Statevertaling – Bybelstigting

Deuteronómium 9

Herinnering aan Israel se opstand en oortredinge.

1

HOOR, Israel, jy trek 1vandag deur die Jordaan om 2nasies in besit te gaan neem wat groter en sterker is as jy, stede wat groot en tot 3aan die hemel versterk is,

2

’n groot volk van hoë gestalte, die kinders van die 4Enakiete, wat jy self ken en van wie jy ahoor sê het: 5Wie kan standhou voor die kinders van Enak?

3

Weet dan vandag dat die HERE jou God die Een is wat voor jou oortrek soos ’n b6verterende vuur. Hý sal hulle vernietig en hulle voor jou onderwerp, sodat jy hulle gou kan verdrywe en tot niet maak soos die HERE jou beloof het.

4

As die HERE jou God hulle voor jou uit verjaag, moet dan nie 7in jou hart spreek en sê: Die HERE het my ter wille van my geregtigheid ingebring om hierdie land in besit te neem nie; want weens die goddeloosheid van hierdie nasies verdryf die HERE hulle voor jou uit.

5

Nie ter wille van 8jou geregtigheid en die opregtheid van jou hart kom jy in om hulle land in besit te neem nie, maar weens die goddeloosheid van hierdie nasies verdryf die HERE jou God hulle voor jou uit, en om die woord te vervul wat die HERE vir jou vaders, Abraham, Isak en Jakob, cgesweer het.

6

Weet dan dat die HERE jou God nie ter wille van jou geregtigheid jou hierdie goeie land gee om dit in besit te neem nie, want jy is ’n 9hardnekkige volk.

7

Dink daaraan, vergeet nie hoe jy die HERE jou God in die woestyn dvertoorn het nie; van die dag af dat jy uit Egipteland uitgetrek het, totdat julle by hierdie plek gekom het, was julle wederstrewig teen die HERE.

8

10eJa, by Horeb het julle die HERE vertoorn, sodat die HERE toornig was op julle om julle te verdelg.

9

Toe ek op die berg geklim het om die kliptafels te ontvang, 11die tafels van die verbond wat die HERE met julle 12gesluit het, het fek veertig dae en veertig nagte lank op die berg gebly — 13brood het ek nie geëet en water nie gedrink nie —

10

en die HERE het my die twee kliptafels gegee wat beskrywe was gmet 14die vinger van God, en 15daarop al die woorde soos die HERE op die berg, uit die vuur, met julle gespreek het, 16op die dag van die vergadering.

11

En aan die einde van veertig dae en veertig nagte het die HERE my die twee kliptafels gegee, die tafels van die verbond,

12

en die HERE het vir my gesê: Staan op, klim hiervandaan gou af, want jou volk wat jy uit Egipte uitgelei het, het 17verderflik gehandel; hulle het gou afgewyk van die 18weg wat Ek hulle beveel het; hulle het vir hulle ’n gegote beeld gemaak.

13

Verder het die HERE met my gespreek en gesê: Ek het hierdie volk aangesien, en kyk, dit is ’n hhardnekkige volk.

14

i19Laat My staan dat Ek hulle verdelg en hulle naam onder die hemel uitdelg; en Ek sal jou ’n nasie maak wat magtiger is en meer as hulle.

15

Daarop het ek omgedraai en van die berg afgeklim terwyl die berg met vuur brand, en die twee tafels van die verbond was in my twee hande.

16

Toe sien ek dat julle waarlik teen die HERE julle God gesondig het; julle het vir julle ’n gegote kalf gemaak; julle het gou afgewyk van die weg wat die HERE julle beveel het.

17

En ek het die twee tafels gegryp en dit uit my twee hande gegooi en dit voor julle oë verbrysel.

18

Daarop het ek voor die aangesig van die HERE neergeval, 20soos die eerste keer, veertig dae en veertig nagte lank — brood het ek nie geëet en water nie gedrink nie — vanweë al julle sonde wat julle begaan het deur te doen 21wat verkeerd is in die oë van die HERE om Hom te terg.

19

Want ek was bang vir die toorn en die grimmigheid waarmee die HERE op julle so toornig was, dat Hy julle wou verdelg; maar die HERE het my dié keer ook verhoor.

20

Ook was die HERE baie toornig op Aäron, sodat Hy hom wou verdelg; maar ek het ook vir Aäron in dié tyd gebid.

21

En ek het 22julle sonde, die kalf wat julle gemaak het, kgeneem en dit met vuur verbrand en dit stukkend gestamp en terdeë gemaal totdat dit so fyn soos stof was; en 23dié stof het ek in die stroom gegooi wat van die berg afkom.

22

Ook by l24Tabéra en by m25Massa en by n26Kibrot-Hattáäwa het julle elke keer die HERE vertoorn.

23

En toe die HERE julle uit Kades-Barnéa gestuur het met die woorde: oTrek op en neem die land in besit wat Ek julle gegee het — was julle wederstrewig teen die 27bevel van die HERE julle God en het julle Hom nie 28geglo en na sy stem nie geluister nie.

24

Wederstrewig was julle teen die HERE van die dag af dat ek julle 29ken.

