Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Esra 1

Kores, die Persiese koning, gee die Jode verlof om na hulle land terug te gaan.

1

EN in adie 1eerste jaar van 2Kores, die koning van Persië, het die HERE — sodat die bwoord van die HERE uit die mond van 3Jeremia vervul sou word — die gees van Kores, die koning van Persië, 4opgewek, dat hy ’n 5oproep deur sy hele koninkryk laat gaan het, selfs ook skriftelik, om te sê:

2

So sê Kores, die koning van Persië: Al die koninkryke van die aarde het die HERE, die God van die hemel, aan my gegee; en Hý het my 6opgedra om vir Hom ’n huis te bou in Jerusalem wat in 7Juda is.

3

8Enigeen onder julle wat aan sy volk behoort — mag sy God met hom wees, en laat hom optrek na Jerusalem wat in Juda is, en die huis van die HERE, die God van Israel, bou! Hy is die God wat in 9Jerusalem is.

4

En enigeen wat 10oorgebly het, 11in enige plek waar hy as vreemdeling vertoef — hom moet die manne van sy woonplek 12ondersteun met silwer en goud en met goed en vee, en met die vrywillige gawes vir die huis van die God wat in Jerusalem is.

5

Toe het die 13familiehoofde van Juda en Benjamin klaargemaak, en die priesters en die Leviete — elkeen wie se gees God opgewek het om op te trek, om die huis van die HERE wat in Jerusalem is, te bou.

6

En almal wat rondom hulle was, het hul hande versterk met silwervoorwerpe, met goud, met goed en vee en 14kosbare geskenke, behalwe 15alles wat hulle as vrywillige gawe aangebring het.

7

En koning Kores het die voorwerpe van die huis van die HERE uitgelewer wat cNebukadnésar uit Jerusalem weggevoer en in die huis van sy god gesit het.

8

En Kores, die koning van Persië, het dit uitgelewer onder toesig van Mítredat, die skatmeester; en dié het dit aan 16Sésbassar, die vors van Juda, dvoorgetel.

9

En dit was hulle getal: dertig goue komme, duisend silwerkomme, negen-en-twintig messe;

10

dertig goue bekers; 17verder vierhonderd-en-tien silwerbekers, 18duisend ander voorwerpe.

11

Al die voorwerpe van goud en silwer was: vyfduisend-vierhonderd; dit alles het Sésbassar saamgebring 19toe die ballinge uit Babel na Jerusalem opgetrek het.

a 2 Kron. 36:22.

b Jer. 25:12; 29:10.

1 Hebr. En in die een jaar; dit is, in die eerste, naamlik van sy regering in Babel, as monarg van die Persiese Ryk, want hy het toe al meer as twintig jaar geregeer.

2 Hebr. Koresj. Anders in die algemeen Cyrus genoem. Sien oor hom ook Jes. 44:28; 45:1, 13.

3 Sien Jer. 25:12; 29:10, waar God uitdruklik beloof het om sy volk uit die ballingskap in Babel te verlos, ná afloop van sewentig jaar, wat juis nou verloop het. Volgens die berekening van sommige omtrent 3434 jaar ná die skepping van die wêreld, want die ballingskap het volgens hulle in die jaar 3364 begin.

4 Of: verwek, wakker gemaak.

5 Hebr. stem. Soos in Ex. 36:6 en die kanttekening. Sien ook 2 Kron. 36:22. Neh. 8:16, ens.

6 Of: beveel; naamlik deur die woord van sy profete (wat aan my bekendgemaak is) en deur die opwekking van my gees. Sien vers 1. Jes. 44:28; 45:1, 13. Anders: het aangaande my bevel gegee.

7 Dit is, die land van Juda.

8 ’n Mens kan dit ook as ’n vraag lees: Woon daar iemand onder julle wat aan God se volk behoort, naamlik ’n Jood of Israeliet? Vgl. Deut. 20:5 se kanttekening.

9 Dit is, wat hierdie plek uitgekies het om daar op ’n besondere wyse teenwoordig te wees, sy Naam te openbaar en volgens sy voorskrif gedien te word. Vgl. Esra 6:12; 7:15. Volgens ander soos volg: (Hy is die God) wat (naamlik huis) in Jerusalem is; so ook in verse 4, 5.

10 Deur gebrek aan middele, of andersins.

11 Hebr. uit, van.

12 Hebr. ophef, oplig.

13 Hebr. die hoofde van die vaders van Juda en Benjamin. Hieronder word ingesluit diegene van die ander stamme wat saam opgetrek het, 1 Kron. 9:2, 3, ens.
14 Sien Gén. 24:53 se kanttekening.

15 Vgl. vers 4.

c 2 Kon. 24:13. 2 Kron. 36:7.
d Esra 5:14. 16 Sésbassar word gesien as die Chaldeeuse naam van Serubbábel. Sien Esra 3:2; 5:2, 14, 16.
17 Of: van die tweede soort, of: dubbele, dit is, oordekte.

18 Dit was volgens sommige getel en gelewer by duisend, of: by duisende, omdat dit kleiner items was en van minder waarde. Vgl. Ps. 50:10 se kanttekening. Sommige verstaan dit as ander groot voorwerpe, wat duisend sou gewees het, en saam met ander kleiner voorwerpe wat nie genoem word nie, die getal wat volg in vers 11, sou opmaak.

19 Hebr. met die opgetrek word van die ballingskap, dit is, diegene wat in gevangenskap uit die Joodse land weggevoer was.