Statevertaling – Bybelstigting
Lys van die eerste Jode wat saam met Serubbábel in Judea teruggekom het.
EN dit is die 1inwoners van die provinsie Juda wat opgetrek het uit die gevangenskap 2van die ballinge wat Nebukadnésar, die koning van Babel, na Babel weggevoer het, wat na Jerusalem en Juda teruggekeer het, elkeen na sy stad;
wat saam met 3Serubbábel, Jésua, Nehemía, Serája, Reëlája, Mórdegai, Bilsan, Mispar, Bigwai, Rehum, Baäna gekom het; die aantal manne van die 4volk van Israel was:
die 5kinders van Parhos, tweeduisend-eenhonderd-twee-en-sewentig;
die kinders van Sefátja, driehonderd-twee-en-sewentig;
die kinders van Arag, sewehonderd-vyf-en-sewentig;
die kinders van Pahat-Moab, van die kinders 6van Jésua en Joab, tweeduisend-agthonderd-en-twaalf;
die kinders van Elam, duisend-tweehonderd-vier-en-vyftig;
die kinders van Sattu, negehonderd-vyf-en-veertig;
die kinders van Sakkai, sewehonderd-en-sestig;
die kinders van Bani, seshonderd-twee-en-veertig;
die kinders van Bébai, seshonderd-drie-en-twintig;
die kinders van Asgad, duisend-tweehonderd-twee-en-twintig;
die kinders van Adoníkam, seshonderd-ses-en-sestig;
die kinders van Bigwai, tweeduisend-ses-en-vyftig;
die kinders van Adin, vierhonderd-vier-en-vyftig;
die kinders van Ater, van Hiskía, agt-en-negentig;
die kinders van Bésai, driehonderd-drie-en-twintig;
die kinders van Jora, honderd-en-twaalf;
die kinders van Hasum, tweehonderd-drie-en-twintig;
die kinders van Gibbar, vyf-en-negentig;
die kinders van 7Betlehem, honderd-drie-en-twintig;
die manne van Netófa, ses-en-vyftig;
die manne van Ánatot, honderd-agt-en-twintig;
die kinders van Asmáwet, twee-en-veertig;
die kinders van Kirjat-Arim, Kefíra en Béërot, sewehonderd-drie-en-veertig;
die kinders van Rama en Geba, seshonderd-een-en-twintig;
die manne van Migmas, honderd-twee-en-twintig;
die manne van Bet-el en Ai, tweehonderd-drie-en-twintig;
die kinders van 8Nebo, twee-en-vyftig;
die kinders van Magbis, honderd-ses-en-vyftig;
die kinders van die 9ander Elam, duisend-tweehonderd-vier-en-vyftig;
die kinders van Harim, driehonderd-en-twintig;
die kinders van Lod, Hadid en Ono, sewehonderd-vyf-en-twintig;
die kinders van Jérigo, driehonderd-vyf-en-veertig;
die kinders van Sénaä, drieduisend-seshonderd-en-dertig.
Die priesters: 10die kinders van Jedája, van die huis van Jésua, negehonderd-drie-en-sewentig;
die kinders van 11Immer, duisend-twee-en-vyftig;
die kinders van 12Pasgur, duisend-tweehonderd-sewen-en-veertig;
die kinders van 13Harim, duisend-en-sewentien.
Die Leviete: die kinders van Jésua en Kádmiël, van die kinders van Hodáwja, vier-en-sewentig.
Die sangers: die kinders van Asaf, honderd-agt-en-twintig.
Die kinders van die poortwagters: die kinders van Sallum, die kinders van Ater, die kinders van Talmon, die kinders van Akkub, die kinders van Hatíta, die kinders van Sobai, almal saam honderd-negen-en-dertig.
Die 14tempelbediendes: die kinders van Siha, die kinders van Hasúfa, die kinders van Tábbaot;
die kinders van Keros, die kinders van Síaha, die kinders van Padon;
die kinders van Lebána, die kinders van Hágaba, die kinders van Akkub;
die kinders van Hagab, die kinders van Samlai, die kinders van Hanan;
die kinders van Giddel, die kinders van Gahar, die kinders van Reája;
die kinders van Resin, die kinders van Nekóda, die kinders van Gassam;
die kinders van Ussa, die kinders van Paséag, die kinders van Bésai;
die kinders van Asna, die kinders van die Meüniete, die kinders van die Nefisiete;
die kinders van Bakbuk, die kinders van Hakúfa, die kinders van Harhur;
die kinders van Baslut, die kinders van Mehída, die kinders van Harsa;
die kinders van Barkos, die kinders van Sísera, die kinders van Temag;
die kinders van Nesíag, die kinders van Hatífa;
die kinders van die 15dienaars van Salomo: die kinders van Sotai, die kinders van Hassoféret, die kinders van Perúda;
die kinders van Jáäla, die kinders van Darkon, die kinders van Giddel;
die kinders van Sefátja, die kinders van Hattil, die kinders van Pogéret-Hassebáim, die kinders van Ami —
al die tempelbediendes en die kinders van die dienaars van Salomo was driehonderd-twee-en-negentig.