25

En ek het neergeval voor die aangesig van die HERE, die veertig dae en veertig nagte wat ek neergeval het, omdat die HERE gesê het dat Hy julle wou verdelg.

26

En ek het die HERE gebid en gesê: pHere, HERE, stort u volk en u erfdeel wat U deur u 30grootheid verlos het, wat U uit Egipte deur ’n sterke hand uitgelei het, nie in die verderf nie.

27

Dink 31aan u knegte Abraham, Isak en Jakob; kyk nie na die hardheid van hierdie volk of na hulle goddeloosheid en hulle sonde nie,

28

32sodat die land waar U ons uitgelei het, qnie kan sê nie: Omdat die HERE hulle nie kon bring in die land wat Hy hulle beloof het nie, en 33omdat Hy hulle haat, het Hy hulle uitgelei om hulle in die woestyn te laat sterwe!

29

Hulle is tog u volk en u erfdeel wat U deur u grote krag en u uitgestrekte arm uitgelei het.

1 Dit is, binnekort, binne ’n kort tyd.

2 Dit is, lande van die nasies. Want daardie nasies moes uitgeroei word volgens God se bevel. Of: nasies te erwe.

3 Sien Deut. 1:28 se kanttekening.

a Núm. 13:32, 33. 4 Soos in Deut. 1:28; 2:10, 11.

5 ’n Algemene spreekwoord in die tyd toe hierdie reuse floreer het.

b Deut. 4:24. Hebr. 12:29. 6 Sien Deut. 4:24 se kanttekening.
7 Sien Deut. 7:17 se kanttekening.
c Gén. 12:7; 13:15; 15:7; 17:8; 26:4; 28:13. 8 Want jy, wil die HERE sê, het geen geregtigheid in jouself nie, inteendeel. Sien verse 6, 7, ens. Die apostel gebruik dieselfde manier van spreek in Tit. 3:5, en dikwels elders in die beskrywing van die oorsake van die saligheid, dit is, van ons verlossing en die besitting van die hemelse Kanaän, as hy sê: nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, ens., en nie uit die werke nie.
9 Sien Ex. 32:9 en die kanttekening.
d Ex. 14:11; 16:2; 17:2. Núm. 11:4.
e Ex. 32:4. Ps. 106:19. 10 Die beskrywing wat hierna volg dien as bewys van verse 5 en 6, waar Moses sê dat God hulle nie weens hul eie geregtigheid in die land Kanaän sou bring nie.
f Ex. 24:18; 34:28. 11 Dit is, waarop die tien gebooie geskryf was, wat die verbond van die wet van God vervat; so ook in vers 10, ens.

12 Sien Gén. 15:18 se kanttekening.

13 Dit is, ek het nie spys óf drank genuttig nie. So ook in vers 18. 1 Kon. 13:8, 9, 16. 2 Kon. 6:22.

g Ex. 31:18. 14 Dit is, met sy vinger; sien die geestelike betekenis hiervan in 2 Kor. 3:3, 7 en vgl. Jer. 31:33.

15 Naamlik, was geskryf.

16 Toe Israel onder aan die voet van die berg gestaan het om die HERE se gebooie aan te hoor.

17 Of: hulself verderf. Sien Ex. 32:7.

18 Sien Gén. 18:19 se kanttekening.

h Ex. 32:9; 33:3; 34:9. Deut. 10:16; 31:27. 2 Kon. 17:14.
i Ex. 32:10. Ps. 106:23. 19 Asof die HERE sê: Val My nie meer lastig met jou voorbidding vir hierdie hardnekkige volk nie. Sien Moses se voorbede in Ex. 32:11, 12, ens.; 34:9 en hierna, vers 26, ens.
20 Ek het weer gedoen soos ek tevore gedoen het.

21 Dit is, wat Hom mishaag.

k Ex. 32:20. 22 Dit is, soos die volgende woorde uitwys, die gegote kalf waarmee julle die gruwelike sonde van afgodery bedryf het. Vgl. Jes. 27:9. Hos. 10:8. Amos 8:14.

23 Om hierdie gruwel ten hoogste te verfoei en alle gedagtenis daarvan in die diepte te versmoor. Sien meer hieroor in Ex. 32:20 se kanttekening en vgl. 2 Kon. 23:12 se kanttekening.

l Núm. 11:1.

m Ex. 17:7.

n Núm. 11:4, 34.

24 Dit is, brand; waarom hierdie plek so genoem is, sien Núm. 11:2, 3.

25 Dit is, versoeking. Sien Ex. 17:7.

26 Dit is, grafte van lus. Sien Núm. 11:34 en die kanttekening.

o Núm. 13:3; 14:1. 27 Hebr. mond.

28 Sien Deut. 1:32 se kanttekening.

29 Dit is, met julle omgaan en volgens my roeping met julle te doen het.
p Ex. 32:11. Núm. 14:13. 30 Dit is, majesteit of groot mag. Sien Deut. 11:2.
31 Dit is, aan die verbond wat U met hulle gesluit het.
q Ex. 32:12. Núm. 14:16. 32 Hebr. sodat hulle nie kan sê nie, die land waar, ens., dit is, sodat die inwoners van die land waar, ens., nie kan sê nie, naamlik die Egiptenaars; soos in Ex. 32:12.

33 Vgl. Deut. 1:27.