wat die HERE aan julle vaders met ’n eed beloof het.

2

En jy moet dink aan die hele pad waarlangs die HERE jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het tot jou verootmoediging en 2beproewing, om te 3weet wat in jou hart is, of jy sy gebooie sal hou of nie.

3

En Hy het jou verootmoedig en jou laat honger ly en jou die amanna laat eet wat jy en jou vaders nie geken het nie, om aan jou bekend te maak bdat die mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van die HERE 4uitgaan.

4

cJou klere het aan jou nie verslyt en jou voet het nou veertig jaar lank nie 5geswel nie.

5

Erken dan in jou hart dat die HERE jou God jou onderrig soos ’n man sy seun 6onderrig,

6

en hou die gebooie van die HERE jou God 7om in sy 8weë te wandel en Hom te vrees.

7

Want die HERE jou God bring jou in ’n goeie land, ’n land van waterstrome, fonteine en onderaardse riviere wat 9in die laagtes en op die berge 10uitkom;

8

’n land van koring en gars en wingerdstokke en vyebome en granate; ’n land van 11olieryke olyfbome en heuning;

9

’n land waarin jy 12brood sonder skaarste sal eet, waarin niks jou sal ontbreek nie; ’n land waarvan die klippe 13yster is, en uit die berge waarvan jy koper sal uitkap;

10

14den jy sal eet en versadig word en die HERE jou God 15loof oor die goeie land wat Hy jou gegee het.

11

Neem jou in ag dat jy die HERE jou God nie vergeet deur sy 16gebooie en sy verordeninge en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, nie te hou nie;

12

sodat jy nie miskien eet en versadig word nie en mooi huise bou en bewoon,

13

en jou beeste en jou kleinvee vermeerder en jou silwer en goud vermeerder, ja, alles wat jy het, vermeerder —

14

en jou hart hom dan verhef, dat jy die HERE jou God vergeet wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het;

15

wat jou deur die groot en vreeslike woestyn gelei het, deur giftige slange en skerpioene en ’n dorsland sonder water; ewat vir jou water uit die 17klipharde rots laat kom het;

16

wat jou in die woestyn fmanna laat eet het, wat jou vaders nie geken het nie, 18om jou te verootmoedig en jou te 19beproef, om 20uiteindelik aan jou goed te doen —

17

21en jy 22in jou hart dink: My krag en die sterkte van my hand het vir my hierdie 23rykdom verwerwe.

18

Maar dink aan die HERE jou God, dat dit Hy is wat jou krag gee om rykdom te verwerwe, dat Hy sy verbond kan bevestig wat Hy aan jou vaders met ’n eed beloof het, soos dit vandag is.

19

Maar as jy nogtans die HERE jou God 24vergeet en agter ander gode aan loop en hulle dien en voor hulle neerbuig, dan verseker ek julle vandag dat julle 25sekerlik sal omkom;

20

soos die nasies wat die HERE voor julle vernietig, so sal julle omkom, omdat julle na die stem van die HERE julle God nie geluister het nie.

1 Hebr. Al die gebod wat ek, ens. Of: Elke gebod.
2 Menslikerwys van God gespreek. Sien Gén. 22:1 se kanttekening.

3 Sodat jy self en ander mag weet, dit is, dat dit openbaar en bekend sou word, ens. So ook in Deut. 13:3. Rig. 3:4. 2 Kron. 32:31.

a Ex. 16:14, 15.

b Matt. 4:4. Luk. 4:4.

4 Of: voortkom. Hebr. van, by of deur alle uitgang van die HERE se mond, dit is, van alles wat God nie net op ’n gewone manier nie, maar ook op ’n buitengewone manier daartoe wil verordineer en seën, waarvan Hy bevel gee dat die mens daarvan sy lewe sal onderhou, ja, ook sonder middel wanneer dit Hom behaag.
c Deut. 29:5. Neh. 9:21. 5 Die Hebreeuse woord beteken eintlik die opswel, ophef, rys van die deeg deur suurdeeg. Moses wil sê dat hul voete nie ooreis of beseer was deur die moeilikheid en ongemak van die voortdurende rondtrekkery nie.
6 Of: tugtig, naamlik met so ’n liefde, op so ’n manier en tot so ’n uitkoms, soos ’n goeie vader sy kind tugtig. Sien Spr. 3:11, 12. Hebr. 12:5-10, ens.
7 Of: deur te wandel in sy weë en Hom te vrees.

8 Sien Gén. 18:19 se kanttekening.

9 Hebr. in die laagte en op die berg.

10 Of: voortkom, ontspring.

11 Hebr. olyfbome van olie.
12 Sien Gén. 3:19 se kanttekening.

13 Dit is, oral waar yster in die klippe gevind word, of: waar die klippe soos yster is.

d Deut. 6:12, 13. 14 Anders: as jy dan geëet het en versadig sal wees, dan moet jy die HERE, ens.

15 Hebr. seën.

16 Sien Deut. 5:31 se kanttekening.
e Ex. 17:6. Núm. 20:11. Ps. 78:15; 114:8. 17 Hebr. die rots van die harde klip.
f Ex. 16:14, 15. 18 Sien verse 2, 3.

19 Sien vers 2.

20 Hebr. in jou uiterste, in jou laaste, einde, dit is, agterna.

21 Hierdie vers staan in verband met verse 12 en 14.

22 Sien Deut. 7:17.

23 Sien Ps. 73:12 se kanttekening.

24 Hebr. vergetende vergeet.

25 Hebr. omkomende sal omkom.