En dit is hulle wat uit 16Tel-Melag, Tel-Harsa, 17Kerub, Addan, Immer opgetrek het, maar wat nie hulle 18familie en hulle afkoms kon aanwys of hulle van Israel afkomstig was nie.
die kinders van Delája, die kinders van Tobía, die kinders van Nekóda, seshonderd-twee-en-vyftig.
En van die kinders van die priesters: die kinders van Habája, die kinders van Hakkos, die kinders van Barsíllai, wat uit die dogters van Barsíllai, die Gileadiet, ’n vrou geneem het en na hulle naam genoem is.
Hulle het hul 19stamboom gesoek 20onder die wat in die register opgeneem is, maar 21dit was nie te vinde nie; daarom is hulle 22onbevoeg verklaar vir die priesterskap.
En 23die goewerneur het aan hulle gesê dat hulle nie mag eet van die 24hoogheilige gawes nie, totdat ’n 25priester sou optree met Urim en Tummim.
Die hele vergadering 26saam was 27twee-en-veertigduisend-driehonderd-en-sestig,
behalwe hulle slawe en hulle slavinne; dié was seweduisend-driehonderd-sewen-en-dertig. En hulle het tweehonderd 28sangers en sangeresse gehad.
Hulle perde was sewehonderd-ses-en-dertig; hulle muile, tweehonderd-vyf-en-veertig;
hulle kamele, vierhonderd-vyf-en-dertig; esels, sesduisend-sewehonderd-en-twintig.
En van die familiehoofde het, toe hulle 29by die huis van die HERE kom wat in Jerusalem is, vrywillig gegee vir die huis van God om dit weer op te rig op sy plek.
Na hul vermoë het hulle bygedra tot die 30fonds van die werk: in goud een-en-sestigduisend 31dragmes, en in silwer vyfduisend 32mines en honderd priesterrokke.
So het dan die priesters en die Leviete en van die 33volk en die sangers en die poortwagters en die 34tempelbediendes in hulle stede gaan woon, en die hele Israel in húlle stede.
| 1 Hebr. seuns. Dit is, hulle wat in die Joodse land gebore is, of wat van daar afkomstig was. Anders: inwoners van die provinsie, dit is, diegene wat in Babilonië of Chaldea ’n lang tyd as ballinge gewoon het, terwyl ander Israeliete in verskeie lande verstrooi was; omdat hierdie manier van spreek albei kan beteken: inwoning of geboorte. Vgl. Neh. 7:6.
2 Hebr. van die wegvoering, of ballingskap, verhuising. |
| 3 Sien Esra 1:8 se kanttekening. Hy word in Matt. 1:13 in die Grieks Sorobábel genoem. Jésua (anders Josua) was priester. Sien Esra 3:2, 9. Hag. 1:1. Hulle was hoofde en leiers van die volk, saam met die ander owerstes wat hier genoem word. Vgl. hierdie register (wat sommige meen in Babilonië opgestel is) met die ander een in Neh. 7:6, 7, ens., wat skynbaar opgestel of ten minste hersien is in Juda, enige tyd ná hul aankoms. Daar is verskille in name en getalle, aangesien daar moontlik enige opgetekendes agtergebly het, of onderweg gesterf het, en ander mettertyd aangekom en bygevoeg is, wat normaalweg op sulke togte gebeur. Ook word sommige name op verskillende maniere op beide plekke genoem, soos die leser uit die vergelyking sal waarneem.
4 Die gewone volk, wat onder die leiding van die genoemde hoofde opgetrek het. |
| 5 Dit is, nakomelinge, en so in dit wat volg. |
| 6 Anders: van Jésua-Joab. |
| 7 Dit is, inwoners van of gebore in Betlehem. So ook in sommige verse wat volg: manne van hierdie of daardie plek; net so ook in vers 25, ens., kinders van hierdie en daardie plekke. Vgl. vers 1. |
| 8 Anders deurgaans in die Skrif Nob genoem, ’n stad van die priesters, geleë in Benjamin. Sien 1 Sam. 21:1. Neh. 11:32. ’n Ander Nebo was in die stam van Ruben, Núm. 32:37, 38. Daarom word hierdie een die ander Nebo genoem in Neh. 7:33. |
| 9 ’n Ander een as wat in vers 7 vermeld is. |
| 10 Sien 1 Kron. 24:7. |
| 11 Sien 1 Kron. 24:14. |
| 12 Hy was die vernaamste onder die nakomelinge van Malkía. Sien 1 Kron. 9:12; 24:9. |
| 13 Sien 1 Kron. 24:8. Dit is opmerklik dat hier nie meer as vier van die vier-en-twintig afdelings, wat in Dawid se tyd ingestel is, beskryf word nie, waarby sommige ’n vyfde voeg, naamlik die huis van Jésua, Jósadak se seun. Sien oor die gedeeltelike herstel van die afdelings Nehemía 12. |
| 14 Hebr. Nethínim, dit is, hulle wat gegee is. Verstaan die Gibeoniete, wat, terwyl hulle hul lewe deur lis behou het, aan Israel en die huis van God tot diensbaarheid oorgegee is. Sien Jos. 9:21, 23. |
| 15 Wat, terwyl hulle van die heidense volke oorgebly het, deur koning Salomo diensbaar gemaak is. Sien 1 Kon. 9:20, 21. |
| 16 Hierdie twee name, Tel-Melag en Tel-Harsa, word beskou as plekname waar hulle gewoon het, in Babilonië en Mesopotámië.
17 Sommige beskou hierdie drie name ook as plekname, en dat die persone van hierdie plekke in die volgende vers beskryf word. Ander meen dat hierdie drie name die name van persone is wat met hul huisgesinne opgetrek het. 18 Hebr. die huis van hul vaders en hul saad. |
| 19 Hebr. geskrif. Verstaan die geslagsregisters, wat God in dié tyd wou laat behoue bly, sodat mense kon weet uit welke familie die Messías sou voortkom, en sodat die priesterskap tot op die koms van Christus in Aäron se linie sou bly.
20 Of: omdat hulle hul geslag wou bewys. 21 Naamlik hul name, of persone, of voorouers. 22 Hebr. hulle is verontreinig van die priesterskap; dit is, hulle was ongeskik verklaar en nie geregtig tot die priesterskap nie, en hulle is gevolglik onbevoeg verklaar. |
| 23 Hebr. Hattirsjátha, wat sommige as die Persiese naam van ’n sekere amp of diens beskou, soos gesant, kommissaris, plaasvervanger, of goewerneur van die koning, naamlik Sésbassar. Sien Esra 1:8 se kanttekening. Só word Nehemía ook genoem in Neh. 8:10; 10:1.
24 Hebr. heiligheid van heilighede. Verstaan dit wat die priesters se deel van die offers was. 25 Verstaan die hoëpriester, bekleed met Urim en Tummim, om die HERE in swaar en duistere sake raad te vra. Sien Núm. 27:21. |
| 26 Hebr. soos een.
27 Daaronder ingesluit diegene wat nie kon bewys dat hulle uit Israel was nie. Hebr. vier tienduisende-tweeduisend, ens. |
| 28 Wat hulle saamgeneem het om God vir sy weldaad te dank en hulle in die heilige musiek te oefen, wat in die ballingskap nagelaat was. |
| 29 Dit is, die plek waar die huis van die HERE was en weer gebou sou word. |
| 30 Om in die skatkamer van die heiligdom bewaar te word vir die bou van die tempel. Sien 1 Kron. 26:20, 26.
31 ’n Dragme of dariek was volgens die gevoel van die geleerdes die gewig van ’n kwart sikkel. Hebr. ses tienduisende-en-duisend. 32 Hebr. manim. Sien 1 Kon. 10:17. 2 Kron. 9:16 en die kanttekening. Neh. 7:71, 72. Sien oor Eségiël se mine Eség. 45:12 en die kanttekening. |
| 33 Dit is, van die Leviete, naamlik die sangers, ens., asook ander van die vergadering, soos die dienaars van Salomo, ens. Sien Neh. 10:28; 11:3. 2 Kron. 23:5 se kanttekening.
34 Sien oor hulle vers 43 se kanttekening. |